Personeel by distrikshospitale in die Weskus en die Paarl-hospitaal het op Kersdag altesaam 19 babas verwelkom (13 seuns en ses meisies), en op Nuwejaarsdag 22 (13 seuns en nege meisies).
Volgens Sandra Maritz, woordvoerder vir die departement van gesondheid, was die eerste aankomeling op Kersdag ’n seuntjie wat om 01:46 by die Citrusdal-hospitaal gebore is. Hy het 1,46 kg geweeg en was 37 cm lank.
Op Nuwejaarsdag is die eerste baba om 02:44 in die Paarl-hospitaal gebore. Dié meisie het 2,79 kg geweeg met ’n lengte van 49 cm.




