Die De Doorns-polisie is op soek na ’n vrou wat na bewering haar vriend op Goeie Vrydag, 7 April, vermoor het.

Volgens ’n polisiewoordvoerder van die De Doorns-polisie het die man aan een steekwond in sy rug beswyk.

“Volgens die verslag het die oorledene en sy vriendin in hul informele huis baklei. Die man het later uit die huis geloop en in die middel van die pad neergeval.”

Die bure het almal nadergegaan “om te kyk of die man oukei is”.

“In hul poging om die 48-jarige man te help, het een van die bure die mes uit sy rug gehaal. Die man het net daar uitgebloei en gesterf,” verduidelik die woordvoerder.

Niemand is nog in verband met hierdie voorval in hegtenis geneem nie.

“Die vriendin word sedert die voorval gesoek. Sy is op vlug en kruip weg. Ons vra enigeen met kennis oor waar sy haar moontlik bevind om die polisiekantoor te kontak.” . Die De Doorns-polisiekantoor kan by 023 356 4020 gekontak word.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article