Inwoners van Witteklip het hul kommer uitgespreek oor dié stuk grond in Rooihalsstraat. Volgens inwoners is die toestand van die veld nie veilig of higiënies nie. Een inwoner sê hy het al telke male uitgereik na die Saldanhabaai-munisipaliteit (SBM) sonder sukses. Hy bekommer hom ook dat iemand dalk beseer kan word of dat die vullis in die gebied siektes kan veroorsaak. Die inwoner meen baie mense gebruik die veld as ‘n deurloop en dis ‘n groot risiko. Weslander het verskeie navrae na SBM gestuur, maar het tot dusver geen kommentaar ontvang nie.

Inwoners gekwel oor vuil stuk grond

You need to be Logged In to leave a comment.

  • Weslander E-Edition – 21 May 2026
    Weslander E-Edition – 21 May 2026

Gift this article