Elzabé Zietsman is binnekort te sien in kabaret in Coco C.

Wat gee jou papelellekoors, en wat verklap dit van jou?
Elzabé Zietsman het, baie teësinnig, lank in die spieël gekyk op soek na ‘n openbaring.
Sy soek nog steeds.
Papelellekoors is ‘n tong in die kies kykie na irritasies, konsternasies en frustrasies. Met, of sonder, grasie.
Die kabaret is geskryf deur Johann Slabbert en die vervaardiger is Drama Drama. Jody Jason Petersen begelei Elzabé op klavier.
Tydens Elzabé se show op 30 Julie in Coco C in die Loch Logan-waterfront, stel die Manguang String Programme hul Vriende van Bochies-inisiatief bekend.

Elzabé Zietsman toer na Bloemfontein met die kabaret Papelellekoors.


Louwna Erasmus (artistieke bestuurder van Bochies) en Elzabé is al jare lank besig om musikante uit gemarginaliseerde gemeenskappe te bemagtig. Hierdie is ‘n wonderlike geleentheid om die samewerking amptelik te smee.
Kaartjies kos R200 en is op quicket.co.za beskikbaar, of skakel 071 059 5799.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article