‘n Ouma van 74 jaar van Heidedal word sedert 5 Julie vermis.
Jemina van Vollenhoven is laaste by haar dogter in Brookeslaan in Heidedal gesien. Die familie het op Sondag 5 Julie om 13:00 besef dat Van Vollenhoven vermis word.
Sy bly by haar seun in Joe Slovo naby die Pelonomi-hospitaal en besoek haar dogter bedags in Heidedal.
Van Vollenhoven het ‘n groen trui en hoed en ‘n oranje kombers en bruin stewels aangehad toe sy die laaste keer gesien is.
Enigiemand wat kennis dra oor waar Van Vollenhoven haar bevind, word versoek om speurkaptein Jacques Wilson by 082 553 6307 te bel.
Woordvoerder van die polisie AO Martin Zuma sê daar is geen wagperiode voordat iemand as vermis by die polisie aangemeld kan word nie. “Die polisie versoek mense om vermiste mense dadelik by die polisie aan te meld.






