Die sangers Franja du Plessis en Ruan Josh kom Langebaan toe. Die duo sal Donderdag 18 April van 20:00 by Kapstadt Brauhaus optree.

Oor die afgelope agt jaar het Ruan Josh en sy singende sussie, Franja, dit reggekry om hul merk in die Afrikaanse en Suid-Afrikaanse musiekwêreld te maak. Ruan het al menige projekte agter die skerms aangepak en Franja is ’n boffin in die ateljee as dit kom by die vervaardiging van die immergewilde singende gesin se musiek.

Hulle voel dis weer tyd om kragte saam te span en ’n splinternuwe liedjie uit te reik. Die liedjie is geskryf deur Daniel Potgieter, terwyl Franja en Ruan ook hul insette gelewer het. Dié samewerking gee ’n ongelooflike gevoel van lekkerkry. Dis ’n liedjie wat geluister kan word op die langpad of is ideaal vir langarm. Of vir luister wanneer jy die week saam met vriende om ’n braai afsluit.

Kom geniet die dinamiese duo se eerste optrede saam in Langebaan. Kaartjies vanaf R100. Besoek www.quicket.com om te bespreek.

You need to be Logged In to leave a comment.

  • Weslander E-Edition – 12 March 2026
    Weslander E-Edition – 12 March 2026

Gift this article