Die Porsche Klub van die Oos-Kaap vier sy 30ste bestaansjaar met ’n spesiale naweek geleentheid wat op Vrydag 22 September begin.
Vrydag sal 50 Porsche-eienaars van regoor die land, meestal van die Oos-Kaap, in Mosselbaai bymekaar kom. Saterdag ry hulle in ’n konvooi na Gqeberha via Knysna en Plettenbergbaai.
Sondag om 09:00 sal die motors vanaf die Courtyard-hotel in Somerstrand vertrek na die VW Museum op Kariega.
Maandag, van 10:00 tot 16:00 is die sportmotors in aksie en jaag om Aldo Scribante renbaan.
Hierdie geleentheid is toeganklik vir die publiek teen ’n R50 toegangsfooi per motor. Die toegangsfooie word geskenk aan Cheshire Homes.
’n Stel Goodyear-bande sal opgeveil word en dié geld word ook geskenk aan Cheshire Homes. Die geleentheid sal ’n verskeidenheid aktiwiteite insluit:
- Die vertoon van Porsche-voertuie by die baan
- Die voertuie sal ook in aksie gesien word in ’n aksie-belaaide dag vir Porsche-eienaars van 10:00-16:00
- Kos-en koeldrank waentjies sal teenwoordig wees.
Die Porsche Klub Oos-Kaap bestaan uit ’n groep Porsche-entoesiaste wat dit geniet om hulle motors te bestuur, om te sosialiseer met ander Porsche-eienaars en deelname aan Porsche-verwante gebeure saam te geniet.
Die klub se 30ste bestaansjaar viering is ’n wonderlike geleentheid vir die publiek om meer te wete te kom oor die klub en om van die mooiste Porsche-motors in die land te sien.
Almal word uitgenooi om aan te sluit vir hierdie spesiale geleentheid!


