Onregmatige gebruik van munisipale voertuie kwel

Hoewel die party begrip het vir die gemeenskap se behoefte om ‘n geliefde te vereer, kan dit nie die roekelose gebruik van munisipale toerusting regverdig nie.

Die VF Plus neem met kommer kennis van die gebruik van munisipale vrag-motors die naweek in Ventersburg se sakesentrum, reg langs die besige N1, as deel van ‘n begrafnisstoet om hulde te bring aan ‘n oorlede vragmotorbestuurder.

Die VF Plus het verskeie klagtes van inwoners ontvang dat hulle onveilig gevoel het. Hulle het ook hul frustrasie uitgespreek dat daar dikwels aangevoer word dat geen vullisverwyderingsvragmotors beskikbaar is vir daaglikse diens-

lewering nie – tog is dieselfde soort voertuie sonder duidelike goedkeuring vir ‘n begrafnisstoet gebruik. Dit laat vrae ontstaan oor wat voorkeur kry en die hantering van munisipale hulpbronne.

Die gebruik van munisipale toerusting moet altyd vooraf goedgekeur word en op ‘n veilige en verantwoordelike wyse geskied. Dit is noodsaaklik dat amptenare binne die munisipaliteit professioneel en met dissipline optree.

Hoewel die party begrip het vir die gemeenskap se behoefte om ‘n geliefde te vereer, kan dit nie die roekelose gebruik van munisipale toerusting regverdig nie.

Die VF Plus het reeds die burgemeester van die Matjhabeng-

munisipaliteit, mnr. David Khalipha, gekontak oor die onverantwoordelike gebruik van munisipale toerusting buite protokol.

Ons sal toesien dat dié saak deeglik aangespreek word.

Dissipline begin by die klein goed.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article