BloemNews
-
Die name van die drie kandidate vir die pos van die Mangaung-metro se uitvoerende burgemeester is deur die uitvoerende streekskomitee van die ANC deurgestuur om goedgekeur te word deur die nasionale ANC-komitee.
-
Met die welslae van die Hoër Meisieskool Oranje in Bloemfontein se sportspanne die afgelope twee jaar, neem dié skool nou ’n verdere stap om sportontwikkeling daar ’n hupstoot te gee.
-
Dit is nie net ervare bakkers wat kan inskryf vir Bloemskou se kreatiewe kuns-afdeling nie. Enigeen oud en jonk kan deelneem aan dié afdeling vir gebakte produkte.
-
Danksy inligting van die publiek het die DBV in Bloemfontein Vrydag (03/02) toegeslaan op drie mense, wat handel probeer dryf het in wilde diere.
-
’n Nuwe begin waaroor Arthur Browne, talent-agent, opgewonde is, het vanjaar aangebreek.
-
Ek glo kwalik my oë toe ek hulle onlangs voor die aftreeoord in die stortreën sien staan – die alombekende bedelaar en sy hond. Die water waai by my venster in toe ek stilhou en verstom vra wat hulle hier in die storm doen.
-
The Bayswater Retirement Village celebrated the official opening of the revamped main entrance, offices and tea rooms at a special function on 25 January
-
Ná talle vergaderings waarin versoek is dat die woonbuurte Fleurdal en Genl. De Wet ingesluit moet word in die nuutgestigte Uitsig-woonbuurtvereniging, word daar nou voluit aan dié plan gewerk.
-
Toptennisspelers trek van Vrydag (03/02) af in Bloemfontein byeen vir die Internasionale Tennisfederasie (ITF) se junior internasionale tennisreeks wat tot 17 Februarie aangebied word.
-









