VALENTYNSDAG is om die draai en die Vrouelandbou-vereniging Despatch gaan vanaand tydens hul eerste vergadering van die jaar meer hoor oor idees vir dié dag.
Die gasspreker is Nelmari Oosthuysen, eienaar van Peace of Art in die Baai en sy gaan ’n demonstrasie hou met die tema: Valentynsdag.
Die vergadering is by NGK Eendrag-kerksaal (Glaskerk) vanaand om 18:00.
- Vir meer inligting of om bywoning te bevestig bel Lynette Martin 082 566 3539 of Suzette Schoeman 083 301 7413.


