Primrose-rugbyklub het Saterdag (15 April) op Worcester se Bolandpark hul tweede nederlaag gely in die Streekuitdaagbeker se tweede liga, toe Mountain Stars hulle met 12 punte teenoor 5 geklop het.

Primrose het begin met ’n goeie aanvalspoging, maar foute het ingesluip wat tot ’n strafskop vir die Stars gelei het.

Die 20 minute hierna het goeie rugby opgelewer met beide spanne wat goed verdedig het. Geen verdere punte is aangeteken nie.

Ná ’n lynstaan het Stars nietemin ’n drie gaan druk, maar misluk met die doelskop en hulle lei met 5-0.

Primrose het toe afgeskop, maar weens ’n tegniese fout deur Stars het Primrose se voorspelers die bal kom haal en Marco Snyders (agsteman) ’n drie gaan druk, gevolg deur ’n onsuksesvolle doelskop, met die telling op 5 elk.

Ná die volgende afskop het Primrose weer verwoed aangeval, maar weens swak hanteerwerk het Stars die bal ontvang, pale toe gehardloop en oorgeskop.

Die telling hierna was 12-5, steeds in Stars se guns.

Ná halftyd het Primrose afgeskop vir die laaste 40 minute en het hulself weer op die aanval geplaas toe Stars ’n strafskop toegestaan is wat mis was.

Daarna het Primrose weer verdedig in ’n lynstaan wat deur Stars gewen is.

Hierna het Stars die hele veld vol gespeel, met Primrose wat voortdurend op die verdediging was.

Toe Primrose in die doodsnikke van die wedstryd weer ’n skrum wen, het die span sy agterlyn vorentoe gestuur met Oswald Scholtz (vleuel) wat doellyn toe gehardloop het, maar uitgeboender is.

Die eindfluitjie is toe ook geblaas, met die eindtelling op 12-5 in Stars se guns.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article