Lethemba Care Projects was die afgelope drie jaar al by verskeie projekte betrokke.

Lethemba vier vanjaar drie jaar


Lethemba Care Projects het hul derde bestaansjaar gevier op Dinsdag 26 Mei. Die organisasie is in 2023 ge- stig met die doel om hoop te herstel en gemeenskappe op die Weskus te versterk.

Lethemba Care Projects het die afgelope drie jaar onder leiding van die stigter Gereldo Pieters tot ‘n bekende gemeenskapsorganisasie gegroei, wat verskeie programme aanbied om kwesbare individue, jeug, gesinne en gemeenskappe te ondersteun.

Die organisasie fokus onder ­andere op sopkombuis- en voedselondersteuning, jeugontwikkeling, volwasse-matriek-ondersteuningsprogramme en baie meer.

Volgens Pieters was die pad nie altyd maklik nie. “Ons het baie uitdagings beleef, insluitend beperkte hulpbronne, finansiële druk en vervoertekorte, maar deur geloof, deursettingsvermoë en die ondersteuning van ons gemeenskap het ons aangehou om hoop te bring waar dit die nodigste is.”

As deel van die driejaarviering sal Lethemba Care Projects ook hul toekomsvisie bekendstel, wat die ontwikkeling van ‘n permanente gemeenskaps­ontwikkelingsentrum, die uitbreiding van opvoedkundige programme, die verkryging van voertuie vir gemeenskapsdienste en groter vennootskappe met sakeondernemings en ander rolspelers insluit.

Die organisasie nooi plaaslike sakeondernemings, gemeenskapslede, vennote en moontlike borge om hierdie mylpaal saam met hulle te vier en deel te word van die volgende fase van groei en impak. “Hierdie drie jaar sou nie moontlik gewees het sonder ons vrywilligers, direksie, vennote, skenkers en die gemeenskap nie. Ons sê dankie aan elkeen wat hierdie pad saam met ons stap,” het Pieters bygevoeg.

NovaNews WhatsApp channel QR code

You need to be Logged In to leave a comment.

  • Weslander E-Edition – 4 June 2026
    Weslander E-Edition – 4 June 2026

Gift this article