Sonder om te huiwer of twee keer te dink, het Chris Barnard, ‘n inwoner van Vredendal, ‘n vasgekeerde hondjie gered.
Die klein hondjie is die afgelope Dins- dag (19 Mei) ‘n entjie van die Vredendal-brug in die Olifantsrivier gewaar.
Volgens Barnard het hy ‘n oproep ontvang om te vra of hy sal gaan loer.
“Toe ek daar kom, sien ek die hondjie sit darem nie te diep in nie. Al wat ek kon dink was ‘hy moet uitgehaal word, dis nou of nooit’.”
Met net ‘n onderbroek aan het Barnard die koue en modderige water aangedurf.

Hy’s ‘n diereliefhebber en ‘n man van min woorde, maar Barnard sê hy is bly dat die hond veilig is. “Ek wil nooit ‘n dier in moeilikheid sien nie.”
Angel Project van Vredendal het op sy Facebook-blad gedeel dat almal op soek is na “River”, soos die hond nou heet, se eienaars.
“ ’River’ is veilig by die Vredendal-dierehospitaal en word behandel. Ons wil graag sy eienaars so gou as moontlik vind. Maak asb. kontak met die Angel Project by 069 691 5870.”






You must be logged in to post a comment.