Grey-kollege se o.15A-tennisspan.

Grey-kollege se o.15A-tennisspan het met ‘n oorwinning oor Paul Roos Gimnasium as wenners uit die stryd getree van die o.15-skoletennistoernooi wat by die Groenkloof-tennisklub in Pretoria beslis is.

Die span bestaande uit Jovan Mandic, Petrus Fourie, Stean du Toit, Nathan Herbert, Francois Hefer, Anro Olivier en Awert Viljoen .

Die span van Grey het al sy wedstryde gewen in die toernooi van 7 tot 9 Augustus. Die oorwinnings was teen die spanne van die Hoërskool Menlopark (9-0), teen Hoërskool Garsfontein (9-0), teen Kearsney College (9-0), teen Afrikaans Hoër Seunsskool (6-3), teen Potch-gimnasium (5-0) en in die finaal teen Paul Roos (5-3).

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article