Weslander verskaf weekliks ‘n kort blik op die vorige week se misdaadgebeure in sy verspreidingsgebied met behulp van kapt. Tania Helfrich, die distrikswoordvoerder vir die Weskus-polisie:

Macvena Kamfer (22) van Lambertsbaai het Maandag 26 Januarie in die landdroshof verskyn nadat sy Sondagoggend glo haar gewese kêrel met ‘n mes naby sy linkeroog gesteek het. Die twee was in ‘n bakleiery omdat Kamfer na bewering nie die aansteker en Mandrax-pyp vir die 38-jarige klaer wou gee nie. Die klaer het daarna ‘n saak van aanranding met die doel om ernstig te beseer by die polisie gaan aanmeld.

Cornell Snyers (25) is Sondagoggend (25 Januarie) om 05:00 drie keer in Rivierstraat in Kalbaskraal, Malmesbury, geskiet. Hy is op die toneel oorlede. Diago Agulhas (21) is weens die moord op Snyers in hegtenis geneem en sy eerste hofverskyning was Dinsdag (27 Januarie).

Die liggaam van Patrick Swartz (38) is Sondag 25 Januarie om 18:20 uit die rivier naby die begraafplaas in Clanwilliam gehaal nadat hy verdrink het. Die polisie ondersoek die voorval.

’n Ontbinde liggaam van ‘n tans op- bekende man verlede Donderdag (22 Januarie) om 08:30 langs die R365 naby Porterville gevind. Die polisie ondersoek ‘n saak van moord.

38-year-old Finia Njatze was stabbed in the neck in Mangaung, Vredendal North, op Saturday evening 24 January at around 19:40 and died at the scene. Police are investigating a case of murder.

An unidentified man died in hospital op Sunday evening (25 January) after being stabbed in the right thigh in Noma Ndawo, Riverview, in Citrusdal. A murder case is being investigated.

’n 25-jarige vrou is Saterdagoggend (24 Januarie) in Vredenburg in die rug geskiet. Die omstandighede word ondersoek en die polisie ondersoek ‘n saak van poging tot moord.

Die 59-jarige Maria Ruiters van Citrusdal het Maandag (26 Januarie) in die landdroshof verskyn nadat sy glo haar skoondogter Saterdag omstreeks middernag met kookwater en olie gegooi het. Die saak is vir verdere verrigtinge uitgestel.

’n 24-jarige vrou het Saterdag (24 Januarie) om 01:24 haar verjaarsdag in Middelpos, Saldanha, gevier toe ‘n 25-jarige verdagte haar aan die hare gegryp en met ‘n bierbottel in die gesig geslaan het. Die verdagte verskyn op 29 Januarie in die landdroshof op ‘n aanklag van aanranding.

Munashe Shimuti (28) het Maandag (26 Januarie) in die Malmesbury-landdroshof op ‘n aanklag van roekelose en nalatige bestuur verskyn nadat hy Saterdagaand om 21:55 glo ‘n man op die Yzerfonteinpad (R315) omgery en van die toneel af gevlug het. Die slagoffer het kop- en beenbeserings opgedoen.

Two ewes were stolen from a farm in Langebaan Road between Wednesday and Friday, 21 to 23 January. Xolani Bistolo (33), Fanti Bongani (36), Malife Ayabonga (24), Molise Mohlomi (29) and Bonikele Tokozile (35) appeared in the Vredenburg Magistrate’s Court op Tuesday after they were arrested between Friday night and Saturday morning op the same farm where the two ewes were stolen. Both case files are being investigated by Malmesbury’s stock theft unit.

Cornell Snyers (25) is Sondag (25 Januarie) om 05:00 drie keer in Rivierstraat, Kalbaskraal, in Malmesbury, geskiet en is op die toneel oorlede. Die polisie ondersoek ‘n saak van moord.

’n 25-jarige klaer het Saterdag (24 Januarie) om 02:50 wakker geword van ‘n bakleiery buite ‘n woning in Thembalestraat, Kalbaskraal, in Malmesbury. Toe hy uitgaan, het drie verdagtes skote in sy rigting afgevuur en hy is in albei voete gewond. Die polisie ondersoek ‘n saak van poging tot moord.

’n 21-jarige vrou en ‘n 18-jarige man is Sondag (25 Januarie) om 00:47 in Mountainview, Chatsworth, in Malmesbury, geskiet. Die man het twee skietwonde in die maag en een in die skouer opgedoen. Die vrou is in die maag en boud gewond.

You need to be Logged In to leave a comment.

  • Weslander E-Edition – 12 March 2026
    Weslander E-Edition – 12 March 2026

Gift this article