Ontvoerde leerling van Martie du Plessis veilig gevind ná polisieredding

Kamogelo Baukudi (19) wat vanoggend vroeg veilig deur die polisie in Wepener gevind is.

Ontvoerde leerling van Martie du Plessis veilig gevind ná polisieredding


BLOEMFONTEIN. – In ‘n groot deurbraak is die gr. 11-leerling van die Martie du Plessis-skool, Kamogelo Baukudi (19), wat ‘n maand gelede ná skool ontvoer is, veilig gevind.

Brig. Motantsi Makhele, polisiewoordvoerder, het in ‘n nuusverklaring bekend gemaak dat die polisie vanoggend in die vroeë oggendure vir Kamogele in Wepener gevind het ná ‘n uitgebreide reddingsoperasie.

Kamogele is op 5 Junie ontvoer waar hy saam met ‘n drywer van die skool af huis toe geneem is en hulle in Vereenigingrylaan gery het.

Makhele sê die seun se ontvoering het gelei tot die stigting van ‘n toegewyde multi-dissiplinêre taakspan van die polisie onder leiding van die Mangaung-metro se distrikskommissaris maj. Arthur Adams.

Makhele sê ná weke se intensiewe ondersoekwerk is Kamogele vanoggend gevind en vyf mans tussen die ouderdomme van 20 en 29 is in hegtenis geneem.

Drie van die verdagtes is in hegtenis geneem in ‘n huis in die Kanana-township by Wepener. Die ander twee was met die slagoffer op pad tussen die Kwetla-township en Wepener toe die polisie op hulle toegeslaan het.

Ses mense in totaal is nou in verband met die ontvoering in hegtenis geneem. Die eerste is ‘n 42-jarige polisiesersant wat vroeër in hegtenis geneem is en reeds in die hof verskyn het. Klagte van ontvoering en afpersing is teen hom aanhangig gemaak.

Lt.genl. Baile Motswenyane, provinsiale kommissaris van die Vrystaatse polisiediens, het die span van die polisie gelukgewens met die operasie.

“Dit is ‘n groot verligting vir die familie en die gemeenskap dat Kamogelo weer veilig is. Ek eer die lede wat onverpoos gewerk het en elke leidraad opgevolg het onder groot belangstelling van die publiek. Ons sal toesien dat geregtigheid geskied,” het Motswenyane in ‘n verklaring gesê.

Die verdagtes sal Maandag 30 Junie saam met die polisie-sersant in die hof verskyn op klagte van ontvoering en afpersing.

NovaNews WhatsApp channel QR code

You need to be Logged In to leave a comment.

  • BloemNewsExpress – E-Edition – 20 August 2026
    Unstoppable. That was the theme of the Women’s Day shooting event hosted by Koeberg Firearm Solutions on Saturday 15 August. Experienced women shooters, as well as first-timers, had the chance to fire different weapons on the shooting range – assisted by experienced instructors of the Arizona Shooting Range. Read the remarkable story of a young woman fighting cancer who fulfilled her dream of shooting a firearm at the event on bloemnewsexpress.co.za. Women getting the day’s activities off to a start are from the left Lucinda Campbell, Mollie Groenewald, Meloney Shariff and Karin de Wet. More photos online. PHOTO: Lientjie Mentz

Gift this article