{"id":99954,"date":"2018-08-06T06:00:51","date_gmt":"2018-08-06T04:00:51","guid":{"rendered":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/?p=99954"},"modified":"2018-08-03T13:52:53","modified_gmt":"2018-08-03T11:52:53","slug":"hit-the-road-boekresensie-ervaar-die-beste-wat-suid-afrika-bied","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/hit-the-road-boekresensie-ervaar-die-beste-wat-suid-afrika-bied\/","title":{"rendered":"&#8220;Hit the road&#8221;-boekresensie: ervaar die beste wat Suid-Afrika bied"},"content":{"rendered":"<p><em>Deur Mariette Snyman. Hooffoto Pexels<\/em><\/p>\n<p>In<em> Hit the Road: Explore South Africa\u2019s Best Routes<\/em> het die skrywer, <strong>Sean Fraser<\/strong>, geen moeite ontsien om \u2019n opwindende, gebruikersvriendelike gids saam te stel nie. Deurwinterde leunstoelreisigers mag dalk net agterkom dat hulle voete begin jeuk!<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h4>Die boek fokus op sewentien hoof-toeristeroetes<\/h4>\n<p>Elkeen bied die volgende:<\/p>\n<ul>\n<li>Die top 5, 6 of 7 besienswaardighede, van wynlandgoedere, erfenisterreine, museums en kunsgalerye tot private wildreservate en nasionale parke<\/li>\n<li>\u2019n Groot verskeidenheid kleiner aanloklikhede op die pad<\/li>\n<li>Duidelike kaarte<\/li>\n<li>Aanbevole tydraamwerke<\/li>\n<li>\u2019n Omvattende lys van kontakinligting<\/li>\n<li>Fassinerende feite<\/li>\n<li>Pragtige foto\u2019s.<\/li>\n<\/ul>\n<p>Daar is ook \u2019n \u201c<em>Quickfinder<\/em>\u201d, \u2019n alfabetiese blitsgids, wat jou toelaat om besienswaardighede af te merk.<\/p>\n<p><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\"alignnone size-full wp-image-99993 aligncenter\" src=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2018\/07\/louise.png\" alt=\"road-boekresensie-cover\" width=\"315\" height=\"448\" \/><\/p>\n<h4><\/h4>\n<h4>Die 17 roetes<\/h4>\n<p>Hier is \u2019n brokkie van die tipe inligting wat jy by elk van die roetes sal kry.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p><strong>1. Kaapstad en die skiereiland<\/strong><\/p>\n<p>By Kalkbaai se hawe kan jy waarskynlik van die varsste vis in die Kaap eet.<\/p>\n<p><strong>2. Die weskus<\/strong><\/p>\n<p>By die Geelbek Omgewings- en Opvoedkundige Sentrum in die Weskus Nasionale Park is die afdrukke van \u2019n vrou se voete in \u2019n rotsplaat wat eens seesand was, te sien. \u201cEve\u2019s footprint\u201d is 117 000 jaar oud! Wat jy hier sien, is \u2019n replika \u2013 die oorspronklike afdruk word by die Suid-Afrikaanse Nasionale Museum in Kaapstad bewaar.<\/p>\n<h4><\/h4>\n<h4 style=\"text-align: center;\"><em>Bettiesbaai was eers \u2019n walvisstasie<\/em><\/h4>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p><strong>3. Wes-Kaapse wynlande<\/strong><\/p>\n<p>Die Olifantsriviervallei, bekend vir sy lenteblomme en sitrus, is waarskynlik die mees onderskatte van die Kaapse wynlande. Dis klaarblyklik die hoogliggendste wynstreek in die w\u00eareld, en strek al die pad van die riviervallei tot by die Sederberge en Namakwaland.<\/p>\n<p><strong>4. Die Overberg<\/strong><\/p>\n<p>Bettiesbaai was eers \u2019n walvisstasie, en het teen omstreeks 1930 vakansiegangers begin lok.<\/p>\n<p><strong>5. Die Tuinroete<\/strong><\/p>\n<p>By Mosselbaai staan die bekende Poskantoorboom, \u2019n reusagtige ou melkhoutboom waar matrose vroe\u00ebr briewe gelaat het sodat die volgende skip wat huis toe vaar dit kon oppik.<\/p>\n<p><strong>6. Die Wildekus en Oos-Kaap<\/strong><\/p>\n<p>Grahamstad staan bekend as die Stad van Heiliges (<em>City of Saints<\/em>) omdat daar meer as 60 kerke is.<\/p>\n<p><strong>7. Die Karoo en Kleinkaroo<\/strong><\/p>\n<p>Klaarstroom, by die ingang tot Meiringspoort, is \u2019n klein dorpie met \u2019n groot getal erfenisterreine. Maar die ware aantrekkingskrag is die witblitsdistilleerdery op die plaas Vrolikheid!<\/p>\n<div id=\"attachment_99991\" style=\"width: 346px\" class=\"wp-caption aligncenter\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" aria-describedby=\"caption-attachment-99991\" class=\"size-full wp-image-99991\" src=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2018\/07\/sean-fraser.png\" alt=\"t-the-road-boekresensie-sean-fraser\" width=\"336\" height=\"446\" \/><p id=\"caption-attachment-99991\" class=\"wp-caption-text\">Sean Fraser<\/p><\/div>\n<p><strong>8. Johannesburg<\/strong><\/p>\n<p>In die Melvillekoppies Natuurreservaat kan jy sien hoe die &#8220;randjies\u201d aan die Rand moes gelyk het voordat baie van hulle in die goudstormloop vernietig is. Hier is ook oorblyfsels uit die Steentydperk asook die Ystertydperk gevind: krale, \u2019n smeltkroes en die ru\u00efnes van \u2019n antieke kraal.<\/p>\n<p><strong>9. Gauteng en omgewing<\/strong><\/p>\n<p>Tswaing &#8211; die krater wat sowat 220 000 jaar gelede deur \u2019n meteoriet op die aardkors gelaat is &#8211; is al eeue lank \u2019n spilpunt van menslike aktiwiteit, onder meer van soutmyn- en soda-asbedrywighede. Deesdae is dit \u2019n lewendige ekotoerisme-sentrum. Die krater is ongeveer 1.5 km in deursnee en lok meer as 240 vo\u00eblspesies.<\/p>\n<p><strong>10. Limpopo, Waterberg en Groot-Marico<\/strong><\/p>\n<p>Limpopo, tradisioneel die tuiste van die Venda, is ryk aan mites en legendes. Baie mense koppel byvoorbeeld die ou-ou Fundudzi-meer in die Mutale-rivier aan die langverlore \u201criviermense\u201d, voorvadergeeste, en die god van oorvloed en vrugbaarheid. Die legende lui dat jy liewer nie direk na die water van die rivier moet staar nie \u2013 kyk eerder tussen jou bene deur!<\/p>\n<p><strong>11. Mpumalanga se Panoramaroete<\/strong><\/p>\n<p>Die Magoebaskloof Canopy Tours gee jou die kans om 2.5 ure lank hoog bo die boomtoppe, rivier en kranse te gly, begelei deur goed ingeligte gidse.<\/p>\n<p><strong>12. Krugerwildtuin<\/strong><\/p>\n<p style=\"text-align: left;\">As jy by die Punda Maria-kamp bly, kan jy \u2019n begeleide toer van die Laat Ystertydperkterrein, Thulamela (ongeveer 500 voor Christus), meemaak.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h4><\/h4>\n<h4 style=\"text-align: center;\"><em>Party van die bome is meer as 10 m in omtrek en die geel bas lyk snags of dit gloei<\/em><\/h4>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p><strong>13. Durban en omgewing<\/strong><\/p>\n<p>Weet jy waar die Umhlanga-riviermond sy naam kry? \u201c<em>Umhlanga<\/em>\u201d is die Zoeloewoord vir \u201criete\u201d. Die riete groei nie om die meer nie, maar spoel hier uit nadat hulle in die rivier afspiraal het.<\/p>\n<p><strong>14. Drakensberg<\/strong><\/p>\n<p>Die afgele\u00eb \u201c<em>Lost Valley<\/em>\u201d of Verlore Vallei l\u00ea in die noordelike deel van die Drakensberge. Volgens oorlewering het afstammelinge van die Voortrekker Piet Retief dekades lank hier gebly, afgesny van die res van die w\u00eareld. Die Verlore Vallei se amptelike naam is die Middledale-vallei, en sluit die klein dorpie Geluksvlei in. Vandag is die vallei privaatgrond en jy het toestemming nodig om dit te besoek.<\/p>\n<p><strong>15. KwaZulu-Natalse Middellande<\/strong><\/p>\n<p>Die slag van Spioenkop word as een van die bloedigste gevegte van die Anglo-Boereoorlog beskou. Die oorwinnaars, die Boere, het 68 man verloor, en die Britte 243. Dis ook die slag waarby twee latere ikone betrokke was: \u2019n jong joernalis, Winston Churchill, en \u2019n\u00a0 draagbaardraer met die naam van Mohandas Gandhi.<\/p>\n<p><strong>16. Kwa-Zulu-Natalse Bewaringsgebiede<\/strong><\/p>\n<p>Die Mkuze Fig Forest, \u2019n baie ou woud van inheemse Asiatiese wildevye, is enig in sy soort in Afrika. Van die bome is meer as 10m in omtrek en die geel bas lyk snags of dit gloei. Die bome, wat jaarlank vrug dra, lok \u2019n groot aantal vo\u00eblsoorte aan sowel as apies, bobbejane en vlermuise.<\/p>\n<p><strong>17. Vrystaat en die sentrale streek<\/strong><\/p>\n<p>In die jare sedert die Viktoriaanse era het talle dramatiese verhale van leed, gierigheid, liefde en wraak hulle in Kimberley en die diamantvelde afgespeel. G\u2019n wonder die stad is bekend vir spoke uit die Anglo-Boereoorlog en daarna nie. Dis waar die stad se befaamde spooktoere in die prentjie kom &#8230;<\/p>\n<h4><\/h4>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h4>Oor die skrywer<\/h4>\n<p>Sean Fraser woon in Kaapstad. As redakteur en skrywer was hy onder meer besturende redakteur van die <em>Globetrotter Travel Series<\/em>. Sedert 1996 is hy \u2019n vryskutskrywer wat fokus op die mense en plekke van suidelike Afrika. Onder sy werk tel <em>Seven Days in Cape Town <\/em>en <em>National Geographic\u2019s African Adventure Atlas. <\/em><\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Vat jy graag die pad? &#8220;Hit the Road: Explore South Africa\u2019s Best Routes&#8221; (MapStudio, 2018) sal jou lus maak om meer deur ons mooiste land te reis.<\/p>\n","protected":false},"author":21,"featured_media":99988,"comment_status":"open","ping_status":"closed","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"_acf_changed":false,"footnotes":""},"categories":[2968,3476],"tags":[628,1393,3830,4396,23450],"class_list":["post-99954","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-reis","category-ontspanning","tag-travel","tag-books","tag-rondrits","tag-ontspanning","tag-entertainment"],"acf":[],"yoast_head":"<!-- This site is optimized with the Yoast SEO plugin v28.6 - https:\/\/yoast.com\/product\/yoast-seo-wordpress\/ -->\n<title>&quot;Hit the road&quot;-boekresensie: ervaar die beste wat Suid-Afrika bied | rooi rose<\/title>\n<meta name=\"description\" content=\"Vat jy graag die pad? &quot;Hit the Road: Explore South Africa\u2019s Best Routes&quot; (MapStudio, 2018) sal jou lus maak om meer deur ons mooiste land te reis.\" \/>\n<meta name=\"robots\" content=\"index, follow, max-snippet:-1, max-image-preview:large, max-video-preview:-1\" \/>\n<link rel=\"canonical\" href=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/hit-the-road-boekresensie-ervaar-die-beste-wat-suid-afrika-bied\/\" \/>\n<meta property=\"og:locale\" content=\"en_US\" \/>\n<meta property=\"og:type\" content=\"article\" \/>\n<meta property=\"og:title\" content=\"&quot;Hit the road&quot;-boekresensie: ervaar die beste wat Suid-Afrika bied | rooi rose\" \/>\n<meta property=\"og:description\" content=\"Vat jy graag die pad? &quot;Hit the Road: Explore South Africa\u2019s Best Routes&quot; (MapStudio, 2018) sal jou lus maak om meer deur ons mooiste land te reis.\" \/>\n<meta property=\"og:url\" content=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/hit-the-road-boekresensie-ervaar-die-beste-wat-suid-afrika-bied\/\" \/>\n<meta property=\"og:site_name\" content=\"rooi rose\" \/>\n<meta property=\"article:publisher\" content=\"https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/\" \/>\n<meta property=\"article:published_time\" content=\"2018-08-06T04:00:51+00:00\" \/>\n<meta property=\"og:image\" content=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2018\/07\/alwyn.jpg\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:width\" content=\"640\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:height\" content=\"427\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:type\" content=\"image\/jpeg\" \/>\n<meta name=\"author\" content=\"Mariette Snyman\" \/>\n<meta name=\"twitter:card\" content=\"summary_large_image\" \/>\n<meta name=\"twitter:creator\" content=\"@rooi_rose\" \/>\n<meta name=\"twitter:site\" content=\"@rooi_rose\" \/>\n<meta name=\"twitter:label1\" content=\"Written by\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:data1\" content=\"Mariette Snyman\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:label2\" content=\"Est. reading time\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:data2\" content=\"5 minute\" \/>\n<script type=\"application\/ld+json\" class=\"yoast-schema-graph\">{\"@context\":\"https:\\\/\\\/schema.org\",\"@graph\":[{\"@type\":\"Article\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/hit-the-road-boekresensie-ervaar-die-beste-wat-suid-afrika-bied\\\/#article\",\"isPartOf\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/hit-the-road-boekresensie-ervaar-die-beste-wat-suid-afrika-bied\\\/\"},\"author\":{\"name\":\"Mariette Snyman\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/person\\\/0fddfbc7964e5432744ab907a4c40c07\"},\"headline\":\"&#8220;Hit the road&#8221;-boekresensie: ervaar die beste wat Suid-Afrika bied\",\"datePublished\":\"2018-08-06T04:00:51+00:00\",\"mainEntityOfPage\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/hit-the-road-boekresensie-ervaar-die-beste-wat-suid-afrika-bied\\\/\"},\"wordCount\":923,\"commentCount\":0,\"publisher\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/hit-the-road-boekresensie-ervaar-die-beste-wat-suid-afrika-bied\\\/#primaryimage\"},\"thumbnailUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2018\\\/07\\\/alwyn.jpg\",\"keywords\":[\"travel\",\"books\",\"rondrits\",\"Ontspanning\",\"entertainment\"],\"articleSection\":[\"Reis\",\"Ontspanning\"],\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"copyrightYear\":\"2018\",\"copyrightHolder\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"}},{\"@type\":\"WebPage\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/hit-the-road-boekresensie-ervaar-die-beste-wat-suid-afrika-bied\\\/\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/hit-the-road-boekresensie-ervaar-die-beste-wat-suid-afrika-bied\\\/\",\"name\":\"\\\"Hit the road\\\"-boekresensie: ervaar die beste wat Suid-Afrika bied | rooi rose\",\"isPartOf\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#website\"},\"primaryImageOfPage\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/hit-the-road-boekresensie-ervaar-die-beste-wat-suid-afrika-bied\\\/#primaryimage\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/hit-the-road-boekresensie-ervaar-die-beste-wat-suid-afrika-bied\\\/#primaryimage\"},\"thumbnailUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2018\\\/07\\\/alwyn.jpg\",\"datePublished\":\"2018-08-06T04:00:51+00:00\",\"description\":\"Vat jy graag die pad? \\\"Hit the Road: Explore South Africa\u2019s Best Routes\\\" (MapStudio, 2018) sal jou lus maak om meer deur ons mooiste land te reis.\",\"breadcrumb\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/hit-the-road-boekresensie-ervaar-die-beste-wat-suid-afrika-bied\\\/#breadcrumb\"},\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"potentialAction\":[{\"@type\":\"ReadAction\",\"target\":[\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/hit-the-road-boekresensie-ervaar-die-beste-wat-suid-afrika-bied\\\/\"]}]},{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/hit-the-road-boekresensie-ervaar-die-beste-wat-suid-afrika-bied\\\/#primaryimage\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2018\\\/07\\\/alwyn.jpg\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2018\\\/07\\\/alwyn.jpg\",\"width\":640,\"height\":427,\"caption\":\"t-the-road-boekresensie\"},{\"@type\":\"BreadcrumbList\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/hit-the-road-boekresensie-ervaar-die-beste-wat-suid-afrika-bied\\\/#breadcrumb\",\"itemListElement\":[{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":1,\"name\":\"Home\",\"item\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\"},{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":2,\"name\":\"&#8220;Hit the road&#8221;-boekresensie: ervaar die beste wat Suid-Afrika bied\"}]},{\"@type\":\"WebSite\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#website\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\",\"name\":\"rooi rose\",\"description\":\"Stylvol, sinvol, propvol\",\"publisher\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"},\"potentialAction\":[{\"@type\":\"SearchAction\",\"target\":{\"@type\":\"EntryPoint\",\"urlTemplate\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/?s={search_term_string}\"},\"query-input\":{\"@type\":\"PropertyValueSpecification\",\"valueRequired\":true,\"valueName\":\"search_term_string\"}}],\"inLanguage\":\"af-ZA\"},{\"@type\":\"Organization\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\",\"name\":\"Rooi rose\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\",\"logo\":{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/logo\\\/image\\\/\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2020\\\/12\\\/rrlogo.jpg\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2020\\\/12\\\/rrlogo.jpg\",\"width\":400,\"height\":400,\"caption\":\"Rooi rose\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/logo\\\/image\\\/\"},\"sameAs\":[\"https:\\\/\\\/www.facebook.com\\\/rooirose\\\/\",\"https:\\\/\\\/x.com\\\/rooi_rose\"]},{\"@type\":\"Person\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/person\\\/0fddfbc7964e5432744ab907a4c40c07\",\"name\":\"Mariette Snyman\",\"image\":{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/6a862306729ff00bb273e06947416e137e38ae913367803ad31a948e1536174e?s=96&d=mm&r=g\",\"url\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/6a862306729ff00bb273e06947416e137e38ae913367803ad31a948e1536174e?s=96&d=mm&r=g\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/6a862306729ff00bb273e06947416e137e38ae913367803ad31a948e1536174e?s=96&d=mm&r=g\",\"caption\":\"Mariette Snyman\"}}]}<\/script>\n<!-- \/ Yoast SEO plugin. -->","yoast_head_json":{"title":"\"Hit the road\"-boekresensie: ervaar die beste wat Suid-Afrika bied | rooi rose","description":"Vat jy graag die pad? \"Hit the Road: Explore South Africa\u2019s Best Routes\" (MapStudio, 2018) sal jou lus maak om meer deur ons mooiste land te reis.","robots":{"index":"index","follow":"follow","max-snippet":"max-snippet:-1","max-image-preview":"max-image-preview:large","max-video-preview":"max-video-preview:-1"},"canonical":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/hit-the-road-boekresensie-ervaar-die-beste-wat-suid-afrika-bied\/","og_locale":"en_US","og_type":"article","og_title":"\"Hit the road\"-boekresensie: ervaar die beste wat Suid-Afrika bied | rooi rose","og_description":"Vat jy graag die pad? \"Hit the Road: Explore South Africa\u2019s Best Routes\" (MapStudio, 2018) sal jou lus maak om meer deur ons mooiste land te reis.","og_url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/hit-the-road-boekresensie-ervaar-die-beste-wat-suid-afrika-bied\/","og_site_name":"rooi rose","article_publisher":"https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/","article_published_time":"2018-08-06T04:00:51+00:00","og_image":[{"width":640,"height":427,"url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2018\/07\/alwyn.jpg","type":"image\/jpeg"}],"author":"Mariette Snyman","twitter_card":"summary_large_image","twitter_creator":"@rooi_rose","twitter_site":"@rooi_rose","twitter_misc":{"Written by":"Mariette Snyman","Est. reading time":"5 minute"},"schema":{"@context":"https:\/\/schema.org","@graph":[{"@type":"Article","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/hit-the-road-boekresensie-ervaar-die-beste-wat-suid-afrika-bied\/#article","isPartOf":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/hit-the-road-boekresensie-ervaar-die-beste-wat-suid-afrika-bied\/"},"author":{"name":"Mariette Snyman","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/person\/0fddfbc7964e5432744ab907a4c40c07"},"headline":"&#8220;Hit the road&#8221;-boekresensie: ervaar die beste wat Suid-Afrika bied","datePublished":"2018-08-06T04:00:51+00:00","mainEntityOfPage":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/hit-the-road-boekresensie-ervaar-die-beste-wat-suid-afrika-bied\/"},"wordCount":923,"commentCount":0,"publisher":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/hit-the-road-boekresensie-ervaar-die-beste-wat-suid-afrika-bied\/#primaryimage"},"thumbnailUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2018\/07\/alwyn.jpg","keywords":["travel","books","rondrits","Ontspanning","entertainment"],"articleSection":["Reis","Ontspanning"],"inLanguage":"af-ZA","copyrightYear":"2018","copyrightHolder":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"}},{"@type":"WebPage","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/hit-the-road-boekresensie-ervaar-die-beste-wat-suid-afrika-bied\/","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/hit-the-road-boekresensie-ervaar-die-beste-wat-suid-afrika-bied\/","name":"\"Hit the road\"-boekresensie: ervaar die beste wat Suid-Afrika bied | rooi rose","isPartOf":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#website"},"primaryImageOfPage":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/hit-the-road-boekresensie-ervaar-die-beste-wat-suid-afrika-bied\/#primaryimage"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/hit-the-road-boekresensie-ervaar-die-beste-wat-suid-afrika-bied\/#primaryimage"},"thumbnailUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2018\/07\/alwyn.jpg","datePublished":"2018-08-06T04:00:51+00:00","description":"Vat jy graag die pad? \"Hit the Road: Explore South Africa\u2019s Best Routes\" (MapStudio, 2018) sal jou lus maak om meer deur ons mooiste land te reis.","breadcrumb":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/hit-the-road-boekresensie-ervaar-die-beste-wat-suid-afrika-bied\/#breadcrumb"},"inLanguage":"af-ZA","potentialAction":[{"@type":"ReadAction","target":["https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/hit-the-road-boekresensie-ervaar-die-beste-wat-suid-afrika-bied\/"]}]},{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/hit-the-road-boekresensie-ervaar-die-beste-wat-suid-afrika-bied\/#primaryimage","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2018\/07\/alwyn.jpg","contentUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2018\/07\/alwyn.jpg","width":640,"height":427,"caption":"t-the-road-boekresensie"},{"@type":"BreadcrumbList","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/hit-the-road-boekresensie-ervaar-die-beste-wat-suid-afrika-bied\/#breadcrumb","itemListElement":[{"@type":"ListItem","position":1,"name":"Home","item":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/"},{"@type":"ListItem","position":2,"name":"&#8220;Hit the road&#8221;-boekresensie: ervaar die beste wat Suid-Afrika bied"}]},{"@type":"WebSite","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#website","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/","name":"rooi rose","description":"Stylvol, sinvol, propvol","publisher":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"},"potentialAction":[{"@type":"SearchAction","target":{"@type":"EntryPoint","urlTemplate":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/?s={search_term_string}"},"query-input":{"@type":"PropertyValueSpecification","valueRequired":true,"valueName":"search_term_string"}}],"inLanguage":"af-ZA"},{"@type":"Organization","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization","name":"Rooi rose","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/","logo":{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/logo\/image\/","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2020\/12\/rrlogo.jpg","contentUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2020\/12\/rrlogo.jpg","width":400,"height":400,"caption":"Rooi rose"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/logo\/image\/"},"sameAs":["https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/","https:\/\/x.com\/rooi_rose"]},{"@type":"Person","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/person\/0fddfbc7964e5432744ab907a4c40c07","name":"Mariette Snyman","image":{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/6a862306729ff00bb273e06947416e137e38ae913367803ad31a948e1536174e?s=96&d=mm&r=g","url":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/6a862306729ff00bb273e06947416e137e38ae913367803ad31a948e1536174e?s=96&d=mm&r=g","contentUrl":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/6a862306729ff00bb273e06947416e137e38ae913367803ad31a948e1536174e?s=96&d=mm&r=g","caption":"Mariette Snyman"}}]}},"distributor_meta":false,"distributor_terms":false,"distributor_media":false,"distributor_original_site_name":"rooi rose","distributor_original_site_url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose","push-errors":false,"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/99954","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/users\/21"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=99954"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/99954\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/media\/99988"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=99954"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=99954"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=99954"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}