Die Federasie van Afrikaanse Kultuurvereniginge (FAK) en Band of Brothers in Bloemfontein doen op Saterdag 23 Maart opruiming op die Sannaspos-slagveld langs die Thaba Nchu-pad buite die stad.

Dit kom nadat Jan-Danie Malan van die FAK Saterdag vir Michiel van der Westhuizen (Band of Brothers), Lambertus van Rensburg en Jeronimo Conradie (albei van die Ou Presidensie- Historiese Vereniging) gehelp het om die ABO-begraafplaas by Memorium netjies te maak.

Malan rig die uitnodiging dat enigeen hulle Saterdag by hulle aan kan sluit om te help.

NovaNews WhatsApp channel QR code

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article