Ligte en vars keto-hoenderslaai perfek vir ’n japtrap-ete

Keto-hoenderslaai bedien in ’n blaarslaai.Foto: Verskaf

Ligte en vars keto-hoenderslaai perfek vir ’n japtrap-ete


Soms soek ’n mens ’n resep wat lig en gesond is – perfek vir middagete – of ’n aandete wat vrolik lyk en heerlik smaak.

Wendy Polisi se Keto-hoenderslaai is smaaklik en kan sommer vinnig gemaak word wanneer al die bestanddele byderhand is.

Die voorbereiding neem sowat 15 minute.

Jy benodig:

  • 400 g hoenderborsies (sonder been en vel) gekook;
  • 250 g gekookte spek;
  • 2 dille-piekels, opgekap;
  • ½ koppie opgekapte seldery;
  • ¼ koppie opgekapte rooi ui;
  • ¼ koppie opgekapte pekanneute;
  • 2 eetlepels vars dille, opgekap; en
  • Vars slaaiblare vir opdiening.

’n Sousie van:

  • 1 koppie mayonnaise;
  • 2 eetlepels appelasyn;
  • 1 eetlepel dijon-mostert;
  • ½ teelepel sout; en
  • ½ teelepel peper.

Sny die hoender in stukkies en voeg dit saam met die spek, dille-piekels, seldery, rooi uie, pekanneute en dille in ’n mengbak.

Meng die mayonnaise, appelasyn, dijon-mostert, sout en peper saam.

Voeg die mayonnaise-mengsel by die hoender en meng goed.

Die hoender-mengsel kan vir tot vyf dae in die yskas gehou word.

Skep die vulsel op ’n slaaiblaar en geniet.

NovaNews WhatsApp channel QR code

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article