Op die geleentheid is van links Johleen Olivier (Radio Rosestad: verkope­bestuurder), Dawie Jacobs (Martie du Plessis-skool), Lilian Zaaiman (verkoopsverteenwoordiger: Radio Rosestad), Jacolette van de Venter (areabestuurder: Vrystaat vir Econo Foods)

Projek gee skole in stad ’n hupstoot

Op die geleentheid is van links Johleen Olivier (Radio Rosestad: verkope­bestuurder), Dawie Jacobs (Martie du Plessis-skool), Lilian Zaaiman (verkoopsverteenwoordiger: Radio Rosestad), Jacolette van de Venter (areabestuurder: Vrystaat vir Econo Foods)

Drie Bloemfonteinse skole het elk ’n skenking ontvang in ’n skole-projek wat onlangs ten einde geloop het.

Klante van Econo Foods het in samewerking met Radio Rosestad die Skole-projek aangebied, waardeur klante en luisteraars skole kon benoem deur hul keuse agter-op ’n inkopiestrokie by Econo Foods te skryf.

Die Laerskool Jim Fouché, die CVO Skool Dankbaar en die Martie du Plessis-skool het danksy dié projek op ’n geselligheid op 16 November elk ’n koopbewys van Econo Foods in ontvangs geneem.

NovaNews WhatsApp channel QR code

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article