Con Spirito Filharmonies (CSF) nooi alle musiekliefhebbers om Mozart se 270ste geboortedag te herdenk met ‘n viering wat herinner aan die boeiende draaiboek van Peter Schaffer se Amadeus.
CSF bied op Saterdag 18 April om 19:30 ‘n eenmalige “All-Mozart”-konsert aan in die NG kerk Uitsig, Ridgeworth, Bellville.
Requiem
Kom beleef die emosionele skoonheid van Mozart se finale meesterstuk, sy “Requiem”, deel van sy nalatenskap van meer as 800 komposisies. Die soliste is Paulina Malefane (sopraan), Minette du Toit-Pearce (alt), Sipho Fubesi (tenoor) en Conroy Scott (bas). Hulle het almal al voorheen saam met CSF opgetree en groot lof ontvang.




Die program sluit ook Mozart se betowerende “Fluitkonsert in G” in met die hoogs bekroonde fluitspeler, Liesl Stoltz, asook die geliefde “Die Towerfluit-ouverture”.

Kaartjies
Kaatjies kos R220 by Webtickets.
Konsessiekaartjies vir pensioenarisse en studente (R180) is beskikbaar by Allmusic by 021 981 5551 of am@allmusic.co.za.
LEES OOK: Nasionale Jeugmusiekkompetisie: Geleentheid wink vir jong musici




You must be logged in to post a comment.