Die kunstenaar Portchie.
Die geliefde kunstenaar, Portchie. FOTO: Portchie Gallery op Facebook

Geliefde kunstenaar Portchie oorlede

,

Die alombekende Suid-Afrikaanse kunstenaar Portchie (62) is vanoggend oorlede.

Die nuus is op die Facebook-blad Portchie Gallery in ‘n inskrywing op Vrydagoggend 12 Junie bevestig.

“Dis met ‘n diepe hartseer dat ons die afstewe van ons geliefde broer, mentor en vriend deel. He touched countless lives through his faith, his art, his kindness, his wisdom, and his unwavering passion for life,” lui die inskrywing.

Hy is ná ‘n siekte in ‘n hospitaal in Stellenbosch oorlede.

@iamportchie

Introducing Generative Canvas #Art to the world! Will you join us in making history by being one of the proud minters of Cycling by the Riverside #NFT collection by Portchie? Reshare and tag for whitelist consideration! #nftartwork #nftart #generativeart #ethereum #mint #paintingoncanvas #generativecanvasart #metamask #newnft #whitelist #multicolor #chicken #cyclist #cycling #flowers #trees #joy #portchie #cyclingbytheriverside

♬ Roxanne – Instrumental – Califa Azul

Dié geliefde kunstenaar, wie se doopname Jan Hendrik Viljoen was, se kunswerke was bekend om hul kleurrykheid en vrolikheid, waarby wyd aanklank gevind is. Sy werk is tuis in talle huishoudings oor die land heen, met dié dat nie net die kunswerke nie, maar ook gebruiksartikels met sy kuns daarop, uiters gewild is.

Een voorbeeld van Portchie se werk.
Een voorbeeld van Portchie se werk. FOTO: Portchie Gallery op Facebook
NovaNews WhatsApp channel QR code

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article