Die welbekende Bloemfonteinse dierewelsynsorganisasie New Beginnings het in ‘n plasing op sosiale media aangekondig dat hy gedwing is om sy bedrywighede vir tyd en wyl te staak.
“Ons ontvang elke dag hartverskeurende oproepe en foto’s van diere wat ly, wat verwaarloos, beseer en sterwend is. Elke dag vra mense ons om hulp. En vir die eerste keer in 12 jaar is ons in ‘n situasie waar ons eenvoudig nie kan help nie,” het dié niewingewende organisasie gister op Facebook geskryf.
Die plasing deel die nuus dat New Beginnings geen geld meer het om sy werk voort te sit nie, en verduidelik dat dit beteken dat daar onder meer nie reaksie gebied kan word op noodgevalle nie en dat nuwe diere nie ingeneem kan word vir versorging nie.
Die hoop is om weer aan die gang te kom sodra dit moontlik is.
Ondanks voortdurende geleenthede en projekte om geld in te samel, insluitende markte en gholfdae, het die koste nou te veel geraak vir dié organisasie, wat heeltemal van ondersteuning uit die gemeenskap afhanklik is.
Maniere waarop New Beginnings ondersteun kan word, sluit in:
- neem ‘n dier aan;
- borg ‘n dier;
- help veeartsrekeninge betaal;
- bied korporatiewe borgskap aan;
- skenk dierekos; of
- reël ‘n geleentheid vir geldinsameling.
LEES OOK: Enjoy Youth Day with your dog in aid of New Beginnings Rescue Centre as voorbeeld van so ‘n vorige geleentheid.








You must be logged in to post a comment.