Een van die spanne wat megding het in BloemNuus se rolbaldag ten bate van Engo.

Rande vir goedheid rol geesdriftig in


BloemNuus se rolbaldag ten bate van Engo het op Vrydag 15 Augustus in ‘n heerlik ontspanne luim plaasgevind.

Personeel van ondernemings, klubs en skole het teen mekaar meegeding.

Elke deelnemer het ‘n kaartjie in Engo se Projek van Hoop as deel van hul inskrywing ontvang.

Kaartjies is nog tot einde September op engo.co.za beskikbaar, deur ‘n skenking van R50 te doen. Besoek die tuisblad en klik op die skakel na die aanlyn winkel.

Die skenking van R50, of meer, kan ook gedoen word waar Engo se programme oral oor die Vrystaat heen bedryf word, asook waar die Renault Kwid Climber by ‘n Engo-stalletjie in winkelsentrums, op feeste en op markte vertoon word. Dié motor is die groot prys wat gewen kan word.

Die sluitingsdatum is 30 September, en die wenner word op 31 Oktober deur ‘n trekking bepaal en aangekondig.

Vir besonderhede oor die Projek van Hoop, of om betrokke te raak, stuur e-pos na info@engo.co.za of skakel 060 548 5543.

Die wenspan was die span van die Odessa-gastehuis. Hulle is van links Les le Roux, Nicolas Tarnanas, Sarah Barnard en Abie Crouse. Sien nog foto’s op bl. 7. FOTO: Lientjie Mentz
Die span van Remax was tweede. Hulle is van links Gawie Kotze, Alta van Wyk, Jan Ackerman en Gerrie de Bruin.
Die Lê-balle was derde. Hulle is van links Marvin Odendaal, Adriaan en Yolandi Janse van Rensburg en Karin Janse van Rensburg.
Die span van BloemNuus, saam met die span van die VF Plus teen wie hulle ‘n wedstryd gespeel het. Van links is Inge Strydom, Carien Vorster, Madré Marais, Shirwan Newton, Chriszaan du Plessis, Christelle Lourens, Christian Lombard en Karen Herbert.
Een van die DA-spanne wat aan die dag deelgeneemhet is van links Paul Kotze, Willie Sapford, Ploos van Amstel enLoraine Delport
Die Bontblokke is van links Antjie Combrink, Jan Mentz, Cor Vermaak en Connie Heartley. FOTO: Lientjie Mentz
NovaNews WhatsApp channel QR code

You need to be Logged In to leave a comment.

  • BloemNewsExpress – E-Edition – 20 August 2026
    Unstoppable. That was the theme of the Women’s Day shooting event hosted by Koeberg Firearm Solutions on Saturday 15 August. Experienced women shooters, as well as first-timers, had the chance to fire different weapons on the shooting range – assisted by experienced instructors of the Arizona Shooting Range. Read the remarkable story of a young woman fighting cancer who fulfilled her dream of shooting a firearm at the event on bloemnewsexpress.co.za. Women getting the day’s activities off to a start are from the left Lucinda Campbell, Mollie Groenewald, Meloney Shariff and Karin de Wet. More photos online. PHOTO: Lientjie Mentz

Gift this article