Atlete wat uitgeblink het en hul afrigters is hier van links, Belinda van Zyl, Tiaan Nel, Derek van Rensburg, Jurgen Nortjé, Nico Pretorius, Sefako Mikhosoa, Jacobus Scholtz en Louis Theron.Foto: Charl Devenish

Atlete ryg kampioenskapsmedaljes in

Atlete wat uitgeblink het en hul afrigters is hier van links, Belinda van Zyl, Tiaan Nel, Derek van Rensburg, Jurgen Nortjé, Nico Pretorius, Sefako Mikhosoa, Jacobus Scholtz en Louis Theron.Foto: Charl Devenish

’n Leerling aan Grey-kollege (primêr) is as die beste seunsbaan­atleet aangewys en drie ander het ook medaljes verwerf op die Suid-Afrikaanse Skole-atletiekkampioenskapsbyeenkoms wat van 24 tot 26 Maart in Potchefstroom aangebied is.

Tiaan Nel, wat die beste seunsbaanatleet op die byeenkoms was, het twee goue medaljes ontvang: in die 75 m- en 150 m-hekkies vir seuns o.12.

Tiaan se wentyd in die 75 m-hekkies was 11.53 en in die 150 m-hekkies was dit 20.72.

Jurgen Nortjé het twee goue medaljes in die o.13-ouderdomsgroep gewen.

Hy het die 800 m in ’n tyd van 02:07.36 afgelê en die 1 500 m in 04:25.32.

Jacobus Scholtz het ’n silwermedalje in die 1 200 m vir seuns o.10 gewen.

Nico Pretorius het ook silwer losgeslaan, op sy beurt in hoogspring vir seuns o.12.

NovaNews WhatsApp channel QR code

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article