Delmay Meiring (7) laat haar gesiggie verf deur Petro Rorich by die Vrystaat-Kunstefees.

Jeanie Britz van burst Botanicals met van die gedroogte vrugte wat sy op die fees verkoop. Haar stalletjie is in die eksamensentrum.
Drie vriendinne het geproe aan Kareema Shaik (links) se heerlike produkte by Razias Pickle in die eksamensentrum. Langs Kareema is van links Isabella Greyling, Dihani Müller en Nicole Ackermann.
Die Vrystaat-Nasorgsentrum het verlede jaar op die Vrystaat Kunstefees die prys gewen vir die beste omgewingsvriendelike stalletjie. Vanjaar het die personeel en inwoners groot gegaan en weer gewys dat hulle trots omgewingsvriendelik is. Die rakke is gebou met herwonne materiaal en palette, en is geverf met verf wat vernietig sou word. Hier by die stalletjie met van die koekies en ander produkte is van links Francois Prinsloo, Vinessa Koekemoer en Ronel van Biljon. Foto’s: Lientjie Mentz
Verskeie produksies is not tot Saterdag te sien by die Vrystaat Kunstefees. Hier is Laura (Cara Smith) in Speelgoed van Glas. Daar is nog vandag 16:00 ‘n vertoning van dié produksie in die Wynand Mouton-teater. FOTO: Nardus Engelbrecht

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article