Court Archives | Weskus Nuus https://novanews.co.za/weskusnuus/tag/court/ To Inform, Engage and Empower Local Communities Tue, 17 Feb 2026 09:38:47 +0000 en-ZA hourly 1 https://wordpress.org/?v=6.9.1 https://novanews.co.za/weskusnuus/wp-content/uploads/2025/03/weskus-nuus-site-icon-150x150.png Court Archives | Weskus Nuus https://novanews.co.za/weskusnuus/tag/court/ 32 32 242490454 ‘My vriend en buurman het haar vermoor’ meen moordbeskuldigde https://novanews.co.za/weskusnuus/my-vriend-en-buurman-het-haar-vermoor-meen-moordbeskuldigde/ https://novanews.co.za/weskusnuus/my-vriend-en-buurman-het-haar-vermoor-meen-moordbeskuldigde/#respond Tue, 17 Feb 2026 08:08:34 +0000 https://novanews.co.za/weskusnuus/?p=294718 Misdaad | Crime

ATLANTIS – Janet Jordan (67) van Pearl Mansion is op 26 Januarie na bewering wreed deur haar skoonseun met ’n byl aangeval toe sy net die vrede tussen hom en […]

The post ‘My vriend en buurman het haar vermoor’ meen moordbeskuldigde appeared first on Weskus Nuus.

]]>
Misdaad | Crime

ATLANTIS – Janet Jordan (67) van Pearl Mansion is op 26 Januarie na bewering wreed deur haar skoonseun met ’n byl aangeval toe sy net die vrede tussen hom en sy vrou wou bewaar. Sy het ’n week later in die Wesfleur-hospitaal aan haar beserings beswyk.

Moegamat Tabisher (35) het Vrydag (13 Februarie) in die Atlantis-landdroshof verskyn op aanklagte van moord en ernstige aanranding.

Moegamat Tabisher(35) Vrydag (13 Februarie) in die Atlantis-landdroshof. Foto: Murphy Roberts

’n Ingeligte bron het gesê die argument tussen Tabisher en sy vrou het glo oor seks gegaan. Die bron het verder verklap dat die verdagte na bewering om middernag seks met sy vrou wou hê, maar sy het geweier, wat glo tot ’n argument gelei het.

Janet het glo telkemale probeer die vrede te bewaar, maar is toe ook deur Tabisher met ’n byl aangeval.

Volgens ontstoke inwoners het Tabisher ná die aanval gevlug nadat hy sy skoonma na bewering twee keer met die byl oor die kop geslaan het. Hy het glo later aangevoer dat daar ingebreek is en die inbreker hulle aangeval het.

Tabisher is ongeveer twee kilometer van die toneel van die misdaad onder ’n bakkie gekry waar hy probeer wegkruip het. ’n Betroubare bron het gesê hy is onder die bakkie uitgetrek en woedende bure en inwoners hom toe glo “van sy eie medisyne” gevoer het – met sy eie byl.

Janet het meer as ’n week ná die aanval in die hospitaal beswyk, en die verdagte was deurentyd onder polisiebewaring in dieselfde hospitaal.

Tabisher, wat in ’n rolstoel is ná die voorval, het ’n aansoek om borgtog gebring. Volgens die verdagte het hy ’n plaat in sy arm en ’n plaat in sy been, en het hy aan die hof genoem dat hy verskeie kopwonde opgedoen het. Volgens omstanders het die polisie net betyds opgedaag om sy lewe te red.

Die verdagte het voer in sy eie getuienis aan dat hy verkeerdelik met die misdaad verbind word en sy vriend en buurman van die moord beskuldig. “Dit is hy wat my so aangerand het sodat ek nie die waarheid kan praat nie,” het Tabisher aan die hof gesê.

Hy het verduidelik dat inwoners van Pearl Mansion jaloers op hom is en hom daarom blameer.

Die verdagte beweer die argument dat die voorval oor seks handel van alle waarheid ontbloot is. Hy sê hy het geslaap toe hy wakker skrik en wou weet waarom die oorledene al die wyn gedrink het.

Die staat het egter tydens kruisverhoor aangedui dat Tabisher sy getuienis aanpas om ander te blameer. Volgens die staat het minderjariges gesien hoe hy hul ouma met die byl aanval en probeer terug in die huis sleep.

Speursers. Elo Hendricks, ondersoekbeampte, verlaat die hof nadat die borgtogaansoek uitgestel is. Foto: Murphy Roberts

Tabisher het egter teruggekap dat die ondersoekbeampte die kinders aangehits het om dit te noem. Hy het ook aan die hof genoem dat hy geen vorige oortredings het en geen hangende sake teen hom het nie.

Die staat het egter weer eens beandruk dat Tabisher die hof probeer mislei het en ongeveer 11 oortredings genoem, waaronder moord en verkragting.

Familie en vriende van die vermoorde Janet Jordan (67 van Pearl Mansion het Vrydag 13 Februarie by die Atlantis-landdroshof opgedaag en gevra dat die verdagte nie borgtog moet kry nie. Foto: Murphy Roberts

Volgens die staat is daar ook ’n beskermingsbevel teen die verdagte, maar hy het ontken dat dit die waarheid is. “Inwoners van Pearl Mansion blameer my omdat ek die buurman wil beskerm,” het hy aan die hof gesê.

Die saak is uitgestel tot Donderdag 26 Februarie, en die verdagte bly in aanhouding.

The post ‘My vriend en buurman het haar vermoor’ meen moordbeskuldigde appeared first on Weskus Nuus.

]]>
https://novanews.co.za/weskusnuus/my-vriend-en-buurman-het-haar-vermoor-meen-moordbeskuldigde/feed/ 0 294718
Man oor ongelisensieërde haelgeweer in hegtenis geneem https://novanews.co.za/weskusnuus/man-oor-ongelisensieerde-haelgeweer-in-hegtenis-geneem/ https://novanews.co.za/weskusnuus/man-oor-ongelisensieerde-haelgeweer-in-hegtenis-geneem/#respond Wed, 03 Dec 2025 06:36:21 +0000 https://novanews.co.za/weskusnuus/?p=294430 Dié haelgeweer wat by die beskuldigde gekry is. Foto: SAPD

‘n Man van Atlantis is vroeër dié week met ‘n ongelisensieërde vuurwapen betrap en in hegtenis geneem.Volgens sers. Wesley Twigg, woordvoerder vir die Wes-Kaapse polisie, het lede van die Atlantis-polisie […]

The post Man oor ongelisensieërde haelgeweer in hegtenis geneem appeared first on Weskus Nuus.

]]>
Dié haelgeweer wat by die beskuldigde gekry is. Foto: SAPD

‘n Man van Atlantis is vroeër dié week met ‘n ongelisensieërde vuurwapen betrap en in hegtenis geneem.
Volgens sers. Wesley Twigg, woordvoerder vir die Wes-Kaapse polisie, het lede van die Atlantis-polisie het op Maandag 1 Desember inligting ontvang oor ‘n vuurwapen by ‘n perseel in Yewstraat, Pella.
Hulle het die inligting opgevolg en die geïdentifiseerde perseel deursoek waar hulle ‘n haelgeweer gevind het, versteek in ‘n kas in die slaapkamer.
‘n Volwasse man is in hegtenis geneem vir die onwettige besit van ‘n vuurwapen aangesien hy nie rekenskap van die vuurwapen kon gee nie.
Die verdagte sal in die Atlantis-landdroshof verskyn sodra hy aangekla is.

The post Man oor ongelisensieërde haelgeweer in hegtenis geneem appeared first on Weskus Nuus.

]]>
https://novanews.co.za/weskusnuus/man-oor-ongelisensieerde-haelgeweer-in-hegtenis-geneem/feed/ 0 294430
Man wat eks vermoor kry 25 jaar tronkstraf https://novanews.co.za/weskusnuus/man-wat-eks-vermoor-kry-25-jaar-tronkstraf/ https://novanews.co.za/weskusnuus/man-wat-eks-vermoor-kry-25-jaar-tronkstraf/#respond Thu, 13 Nov 2025 05:03:06 +0000 https://novanews.co.za/weskusnuus/?p=294308

“Ek sal hom nooit kan vergewe nie …” het die vermoorde Joshlin Marthinus (27) se emosionele ma, Sarah Marthinus, buite die Atlantis-landdroshof gesê. Charlton Koopman (28), Joshlin Marthinus se gewese kêrel […]

The post Man wat eks vermoor kry 25 jaar tronkstraf appeared first on Weskus Nuus.

]]>

“Ek sal hom nooit kan vergewe nie …” het die vermoorde Joshlin Marthinus (27) se emosionele ma, Sarah Marthinus, buite die Atlantis-landdroshof gesê.

Charlton Koopman (28), Joshlin Marthinus se gewese kêrel en die pa van haar twee laerskooldogters, is verlede week (Dinsdag 4 November) op ‘n aanklag van moord gevonnis. Hy het ‘n pleitooreenkoms met die staat aangegaan.

Charlton Koopman pas nadat hy vir 25 jaar weens die moord op sy kinders se ma tronk toe gestuur is.

Koopman, ‘n tikverslaafde, het erken hy het Joshlin Marthinus op Sondag 15 September 2024 vermoor.
Hy het in die pleitooreenkoms erken hy het haar na sy blyplek gelok om kamstig oor die kinders te praat. Dit was nie lank nie toe hulle begin baklei het en dit later gewelddadig geraak het.

Koopman het erken hy het haar eers gewurg voordat hy ‘n plastieksak oor haar kop gesit en haar versmoor het. Volgens sy verklaring het hy haar lyk onder sy bed versteek nadat hy besef het sy lewe nie meer nie. Hy het vriende gekontak om hom te kom help om van die lyk ontslae te raak.

Die slagoffer is dié noodlottige Sondagoggend winkel toe om vir die kinders te gaan pap koop, maar het het nooit die voorreg gehad om dit te eet óf om haar weer te sien nie. Volgens ‘n familielid van Joshlin Marthinus is haar liggaam later dieselfde dag met ‘n plastieksak oor die kop onder ‘n bed in ‘n houthuisie in Sherwoodpark gevind.

“Ons vermoed Koopman het haar gebel en gesê hy het geld vir die kinders. Joshlin het die gewelddadige verhouding reeds drie jaar tevore beëindig en sedertdien het hy haar verskeie kere gedreig,” vertel die familielid.

“Ons weet nie hoe sy daar beland het nie, maar een ding is seker – sy sou nooit uit haar eie soontoe gegaan het nie,” vertel die verbitterde familielid. Ons vermoed hy het haar halfpad daar gekry met die belofte van geld en haar toe na sy meisie se plek geneem. Dié meisie was ten tyde van die voorval by die werk.”

Volgens die familielid het Koopman se vriend alarm gemaak omdat Koopman glo gesê het hy het haar iets aangedoen nadat haar familie rondgesoek het.

Sanna Marthinus, ‘n niggie van die vermoorde Joshlin Marthinus; Johanna Robertson, ‘n tante van haar en Sarah Marthinus, haar ma, nadat haar moorde- naar 25 jaar tronkstraf opgelê is.

Die familielid vertel verder dat hulle haar foon bly bel het, “maar die gemors het die vermetelheid gehad om haar foon te antwoord en te sê hy weet nie waar sy is nie”.

Koopman het die foon en ander kosbare besittings by ‘n tikhuis probeer verkoop, waar omgekrapte inwoners van Saxonsea hom gekry en byna doodgeslaan het, vertel die familielid.

Koopman moes onder polisiebewaking in die hospitaal behandel word.

The post Man wat eks vermoor kry 25 jaar tronkstraf appeared first on Weskus Nuus.

]]>
https://novanews.co.za/weskusnuus/man-wat-eks-vermoor-kry-25-jaar-tronkstraf/feed/ 0 294308
WeskusNuus E-Edition – 11 November 2025 https://novanews.co.za/weskusnuus/weskusnuus-e-edition-11-november-2025/ https://novanews.co.za/weskusnuus/weskusnuus-e-edition-11-november-2025/#respond Mon, 10 Nov 2025 13:04:09 +0000 https://novanews.co.za/weskusnuus/?p=294287 WeskusNuus E-Edition - 11 November 2025

The post WeskusNuus E-Edition – 11 November 2025 appeared first on Weskus Nuus.

]]>
WeskusNuus E-Edition - 11 November 2025

The post WeskusNuus E-Edition – 11 November 2025 appeared first on Weskus Nuus.

]]>
https://novanews.co.za/weskusnuus/weskusnuus-e-edition-11-november-2025/feed/ 0 294287
Sekspes eintlik monster https://novanews.co.za/weskusnuus/sekspes-eintlik-monster/ https://novanews.co.za/weskusnuus/sekspes-eintlik-monster/#respond Thu, 16 Oct 2025 08:17:24 +0000 https://novanews.co.za/weskusnuus/?p=266071 Die plek buite Atlantis waarheen die vermeende kinderverkragter die twee meisies gelok het. Foto: Murphy Roberts.

Die 53-jarige beskuldigde wat op Vrydag 19 September na bewering twee maatjies van onderskeidelik 10 en 11 jaar oud na duine gelok het “om sy hasies te gaan kos gee”, […]

The post Sekspes eintlik monster appeared first on Weskus Nuus.

]]>
Die plek buite Atlantis waarheen die vermeende kinderverkragter die twee meisies gelok het. Foto: Murphy Roberts.

Die 53-jarige beskuldigde wat op Vrydag 19 September na bewering twee maatjies van onderskeidelik 10 en 11 jaar oud na duine gelok het “om sy hasies te gaan kos gee”, is as ‘n monster beskryf.

Die verdagte ís al aan seksuele dade met minderjariges skuldig gevind wat spruit oor drie dekades, het ‘n betroubare bron aan WeskusNuus verklap.

Volgens die bron is die beskuldigde in 1993 in die Paarl aan ‘n seksuele misdryf met ‘n minderjarige skuldig bevind en ses jaar tronkstraf opgelê, waarvan vier jaar vir vyf jaar opgeskort was.

“Die Monster”, soos hy nou gedoop is, het daarna verskeie ander seksuele misdrywe met veral minderjariges gepleeg. Sy laaste was ‘n 11-jarige en hy is vir 10 jaar tronk toe gepos.

Volgens die polisiewoordvoerder kapt. Lisa Munro word tans twee klagtes van poging tot verkragting sowel as van seksuele aanranding en ontvoering teen die verdagte ondersoek.

“Die Monster” het sy borgaansoek op Maandag 29 September laat vaar en moet op 28 Oktober weer in die hof verskyn.

Die dapper optrede van een van die twee meisies in die jongste geval het die ander van verkragting gered toe sy, terwyl die maniak besig was om sy broek af te trek, die kans gebruik het om weg te hardloop en hulp te gaan kry.

Kapt. Munro het bevestig dat ‘n 53-jarige man op 19 September ná ‘n volskaalse soektog net ná 17:00 naby sy huis op klagtes van ontvoering en poging tot verkragting aangekeer is.

Volgens ‘n betroubare bron het die man, wat onlangs ná nege jaar weens verkragting uit die tronk gekom het, die twee maatjies die betrokke Vrydagoggend by die ou sentrum genader.

Hy het na bewering die een kind gestuur om “chips”te gaan koop en gevra hulle moet saamgaan om sy hasies te gaan kos gee.

Die twee onskuldige meisies het ingestem om te gaan help om die hasies te gaan kos gee, vertel die bron.

Die beskuldigde het egter met die twee na die duine geloop, waar die hasies kwansuis sou wees, en het onwetend in die verkragter se strik beland.

Volgens die bron is gou alarm gemaak oor die twee vermiste meisies en talle beeldmateriaal is opgevolg, wat die polisie na die duine gelei het. Die polisie se lugvleuel was binne ‘n uur op die toneel en verskeie hommeltuie is ook ontplooi.

Volgens die bron is die meisie wat weggekom het, deur ‘n motoris na die polisiekantoor geneem terwyl die verdagte koue voete gekry en in die duine verdwyn het. Die soektog het egter voortgeduur en die gebied is gefynkam, maar sonder sukses, vertel die bron. Hy was soos ‘n skim en ken die gebied soos die palm van sy hand, want niemand kon hom opspoor nie. Die man het laatmiddag doodgerus huis toe gestap en inwoners het die polisie gekontak.

The post Sekspes eintlik monster appeared first on Weskus Nuus.

]]>
https://novanews.co.za/weskusnuus/sekspes-eintlik-monster/feed/ 0 266071
Kind stuit verkragter wat weer probeer https://novanews.co.za/weskusnuus/kind-stuit-verkragter-wat-weer-probeer/ https://novanews.co.za/weskusnuus/kind-stuit-verkragter-wat-weer-probeer/#respond Tue, 30 Sep 2025 05:49:30 +0000 https://novanews.co.za/weskusnuus/?p=265997

Die dapper optrede van een van die twee meisies het die ander een van verkragting gered toe sy, terwyl die maniak besig was om sy broek af te trek, die […]

The post Kind stuit verkragter wat weer probeer appeared first on Weskus Nuus.

]]>

Die dapper optrede van een van die twee meisies het die ander een van verkragting gered toe sy, terwyl die maniak besig was om sy broek af te trek, die kans gebruik het om weg te hardloop en hulp te gaan soek.

Die voetpaadjie wat die vermeende verkragter met die twee jong meisietjies na die duine geloop het. Foto: Murphy Roberts
Die voetpaadjie wat die vermeende verkragter met die twee jong meisietjies na die duine geloop het. Foto: Murphy Roberts

Kapt. Lisa Munro, ‘n polisiewoordvoerder, het bevestig dat ‘n 53 jarige man op Vrydag 19 September ná ‘n volskaalse soektog net na vyfuur die middag naby sy huis op klagtes oor ontvoering en poging tot verkragting aangekeer is.

Volgens ‘n betroubare bron het die verdagte, wat onlangs ná nege jaar weens verkragting uit die tronk gekom het, die twee maatjies – onderskeidelik 10 en 11 jaar oud – verlede Vrydagoggend by die ou sentrum genader het.

Volgens die bron het hy die een gestuur om “chips” te gaan koop en hulle gevra om saam met hom te gaan om sy “hasies te gaan kos gee”. Die twee onskuldige meisies het ingestem om te gaan help om die hasies te gaan kos gee, vertel die bron.

Die verdagte het egter met die twee na die duine geloop, waar die hasies kwansuis sou wees, en die meisietjies het onwetend in die verkragter se strik beland. Volgens die bron is gou alarm gemaak oor die twee vermiste meisies en beeldmateriaal is opgevolg, wat die polisie na die duine gelei het.

Die polisie se lugvleuel was binne ‘n uur op die toneel en verskeie hommeltuie is ook ontplooi. Volgens die bron is die meisie wat weggekom het, deur ‘n motoris na die polisiekantoor geneem terwyl die verdagte koue voete gekry en in die duine verdwyn het.

Die soektog het egter voortgeduur en die gebied is gefynkam, maar sonder enige sukses, vertel die bron. Hy was soos ‘n skim en iemand wat die gebied presies ken, want niemand kon hom opspoor nie.

Die verdagte het laatmiddag doodluiters huis toe gestap, maar inwoners het die polisie gekontak wat hom kom vastrek het.

Die verdagte het Maandag 29 September in die hof verskyn.

Teen druktyd was dit onbekend of hy borgtog gekry het.

The post Kind stuit verkragter wat weer probeer appeared first on Weskus Nuus.

]]>
https://novanews.co.za/weskusnuus/kind-stuit-verkragter-wat-weer-probeer/feed/ 0 265997
Hartseer brief aan landdros oor ma se moord https://novanews.co.za/weskusnuus/hartseer-brief-aan-landdros-oor-ma-se-moord/ Mon, 29 Sep 2025 13:44:01 +0000 https://novanews.co.za/weskusnuus/?p=265875

“My Edelagbare, ek wil net by my pa weet hoekom hy my ma doodgemaak het,” is die hartseer pleidooi van die vermoorde Joshlin Marthinus se 11-jarige dogter in ‘n brief […]

The post Hartseer brief aan landdros oor ma se moord appeared first on Weskus Nuus.

]]>

“My Edelagbare, ek wil net by my pa weet hoekom hy my ma doodgemaak het,” is die hartseer pleidooi van die vermoorde Joshlin Marthinus se 11-jarige dogter in ‘n brief aan die landdros.

Familie en vriende van die vermoorde Joshlin Marthinus het Donderdag tydens haar gewese kêrel en pa van haar twee kinders se verskyning in die plaaslike streekhof direkte familie ondersteun.

Volgens Abraham Roberson, ‘n oom van Joshlin en die familie se woordvoerder, het die emosionele brief die familie onkant betrap.

Luidens die brief wil die kind ook weet hoekom haar pa, Charlton Koopman, vir haar gelieg het, want “ek as sy eie kind” het hom [op] 15 September (verlede jaar) gebel en gevra of my ma daar was “en hy het vir my gelieg om te sê sy was nooit daar nie”. “So, my wens is dat hy gestraf moet word omdat hy my ma doodgemaak het en daaroor gelieg het,” lui die brief.

In die kinderlike brief sê sy ook “dit is nie lekker om sonder ‘n ma groot te word [nie],” en “ek is maar net elf jaar oud en my sustertjie vyf”. Die 11-jarige se brief lui ook dat sy en haar sustertjie gelukkig is omdat hul oom hulle in die Sondagskool gesit en hulle ook by die kerkbrigade laat aansluit het, “maar ons mis ons ma baie”. “My pleidooi as 11-jarige aan u is dat geregtigheid moet geskied en my pa moet boet omdat hy ons ma doodgemaak het. “

Joshlin Marthinus (destyds 27) is op Sondag 15 September verlede jaar deur haar gewese tikkopkêrel en pa van haar twee kinders vermoor.

Joshlin is die Sondagoggend winkels toe om pap vir die kinders te gaan koop, maar die kinders het nooit die voorreg gehad om dit te eet nie.

Volgens ‘n familielid van die oorledene is haar liggaam later dieselfde dag met ‘n plastieksak oor die kop onder ‘n bed in ‘n wendyhuis in Sherwoodpark gevind.

“Ons vermoed haar gewese kêrel en pa van hul twee kinders het gebel en sê sy moet geld kom haal,” vertel hy. “Joshlin het die abusive verhouding reeds drie jaar gelede beëindig en sedertdien het hy haar verskeie kere gedreig,” vertel die familielid.

“Ons weet nie hoe sy daar beland het nie, maar een ding is seker – sy sou nooit uit haar eie tot daar gegaan het nie,” sê die verbitterde familielid.
“Ons vermoed hy het haar halfpad gekry met die belofte van geld en haar na sy meisie, wat tydens die voorval by die werk was, se plek geneem en haar daar vermoor.” Volgens die familielid het ‘n vriend van die moordenaar alarm gemaak nadat die beskul- digde gesê het “hy het haar iets aangedoen”.

Die familielid vertel hulle het haar foon gebel en “die gemors het die vermetelheid gehad om haar foon te antwoord en te sê hy weet nie waar sy is nie. Hy het haar foon en ander kosbare besittings by n tikhuis probeer verkoop, waar omgekrapte inwoners van Saxonsea hom gekry en byna doodge- slaan het,” vertel die familielid. Koopman het Donderdag vlugtig in die Atlantis-streekhof verskyn en kom weer 21 Oktober voor.

The post Hartseer brief aan landdros oor ma se moord appeared first on Weskus Nuus.

]]>
265875
Sewe in hof ná afspraakmoord https://novanews.co.za/weskusnuus/sewe-in-hof-na-afspraakmoord/ Mon, 29 Sep 2025 13:42:16 +0000 https://novanews.co.za/weskusnuus/?p=265868

Nog twee verdagtes is weens die moord op Malcolm Pather in Julie vanjaar aangekeer, wat dit nou sewe verdagtes maak wat moet verduidelik wat presies op die dag van sy […]

The post Sewe in hof ná afspraakmoord appeared first on Weskus Nuus.

]]>

Nog twee verdagtes is weens die moord op Malcolm Pather in Julie vanjaar aangekeer, wat dit nou sewe verdagtes maak wat moet verduidelik wat presies op die dag van sy dood gebeur het.

Paul Solomons het sy borgtogaansoek laat vaar nadat hy weer vir die verbreking van sy patroolvoorwaardes in hegtenis geneem is. Foto: Murphy Roberts

Paul Solomons en Zainodien Greef verskyn saam met Stacey Lee Hector, Wade van Reenen, Igshaan Abrahams, Courtney Nortje en Kyle Francis op aanklagte van moord, motordiefstal en dwarsboming van die gereg. Pather is vermoor nadat hy ‘n seksafspraak met Stacey Lee Hector in Tableview gehad het.Pather se erg verbrande liggaam is agter op ‘n gesteelde bakkie, wat ook uitgebrand was, op die ou Mamre-Darling-pad naby Melkbos gekry.

Speursersant Gavin Thys, die ondersoekbeampte, het tydens Solomons se borgaansoek getuig dat die verdagte verskeie sake van motordiefstal teen hom het en reeds byna al sy bestaande paroolvoorwaardes verbreek het.

Thys se 20-jaar-ondervinding as deurslaggewend in die ondersoek en hy het aan die hof verduidelik hy het met byna geen leidrade nie besef die verdagtes het een fout gemaak – om ‘n lee sapbotteltjie op die toneel te los.

Hy het aan die hof verduidelik hoewel hulle geen vingerafdrukke op die botteltjie kon kry nie, het die sakkie waarin die bottel- tjie was, egter vir ‘n deurbraak gesorg. Die strepieskode op die botteltjie het die ondersoekspan na ‘n bekende vulstasie in Melkbosstrand gelei het, waar kringtelevisiekameras duidelik gewys het waar die beskuldigdes ‘n kannetjie petrol koop. Solomons was die enigste een wat om borgtog aansoek gedoen het, maar hy het die aansoek Maandag (8 September) laat vaar nadat hy weer vir die verbreking van sy paroolvoorwaardes aangekeer is.

Die hof het ook gehoor dat verdagte nommer twee, Wade van Reenen, nou ‘n private prokureur aangestel het.

Volgens Thys is die oorledene se DNS positief met dié van sy broer getoets nadat die oorledene by die Bothasig-polisie as vermis aangemeld is.

Die speurder het ook getuig volgens ‘n getuie het die oorledene vreesbevange geskree kort nadat hy by die adres in Tableview aangekom het. Die speurder het ook aan die hof gesê beeldopnames sal wys dat die verdagtes ‘n liggaam na die oorledene se motor dra skaars 20 minute nadat hy daar aangekom het.

Die sewe verdagtes sal weer op 29 September in die hof verskyn.

The post Sewe in hof ná afspraakmoord appeared first on Weskus Nuus.

]]>
265868
Ma stry dat seun (14) bendelid is https://novanews.co.za/weskusnuus/ma-stry-dat-seun-14-bendelid-is/ Mon, 29 Sep 2025 13:39:43 +0000 https://novanews.co.za/weskusnuus/?p=265864

“Hy was tydens die voorval langs my in die huis en my kind is nie ‘n bendelid nie,” het die ma van ‘n 14-jarige verdagte Vrydag (5 September) in die […]

The post Ma stry dat seun (14) bendelid is appeared first on Weskus Nuus.

]]>

“Hy was tydens die voorval langs my in die huis en my kind is nie ‘n bendelid nie,” het die ma van ‘n 14-jarige verdagte Vrydag (5 September) in die hof tydens die minderjarige se aansoek om borgtog in die Atlantis-hof getuig.

Speursers. Jerome Petersen verlaat die hof nadat die minderjarige in die hof verskyn het.

Die 14-jarige is aangekeer nadat ‘n man Woensdagoggend vroeg (3 September) in Saxonsea doodgeskiet en ‘n vierjarige kleuter ernstig gewond is. Die kleuter, wat binne kort vyf word, was die oggend saam met haar ma en die moordslagoffer op pad na haar kleuterskool.

Die staat, onder leiding van Gino Saaiman, het die ma Maandag (8 September) behoorlik laat bontstaan. Landdros Joy van de Hyde moes op twee geleenthede die verrigtinge stop ná emosionele uitbarstings – eers die ma en later die verdagte.

Volgens Saaiman gaan die ondersoekbeampte presies die teenoorgestelde kom getuig van wat die minderjarige se ma getuig het. Die ma het volhard dat haar kind die oggend van die gebeure by haar in die huis was en nie ‘n bendelid is nie, maar dit is deur die aanklaer verwerp, wat aanvoer dat sy haar getuienis aanpas.

Hy het dit ook aan die hof gestel dat die getuie haar seun op die dag uit ‘n foto-album as die skieter uitgeken het, en die ondersoekbeampte sal dit getuig. Hy wou ook weet hoekom sosialemediafoto’s van die verdagte bestaan waar hy die 28-tronkbendetekens wys.

Maatskaplike werkers verlaat die hof nadat ‘n 14-jarige op aanklagte van moord en poging tot moord verskyn het. Die hof het die maatskaplike werkers gevra om dringend plek vir die minderjarige te vind.

Volgens die aanklaer bestaan oorweldigende getuienis dat haar seun wel ‘n bende-lid is en hy het dit vermoedelik self erken. Hy wou ook weet hoekom die verdagte uit sy die skool geskors is en sy het dit afgemaak as “stories”. Volgens die ma is haar kind reeds vroeër die jaar geskors en wag sy steeds op terugvoer van die skool oor haar kind se skorsing. Op ‘n vraag hoekom hy geskors is, het die ma gesê die skool het aangevoer haar kind is ná skool met ‘n handgemaakte vuurwapen gesien.

Die skietvoorval, wat skokgolwe deur die gemeenskap gestuur het, geniet ook baie aandag op sosiale media. Die kleuter sterk tans in ‘n Kaapse hospitaal aan nadat sy ‘n noodoperasie ondergaan het. Volgens kapt. Lisa Munro, ‘n polisiewoordvoerder, is die kind van agter geskiet en is die koeël voor by haar maag uit.

Die verdagte het die hof deur sy regsverteenwoordiger in ‘n verklaring gevra om hom borgtog toe te staan omdat hy geen vorige veroordelings het nie en omdat geen hangende sake teen hom is nie.

Volgens die verklaring sal hy elke hofdatum teenwoordig wees en gaan hy skuld op die aanklagte teen hom ontken. Die verklaring dui ook aan dat hy geen risiko vir die gemeenskap inhou nie en hy sal ook nie met getuies in die saak inmeng nie.

Die ma het ook die hof verseker dat sy sal toesien dat hy sy borgvoorwaardes nakom.

Die borgaansoek is is uitgestel tot tot 17 September en die verdediging het aangedui dat hulle ook ‘n getuie gaan roep.

The post Ma stry dat seun (14) bendelid is appeared first on Weskus Nuus.

]]>
265864
Atlantis-polisie kry vuurwapens met hulp van publiek https://novanews.co.za/weskusnuus/atlantis-polisie-kry-vuurwapens-met-hulp-van-publiek/ Mon, 29 Sep 2025 13:36:47 +0000 https://novanews.co.za/weskusnuus/?p=265860

Die Atlantis-polisie het verskeie vuurwapens afgeneem en talle mense aangekeer, het Kapt. Lisa Munro, ‘n woordvoerder, bevestig. Volgens Munro het die gemeenskap ‘n belangrike rol in die opsporing van die […]

The post Atlantis-polisie kry vuurwapens met hulp van publiek appeared first on Weskus Nuus.

]]>

Die Atlantis-polisie het verskeie vuurwapens afgeneem en talle mense aangekeer, het Kapt. Lisa Munro, ‘n woordvoerder, bevestig. Volgens Munro het die gemeenskap ‘n belangrike rol in die opsporing van die vuurwapens gespeel. Volgens Munro is dit net nog ‘n bewys dat ‘n goeie verhouding tussen die gemeenskap en polisie bestaan.

Verskaf
verskaf

The post Atlantis-polisie kry vuurwapens met hulp van publiek appeared first on Weskus Nuus.

]]>
265860