Leerders word genooi na ’n loopbaanuitstalling Saterdag (20 Julie). Die loopbaanuitstalling word deur Lwazi Programme, ’n organisasie sonder winsbejag, aangebied. Dit begin 10:00 en duur tot 15:00. Skakel 081 233 0198 of 078 531 7846 vir nog inligting. Lwazi bied hulp aan leerders met hul voorneme vir universiteit en hul planne vir hul toekomstige loopbaan. Een van die stigters, Ronel Pullin, sê die program help leerders reg oor die Breedevallei. “Ons moedig leerders aan om die loopbaanuitstalling by te woon, want instellings wat hulp bied, sal ook daar wees,” sê Pullin. By Pullin op die foto is ’n groep wat tans deur die program gesteun word met hul aansoeke vir universiteit.


Leerders genooi na loopbaanuitstalling

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article