DESPATCH Krieketklub het die naweek teen Kwadwesi Superstars, Hollywood Bets PECC en Extension te staan gekom. Hier is die uitslae:
Promosieliga Despatch Krieketklub vs Kwadwesi Superstars:
Despatch wen die loting en besluit om eerste te gaan kolf. Hulle behaal ‘n totaal van 308 lopies vanaf 50 beurte vir die verlies van 9 paaltjies. Kwadwesi kolf tweede en word uitgeboul in 43,2 beurte vir ‘n totaal van 194 lopies.
Beste kolwers: Corne Ferreira (130 lopies van 96 balle); Janco Black (35 lopies van 79 balle); Robert de Beer (27 lopies van 27 balle); Daniel Renison (27 Lopies van 18 balle).
Beste boulers: Gerhard Visser (42 lopies, 3 paaltjies, 9 beurte); Corne Ferreira (53 lopies, 2 paaltjies, 8 beurte) en Ross Gelderbloem (14 lopies, 2 paaltjies, 6,2 beurte).
Despatch 2de liga vs Hollywoodbets PECC:
Despatch kolf eerste en teken 90 lopies vir die verlies van 8 paaltjies in 20 beurte aan. Na ‘n naelbyt einde beklink PECC die wedstryd op die laaste bal van hulle beurt met ‘n 6 en eindig op 95 lopies vir die verlies van 7 paaltjies.
Beste kolwers: Jonathan van Huyssteen (17 lopies van 18 balle – nie uit nie); Shano Zealand (13 lopies van 26 balle – nie uit nie); Johan Botha (12 lopies van 11 balle).
Beste boulers: Anton van Tonder (8 lopies, 2 paaltjies, 2 beurte); Theo Smit (15 lopies, 2 paaltjies, 4 beurte); Andrew Koertzen (11 lopies, 1 paaltjie, 4 beurte).
Despatch 4de liga vs Extension:
Extension kolf eerste en teken 134 lopies vir die verlies van 8 paaltjies aan in 20 beurte. Despatch gaan in om te kolf en kon slegs 115 lopies vir die verlies van 7 paaltjies aanteken in hulle 20 beurte.
Beste kolwers: Anrich Vorster (32 lopies van 34 balle); Mornay Philander (28 lopies van 35 balle – nie uit nie); Willem Vorster (14 lopies van 12 balle).
Beste boulers: Mornay Philander (17 lopies, 2 paaltjies, 4 beurte); Brayde Cumberledge (15 lopies, 2 paaltjies, 3 beurte); Christo Geldenhuys (13 lopies, 2 paaltjies, 2 beurte).




