Skylee Etherington wen medaljes by die Abraham Geldenhuys Provinsiale Ope-stoeitoernooi.
Skylee Etherington wen medaljes by die Abraham Geldenhuys Provinsiale Ope-stoeitoernooi.
TygerBurger

Laerskool Vredekloof se atlete wys staal


Leerders van die Laerskool Vredekloof in Brackenfell het onlangs weer hul staal getoon in verskeie judo- en stoeikompetisies en indrukwekkende resultate gelewer. Connor Grobbelaar het besonder goed gevaar in sy onlangse judo-toernooie. By die SAT Wes-Kaap Ope op 16 Mei het hy goue medaljes in beide die Novice- en Ope-afdelings verower.

Hy het sy sukses voortgesit by die CWJA Ope- en Novice-toernooi op 23 Mei, waar hy weer goud in albei afdelings gewen het.

“Connor se deursettingsvermoë, dissipline en toewyding aan sy sport is ‘n inspirasie vir sy mede-Klofies,” sê die skool.

Conner Grobbelaar wen goue medaljes by die CWJA Ope- en Novice Judo-toernooi.
Conner Grobbelaar wen goue medaljes by die CWJA Ope- en Novice Judo-toernooi.

Auroun Grobbelaar het aan die Abraham Geldenhuys Provinsiale Ope-stoeitoernooi deelgeneem en uitstekende resultate behaal. Sy het ‘n goue medalje in die Meisiesafdeling gewen en ook ‘n bronsmedalje in die Vrystyl Seunsafdeling verower. “Haar harde werk en toewyding tot die sport het beslis vrugte afgewerp.”

LEES OOK: Klofies blink uit in sport en vier waardehelde

Auroun Grobbelaar wen medaljes by die Abraham Geldenhuys Provinsiale Ope-stoeitoernooi.
Auroun Grobbelaar wen medaljes by die Abraham Geldenhuys Provinsiale Ope-stoeitoernooi.

Skylee Etherington het ook aan die Abraham Geldenhuys Provinsiale Stoeitoernooi deelgeneem en indrukwekkende prestasies gelewer.

Sy het ‘n silwermedalje in die Meisiesafdeling, ‘n bronsmedalje in die Vrystyl Seunsafdeling en nog ‘n silwermedalje in die Presidentskole-afdeling ontvang. “Skylee ontwikkeling op die stoeimat is merkwaardig en getuig van haar volharding.”

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article