{"id":98101,"date":"2018-01-26T13:00:31","date_gmt":"2018-01-26T11:00:31","guid":{"rendered":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/?p=98101"},"modified":"2018-06-26T13:01:49","modified_gmt":"2018-06-26T11:01:49","slug":"daniel-craig-onderhoud","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/daniel-craig-onderhoud\/","title":{"rendered":"Daniel Craig: Hardekoejawel"},"content":{"rendered":"<p><em>Deur Margaret Gardiner. Foto:\u00a0Jason LaVeris\/FilmMagic\/Getty images\u00a0<\/em><\/p>\n<p>Daniel Craig is nie net \u2019n uitmuntende akteur nie, hy het ook daardie ondefinieerbare iets wat jy \u201ccharisma\u201d noem. Sy ore staan soos handvatsels langs sy kop en hy lyk taamlik stroef. Maar met sy kort platinumkleurige hare, uitgewaste groenblou o\u00eb en robuuste manlikheid laat hy jou dink aan ou sterre soos <strong>Steve McQueen<\/strong> &#8211; mans wat volgens hul eie re\u00ebls leef.<\/p>\n<p>Hy is stil, asof hy op \u2019n krisis wag sodat hy dadelik tot aksie kan oorgaan. Sy antwoorde is wel bra kortaf, maar hy het \u2019n stoute streep &#8211; ek het \u2019n paar jaar gelede \u2019n onderhoud met hom oor sy tweede <em>James Bond<\/em>-fliek gehad en ons het ons saam vir \u2019n foto geposeer. Ek het langs hom gestaan met my arm om hom en net toe die kamera kliek, spring hy laggend weg. Nou het ek \u2019n foto wat lyk asof ek langs \u2019n onsigbare man staan.<\/p>\n<p>Hy is ook \u2019n uiters private mens. Toe ek hom oor sy onlangse troue met aktrise <strong>Rachel Weisz<\/strong> uitvra, het hy sy kop laat sak soos \u2019n bok wat my wil stamp, sy o\u00eb het begin blink, amper soos wanneer 007 hom regmaak om die slegte ou van die gras af te maak, en toe prewel hy iets irrelevant. Die twee het mekaar op die stel van <em>Dream House<\/em> ontmoet en is kort daarna in \u2019n private seremonie in New York getroud. Net hul twee beste vriende en Rachel se vierjarige seun Henry, uit haar huwelik met regisseur <strong>Darren Aronofsky,<\/strong> en Daniel se 18-jarige dogter Ella, uit sy huwelik met die Skotse aktrise <strong>Fiona Loudon,<\/strong> was daar. (Craig en die rolprentvervaardiger <strong>Satsuki Mitchell<\/strong> het \u2019n verhouding gehad voor hy Rachel ontmoet het.)<\/p>\n<p>Di\u00e9 oud-rugbyspeler is in Cheshire, Engeland, gebore. Sy ma, Carol, was \u2019n kunsonderwyseres en sy pa, Timothy, \u2019n kroegeienaar. Hy het op ses begin toneelspeel en is op 16 Londen toe om verder te studeer. Daardie \u201ciets\u201d wat hom laat lyk asof hy enige oomblik kan ontplof, het hom gehelp om \u2019n paar goeie rolle te kry, soos in <em>Road to Perdition.<\/em><\/p>\n<p>Baie van sy karakters, byvoorbeeld die een in Sylvia, het \u2019n wrede streep. Maar dit was sy kleiner rolletjie in die ligsinnige <em>Lara Croft: Tomb Raider<\/em> wat laat deurskemer het dat die 43-jarige Vis \u2019n spesiale kombinasie van talent en \u2019n rateltaai-uithouvermo\u00eb het wat dit vir hom moontlik maak om sy eie waaghalstoertjies te doen. Dit het hom die perfekte keuse vir 007 gemaak. En was hy nie perfek nie!<\/p>\n<p>Hy het nuwe lewe in die sterwende spioengenre gebaas. Maar moenie dink dit beteken dat hy hom by sy lees gaan hou nie. In die loop van ses maande is daar drie groot Daniel Craig-lokettreffers bekend gestel:<em> Cowboys &amp; Aliens<\/em> wat reeds hier gedraai het; <em>The Adventures of Tin Tin<\/em>, \u2019n baie realistiese, 3D-animasiefliek van <strong>Steven Spielberg<\/strong> waarin hy die stem is van Red Rackham; in die derde prent is hy <strong>Mikhael Blomkvist<\/strong> in <strong>David Fincher<\/strong> se weergawe van die gewilde <strong>Stieg Larsson<\/strong>-boek <em>The Girl with the Dragon Tattoo.<\/em><\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p><strong>Kom ons begin by die karakter waaroor almal meer wil weet, Bond. Wanneer begin jy met die volgende 007-fliek?<\/strong><\/p>\n<p>November. <strong>Sam Mendes<\/strong> is die regisseur. Ek is gereed hiervoor. (Sam het voorheen met <strong>Rachel Weisz<\/strong> uitgegaan, en was ook Daniel se regisseur in <em>Road to Perdition<\/em>).<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p><strong>Bond word as \u2019n aksieheld gesien. Hoe voel dit om deel van die reuse-007-bedryf te wees?<\/strong><\/p>\n<p>Om Bond te wees is soos om \u2019n baie ho\u00eb klas-probleem te h\u00ea. Ek is baie bly ek is by die verskynsel betrokke. Toe ek met die tweede een, <em>Quantum of Solace<\/em>, begin, het ek gedink die nuutjie is dalk nou verby maar op die ou end was dit ongelooflik inspirerend. Ek het dit die tweede keer meer geniet. Dit was \u2019n reuse-besluit om die 007-rol te aanvaar. Dit het my lewe heeltemal verander maar ek het geweet dit gaan gebeur. Ek is baie gelukkig. Alles het goed uitgewerk en dis steeds die soort rol wat my besiel.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p><strong>Was dit \u2019n droom wat waar geword het toe jy die nuwe Bond geword het?<\/strong><\/p>\n<p>Ek het nooit as kind gedroom om Bond te speel nie. Ek het altyd gedroom ek is \u2019n <em>cowboy<\/em>! Ek het grootgeword met die <strong>Sergio Leone<\/strong>&#8211;<em>cowboy<\/em> flieks.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p><strong>Is jy bang dat die Bond-rol daartoe sal lei dat jy net di\u00e9 soort rol aangebied gaan word?<\/strong><\/p>\n<p>Ek het vooraf geweet dat dit dalk \u2019n negatiewe uitwerking op die res van my werk kan h\u00ea. Dis \u2019n gewigtige probleem, maar ek los dit nie soos ander akteurs op deur byvoorbeeld in \u2018n komedie te speel net om te bewys dat ek net so goed in nie-aksierolle kan wees nie. Ek aanvaar liewer net werk wat my inspireer &#8211; soos nou weer met <em>Girl with a Dragon Tattoo.<\/em> Ek kon nie gelukkiger gewees het nie. Ek het geweet ek moet hierdie kans aangryp.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p><strong>Kom ons praat oor hierdie groot fliek. Wat kan ons verwag?<\/strong><\/p>\n<p>Dis so groot as wat dit moontlik kan wees &#8211; slegs vir volwassenes! Dis \u2019n $100 miljoen-fliek met \u2019n ho\u00eb ouderdomsperk, amper soos <em>The Godfather<\/em> op sy dag was. Die regisseur, <strong>David Fincher,<\/strong> het laat waai.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p><strong>Wat was die uitdagendste toneel?<\/strong><\/p>\n<p>Dis die klein dingetjies wat die verskil maak: hoe om te loop, uit \u2019n kar te klim &#8230; Jy moet hierdie skynbaar onbelangrike tonele natuurlik, maar ook interessant laat lyk, want dis \u2019n weerspie\u00ebling van die karakter.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p><strong>Stieg Larsson se suksesvolle trilogie en die Sweedse flieks wat Fincher se weergawe voorafgegaan het, was baie gewelddadig \u2026<\/strong><\/p>\n<p>Ek dink nie die geweld is verskriklik grafies uitgebeeld nie. Daar is baie ander maniere om \u2019n gewaarwording van geweld te skep as om dit stap vir stap te wys.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p><strong>Het jy die boeke gelees?<\/strong><\/p>\n<p>Ja, maar ek het nie die Sweedse flieks gesien nie. Ek het dit nie gesien voor ek die rol gekry het nie en ek wou dit nie daarna sien nie &#8211; ek wou dit nie in my kop h\u00ea nie. Ek wou die karakter uit die boek in my kop h\u00ea en seker maak dat dit die enigste ding was wat my benadering kon be\u00efnvloed.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p><strong>Hoe was die atmosfeer op stel? Het jy vriende gemaak, saam gekuier?<\/strong><\/p>\n<p>Ons het sewe maande lank aan die fliek gewerk. Ons het mekaar elke dag gesien en soos \u2019n familie begin voel. Ons het goed oor die weg gekom en daar was heelwat grappies en pret op die stel. Wanneer die kameras rol, konsentreer jy net op jou werk en daarna kuier almal saam en ontspan. Die dae op stel kan lank raak en jy moet maar iets doen om dit vir jouself lekker te maak, net soos met enige ander werk.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p><strong>Kyk jy ooit \u2019n tweede keer na jou vorige flieks?<\/strong><\/p>\n<p>Nee, nie regtig nie, behalwe as ek weer na iets spesifieks wil kyk. Omdat ek so baie aande in hotelle deurbring, sit ek soms laataand die televisie aan wanneer ek nie kan slaap nie en af en toe kom ek toevallig op een van my flieks af. Ek kyk vir so tien minute daarna voor ek oorskakel.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p><strong>Hoe berei jy jou vir \u2019n rol voor?<\/strong><\/p>\n<p>Ek raak by die karakters betrokke, fokus op wat dit is wat hulle komplekse mense maak, of hul morele waardes.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p><strong>As jy kon kies, waarheen sal jy wil reis?<\/strong><\/p>\n<p>Danksy my werk gaan ek orals heen. Daar is net \u2019n paar plekke waar ek nog glad nie was nie. Ek sal graag Antarktika toe wil gaan. Madagaskar sal ook interessant wees.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p><strong>Sal jy oor jou onlangse huwelik praat?<\/strong><\/p>\n<p>(lag) Ek wil nie ongeskik wees nie, maar die media sal die laaste wees wat iets hiervan sal weet. Dis \u2018n private saak.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p><strong>Oukei. Baie geluk met jou pragtige bruid. Hoe sal jy nou jou lewe beskryf? Is jy gelukkig?<\/strong><\/p>\n<p>Dit gaan op die oomblik baie goed. Ek geniet my lewe saam met my vriende en familie. Ek voel goed oor die lewe.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p><strong>Wat gebeur as jy by \u2019n hotel uitloop?<\/strong><\/p>\n<p>Ek loop nie by die voordeur uit nie. Ek gaan agterom, deur die parkeerplek.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p><strong>Bly jy weg van mense af?<\/strong><\/p>\n<p>Ek probeer nie die publiek doelbewus vermy nie. En ek wil ook nie voel of ek in \u2019n tronk bly nie. Ek sal mal word as dit moet gebeur.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p><strong>Hoe hanteer jy goeie en slegte resensies?<\/strong><\/p>\n<p>Ek het al slegte resensies gekry wat \u2019n bladsy lank is en dan is ek bly daaroor, want mense stel steeds genoeg belang om daaroor te skryf. Kritiek kan wel meriete h\u00ea, maar daar is di\u00e9 wat verregaande is. Maar ek steur my nie regtig daaraan nie.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p><strong>Neem jy aan sport deel?<\/strong><\/p>\n<p>Ek kyk graag sokker en rugby. Ek het as kind rugby gespeel. Maar deesdae hoef ek nie meer rugby te speel nie, want ek speel James Bond. Dis rof genoeg vir my.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p><strong>Jy is gewoond daaraan om die held te wees. Wie is jou helde?<\/strong><\/p>\n<p>Mense soos<strong> Nelson Mandela<\/strong>. Dis die voor die hand liggende antwoord, maar my helde is mense wat die w\u00eareld op \u2019n positiewe manier verander het; joernaliste wat stories van plekke soos die Midde-Ooste af bring en die waarheid blootl\u00ea. Ek het \u2019n spesiale bewondering vir hul werk. Ek het nie regtig helde as kind gehad nie.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p><strong>Voel jy ooit onaantasbaar vanwe\u00eb die rolle wat jy speel?<\/strong><\/p>\n<p>Nee, glad nie (lag). Ek is 43 en ek weet nie hoe lank ek nog die pas sal kan volhou nie. Ek sal binnekort te oud wees om rond te spring en van geboue af te val. Maar tot dusver was die fisieke uitdagings van rolprentmaak groot pret, nog lank voor ek Bond begin speel het. Ek hou ook daarvan om by die waaghalstoertjies betrokke te raak &#8211; (lag) enig-iets wat sal verseker dat ek nie in \u2019n fliek hoef te praat nie, is altyd goed! Ek moet darem s\u00ea ek maak ook maar kwaai staat op die waaghalsspan om my te beskerm en te keer voor ek iets onnosels doen.<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Daniel Craig is nie lank nie. Hy is ook nie mooi nie. Maar hy laat jou dink hy is. Margaret Gardiner het met die man wat nuwe lewe aan 007 gegee het, oor al die verwikkelinge in sy lewe gesels.<\/p>\n","protected":false},"author":9,"featured_media":98163,"comment_status":"open","ping_status":"closed","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"_acf_changed":false,"footnotes":""},"categories":[661,675],"tags":[1387,23450,147,972],"class_list":["post-98101","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-ons-mense","category-bekendes","tag-celebs","tag-entertainment","tag-bekendes","tag-margaret-uit-hollywood"],"acf":[],"yoast_head":"<!-- This site is optimized with the Yoast SEO plugin v28.6 - https:\/\/yoast.com\/product\/yoast-seo-wordpress\/ -->\n<title>Daniel Craig: Hardekoejawel | rooi rose<\/title>\n<meta name=\"description\" content=\"Margaret Gardiner het met die man wat nuwe lewe aan 007 gegee het, oor al die verwikkelinge in sy lewe gesels. Lees die onderhoud hier.\" \/>\n<meta name=\"robots\" content=\"index, follow, max-snippet:-1, max-image-preview:large, max-video-preview:-1\" \/>\n<link rel=\"canonical\" href=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/daniel-craig-onderhoud\/\" \/>\n<meta property=\"og:locale\" content=\"en_US\" \/>\n<meta property=\"og:type\" content=\"article\" \/>\n<meta property=\"og:title\" content=\"Daniel Craig: Hardekoejawel | rooi rose\" \/>\n<meta property=\"og:description\" content=\"Margaret Gardiner het met die man wat nuwe lewe aan 007 gegee het, oor al die verwikkelinge in sy lewe gesels. Lees die onderhoud hier.\" \/>\n<meta property=\"og:url\" content=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/daniel-craig-onderhoud\/\" \/>\n<meta property=\"og:site_name\" content=\"rooi rose\" \/>\n<meta property=\"article:publisher\" content=\"https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/\" \/>\n<meta property=\"article:published_time\" content=\"2018-01-26T11:00:31+00:00\" \/>\n<meta property=\"article:modified_time\" content=\"2018-06-26T11:01:49+00:00\" \/>\n<meta property=\"og:image\" content=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2018\/06\/daniel-craig.jpg\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:width\" content=\"816\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:height\" content=\"1000\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:type\" content=\"image\/jpeg\" \/>\n<meta name=\"author\" content=\"Anelle Tewson\" \/>\n<meta name=\"twitter:card\" content=\"summary_large_image\" \/>\n<meta name=\"twitter:creator\" content=\"@rooi_rose\" \/>\n<meta name=\"twitter:site\" content=\"@rooi_rose\" \/>\n<meta name=\"twitter:label1\" content=\"Written by\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:data1\" content=\"Anelle Tewson\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:label2\" content=\"Est. reading time\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:data2\" content=\"8 minute\" \/>\n<script type=\"application\/ld+json\" class=\"yoast-schema-graph\">{\"@context\":\"https:\\\/\\\/schema.org\",\"@graph\":[{\"@type\":\"Article\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/daniel-craig-onderhoud\\\/#article\",\"isPartOf\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/daniel-craig-onderhoud\\\/\"},\"author\":{\"name\":\"Anelle Tewson\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/person\\\/4f17c1c866533e389e28590e557e7730\"},\"headline\":\"Daniel Craig: Hardekoejawel\",\"datePublished\":\"2018-01-26T11:00:31+00:00\",\"dateModified\":\"2018-06-26T11:01:49+00:00\",\"mainEntityOfPage\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/daniel-craig-onderhoud\\\/\"},\"wordCount\":1683,\"commentCount\":0,\"publisher\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/daniel-craig-onderhoud\\\/#primaryimage\"},\"thumbnailUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2018\\\/06\\\/daniel-craig.jpg\",\"keywords\":[\"celebs\",\"entertainment\",\"bekendes\",\"Margaret uit Hollywood\"],\"articleSection\":[\"Ons mense\",\"Bekendes\"],\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"copyrightYear\":\"2018\",\"copyrightHolder\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"}},{\"@type\":\"WebPage\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/daniel-craig-onderhoud\\\/\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/daniel-craig-onderhoud\\\/\",\"name\":\"Daniel Craig: Hardekoejawel | rooi rose\",\"isPartOf\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#website\"},\"primaryImageOfPage\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/daniel-craig-onderhoud\\\/#primaryimage\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/daniel-craig-onderhoud\\\/#primaryimage\"},\"thumbnailUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2018\\\/06\\\/daniel-craig.jpg\",\"datePublished\":\"2018-01-26T11:00:31+00:00\",\"dateModified\":\"2018-06-26T11:01:49+00:00\",\"description\":\"Margaret Gardiner het met die man wat nuwe lewe aan 007 gegee het, oor al die verwikkelinge in sy lewe gesels. Lees die onderhoud hier.\",\"breadcrumb\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/daniel-craig-onderhoud\\\/#breadcrumb\"},\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"potentialAction\":[{\"@type\":\"ReadAction\",\"target\":[\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/daniel-craig-onderhoud\\\/\"]}]},{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/daniel-craig-onderhoud\\\/#primaryimage\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2018\\\/06\\\/daniel-craig.jpg\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2018\\\/06\\\/daniel-craig.jpg\",\"width\":816,\"height\":1000,\"caption\":\"HOLLYWOOD, CA - NOVEMBER 14: Actor Daniel Craig attends the 7th annual Governors Awards at The Ray Dolby Ballroom at Hollywood &amp; Highland Center on November 14, 2015 in Hollywood, California. (Photo by Jason LaVeris\\\/FilmMagic)\"},{\"@type\":\"BreadcrumbList\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/daniel-craig-onderhoud\\\/#breadcrumb\",\"itemListElement\":[{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":1,\"name\":\"Home\",\"item\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\"},{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":2,\"name\":\"Daniel Craig: Hardekoejawel\"}]},{\"@type\":\"WebSite\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#website\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\",\"name\":\"rooi rose\",\"description\":\"Stylvol, sinvol, propvol\",\"publisher\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"},\"potentialAction\":[{\"@type\":\"SearchAction\",\"target\":{\"@type\":\"EntryPoint\",\"urlTemplate\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/?s={search_term_string}\"},\"query-input\":{\"@type\":\"PropertyValueSpecification\",\"valueRequired\":true,\"valueName\":\"search_term_string\"}}],\"inLanguage\":\"af-ZA\"},{\"@type\":\"Organization\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\",\"name\":\"Rooi rose\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\",\"logo\":{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/logo\\\/image\\\/\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2020\\\/12\\\/rrlogo.jpg\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2020\\\/12\\\/rrlogo.jpg\",\"width\":400,\"height\":400,\"caption\":\"Rooi rose\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/logo\\\/image\\\/\"},\"sameAs\":[\"https:\\\/\\\/www.facebook.com\\\/rooirose\\\/\",\"https:\\\/\\\/x.com\\\/rooi_rose\"]},{\"@type\":\"Person\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/person\\\/4f17c1c866533e389e28590e557e7730\",\"name\":\"Anelle Tewson\",\"image\":{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/51c7260d69b78f54e605640e0044be7c1139bdbe0b57d0ca702d946adba90511?s=96&d=mm&r=g\",\"url\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/51c7260d69b78f54e605640e0044be7c1139bdbe0b57d0ca702d946adba90511?s=96&d=mm&r=g\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/51c7260d69b78f54e605640e0044be7c1139bdbe0b57d0ca702d946adba90511?s=96&d=mm&r=g\",\"caption\":\"Anelle Tewson\"}}]}<\/script>\n<!-- \/ Yoast SEO plugin. -->","yoast_head_json":{"title":"Daniel Craig: Hardekoejawel | rooi rose","description":"Margaret Gardiner het met die man wat nuwe lewe aan 007 gegee het, oor al die verwikkelinge in sy lewe gesels. Lees die onderhoud hier.","robots":{"index":"index","follow":"follow","max-snippet":"max-snippet:-1","max-image-preview":"max-image-preview:large","max-video-preview":"max-video-preview:-1"},"canonical":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/daniel-craig-onderhoud\/","og_locale":"en_US","og_type":"article","og_title":"Daniel Craig: Hardekoejawel | rooi rose","og_description":"Margaret Gardiner het met die man wat nuwe lewe aan 007 gegee het, oor al die verwikkelinge in sy lewe gesels. Lees die onderhoud hier.","og_url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/daniel-craig-onderhoud\/","og_site_name":"rooi rose","article_publisher":"https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/","article_published_time":"2018-01-26T11:00:31+00:00","article_modified_time":"2018-06-26T11:01:49+00:00","og_image":[{"width":816,"height":1000,"url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2018\/06\/daniel-craig.jpg","type":"image\/jpeg"}],"author":"Anelle Tewson","twitter_card":"summary_large_image","twitter_creator":"@rooi_rose","twitter_site":"@rooi_rose","twitter_misc":{"Written by":"Anelle Tewson","Est. reading time":"8 minute"},"schema":{"@context":"https:\/\/schema.org","@graph":[{"@type":"Article","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/daniel-craig-onderhoud\/#article","isPartOf":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/daniel-craig-onderhoud\/"},"author":{"name":"Anelle Tewson","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/person\/4f17c1c866533e389e28590e557e7730"},"headline":"Daniel Craig: Hardekoejawel","datePublished":"2018-01-26T11:00:31+00:00","dateModified":"2018-06-26T11:01:49+00:00","mainEntityOfPage":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/daniel-craig-onderhoud\/"},"wordCount":1683,"commentCount":0,"publisher":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/daniel-craig-onderhoud\/#primaryimage"},"thumbnailUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2018\/06\/daniel-craig.jpg","keywords":["celebs","entertainment","bekendes","Margaret uit Hollywood"],"articleSection":["Ons mense","Bekendes"],"inLanguage":"af-ZA","copyrightYear":"2018","copyrightHolder":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"}},{"@type":"WebPage","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/daniel-craig-onderhoud\/","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/daniel-craig-onderhoud\/","name":"Daniel Craig: Hardekoejawel | rooi rose","isPartOf":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#website"},"primaryImageOfPage":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/daniel-craig-onderhoud\/#primaryimage"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/daniel-craig-onderhoud\/#primaryimage"},"thumbnailUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2018\/06\/daniel-craig.jpg","datePublished":"2018-01-26T11:00:31+00:00","dateModified":"2018-06-26T11:01:49+00:00","description":"Margaret Gardiner het met die man wat nuwe lewe aan 007 gegee het, oor al die verwikkelinge in sy lewe gesels. Lees die onderhoud hier.","breadcrumb":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/daniel-craig-onderhoud\/#breadcrumb"},"inLanguage":"af-ZA","potentialAction":[{"@type":"ReadAction","target":["https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/daniel-craig-onderhoud\/"]}]},{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/daniel-craig-onderhoud\/#primaryimage","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2018\/06\/daniel-craig.jpg","contentUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2018\/06\/daniel-craig.jpg","width":816,"height":1000,"caption":"HOLLYWOOD, CA - NOVEMBER 14: Actor Daniel Craig attends the 7th annual Governors Awards at The Ray Dolby Ballroom at Hollywood &amp; Highland Center on November 14, 2015 in Hollywood, California. (Photo by Jason LaVeris\/FilmMagic)"},{"@type":"BreadcrumbList","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/daniel-craig-onderhoud\/#breadcrumb","itemListElement":[{"@type":"ListItem","position":1,"name":"Home","item":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/"},{"@type":"ListItem","position":2,"name":"Daniel Craig: Hardekoejawel"}]},{"@type":"WebSite","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#website","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/","name":"rooi rose","description":"Stylvol, sinvol, propvol","publisher":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"},"potentialAction":[{"@type":"SearchAction","target":{"@type":"EntryPoint","urlTemplate":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/?s={search_term_string}"},"query-input":{"@type":"PropertyValueSpecification","valueRequired":true,"valueName":"search_term_string"}}],"inLanguage":"af-ZA"},{"@type":"Organization","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization","name":"Rooi rose","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/","logo":{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/logo\/image\/","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2020\/12\/rrlogo.jpg","contentUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2020\/12\/rrlogo.jpg","width":400,"height":400,"caption":"Rooi rose"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/logo\/image\/"},"sameAs":["https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/","https:\/\/x.com\/rooi_rose"]},{"@type":"Person","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/person\/4f17c1c866533e389e28590e557e7730","name":"Anelle Tewson","image":{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/51c7260d69b78f54e605640e0044be7c1139bdbe0b57d0ca702d946adba90511?s=96&d=mm&r=g","url":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/51c7260d69b78f54e605640e0044be7c1139bdbe0b57d0ca702d946adba90511?s=96&d=mm&r=g","contentUrl":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/51c7260d69b78f54e605640e0044be7c1139bdbe0b57d0ca702d946adba90511?s=96&d=mm&r=g","caption":"Anelle Tewson"}}]}},"distributor_meta":false,"distributor_terms":false,"distributor_media":false,"distributor_original_site_name":"rooi rose","distributor_original_site_url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose","push-errors":false,"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/98101","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/users\/9"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=98101"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/98101\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/media\/98163"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=98101"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=98101"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=98101"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}