Drie Bloemfonteiners is hard aan die oefen vir ‘n internasionale kompetisie wat in November in Durban plaasvind.
Mariaan Conry en haar man, Guy, sowel as Bernice (Bibbi) van der Westhuizen sien baie uit na die World Powerlifting Congress (WPC)-kampioenskap wat vanjaar van 4 tot 9 November in Suid-Afrika aangebied word.
Mariaan is ‘n onderwyseres in Bloemfontein en neem die afgelope nege jaar deel aan gewig-

optel. Dit sal die eeste keer wees waarop sy aan ‘n internasionale kompetisie kan deelneem.
Sy hou talle Suid-Afrikaanse rekords en het al ‘n wêreldrekord in die bankiedruk opgestel.
In Junie in die Suid-Afrikaanse kampioenskap was sy tweede, en sy is ingesluit in die nasionale span vir die kampioenskap in Durban.

Guy is haar afrigter, en saam werk hulle hard om by haar mikpunt uit te kom.
In 2023 het sy die wêreldrekord in haar afdeling op 103kg gehou voordat dit verbeter is. Sy mik om op die kampioenskap tussen 120kg en 130kg te lig. Sy neem deel in die afdeling vir vroue o.90kg in die meesters-afdeling.
Bibbi is ‘n afrigter by die Bloem Barbell-klub.
Ook sy is opgewonde omdat die kampioenskap waarvoor sy haar afdeling op die Suid-Afrikaanse kampioenskappe gewen het, vanjaar op plaaslike bodem plaasvind.
Bibbi neem deel in die bankiedruk, dooie gewigoptel en hurke, en mik om deel te neem in die o.82,5kg-afdeling.
Die twee vroue het albei hul eie Back a Buddy-blad geopen, waarop hulle geld vir die kampioenskap insamel. Inskrywing is duur, en hulle het ‘n hupstoot nodig.






You must be logged in to post a comment.