In vandag se samelewing hoor ons dikwels die woorde: “Wees ‘n man.” Maar wat beteken dit regtig? Vir baie mans beteken dit om sterk te wees, nooit te huil nie en altyd almal anders se laste te dra. Van kleins af word seuns dikwels geleer om hul emosies weg te steek. Maar die waarheid is dat ‘n man ook mens is. Baie mans glimlag in die openbaar, maar sukkel stilweg met stres, finansiële druk, gebroke verhoudings en emosionele uitputting. Die grootste geveg gebeur dikwels binne-in hulle. ‘n Ware man is nie iemand wat perfek is nie, maar iemand wat verantwoordelikheid neem, uit sy foute leer en weer opstaan nadat hy geval het. Dit is iemand wat ander respekteer, sy familie beskerm en ook aandag gee aan sy eie groei en genesing. Ons jongmense kyk na hoe ons leef. Hulle sien hoe ons mense behandel, hoe ons reageer wanneer dinge moeilik raak en of ons met integriteit leef. As mans moet ons weer mentors wees. Jong mans het mense nodig wat vir hulle wys hulle hoef nie alleen deur die lewe te gaan nie. Om ‘n man te wees gaan nie oor trots nie. Dit gaan oor karakter, doel en verantwoordelikheid. “ ’n Wyse man bou sy huis, maar dwaasheid breek dit af.” – Spreuke 14:1. (Verkort. Red.)

Thomas Lotz

VREDENBURG

NovaNews WhatsApp channel QR code

You need to be Logged In to leave a comment.

  • Weslander E-Edition – 4 June 2026
    Weslander E-Edition – 4 June 2026

Gift this article