Vrou deur taxi doodgery, waarna taxi aan die brand gesteek word


Die Wes-Kaapse polisie het bevestig dat ‘n vrou Woensdagoggend in Elsiesrivier deur ‘n taxi doodgery is en die taxi daarna aan die brand gesteek is.

Konst. Ndakhe Gwala, polisiewoordvoerder, sê die polisie is na ‘n misdaadtoneel in Haltweg ontbied waar ‘n vrou wat oor die pad wou stap deur ‘n taxi raakgery is. “Sy is op die toneel deur mediese personeel dood verklaar. Die polisie het ‘n saak van strafbare manslag aanhangig gemaak,” sê Gwala.

Geen klagte

Gwala sê ná die raakry-voorval het omstanders die taxi aan die brand gesteek. “Die eienaar van die voertuig het nog nie ‘n klagte by die polisie ingedien nie,” sê sy.

Luidens gerugte het die oorledene vir rowers weggehardloop toe sy raakgery is. Die polisie kon dit nie bevestig nie.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article