{"id":98056,"date":"2018-06-25T14:38:57","date_gmt":"2018-06-25T12:38:57","guid":{"rendered":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/?p=98056"},"modified":"2018-06-25T15:02:55","modified_gmt":"2018-06-25T13:02:55","slug":"monique-rockman-nommer-37-onderhoud","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/monique-rockman-nommer-37-onderhoud\/","title":{"rendered":"Monique Rockman gesels oor Nommer 37"},"content":{"rendered":"<p><em>Deur Catherine Schenck. Hooffoto: <a href=\"http:\/\/fathom.co.za\/home\" target=\"_blank\" rel=\"noopener\">Fathom Media<\/a> <a href=\"http:\/\/keyart.co.za\/\" target=\"_blank\" rel=\"noopener\">keyart.co.za<\/a>\u00a0<\/em><\/p>\n<p><em><strong>Nommer 37<\/strong><\/em>\u00a0(regie en draaiboek deur <strong>Nosipho Dumisa<\/strong>) is \u2019n Afrikaanse misdaadriller wat hom afspeel in \u2019n fiktiewe woonbuurt op die Kaapse Vlakte. Randal Hendricks (<strong>Irshaad Ally<\/strong>) word verlam na \u2019n ongeluk en is dus rolstoel- en woonstelgebonde. Sy meisie, Pam (<strong>Monique Rockman<\/strong>), gee vir hom \u2019n verkyker as geskenk en hy begin om sy buurt dop te hou van sy woonstelvenster af. Randal is diep in die skuld by die sosiopatiese woekeraar Emmy (<strong>Danny Ross<\/strong>) wat sy pond vleis wil eis. Dus, wanneer Randal waarneem hoe \u2019n misdaad gepleeg word in die woonstelgebou oorkant hom deur die bendeleier Lawyer (<strong>David Manuel<\/strong>), beraam hy planne om Lawyer af te pers vir geld &#8230;<\/p>\n<p><a href=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/nommer-37-film\/\" target=\"_blank\" rel=\"noopener\">Klik hier om meer uit te vind oor di\u00e9 film<\/a>.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p><strong>Vertel ons meer van jou karakter Pam, en haar verhouding met Randal en Warren.<\/strong><\/p>\n<p>Pam en haar liefde vir Randal is die lig in \u2019n baie donker werklikheid. Haar krag l\u00ea ook daarin dat sy so broos en half onskuldig is tussen al die klomp <em>scary<\/em> karakters. Sy het \u2019n baie interessante karakters-ark vanaf die begin van die fliek, waar ons haar ontmoet, tot teen die einde van die fliek n\u00e1 al die gevare en gruwels waarin sy en Randal hulle bevind.<\/p>\n<p>Warren is hul goeie vriend. Hy is Pam se enigste en beste vriend wanneer Randal maande lank in die hospitaal is. Warren vorm deel van die liefdesdriehoek toe Randal begin jaloers raak.<\/p>\n<div id=\"attachment_98120\" style=\"width: 510px\" class=\"wp-caption aligncenter\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" aria-describedby=\"caption-attachment-98120\" class=\"size-medium wp-image-98120\" src=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2018\/06\/DSCF5587-500x334.jpg\" alt=\"Nommer 37 film\" width=\"500\" height=\"334\" \/><p id=\"caption-attachment-98120\" class=\"wp-caption-text\">Fathom Media \/ keyart.co.za<\/p><\/div>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p><strong>Pam is baie lojaal teenoor Randal \u2013 en sy sal baie ver gaan om lojaal te bly. Kan jy meer vertel oor hierdie eienskap van Pam en hoe dit by die fliek inpas?<\/strong><\/p>\n<p>Die lojaliteit wat Pam vir Randal het, is <em>admirable<\/em> maar terselfdertyd frustrerend. \u2019n Mens kan amper nie glo dat sy by hom <em>stick<\/em> ondanks al die leuens en verkeerde besluite nie. Sy is natuurlik baie lief vir hom en hulle is al wat elkeen in die lewe het.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p><strong>Die fliek is \u0149 riller, maar terselfdertyd \u0149 liefdesverhaal &#8230; <\/strong><\/p>\n<p>Dit is \u2019n liefdesverhaal en jy word meegesleur en gefassineer met hoe Randal en Pam (of enigiemand) nog kans sien of tyd het om lief te h\u00ea in sulke omstandighede. Die romanse tussen hulle was vir regisseur <strong>Nosipho Dumisa<\/strong> baie belangrik, en om eg te lyk moes ons \u2019n regte <em>chemistry<\/em> op die stel bou. Dit laat die kykers regtig \u201c<em>root<\/em>\u201d vir die paartjie.<\/p>\n<div id=\"attachment_98117\" style=\"width: 410px\" class=\"wp-caption aligncenter\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" aria-describedby=\"caption-attachment-98117\" class=\"size-medium wp-image-98117\" src=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2018\/06\/moniquerockmanirshaadally-400x600.jpg\" alt=\"Monique Rockman en Irshaad Ally in Nommer 37\" width=\"400\" height=\"600\" \/><p id=\"caption-attachment-98117\" class=\"wp-caption-text\">Fathom Media\/ keyart.co.za<\/p><\/div>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p><strong>Hoe was dit om \u0149 karakter soos Pam te vertolk? Hoe het jy voorberei vir hierdie rol, en wat was die uitdagings? <\/strong><\/p>\n<p>Ek het baie daarvan gehou. Dit was lekker om die popagtige, sagte mensie teenoor <strong>Irshaad Ally<\/strong> (wat Randal vertolk) en <strong>Danny Ross<\/strong> (wat Emmie, \u2019n sadistiese geldskieter) se harde karakters te speel. Ek het nie baie tyd gehad om my voor te berei nie. Ek moes myself ondersoek en dinge in my na vore bring wat ek lankal begrawe het om Pam se emosies eg te maak. Dit was dan ook die moeilike deel, ook om fisiek en emosioneel ge-<em>man-handle<\/em> te word was nie aldag maklik nie. Ek moes \u2019n paar keer diep asemhaal\u00a0en trane afvee. Maar die feit dat ons in die hande van \u2019n goeie <em>stunt team<\/em> was, het baie gehelp om veilig te voel.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p><strong>Kon jy jou met Pam vereenselwig? <\/strong><\/p>\n<p>Ja, in die sin dat ek sag en sensitief is, maar ek weet hoe om te <em>survive<\/em>.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p><strong>Hoe het jy en Irshaad Ally, wat Randal vertolk, te werk gegaan om die nuanse van die komplekse tonele saam uit te beeld?<\/strong><\/p>\n<p>Ek en <strong>Irshaad<\/strong> was albei heeltyd ten volle gefokus. Ons het Randal en Pam elke dag op stel uitgeleef. Albei het groot respek vir die tipe \u00a0karakters en hul stories. Ons ken mekaar al lank en was gemaklik.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p><strong>Vertel ons meer van die ervaring op die stel \u2013 is daar iets wat vir jou uitstaan?<\/strong><\/p>\n<p>Dit was \u2019n<em> great<\/em> ervaring. Die <em>make-up<\/em> department sal altyd my gunsteling wees. Ons het daar afgepak, gelag en gehuil. Ek mis hulle baie.<\/p>\n<div id=\"attachment_98121\" style=\"width: 510px\" class=\"wp-caption aligncenter\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" aria-describedby=\"caption-attachment-98121\" class=\"size-medium wp-image-98121\" src=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2018\/06\/monique-rockman-500x334.jpg\" alt=\"monique rockman in nommer 37\" width=\"500\" height=\"334\" \/><p id=\"caption-attachment-98121\" class=\"wp-caption-text\">Fathom media\/ keyart.co.za<\/p><\/div>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p><strong>Hoe was dit om saam met Nosipho Dumisa, die regisseur en skrywer, te kon werk?<\/strong><\/p>\n<p>Nosipho is fantasties. Sy\u2019s \u2019 briljante skrywer en haar visie is so gefokus, sy weet presies wat sy wil h\u00ea. Sy het geweet hoe om my te <em>push<\/em> sodat ek my beste <em>performance<\/em> kan gee.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p><strong><em>Nommer 37<\/em> is baie goed ontvang oorsee: dit het in Cannes gedraai asook die <em>South x Southwest (SXSW)<\/em>-fees in die VSA en dit gaan later vanjaar by ander feeste verskyn. Hoe voel dit om deel te wees van \u0149 projek wat so goed doen?<\/strong><\/p>\n<p>Dis <em>exciting<\/em> om deel van \u2018n w\u00eareldbekende fliek te wees. Dis iets waarvan ek van kleins af droom.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p><strong>Waarom dink jy hou soveel kykers van hierdie fliek?<\/strong><\/p>\n<p>Mense hou van die\u00a0<em>movie<\/em> want ons vertel uiteindelik \u2019n storie oor egte mense &#8211; nie net stereotipes oor bruinmense en <em>gangsters<\/em> op die Kaapse Vlakte nie. Plus die hele span se hart is in die <em>movie<\/em> en jy kan dit voel.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p><strong>Wat dink jy is die belangrikste boodskap van<em> Nommer 37<\/em>?<\/strong><\/p>\n<p>Vir my is die belangrikste boodskap dat jy altyd \u2019n keuse het om die regte besluit te maak, selfs in die moeilikste omstandighede \u2026 want die verkeerde besluit kan jou alles kos.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p><strong>Kyk hier na die lokprent van <em>Nommer 37<\/em><\/strong><\/p>\n<div class=\"video-container\"><iframe loading=\"lazy\" width=\"650\" height=\"315\" src=\"https:\/\/www.youtube.com\/embed\/JdWMxQg7G1w\" frameborder=\"0\" allow=\"accelerometer; autoplay; encrypted-media; gyroscope; picture-in-picture\" allowfullscreen><\/iframe><\/div>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p><strong>Jy vertolk ook die rol van Beverley Kearns in die nuwe SABC2-reeks <em>Onder die Suiderkruis<\/em>. Vertel ons van hierdie ervaring.<\/strong><\/p>\n<p>Dis \u0149 hele nuwe <em>experience<\/em>, en nog \u2019n eerste vir my, want ek het nog nie \u2019n hoofkarakter in \u2019n TV-reeks gespeel nie. Die karakter is wel baie ligter as Pam! Maar ek moet erken, ek was senuweeagtiger op die stel van <em>Onder die Suiderkruis.<\/em> Ek het baie geleer en het dit geniet. <strong>Elizabeth Archer<\/strong>\u00a0(die regisseur) is \u2019n engel: Sy het \u2019n moederhart en dit was regtig so lekker om deur haar <em>direct<\/em> te word.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p><strong>Waarna kan kykers uitsien in hierdie reeks? <\/strong><\/p>\n<p>Hulle kan uitsien na \u2019n gelag, gehuil en lekker drama. Ek dink hulle gaan sommer baie van Beverley Kearns hou, sy\u2019s \u2019n sterk vroutjie.<\/p>\n<p><a href=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/nuwe-tv-reeks-onder-die-suiderkruis\/\" target=\"_blank\" rel=\"noopener\">Lees hier om meer uit te vind oor Onder die Suiderkruis<\/a><\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p><strong>Watter soort rol sal jy nog graag wil vertolk?<\/strong><\/p>\n<p>Ek sal baie graag \u2019n <em>action hero<\/em> soos <strong>Milla Jovovich<\/strong> in Resident Evil wil speel wat <em>zombies<\/em> doodmaak, en natuurlik iets soos Tomb Raider, maar miskien \u2019n Suid-Afrikaanse weergawe?<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p><strong>Watter stories dink jy moet meer vertel word, veral in Afrikaanse flieks?<\/strong><\/p>\n<p>Stories soos di\u00e9 (<em>Nommer 37<\/em>) moet meer vertel word: Regte mense, nie net stereotipes nie.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p><strong>Wat is die lekkerste ding wat jy al vir jou werk kon doen?<\/strong><\/p>\n<p>Ek hou van reis. Ek was \u2019n paar keer in Doha, Katar, met kinderteater. Dit sal altyd vir my die beste herinneringe wees. Die hotelle, die kultuur, die <em>exploring<\/em> &#8230; Ek kan dit vir ewig doen.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p><strong>Vertel ons meer van jou gesin, en wat die lekkerste van ma-wees? <\/strong><\/p>\n<p>Ek is \u2019n gesinsmens. My man, <strong>Keenan<\/strong>, en seuntjie, <strong>Axel<\/strong>, is die belangrikste mense in my lewe. Ek en Keenan lag ons klaar vir Axel se maniere en hy kom elke dag met nuwe dinge huis toe. Hy groei so vinnig &#8230; Ons probeer maar als met \u2019n sin vir humor aanpak, al is dit nie altyd maklik nie!<\/p>\n<p>Die lekkerste ding van ma-wees is as ek kos gekook het en my <em>boys<\/em> geniet dit. Die soentjies en drukkies. Dis lekker om n\u00e1 \u2019n lang, harde dag\u00a0 huis toe te gaan en omring te word deur liefde (en <em>nappies<\/em>, en einas, en speelgoed wat rondl\u00ea &#8211; als wat \u2019n mens weer normaal laat voel).<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Monique Rockman vertolk die hoofrol van Pam in die nuwe Afrikaanse riller Nommer 37. Sy vertel ons meer oor die fliek, haar ander projekte en wat die lekkerste deel is van ma-wees. <\/p>\n","protected":false},"author":38,"featured_media":98116,"comment_status":"open","ping_status":"closed","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"_acf_changed":false,"footnotes":""},"categories":[661,675],"tags":[1387,23450,24339],"class_list":["post-98056","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-ons-mense","category-bekendes","tag-celebs","tag-entertainment","tag-local-celebs"],"acf":[],"yoast_head":"<!-- This site is optimized with the Yoast SEO plugin v28.6 - https:\/\/yoast.com\/product\/yoast-seo-wordpress\/ -->\n<title>Monique Rockman gesels oor Nommer 37 | rooi rose<\/title>\n<meta name=\"description\" content=\"Monique Rockman vertolk die hoofrol van Pam in die nuwe Afrikaanse riller Nommer 37. Sy vertel ons meer oor die fliek en oor haar ander projekte.\" \/>\n<meta name=\"robots\" content=\"index, follow, max-snippet:-1, max-image-preview:large, max-video-preview:-1\" \/>\n<link rel=\"canonical\" href=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/monique-rockman-nommer-37-onderhoud\/\" \/>\n<meta property=\"og:locale\" content=\"en_US\" \/>\n<meta property=\"og:type\" content=\"article\" \/>\n<meta property=\"og:title\" content=\"Monique Rockman gesels oor Nommer 37 | rooi rose\" \/>\n<meta property=\"og:description\" content=\"Monique Rockman vertolk die hoofrol van Pam in die nuwe Afrikaanse riller Nommer 37. Sy vertel ons meer oor die fliek en oor haar ander projekte.\" \/>\n<meta property=\"og:url\" content=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/monique-rockman-nommer-37-onderhoud\/\" \/>\n<meta property=\"og:site_name\" content=\"rooi rose\" \/>\n<meta property=\"article:publisher\" content=\"https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/\" \/>\n<meta property=\"article:published_time\" content=\"2018-06-25T12:38:57+00:00\" \/>\n<meta property=\"article:modified_time\" content=\"2018-06-25T13:02:55+00:00\" \/>\n<meta property=\"og:image\" content=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2018\/06\/MoniqueRockmanPam.jpg\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:width\" content=\"560\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:height\" content=\"840\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:type\" content=\"image\/jpeg\" \/>\n<meta name=\"author\" content=\"Catherine Schenck\" \/>\n<meta name=\"twitter:card\" content=\"summary_large_image\" \/>\n<meta name=\"twitter:creator\" content=\"@rooi_rose\" \/>\n<meta name=\"twitter:site\" content=\"@rooi_rose\" \/>\n<meta name=\"twitter:label1\" content=\"Written by\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:data1\" content=\"Catherine Schenck\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:label2\" content=\"Est. reading time\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:data2\" content=\"7 minute\" \/>\n<script type=\"application\/ld+json\" class=\"yoast-schema-graph\">{\"@context\":\"https:\\\/\\\/schema.org\",\"@graph\":[{\"@type\":\"Article\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/monique-rockman-nommer-37-onderhoud\\\/#article\",\"isPartOf\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/monique-rockman-nommer-37-onderhoud\\\/\"},\"author\":{\"name\":\"Catherine Schenck\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/person\\\/265a0c0fe08a83533fe7184f4e0af4a1\"},\"headline\":\"Monique Rockman gesels oor Nommer 37\",\"datePublished\":\"2018-06-25T12:38:57+00:00\",\"dateModified\":\"2018-06-25T13:02:55+00:00\",\"mainEntityOfPage\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/monique-rockman-nommer-37-onderhoud\\\/\"},\"wordCount\":1313,\"commentCount\":0,\"publisher\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/monique-rockman-nommer-37-onderhoud\\\/#primaryimage\"},\"thumbnailUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2018\\\/06\\\/MoniqueRockmanPam.jpg\",\"keywords\":[\"celebs\",\"entertainment\",\"local celebs\"],\"articleSection\":[\"Ons mense\",\"Bekendes\"],\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"copyrightYear\":\"2018\",\"copyrightHolder\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"}},{\"@type\":\"WebPage\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/monique-rockman-nommer-37-onderhoud\\\/\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/monique-rockman-nommer-37-onderhoud\\\/\",\"name\":\"Monique Rockman gesels oor Nommer 37 | rooi rose\",\"isPartOf\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#website\"},\"primaryImageOfPage\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/monique-rockman-nommer-37-onderhoud\\\/#primaryimage\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/monique-rockman-nommer-37-onderhoud\\\/#primaryimage\"},\"thumbnailUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2018\\\/06\\\/MoniqueRockmanPam.jpg\",\"datePublished\":\"2018-06-25T12:38:57+00:00\",\"dateModified\":\"2018-06-25T13:02:55+00:00\",\"description\":\"Monique Rockman vertolk die hoofrol van Pam in die nuwe Afrikaanse riller Nommer 37. Sy vertel ons meer oor die fliek en oor haar ander projekte.\",\"breadcrumb\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/monique-rockman-nommer-37-onderhoud\\\/#breadcrumb\"},\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"potentialAction\":[{\"@type\":\"ReadAction\",\"target\":[\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/monique-rockman-nommer-37-onderhoud\\\/\"]}]},{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/monique-rockman-nommer-37-onderhoud\\\/#primaryimage\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2018\\\/06\\\/MoniqueRockmanPam.jpg\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2018\\\/06\\\/MoniqueRockmanPam.jpg\",\"width\":560,\"height\":840,\"caption\":\"Fathom Media keyart.co.za\"},{\"@type\":\"BreadcrumbList\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/monique-rockman-nommer-37-onderhoud\\\/#breadcrumb\",\"itemListElement\":[{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":1,\"name\":\"Home\",\"item\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\"},{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":2,\"name\":\"Monique Rockman gesels oor Nommer 37\"}]},{\"@type\":\"WebSite\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#website\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\",\"name\":\"rooi rose\",\"description\":\"Stylvol, sinvol, propvol\",\"publisher\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"},\"potentialAction\":[{\"@type\":\"SearchAction\",\"target\":{\"@type\":\"EntryPoint\",\"urlTemplate\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/?s={search_term_string}\"},\"query-input\":{\"@type\":\"PropertyValueSpecification\",\"valueRequired\":true,\"valueName\":\"search_term_string\"}}],\"inLanguage\":\"af-ZA\"},{\"@type\":\"Organization\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\",\"name\":\"Rooi rose\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\",\"logo\":{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/logo\\\/image\\\/\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2020\\\/12\\\/rrlogo.jpg\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2020\\\/12\\\/rrlogo.jpg\",\"width\":400,\"height\":400,\"caption\":\"Rooi rose\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/logo\\\/image\\\/\"},\"sameAs\":[\"https:\\\/\\\/www.facebook.com\\\/rooirose\\\/\",\"https:\\\/\\\/x.com\\\/rooi_rose\"]},{\"@type\":\"Person\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/person\\\/265a0c0fe08a83533fe7184f4e0af4a1\",\"name\":\"Catherine Schenck\",\"image\":{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/ee0411948a25053a54e6b9881eaa341017aa0dc5a6c0995c10fe94286ef3aae8?s=96&d=mm&r=g\",\"url\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/ee0411948a25053a54e6b9881eaa341017aa0dc5a6c0995c10fe94286ef3aae8?s=96&d=mm&r=g\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/ee0411948a25053a54e6b9881eaa341017aa0dc5a6c0995c10fe94286ef3aae8?s=96&d=mm&r=g\",\"caption\":\"Catherine Schenck\"}}]}<\/script>\n<!-- \/ Yoast SEO plugin. -->","yoast_head_json":{"title":"Monique Rockman gesels oor Nommer 37 | rooi rose","description":"Monique Rockman vertolk die hoofrol van Pam in die nuwe Afrikaanse riller Nommer 37. Sy vertel ons meer oor die fliek en oor haar ander projekte.","robots":{"index":"index","follow":"follow","max-snippet":"max-snippet:-1","max-image-preview":"max-image-preview:large","max-video-preview":"max-video-preview:-1"},"canonical":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/monique-rockman-nommer-37-onderhoud\/","og_locale":"en_US","og_type":"article","og_title":"Monique Rockman gesels oor Nommer 37 | rooi rose","og_description":"Monique Rockman vertolk die hoofrol van Pam in die nuwe Afrikaanse riller Nommer 37. Sy vertel ons meer oor die fliek en oor haar ander projekte.","og_url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/monique-rockman-nommer-37-onderhoud\/","og_site_name":"rooi rose","article_publisher":"https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/","article_published_time":"2018-06-25T12:38:57+00:00","article_modified_time":"2018-06-25T13:02:55+00:00","og_image":[{"width":560,"height":840,"url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2018\/06\/MoniqueRockmanPam.jpg","type":"image\/jpeg"}],"author":"Catherine Schenck","twitter_card":"summary_large_image","twitter_creator":"@rooi_rose","twitter_site":"@rooi_rose","twitter_misc":{"Written by":"Catherine Schenck","Est. reading time":"7 minute"},"schema":{"@context":"https:\/\/schema.org","@graph":[{"@type":"Article","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/monique-rockman-nommer-37-onderhoud\/#article","isPartOf":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/monique-rockman-nommer-37-onderhoud\/"},"author":{"name":"Catherine Schenck","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/person\/265a0c0fe08a83533fe7184f4e0af4a1"},"headline":"Monique Rockman gesels oor Nommer 37","datePublished":"2018-06-25T12:38:57+00:00","dateModified":"2018-06-25T13:02:55+00:00","mainEntityOfPage":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/monique-rockman-nommer-37-onderhoud\/"},"wordCount":1313,"commentCount":0,"publisher":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/monique-rockman-nommer-37-onderhoud\/#primaryimage"},"thumbnailUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2018\/06\/MoniqueRockmanPam.jpg","keywords":["celebs","entertainment","local celebs"],"articleSection":["Ons mense","Bekendes"],"inLanguage":"af-ZA","copyrightYear":"2018","copyrightHolder":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"}},{"@type":"WebPage","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/monique-rockman-nommer-37-onderhoud\/","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/monique-rockman-nommer-37-onderhoud\/","name":"Monique Rockman gesels oor Nommer 37 | rooi rose","isPartOf":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#website"},"primaryImageOfPage":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/monique-rockman-nommer-37-onderhoud\/#primaryimage"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/monique-rockman-nommer-37-onderhoud\/#primaryimage"},"thumbnailUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2018\/06\/MoniqueRockmanPam.jpg","datePublished":"2018-06-25T12:38:57+00:00","dateModified":"2018-06-25T13:02:55+00:00","description":"Monique Rockman vertolk die hoofrol van Pam in die nuwe Afrikaanse riller Nommer 37. Sy vertel ons meer oor die fliek en oor haar ander projekte.","breadcrumb":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/monique-rockman-nommer-37-onderhoud\/#breadcrumb"},"inLanguage":"af-ZA","potentialAction":[{"@type":"ReadAction","target":["https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/monique-rockman-nommer-37-onderhoud\/"]}]},{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/monique-rockman-nommer-37-onderhoud\/#primaryimage","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2018\/06\/MoniqueRockmanPam.jpg","contentUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2018\/06\/MoniqueRockmanPam.jpg","width":560,"height":840,"caption":"Fathom Media keyart.co.za"},{"@type":"BreadcrumbList","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/monique-rockman-nommer-37-onderhoud\/#breadcrumb","itemListElement":[{"@type":"ListItem","position":1,"name":"Home","item":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/"},{"@type":"ListItem","position":2,"name":"Monique Rockman gesels oor Nommer 37"}]},{"@type":"WebSite","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#website","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/","name":"rooi rose","description":"Stylvol, sinvol, propvol","publisher":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"},"potentialAction":[{"@type":"SearchAction","target":{"@type":"EntryPoint","urlTemplate":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/?s={search_term_string}"},"query-input":{"@type":"PropertyValueSpecification","valueRequired":true,"valueName":"search_term_string"}}],"inLanguage":"af-ZA"},{"@type":"Organization","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization","name":"Rooi rose","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/","logo":{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/logo\/image\/","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2020\/12\/rrlogo.jpg","contentUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2020\/12\/rrlogo.jpg","width":400,"height":400,"caption":"Rooi rose"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/logo\/image\/"},"sameAs":["https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/","https:\/\/x.com\/rooi_rose"]},{"@type":"Person","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/person\/265a0c0fe08a83533fe7184f4e0af4a1","name":"Catherine Schenck","image":{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/ee0411948a25053a54e6b9881eaa341017aa0dc5a6c0995c10fe94286ef3aae8?s=96&d=mm&r=g","url":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/ee0411948a25053a54e6b9881eaa341017aa0dc5a6c0995c10fe94286ef3aae8?s=96&d=mm&r=g","contentUrl":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/ee0411948a25053a54e6b9881eaa341017aa0dc5a6c0995c10fe94286ef3aae8?s=96&d=mm&r=g","caption":"Catherine Schenck"}}]}},"distributor_meta":false,"distributor_terms":false,"distributor_media":false,"distributor_original_site_name":"rooi rose","distributor_original_site_url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose","push-errors":false,"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/98056","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/users\/38"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=98056"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/98056\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/media\/98116"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=98056"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=98056"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=98056"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}