Noluvu Ludidi
‘n Inwoner van Britanniabaai het sy kommer oor oop kragbokse in die area uitgespreek.
Volgens die inwoner is dit ‘n groot veiligheidsrisiko en behoort die Saldanhabaai-munispaliteit (SBM) iets aan die saak doen, voordat iemand seerkry.
Volgens Ethne Lawrence, woordvoer- der van SBM, word Brittaniabaai (St. Helenabaai) se elektrisiteit direk deur Eskom aan verbruikers en inwoners voorsien, terwyl ander dorpe en voorstede deur die SBM voorsien word.
Lawrence sê die kragbokse in die strate waarna verwys word, is die eiendom van Eskom. “Dit is streng onwettig vir verbruikers of die munisipaliteit om daarmee te peuter of dit te herstel.”
Lawrence raai verbruikers aan Eskom by 0860 037 566 te skakel om oop of beskadigde kragbokse aan te meld.


