Hierdie week se toonhuis in Bergsig is pas in die mark en ’n ware juweel wat sekerlik vinnig opgeraap gaan word.
Die gesinswoning is geleë in ’n stil doodloopstraat met pragtige uitsig oor die berge en dorp.
Die mooi, moderne kombuis skakel met die gerieflike onthaal- en braaideel asook ’n klein swembad – net die ding om in af te koel in die somer.
Die leefdeel sluit ook gerieflik hierby aan deur twee glasdeure wat dit ’n heerlike kuierplek maak.
Die slaapkamers kry almal baie natuurlike lig en die aparte gastekamer het sy eie lugversorger en en suite-badkamer wat bestaan uit ’n groot stort, wasbak en toilet.
Die tweede badkamer bestaan uit ’n bad, wasbak en toilet.
Die erf is omhein en bied genoeg ruimte vir troeteldiere en ’n jong gesin. Die erf bied ook ’n tweede ingang wat addisionele parkeerplek moontlik maak.
Die eiendom is beslis ’n besigtiging werd. Maak gerus ’n afspraak deur Elmarie Esterhuizen by Seeff Eiendomme by 023 344 3291 / 082 663 5010 te bel..





