Van links is blitsige en trotse Weskussser Chavall Williams (Salkoriane) saam met sy spanmaats, van links, Anthony Solomons (Drakenstein), Dawid Rui- ters (Robertson) en Maurice Fortuin (Drakenstein).

Vier Boland-atlete – met een van die Weskus – het onlangs aan die Suid-Afrikaanse baan- en veldatletiek-kam-

pioenskap in Germiston deelgeneem.

Volgens Sakkie Mentoor, voorsitter van die Salkoriane-atletiekklub, het die atlete goed voorberei nadat hulle die nuus gehoor het dat hulle in dié kampioenskap gaan meeding. “Opofferings is gemaak om goeie resultate te lewer.”

Die span het ‘n silwermedalje in die 4×100 m-aflos losgeslaan.

Wat dit ook merkwaardig maak, is dat dit Chavall Williams, ‘n atleet van die Salkoriane-klub, se eerste groot kompetisie was. Hy het vroeër ook ‘n silwermedalje vir die 100 m by die Westelike Provinsie-kampioenskap verower, met ‘n tyd van 12:34 sek.

You need to be Logged In to leave a comment.

  • Weslander E-Edition – 21 May 2026
    Weslander E-Edition – 21 May 2026

Gift this article