Die toonhuis van die week word volgens ’n alleenmandaat deur Sotheby’s bemark.

Dié ruim gesinswoning bied oopplan-leefdele en ’n goed ingerigte kombuis en waskamer.

Die oopplanvertrek skakel vloeiend met ’n onderdakstoep en swembad.

Benewens drie slaapkamers, ’n studeerkamer en twee badkamers, is daar verskeie buitegeboue, onder meer ’n eenslaapkamerwoonstel. Hierdie eiendom bied ook ’n dubbelmotorhuis, dubbelafdak asook volop parkeerruimte.

Vir meer inligting, skakel Sotheby’s by 023 347 2240.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article