{"id":98086,"date":"2018-06-25T12:21:21","date_gmt":"2018-06-25T10:21:21","guid":{"rendered":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/?p=98086"},"modified":"2018-06-26T12:22:34","modified_gmt":"2018-06-26T10:22:34","slug":"david-goldblatt-lewe-deur-lens","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/david-goldblatt-lewe-deur-lens\/","title":{"rendered":"David Goldblatt: Die lewe deur \u2019n lens"},"content":{"rendered":"<p>*Hierdie artikel het oorspronklik in die April 2011-uitgawe van rooi rose verskyn.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h4>Die lewe deur \u2019n lens<\/h4>\n<p>Die bekroonde fotograaf David Goldblatt het onlangs sy tagtigste verjaardag gevier maar hy het nog lank nie sy kamera opgehang nie. Daarvoor is hy nog te besig met sy fotografiese kruistog.<\/p>\n<p><em>Deur Ilse Salzwedel. Hooffoto:\u00a0Francois Guillot\/AFP\/Getty Images<\/em><\/p>\n<p><strong>David Goldblatt<\/strong>, internasionaal bekende Johannesburgse fotograaf, het so ampertjies winkelier geword. Al het hy toe al \u2019n paar jaar lank met kameras gepeuter.<\/p>\n<p>\u201cOp ho\u00ebrskool het ek se\u00ebls versamel en modelskippies gebou en begin om foto\u2019s daarvan te neem,\u201d vertel hy in sy huis in \u2019n boomryke Johannesburgse voorstad. Dis moeilik om te glo die man voor my is tagtig jaar oud, want van aftree en afskaal, is daar geen sprake nie. Hy is juis weer aan die regmaak vir \u2019n oorsese foto-uitstalling.<\/p>\n<p>Die foto\u2019s van sy stokperdjies het gaandeweg plek gemaak vir \u2019n nuwe stokperdjie: fotografie, en hy het tydskrifte soos <em>Life!<\/em>, <em>Look<\/em> en die <em>Picture Post<\/em> uit Londen verslind om te sien wat ander fotograwe w\u00eareldwyd deur hul lense waarneem.<\/p>\n<p>\u201cFoto\u2019s in tydskrifte was destyds die gewone mens se vensters op die w\u00eareld. Onthou, dit was in die tyd voordat daar TV in Europa of selfs die VSA was. Daardie dae se foto\u2019s was meer as net illustrasies by artikels. Foto\u2019s was die heel belangrikste: die woorde het eintlik net die prentjie ingekleur wat die foto vertel het.\u201d<\/p>\n<p>David het sy fotografiese styl op hierdie foto\u2019s gegrond en begin eksperimenteer. Aanvanklik met ou kameras, maar \u201cop 16 of 17\u201d het hy genoeg gespaar om sy eerste, nuwe 35 mm-kamera te kon koop. Hy was vuur en vlam om n\u00e1 skool fotograaf te word en in 1948 het hy aan \u2019n fotograaf in Londen geskryf en gevra hoe om een te word. \u201cSy antwoord was dat ek in Londen moes kom werk &#8211; al doen ek wat ook al, want ek sou so kon leer. Ek was eenvoudig nie dapper genoeg om dit te doen nie,\u201d vertel hy.<\/p>\n<p>\u201cDie tydskriffoto\u2019s wat ek probeer neem het, was regtig vrot. Toe gaan werk ek maar in my pa se klerewinkel, wat hy weer by sy pa ge\u00ebrf het, en uitgebrei het tot \u2019n mans-klerewinkel vir almal: van boere tot dokters, prokureurs en spoorwegwerkers tot swart mynwerkers.\u201d<\/p>\n<p>As kind van \u2019n Joodse winkelier het David diskriminasie alte goed geken. Nie net onder die mense van sy tuisdorp, Randfontein, nie maar ook toe sy ma hom in Pretoria Boys High gesit het. \u201cSy het my na die Rooms-Katolieke kloosterskool op Randfontein gestuur toe ons klein was, want dit was die enigste skool wat \u2019n skoolbus gehad het. My een broer het rumatiekkoors gehad en my ma wou nie h\u00ea ons moes so ver skool toe loop nie.\u201d<\/p>\n<p>Hy spot dat hy die Nuwe Testament beter as enige van die ander kinders in die skool geken het. Om na \u2019n groot skool soos Pretoria Boys High te gaan, het die Goldblatts nie afgeskrik nie. \u201cMaar daar was in daardie tyd geweldige anti-Semitiese sentimente onder Afrikanerseuns. Onthou, hul pa\u2019s was dikwels in die Ossewabrandwag.\u201d<\/p>\n<p>Uiteindelik is die jong David terug na die ho\u00ebrskool op Krugersdorp.<\/p>\n<p>David was in die vorige bedeling bekend vir sy kritiek op die apartheidsregering en het nie geskroom om sy kamera vir politieke kommentaar in te span nie. Waar het sy lewensuitkyk vandaan gekom?<\/p>\n<p>\u201cEk het my waardes by my ouers en broers geleer. My ouer broers het in die Tweede W\u00eareldoorlog teen Fascisme help veg &#8211; hulle het as vrywilligers gehelp om sleutelpunte in Suid-Afrika op te pas &#8211; en was liberaal. My ma het in die oorlog weefwerk vir die Rooi Kruis gedoen en ook as vrywilliger gewerk. My ouers was baie ge\u00ebmansipeerd vir daardie era en het wyd en krities gelees en ons ook so opgevoed.<\/p>\n<p>\u201cOns het grootgeword met \u2019n baie anderster houding teenoor swart mense. As ek terugdink, was ek eintlik nader aan my oppasser se kinders as aan ander wit kinders. Ek was regtig lief vir daardie kinders.\u201d<\/p>\n<p>Op Randfontein, vertel hy, was die minderheid mense in daardie tyd wit. \u201cOns was seker so vier duisend wit mense, van wie sowat sestig persent Afrikaans was. Die res van die byna dertig duisend inwoners was swart mense. Ek onthou hoe rye en rye swart gevangenes aan mekaar vasgeboei van die tronk na die hof moes loop, en dat ek gedink het die owerheid sal dit nooit waag om so iets met wit mense te doen nie.&#8221;<\/p>\n<p>\u201cEk het destyds so \u2019n groot gevoel van onreg ervaar as ek na die w\u00eareld om my gekyk het. Anti-Semitisme, byvoorbeeld, was uiters onregverdig. Hoekom is ek eeue later vir Jesus Christus se dood verkwalik bloot omdat ek \u2019n Jood is?\u201d<\/p>\n<p>Hy onthou die skok in die Joodse en liberale gemeenskap toe die Nasionale Party in 1948 aan bewind gekom het. \u201cDie party was bekend vir hul teenkanting teen Jode; <strong>B.J. Vorster<\/strong> was selfs in die oorlog ge\u00efnterneer en by Koffiefontein aangehou, en sy broer Koot, later moderator van die NG Kerk, was drie jaar in die tronk omdat hy milit\u00eare inligting vir die Nazi\u2019s deurgegee het.\u201d<\/p>\n<p>David is eerlik oor die afkeer wat hy as jong seun van Afrikaners of Afrikaans gehad het. \u201cEk het Afrikaans op skool gehaat &#8211; ek moes nog leer dat alle Afrikaners nie noodwendig Afrikaner Nasionaliste was nie.\u201d<\/p>\n<p>In sy latere lewe het hy groot vriende met Afrikaanssprekendes geword, onder andere met die fotograaf, wyle<strong> Paul Alberts.<\/strong><\/p>\n<p>Saam met sy werk in sy pa se winkel, moes David leer om Afrikaanssprekendes, \u2019n groot deel van die wit klante, te verstaan. Nie net hul taal nie, maar ook hul kultuur. Hoe meer hy met hulle te doen gekry het, hoe nuuskieriger het hy oor sy medelandgenote geword.<\/p>\n<p>Mettertyd het hy foto\u2019s van Afrikaanse mense by hul huise begin neem, hoofsaaklik op die kleinhoewes buite Randfontein. Dit sou later lei tot die boek <em>Some Afrikaners Photographed<\/em>, wat in 1975 verskyn het.<\/p>\n<p>David was vir almal \u2019n vreemdeling, maar hulle was tog gewillig om in hul natuurlike omgewing vir sy lens te poseer.<\/p>\n<p>\u201cDit was \u2019n besliste vormende ervaring. Nie net oor hoe om my kamera te gebruik nie maar ook om my vrees vir hierdie vreemdelinge in die o\u00eb te kyk. Gaandeweg het ek \u2019n sagte plek vir die Afrikaner ontwikkel.<\/p>\n<p>\u201cEk het besef sommige van hulle is rassisties gebore. Dit was in hul gene, hulle kon nie daarvan wegkom nie. Die negatiwiteit teenoor swart mense was diepgewortel, amper in hul bloed. Maar, en dis belangrik, ek het ook die teenstrydighede binne hierdie mense gesien. Hoe na aan swart mense hulle gewerk en geleef het, hoeveel hulle bereid was om vir \u2019n werker te doen. Daar was \u2019n nabyheid wat ek nie eens in my eie liberale kringe gesien het nie; \u2019n gemaklikheid wat ek hulle beny het.\u201d<\/p>\n<p>Hy s\u00ea dit was meer as \u2019n klaarkom. \u201cDaar was in hul gees \u2019n vrygewigheid teenoor swart mense wat in skrille kontras was met die rassisme wat jy kon sien. Ek onthou hoe ek een Saterdag op \u2019n kleinhoewe aangekom het om foto\u2019s te neem en daar was die mense besig om \u2019n doodskis vir hul bure se bediende te maak.\u201d So, onthou hy, het die gewone mense vreedsaam saamgeleef.<\/p>\n<p>Met sy foto\u2019s wou hy probeer vasstel wat tot die oordrewe, passievolle nasionalisme gelei het.<\/p>\n<p>\u201cJy moet onthou, die meeste mense wat op daardie hoewes gebly het, was mense wat weens die depressie in die jare twintig en dertig hul grond verloor het. Hulle was toe eintlik maar bywoners daar op die kleinhoewes. Hulle het alles verloor maar weer opgestaan en ook gehelp waar hulle kon. Ek het destyds belowe ek sou nog eendag \u2019n boek oor Afrikaners doen.\u201d<\/p>\n<p>Toe sy pa in 1962 oorlede is, het hy die winkel verkoop en voltyds fotograaf geword.<\/p>\n<p>Deur die jare was David se foto\u2019s belangrike protes teen die onregte van die apartheidsregering. Nou, op tagtig, is hy steeds nie stil nie en skroom hy nie om deur sy fotografie die afskeepkant van die nuwe bedeling te belig nie.<\/p>\n<p>Wou hy nog nooit emigreer nie? \u201cEk is veels te diep by hierdie land betrokke. Ek het nie eens gegaan toe dit gelyk het of die Nasionaliste vir ewig sou regeer nie. Ek ken hierdie land; ek is onlosmaaklik aan di\u00e9 land verbind.\u201d<\/p>\n<p>Deur die jare het hy twee soorte fotografie gedoen. Brood-en-botter werk, waar die kli\u00ebnt koning was, en persoonlike werk. Maar hy het nooit vir \u2019n kli\u00ebnt iets gedoen wat met sy politieke gewete gebots het nie, al het dit hom ook duur te staan gekom. \u201cEk het \u2019n grens gestel by iets wat op enige manier politieke propaganda kon wees &#8211; hetsy vir die regering of vir die kli\u00ebnt. En ja, ook vir die opposisie van die regering sou ek nie propoganda doen nie.\u201d Hy het byvoorbeeld \u2019n versoek vir \u2019n portret van <strong>Gatsha Buthelezi<\/strong> van die hand gewys omdat die kli\u00ebnt die destydse Bantoe Ontwikkelingskorporasie was wat tuislande bevorder het.<\/p>\n<p>In sy persoonlike, fotografiese kruistog was die motiverings sy eie. Hy het foto\u2019s geneem van mense waarin hy belang stel, altyd maar om meer te leer. Hy is juis tans besig met \u2019n reeks foto\u2019s waarmee hy probeer wys wat mense na misdaad dryf. Di\u00e9 foto\u2019s, waarin hy mense wat misdade gepleeg het &#8211; hetsy moord, diefstal of aanranding &#8211; terugneem na die plek waar die oortreding begaan is, is bedoel vir \u2019n oorsese uitstalling. Die geselsie n\u00e1 die fotosessie gee hom verstommende insigte in die redes vir misdaad. Elke mens se foto is vergesel van \u2019n verkorte weergawe van sy lewensverhaal.<\/p>\n<p>Het die verlede hom enige lesse geleer? \u201cOns sien nou onder swart mense wat ons destyds onder Afrikaners gesien het. Die bywoners, die mense wat ek afgeneem het, se kinders het topposte gekry, en status en geld. Nou gebeur dit onder swart mense. Almal het dit ook nie altyd reg hanteer nie.\u201d<\/p>\n<p>Sy boek oor die Afrikaners het baie Afrikaanse mense woedend gemaak. \u201cSelfs verligte mense was baie vyandig.\u201d Hoekom, wonder ek?<\/p>\n<p>\u201cEk dink omdat van hierdie mense wat ek oor die jare afgeneem het, eintlik mense was van wie die gr\u00eand, stedelike Afrikaner wou vergeet. Hulle het verkies om nie herinner te word aan waar hul wortels l\u00ea nie. Dit het onder die Jode ook maar gebeur &#8211; baie wou nie erken hul ouers het nog in ghettos gewoon nie. Hulle wou nie herinner word aan arm, ongekultiveerde voorsate en familie nie, want dit het nie ingepas by die beeld wat hulle graag wou voorhou nie. Afrikaners het gevoel my boek laat nie reg geskied aan Afrikaners se meteoriese opgang in die ekonomie nie, want ek het nie foto\u2019s geneem van suksesvolle Afrikaners nie, maar van werkersklas-mense.\u201d<\/p>\n<p>Sy tweede boek oor Afrikaners, <em>Some Afrikaners Revisited<\/em>, in 2006, is heeltemal anders deur lesers ontvang. \u201cNou kon mense met nostalgie na die verlede terugkyk, nes die Jode.&#8221;<\/p>\n<p>\u201cEk wou allermins met die eerste boek die Afrikaner afkraak. Maar laat ek eerlik wees: ek wou hul waardes en persoonlike geskiedenis vasvang. Dikwels was dit wel maar hartseerstories.\u201d<\/p>\n<p>Dit pla hom dat ons in \u2019n samelewing woon waar misdaad en korrupsie hoogty vier. Ja, hy sien ooreenkomste tussen die Afrikaner se opgang en die huidige gety van <em>African nationalism<\/em> maar hy kan nie help om ook die verskil in waardes raak te sien nie. \u201cEk sien magsmisbruik en selfverryking by mense wat teen die agtergrond van hul swaarkry in die verlede, van beter behoort te weet.\u201d<\/p>\n<p>Tog het hy nie hoop vir SA verloor nie. Hy sien die huidige situasie as \u2019n oorgangsfase. \u201cNatuurlik is dinge moeilik, maar dis nie die einde van die pad vir ons land nie. Onthou, Europa en die VSA het honderde jare geneem om by vrede en integrasie uit te kom. En daar is steeds dinge in daardie lande om voor skaam te wees, ook grootskaalse korrupsie en ekonomiese probleme.<\/p>\n<p>\u201cMy generasie, en moontlik nog een, sal moet uitsterf voor ons die onlangse verlede sal kan vergeet en daar die moontlikheid van \u2019n regering is wat redelik goed regeer. Maatskaplike en opvoedkundige probleme soos ongeletterdheid en werkloosheid moet ook in beheer gebring word. Daar is tans \u2019n hele verlore geslag en miljoene mense wat nie kan aanpas by die eise van \u2019n moderne samelewing nie. Dis \u2019n reuse-tragedie.\u201d<\/p>\n<p>Hy sien steeds die media as \u2019n kragtige vorm van protes teen onreg. As hy praat oor sy eie loopbaan, som hy fotografie op as \u2019n manier om dinge te ondersoek. Net so belangrik is die media.<\/p>\n<p>\u201cHulle moet die doring in die regering se vlees bly en nie ophou om onreg bloot te l\u00ea en uit te wys nie.\u201d<\/p>\n<p>En, dink ek later, mag di\u00e9 wat deur hul woorde en prente kan protesteer, net soos David Goldblatt nooit aftree nie.<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p> Fotograaf David Goldblatt is op 25 Junie 2018 oorlede op die ouderdom van 87 in Johannesburg. Goldblatt is w\u00eareldbekend vir sy dokument\u00eare foto&#8217;s van Suid-Afrika en sy inwoners. Hy word oorleef deur sy vrou en kinders. Lees die artikel wat in rooi rose verskyn het op sy 80ste verjaardag.  <\/p>\n","protected":false},"author":9,"featured_media":98127,"comment_status":"open","ping_status":"closed","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"_acf_changed":false,"footnotes":""},"categories":[661,675],"tags":[147,1387,23450,24339,28097],"class_list":["post-98086","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-ons-mense","category-bekendes","tag-bekendes","tag-celebs","tag-entertainment","tag-local-celebs","tag-ons-bekendes"],"acf":[],"yoast_head":"<!-- This site is optimized with the Yoast SEO plugin v28.6 - https:\/\/yoast.com\/product\/yoast-seo-wordpress\/ -->\n<title>David Goldblatt: Die lewe deur \u2019n lens | rooi rose<\/title>\n<meta name=\"description\" content=\"David Goldblatt, bekroonde fotograaf, vertel ons oor sy loopbaan op 80-jarige ouderdom. Hierdie artikel het oorspronklik in ons April 2011-uitgawe verskyn.\" \/>\n<meta name=\"robots\" content=\"index, follow, max-snippet:-1, max-image-preview:large, max-video-preview:-1\" \/>\n<link rel=\"canonical\" href=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/david-goldblatt-lewe-deur-lens\/\" \/>\n<meta property=\"og:locale\" content=\"en_US\" \/>\n<meta property=\"og:type\" content=\"article\" \/>\n<meta property=\"og:title\" content=\"David Goldblatt: Die lewe deur \u2019n lens | rooi rose\" \/>\n<meta property=\"og:description\" content=\"David Goldblatt, bekroonde fotograaf, vertel ons oor sy loopbaan op 80-jarige ouderdom. Hierdie artikel het oorspronklik in ons April 2011-uitgawe verskyn.\" \/>\n<meta property=\"og:url\" content=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/david-goldblatt-lewe-deur-lens\/\" \/>\n<meta property=\"og:site_name\" content=\"rooi rose\" \/>\n<meta property=\"article:publisher\" content=\"https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/\" \/>\n<meta property=\"article:published_time\" content=\"2018-06-25T10:21:21+00:00\" \/>\n<meta property=\"article:modified_time\" content=\"2018-06-26T10:22:34+00:00\" \/>\n<meta property=\"og:image\" content=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2018\/06\/GettyImages-108004430-e1529932405602.jpg\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:width\" content=\"1500\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:height\" content=\"1000\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:type\" content=\"image\/jpeg\" \/>\n<meta name=\"author\" content=\"Anelle Tewson\" \/>\n<meta name=\"twitter:card\" content=\"summary_large_image\" \/>\n<meta name=\"twitter:creator\" content=\"@rooi_rose\" \/>\n<meta name=\"twitter:site\" content=\"@rooi_rose\" \/>\n<meta name=\"twitter:label1\" content=\"Written by\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:data1\" content=\"Anelle Tewson\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:label2\" content=\"Est. reading time\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:data2\" content=\"11 minute\" \/>\n<script type=\"application\/ld+json\" class=\"yoast-schema-graph\">{\"@context\":\"https:\\\/\\\/schema.org\",\"@graph\":[{\"@type\":\"Article\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/david-goldblatt-lewe-deur-lens\\\/#article\",\"isPartOf\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/david-goldblatt-lewe-deur-lens\\\/\"},\"author\":{\"name\":\"Anelle Tewson\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/person\\\/4f17c1c866533e389e28590e557e7730\"},\"headline\":\"David Goldblatt: Die lewe deur \u2019n lens\",\"datePublished\":\"2018-06-25T10:21:21+00:00\",\"dateModified\":\"2018-06-26T10:22:34+00:00\",\"mainEntityOfPage\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/david-goldblatt-lewe-deur-lens\\\/\"},\"wordCount\":2166,\"commentCount\":0,\"publisher\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/david-goldblatt-lewe-deur-lens\\\/#primaryimage\"},\"thumbnailUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2018\\\/06\\\/GettyImages-108004430-e1529932405602.jpg\",\"keywords\":[\"bekendes\",\"celebs\",\"entertainment\",\"local celebs\",\"ons bekendes\"],\"articleSection\":[\"Ons mense\",\"Bekendes\"],\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"copyrightYear\":\"2018\",\"copyrightHolder\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"}},{\"@type\":\"WebPage\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/david-goldblatt-lewe-deur-lens\\\/\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/david-goldblatt-lewe-deur-lens\\\/\",\"name\":\"David Goldblatt: Die lewe deur \u2019n lens | rooi rose\",\"isPartOf\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#website\"},\"primaryImageOfPage\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/david-goldblatt-lewe-deur-lens\\\/#primaryimage\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/david-goldblatt-lewe-deur-lens\\\/#primaryimage\"},\"thumbnailUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2018\\\/06\\\/GettyImages-108004430-e1529932405602.jpg\",\"datePublished\":\"2018-06-25T10:21:21+00:00\",\"dateModified\":\"2018-06-26T10:22:34+00:00\",\"description\":\"David Goldblatt, bekroonde fotograaf, vertel ons oor sy loopbaan op 80-jarige ouderdom. Hierdie artikel het oorspronklik in ons April 2011-uitgawe verskyn.\",\"breadcrumb\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/david-goldblatt-lewe-deur-lens\\\/#breadcrumb\"},\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"potentialAction\":[{\"@type\":\"ReadAction\",\"target\":[\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/david-goldblatt-lewe-deur-lens\\\/\"]}]},{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/david-goldblatt-lewe-deur-lens\\\/#primaryimage\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2018\\\/06\\\/GettyImages-108004430-e1529932405602.jpg\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2018\\\/06\\\/GettyImages-108004430-e1529932405602.jpg\",\"width\":1500,\"height\":1000,\"caption\":\"South African photographer David Goldblatt poses on January 11, 2011 at Henri Cartier-Bresson Foundation in Paris, on the eve of the start of his exhibition \\\"TJ 1948-2010\\\" (for Transvaal Johannesburg). Goldblatt has been covered since 1952 South African life, from its people to its cities and landscapes. AFP PHOTO FRANCOIS GUILLOT (Photo credit should read FRANCOIS GUILLOT\\\/AFP\\\/Getty Images)\"},{\"@type\":\"BreadcrumbList\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/david-goldblatt-lewe-deur-lens\\\/#breadcrumb\",\"itemListElement\":[{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":1,\"name\":\"Home\",\"item\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\"},{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":2,\"name\":\"David Goldblatt: Die lewe deur \u2019n lens\"}]},{\"@type\":\"WebSite\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#website\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\",\"name\":\"rooi rose\",\"description\":\"Stylvol, sinvol, propvol\",\"publisher\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"},\"potentialAction\":[{\"@type\":\"SearchAction\",\"target\":{\"@type\":\"EntryPoint\",\"urlTemplate\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/?s={search_term_string}\"},\"query-input\":{\"@type\":\"PropertyValueSpecification\",\"valueRequired\":true,\"valueName\":\"search_term_string\"}}],\"inLanguage\":\"af-ZA\"},{\"@type\":\"Organization\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\",\"name\":\"Rooi rose\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\",\"logo\":{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/logo\\\/image\\\/\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2020\\\/12\\\/rrlogo.jpg\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2020\\\/12\\\/rrlogo.jpg\",\"width\":400,\"height\":400,\"caption\":\"Rooi rose\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/logo\\\/image\\\/\"},\"sameAs\":[\"https:\\\/\\\/www.facebook.com\\\/rooirose\\\/\",\"https:\\\/\\\/x.com\\\/rooi_rose\"]},{\"@type\":\"Person\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/person\\\/4f17c1c866533e389e28590e557e7730\",\"name\":\"Anelle Tewson\",\"image\":{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/51c7260d69b78f54e605640e0044be7c1139bdbe0b57d0ca702d946adba90511?s=96&d=mm&r=g\",\"url\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/51c7260d69b78f54e605640e0044be7c1139bdbe0b57d0ca702d946adba90511?s=96&d=mm&r=g\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/51c7260d69b78f54e605640e0044be7c1139bdbe0b57d0ca702d946adba90511?s=96&d=mm&r=g\",\"caption\":\"Anelle Tewson\"}}]}<\/script>\n<!-- \/ Yoast SEO plugin. -->","yoast_head_json":{"title":"David Goldblatt: Die lewe deur \u2019n lens | rooi rose","description":"David Goldblatt, bekroonde fotograaf, vertel ons oor sy loopbaan op 80-jarige ouderdom. Hierdie artikel het oorspronklik in ons April 2011-uitgawe verskyn.","robots":{"index":"index","follow":"follow","max-snippet":"max-snippet:-1","max-image-preview":"max-image-preview:large","max-video-preview":"max-video-preview:-1"},"canonical":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/david-goldblatt-lewe-deur-lens\/","og_locale":"en_US","og_type":"article","og_title":"David Goldblatt: Die lewe deur \u2019n lens | rooi rose","og_description":"David Goldblatt, bekroonde fotograaf, vertel ons oor sy loopbaan op 80-jarige ouderdom. Hierdie artikel het oorspronklik in ons April 2011-uitgawe verskyn.","og_url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/david-goldblatt-lewe-deur-lens\/","og_site_name":"rooi rose","article_publisher":"https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/","article_published_time":"2018-06-25T10:21:21+00:00","article_modified_time":"2018-06-26T10:22:34+00:00","og_image":[{"width":1500,"height":1000,"url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2018\/06\/GettyImages-108004430-e1529932405602.jpg","type":"image\/jpeg"}],"author":"Anelle Tewson","twitter_card":"summary_large_image","twitter_creator":"@rooi_rose","twitter_site":"@rooi_rose","twitter_misc":{"Written by":"Anelle Tewson","Est. reading time":"11 minute"},"schema":{"@context":"https:\/\/schema.org","@graph":[{"@type":"Article","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/david-goldblatt-lewe-deur-lens\/#article","isPartOf":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/david-goldblatt-lewe-deur-lens\/"},"author":{"name":"Anelle Tewson","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/person\/4f17c1c866533e389e28590e557e7730"},"headline":"David Goldblatt: Die lewe deur \u2019n lens","datePublished":"2018-06-25T10:21:21+00:00","dateModified":"2018-06-26T10:22:34+00:00","mainEntityOfPage":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/david-goldblatt-lewe-deur-lens\/"},"wordCount":2166,"commentCount":0,"publisher":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/david-goldblatt-lewe-deur-lens\/#primaryimage"},"thumbnailUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2018\/06\/GettyImages-108004430-e1529932405602.jpg","keywords":["bekendes","celebs","entertainment","local celebs","ons bekendes"],"articleSection":["Ons mense","Bekendes"],"inLanguage":"af-ZA","copyrightYear":"2018","copyrightHolder":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"}},{"@type":"WebPage","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/david-goldblatt-lewe-deur-lens\/","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/david-goldblatt-lewe-deur-lens\/","name":"David Goldblatt: Die lewe deur \u2019n lens | rooi rose","isPartOf":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#website"},"primaryImageOfPage":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/david-goldblatt-lewe-deur-lens\/#primaryimage"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/david-goldblatt-lewe-deur-lens\/#primaryimage"},"thumbnailUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2018\/06\/GettyImages-108004430-e1529932405602.jpg","datePublished":"2018-06-25T10:21:21+00:00","dateModified":"2018-06-26T10:22:34+00:00","description":"David Goldblatt, bekroonde fotograaf, vertel ons oor sy loopbaan op 80-jarige ouderdom. Hierdie artikel het oorspronklik in ons April 2011-uitgawe verskyn.","breadcrumb":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/david-goldblatt-lewe-deur-lens\/#breadcrumb"},"inLanguage":"af-ZA","potentialAction":[{"@type":"ReadAction","target":["https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/david-goldblatt-lewe-deur-lens\/"]}]},{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/david-goldblatt-lewe-deur-lens\/#primaryimage","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2018\/06\/GettyImages-108004430-e1529932405602.jpg","contentUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2018\/06\/GettyImages-108004430-e1529932405602.jpg","width":1500,"height":1000,"caption":"South African photographer David Goldblatt poses on January 11, 2011 at Henri Cartier-Bresson Foundation in Paris, on the eve of the start of his exhibition \"TJ 1948-2010\" (for Transvaal Johannesburg). Goldblatt has been covered since 1952 South African life, from its people to its cities and landscapes. AFP PHOTO FRANCOIS GUILLOT (Photo credit should read FRANCOIS GUILLOT\/AFP\/Getty Images)"},{"@type":"BreadcrumbList","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/david-goldblatt-lewe-deur-lens\/#breadcrumb","itemListElement":[{"@type":"ListItem","position":1,"name":"Home","item":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/"},{"@type":"ListItem","position":2,"name":"David Goldblatt: Die lewe deur \u2019n lens"}]},{"@type":"WebSite","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#website","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/","name":"rooi rose","description":"Stylvol, sinvol, propvol","publisher":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"},"potentialAction":[{"@type":"SearchAction","target":{"@type":"EntryPoint","urlTemplate":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/?s={search_term_string}"},"query-input":{"@type":"PropertyValueSpecification","valueRequired":true,"valueName":"search_term_string"}}],"inLanguage":"af-ZA"},{"@type":"Organization","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization","name":"Rooi rose","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/","logo":{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/logo\/image\/","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2020\/12\/rrlogo.jpg","contentUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2020\/12\/rrlogo.jpg","width":400,"height":400,"caption":"Rooi rose"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/logo\/image\/"},"sameAs":["https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/","https:\/\/x.com\/rooi_rose"]},{"@type":"Person","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/person\/4f17c1c866533e389e28590e557e7730","name":"Anelle Tewson","image":{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/51c7260d69b78f54e605640e0044be7c1139bdbe0b57d0ca702d946adba90511?s=96&d=mm&r=g","url":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/51c7260d69b78f54e605640e0044be7c1139bdbe0b57d0ca702d946adba90511?s=96&d=mm&r=g","contentUrl":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/51c7260d69b78f54e605640e0044be7c1139bdbe0b57d0ca702d946adba90511?s=96&d=mm&r=g","caption":"Anelle Tewson"}}]}},"distributor_meta":false,"distributor_terms":false,"distributor_media":false,"distributor_original_site_name":"rooi rose","distributor_original_site_url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose","push-errors":false,"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/98086","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/users\/9"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=98086"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/98086\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/media\/98127"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=98086"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=98086"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=98086"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}