Oud-onderwysers en voormalige skoolhoofde het Vrydag by die Laerskool Fichardtpark saamgekuier. Van links is Will Spies (hoof van 1987 tot 1999), Retha Wolvaardt (hoof in 1977) en die huidige hoof, Marius Kriek. Laasgenoemde is die skoolhoof sedert 2015. Foto: Lientjie Mentz

Oud-onderwysers en twee oudskoolhoofde van die Laerskool Fichardtpark het op Vrydag 15 Augustus by die skool gekuier.

Die groep het met die saalopening heel voor gesit en hul dae by dié skool herleef, asook iets beleef van wat dit vandag beteken om ‘n Fichie te wees.

Fichies het hul eie verjaardagliedjie wat hulle vir verjaardagmaats sing. Die leerlinge sing ook talle ander liedjies, wat ‘n onderwyseres spesiaal vir hulle skryf.

Die groep oud-onderwysers woon die Laerskool Fichardtpark se saalopening by. FOTO: Facebook.

Die heel eerste skoolhoof by dié skool, Retha Wolvaardt, het die skool in 1977 geopen met 171 leerlinge van gr.1 tot gr.3. Sy het tydens die saalopening die klok gelui.

“Ek onthou nog hoe ons die eerste bome by die skool in 1978 geplant het,” het sy aan die leerlinge gesê.

Met die opening van die skool in daardie jare, was die skoolgeboue nog in aanbou. In Wolvaardt se jare is die eerste atletiekbyeenkoms en die eerste kermis aangebied.

Die groep onderwysers is Vrydag op ‘n toer deur die skool geneem, en hulle kon sien wat dié skool deesdae bied.

Will Spies, hoof van 1987 tot 1999, sê hy is aangenaam verras met alles wat nuut is.

“Destyds toe ons hier weg is, het ons gedink alles is goed. Ek het nie gedink soveel kon by die skool verander nie, maar dit het.”

Spies het groot lof vir die huidige skoolhoof, Marius Kriel.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article