{"id":98039,"date":"2023-12-08T08:34:16","date_gmt":"2023-12-08T06:34:16","guid":{"rendered":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/?p=98039"},"modified":"2023-12-08T08:39:37","modified_gmt":"2023-12-08T06:39:37","slug":"orden-jou-lewe","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/orden-jou-lewe\/","title":{"rendered":"Orden jou lewe"},"content":{"rendered":"<p><em>Deur Caro Saxon<\/em><\/p>\n<p>Ordeskepping is die ideaal in \u2019n w\u00eareld waarin dinge neig om in \u2019n warboel te ontaard. Met die Skepping is orde ingestel waarvolgens alles in die heelal volgens \u2019n plan in dag en nag, seisoene en siklusse en in wentelbane plaasvind. Al is dit in die mens se aard om dinge te laat ontaard, word di\u00e9 orde in gesaghebbende en maghebbende verband deur mense nage-streef. Instellings wat orde moet handhaaf, word deur orde gehandhaaf. In navorsingslaboratoriums word eksperimente van die eerste stap af gemonitor en streng beheer om \u2019n betekenisvolle resultaat te lewer. Orde is die beginsel van milit\u00eare optrede. Van rangorde onder manskappe tot die haarfyn beplanning van elke strategiese maneuver. In die parlement is dit die speaker se taak om botsende menings ordelik te hou en in die hof word emosies beheer deur die val van die hamer en die bevel: \u201cOrde in die hof!\u201d Die kuns is om dit in ons elkedagse lewe te bewerkstellig en te handhaaf.<\/p>\n<p>\u201cHoe eet \u2019n mens \u2019n olifant?\u201d het iemand &#8211; waarskynlik iemand wat \u2019n deurmekaarspul moes regruk &#8211; gevra. \u201cHappie vir happie,\u201d was die antwoord. S\u00f3 is dit ook wanneer jy \u2019n warboel in orde omskep. Ordeskepping is eers \u2019n hunkering wat \u2019n doelgerigte poging, mettertyd \u2019n gewoonte en uiteindelik \u2019n leefwyse raak. Ordeskepping het \u2019n nuwe vorm van werkskepping geword met mense wat as professionele opruimers en ordeskeppers hul brood verdien &#8211; die wetenskap van warboelogie.<\/p>\n<p>Die stryd tussen orde en wanorde word soos die stryd tussen goed en kwaad deur akademiese navorsers bestudeer. Die gedaanteverwisseling wat \u2019n lewe of leefruimte ondergaan wanneer orde \u2019n chaos vervang, dien selfs as gewilde vermaak vir derduisende kykers wat elke week op die BBC-televisieprogram <em>How Clean Is Your House<\/em> inskakel om te kyk hoe \u2019n opruimingskundige te werk gaan.<\/p>\n<p>Trou aan die wese van ordeskepping moet jy by die begin begin deur krities na jou lewe en lewensomstandighede te kyk: Is jy dikwels laat vir \u2019n afspraak? Soek jy gewoonlik jou sleutels? Is jou betalings, korrespondensie en administratiewe werk gewoonlik agterstallig? Boender jou klere of kruideniersware op jou af wanneer jy \u2019n kasdeur oopmaak? Of moet jy gereeld in jou woonplek \u2019n pad oopskrop tussen goed wat opgehoop het en rondl\u00ea?<\/p>\n<p>Die eerste stap wanneer jy wanorde in orde wil omskep, is om siek en sat te voel van die deurmekaarspul wat jou huis, jou verhoudings en jou lewe oorheers. Stop die patroon van onder die mat invee en in kaste stop deur beheer te verkry. Wanorde verdwyn soos mis voor die son, dit sluip weg soos \u2019n paaiboelie wanneer jy dit daadwerklik hanteer.<\/p>\n<p>Lees ook: <a href=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/tydsbestuur-kry-meer-uit-jou-dag\/\" target=\"_blank\" rel=\"noopener\">Tydsbestuur: Kry meer uit jou dag<\/a><\/p>\n<h4>Oorsake en gevolge van chaos<\/h4>\n<p>Waar chaos ook al heers, eis dit sy tol<\/p>\n<p>Net soos wat jy in \u2019n deurmekaar huis, kantoor, werkwinkel of werf verswelg word deur die wanorde van goed wat rondl\u00ea en ophoop, kry \u2019n emosionele chaos jou ook mettertyd onder. Geraamtes wat in jou kaste ratel, onverwerkte ervarings wat onder die mat ingeskuif word, lewenslesse wat nie geleer word nie en onopgeloste kwessies is die teelaarde vir ongeluk en \u2019n gevoel van oorweldiging.<\/p>\n<p>Lees ook: <a href=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/herstel-trauma-verwerk-jy-kan\/\" target=\"_blank\" rel=\"noopener\">Jy kan herstel van trauma<\/a><\/p>\n<p>Iemand wat nie deurentyd haar of sy emosies, mislukkings en drome en interpersoonlike verhoudings monitor en dit hanteer nie, voel uiteindelik magteloos en gefrustreerd &#8211; asof alles handuit geruk het en in \u2019n monster verander het wat dreig om jou te verorber. Al uitweg is om aan die kant te maak: jou lessenaar, jou kaste, jou huis, jou lewe. Moenie jou ongeluk wegwens nie. Probleme wat nie hanteer word nie, los hulle nie vanself op nie &#8211; dit raak net erger.<\/p>\n<p>Die meeste mense wat in wanorde leef, het \u2019n groot begeerte om gewild te wees, s\u00ea Cary Cooper, medeskrywer van die boek Conquer Your Stress, en professor in organisatoriese sielkunde en gesondheid. Gevolglik kan hulle nie \u201cnee\u201d s\u00ea wanneer iemand hulle \u2019n guns vra nie. Deur altyd oral te probeer wees en almal te probeer uithelp, dompel jy jou eie lewe in \u2019n chaos. Alles waaroor jy in jou daaglikse gang \u2019n ogie moet hou om te keer dat dinge uitrafel en jou mettertyd verswelg, ruk handuit. Mettertyd begin die wanorde jou oorweldig. Jy dink teen die chaos vas en raak moedeloos en gestrem daardeur. Dit kan selfs as \u2019n verskoning dien as jy nie kans sien om belangriker, groter kwessies die hoof te bied nie.<\/p>\n<p>Mense met chaotiese lewens en lewensomstandighede, voel deurentyd oorweldig<\/p>\n<p>Navorsers s\u00ea jy kan maar na kinders wat onderpresteer se kamers gaan kyk: Feitlik sonder uitsondering is dit \u2019n deurmekaar nes. Chaotiese lewensomstandighede of persoonlike sake raak mettertyd soos \u2019n bloedsuier wat al jou energie uitsuig of soos \u2019n oorverdowende agtergrondgedruis wat nugtere denke en optrede oorheers en jou keer om te fokus of take aan te pak en af te handel. Dit raak later \u2019n lewenspatroon om soos \u2019n springmielie net hier en daar grond te vat.<\/p>\n<p>Lees ook: <a href=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/perfeksionisme-gawe-of-pyn\/\" target=\"_blank\" rel=\"noopener\">Perfeksionisme: Gawe of vloek?<\/a><\/p>\n<h4>\u2019n Warboel raak \u2019n wegkruipplek<\/h4>\n<p>Moenie wegraak tussen die rommel en deurmekaarspul waarin jou persoonlike lewe en huis of lessenaar ontaard het nie.<\/p>\n<p>Moenie dat wanorde jou jou verpligtinge teenoor jouself of ander laat ontduik nie &#8211; dit haal jou mettertyd in in die vorm van \u2019n knaende skuldgevoel.<\/p>\n<p>Lees ook: <a href=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/word-uitstel-afstel-gevolge-uitstel-procrastinate\/\" target=\"_blank\" rel=\"noopener\">Van uitstel kom afstel<\/a><\/p>\n<p>Probeer om orde te hou deur eerlik te leef en op \u2019n daaglikse grondslag voor jou voordeur skoon te vee. Vra om verskoning as jy iemand \u2019n apologie skuld, of bely \u2019n oortreding en delg die skuld. Hoe gouer hoe beter en hoe vinniger kan die genesingsproses begin.<\/p>\n<p><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\"size-medium wp-image-105211 aligncenter\" src=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2018\/12\/pexels-photo-544112-500x374.jpeg\" alt=\"\" width=\"500\" height=\"374\" \/><\/p>\n<h4>Skep orde en skep \u2019n nuwe begin<\/h4>\n<p>Al voel dit asof jou verhouding met jou lewensmaat, jou kollega of jou tienerkind \u2019n doolhof is waarin julle mekaar en die pad vorentoe bly soek, is dit nooit te laat om tot stilstand te kom en \u2019n uitweg te kry nie.<\/p>\n<p>Moenie voortstrompel en aanhou struikel oor die rommel van binnegevegte, misverstande en verwyte wat oral rondl\u00ea nie. Maak jul verhouding aan die kant deur dit te fynkam en elke irritasie en aanstoot openlik vir mekaar uit te l\u00ea en, as dit moet, vir berading te gaan. Beraders en bemiddelaars is ook ordeskeppers van beroep.<\/p>\n<p>As daar g\u2019n uitkoms is nie, moet jy die verhouding be\u00ebindig of \u2019n egskeiding aanhangig maak as dit onafwendbaar is. Laat doen die doktersondersoek wat jy lankal uitstel en wat in vrees snags by jou kom spook. Bly in voeling met die werklikheid en met jou behoeftes en bewerkstellig sodoende orde in jou eie lewe en jou verhouding met ander mense. As jy jou lewe aan die kant hou, is dit net soveel makliker om \u2019n gevaarlig te sien flikker. Wanneer wanorde heers, sien jy nie eens die gevaartekens in die warboel raak nie.<\/p>\n<p>Lees ook:\u00a0<a href=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wenke-vir-n-klein-spasie\/\" target=\"_blank\" rel=\"noopener\">Wenke vir \u2019n klein spasie<\/a><\/p>\n<h4>Ordeskepping noodsaak dikwels verandering<\/h4>\n<p>Moenie wegskram van orde af omdat jy bang is vir die werklikheid wat blootgel\u00ea gaan word wanneer jy die warboel takel nie.<\/p>\n<p>As jy nie gereeld soos \u2019n winkeleienaar voorraadopname doen nie, hoop bruikbare en bederfbare dinge in jou lewe in \u2019n pakkamer op. As jy nie gereeld uitsorteer nie, word selfs die goeie goed bederf deurdat dit toegegooi is onder die dinge waarvan jy moet ontslae raak. Verander van werk of woonplek as jy ongelukkig is met jou omstandighede.<\/p>\n<p>Moenie \u2019n onhoudbare situasie probeer verduur nie. Neem beheer oor die dinge in jou lewe waaroor jy beheer kan uitoefen.<\/p>\n<p>Om orde in stand te hou, moet vaste re\u00ebls en beginsels onderhou word<\/p>\n<p>Al gaan dit h\u00f3\u00e9 ordelik, is wanorde altyd gereed om oor te neem net soos die ewige stryd tussen goed en kwaad.<\/p>\n<p>Kyk maar na jou handsak, jou hangkas, jou huis \u2026 Die oomblik as jy skiet gee en nie hou by die eenvoudige re\u00ebls van orde nie, ruk eenvoudige goed wat andersins bedaard en onder beheer was, gou-gou handuit. Hoe deurmekaar en chaoties iets ook al lyk, dit k\u00e1n opgeruim word en dit k\u00e1n ordelik bedryf word deur van \u2019n kant af aan die kant te maak.<\/p>\n<p>Lees ook: <a href=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/klottervrye-huis-opruim-skoonmaak\/\" target=\"_blank\" rel=\"noopener\">\u2019n Klottervrye huis<\/a><\/p>\n<p>Moenie aanhou voortploeter in die gemors nie &#8211; kom tot stilstand, neem jou lewe in o\u00ebnskou, kry gidse en roetekaarte en volg die nugtere, logiese aanduiders. Sodoende loop jy nie in sirkels nie, maar soek en kry jy \u2019n uitweg.<\/p>\n<p><strong>Wat doen jy met die goed wat jy uitgooi?<\/strong><\/p>\n<p>Ongeag of dit boeke, klere, speelgoed, ornamente of nutstoestelle is &#8211; jy hoef dit nie in die vullisblik te werp nie. Jy kan daarvan ontslae raak deur dit te:<\/p>\n<p><strong>1 Verkoop:<\/strong> Met behulp van kleinadvertensies of op die Internet of selfs met pamflette kan jy dit te koop aanbied. Andersins kan jy dit na \u2019n tweedehandse winkel of \u2019n rommelwinkel toe neem en te koop aanbied. Waardevolle ontwerpersklere kan jy aan \u2019n kostuumwinkel verkoop of aan \u2019n handelaar in antieke klere. Andersins kan jy in jou woonbuurt adverteer en \u2019n kattebak- of garageverkoping hou.<\/p>\n<p><strong>2 Skenk:<\/strong> Daar is baie minderbevoorregte mense in ons land. Al is die fleur van \u2019n kledingstuk al af, is dit nog \u2019n waardevolle besitting vir iemand wat koud kry of andersins in vodde sou loop. Kerke en vroueverenigings sorg gewoonlik dat sulke skenkings by die mense uitkom wat dit nodig het.<\/p>\n<p><strong>3 Ruil:<\/strong> Jy kan \u00f3f jou ware by \u2019n tweedehandse winkel gaan ruil \u00f3f jy kan die voorbeeld van \u2019n groep vroue van Johannesburg volg. Elke maand of twee kom hulle bymekaar en bied alles wat hulle nie meer gebruik of nie meer wil h\u00ea nie, te ruil aan. \u201cDit is gewoonlik kledingstukke of byvoorbeeld kostuumjuwele wat nog \u2019n lang gebruiksleeftyd oorhet, maar wat om watter rede ook al nie meer hul doel in die oorspronklike eienaar se lewe dien nie. Maar daar is soms selfs stoele, tapyte, skilderye en tyddeelvakansies te ruil,\u201d verduidelik Inge*.<\/p>\n<p>\u201cJy het iets dalk present gekry of op die ingewing van \u2019n dapper of roekelose oomblik gekoop en agterna besef dat dit nie in jou huis of by jou klerestyl pas nie. Dis onnodig dat iets wat iemand anders nuttig kan gebruik, onbenut iewers in \u2019n kas l\u00ea. Ons het g\u2019n komplekse daaroor om mekaar se wit olifante \u2019n tweede kans te gun nie.\u201d Daarby is di\u00e9 ruilsessies \u2019n vrolike kuierkans. Hulle bring lekker kos en wyn saam en grawe opgewonde en gaan in hul skik met hul vondste huis toe.<\/p>\n<h4>Klim in die kas in<\/h4>\n<p>Omdat vroue \u2019n besondere verhouding met die inhoud van hul klerekaste het, deel Inge praktiese raad vir orde in jou klerekas:<\/p>\n<p><strong>Die \u201cjaar\u201d-gids<\/strong><\/p>\n<p>Die probleem is gewoonlik dat jou klerekas propvol klere is waarvan jy net \u2019n paar kledingstukke gereeld dra. Daarby is dit goed om van enigiets wat jy nie in die afgelope jaar (maksimum) twee jaar gedra het nie, by voorbaat ontslae te raak.<\/p>\n<p><strong>Die \u201cdrie bondel\u201d-stelsel<\/strong><\/p>\n<p>Voordat jy jou klerekas enigsins kan orden, moet jy die vorige seisoen se klere ook uitsorteer en wegpak, en die res volgens die \u201cdrie bondel\u201d-stelsel uitsorteer: staatmakers in een bondel, onbruikbare klere (wat verstel en versien of skoongemaak moet word) in die tweede bondel en uitgediende klere in die derde bondel. Wees veral genadeloos wanneer jy oor \u2019n afgeleefde kledingstuk of onderklere en uitgetrapte skoene moet besluit.<\/p>\n<p>Lees ook: <a href=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/stoor-jou-klere-reg\/\" target=\"_blank\" rel=\"noopener\">Stoor jou klere reg<\/a><\/p>\n<p>Die eerste bondel is die goeie, mooi klere wat jy sonder om te wonder of dit in die mode is en of dit nog goed lyk, kan aantrek &#8211; die onbetwiste gunstelinge wat altyd goed lyk en waarin jy goed voel. Hierdie klere kan jy in groepe van broeke, rompe, rokke (aand- en dagrokke afsonderlik), bloese, pakke, baadjies en jasse ophang aan goeie hangers waarvan dit nie afgly nie of in toeritssakke van materiaal (plastiekbedekking kan natuurlike stowwe laat muf) ophang. Hang dit ook volgens kleur bymekaar. Om motte weg te hou, moet jy sederhoutstafies en laventelbossies in die kas hang. (Sederhout is olierig, moenie dat dit aan jou klere raak nie, en laventel moet gereeld vervang word.) Onderklere en T-hemde (ook volgens kleur en aard gesorteer) kan jy in laaie of dose met deksels b\u00eare.<\/p>\n<p>Op die tweede bondel stapel jy alle kledingstukke wat versien moet word: di\u00e9 waarvan some ingesit en knope aangewerk moet word en wat droogskoonmaker toe moet gaan.<\/p>\n<p>Op die derde hoop gooi jy alles wat jy nie een keer die afgelope jaar gedra het nie &#8211; m.a.w. klere wat te klein is, uit die mode is en sommer net nie meer jou styl is nie. Hiermee hou jy \u2019n verkoping, ruil dit uit of gee dit vir welsynsorganisasies.<\/p>\n<p>Lees ook: <a href=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/16-maniere-om-geld-op-jou-klerekas-te-spaar\/\" target=\"_blank\" rel=\"noopener\">16 maniere om geld op jou klerekas te spaar<\/a><\/p>\n<p>Skoene word net so uitgesorteer. B\u00eare dit in skoensakke of -rakke met skoenbome daarin om die vorm te behou. Vanieljepeule daarby laat ruik dit lekker.<\/p>\n<p>Verminder ook die verskeidenheid skoonmaakmiddels in jou kombuis- of badkamerkas. Jy is verlei om dit te koop omdat elkeen op die rak \u2019n ander voortreflikheid beloof het, maar jy kan met heel eenvoudige (en dikwels goedkoper) middels wat jy in elk geval in jou huis het, eintlik alle skoonmaaktake verrig.<\/p>\n<h4>Geldsake<\/h4>\n<p>Naas jou persoonlike en huishoudelike chaos is geldsake die ander geil teelaarde vir wanorde &#8211; veral rekeninge en belasting.<\/p>\n<p><strong>Rekeninge en banksake<\/strong><\/p>\n<p>Baie mense gooi vensterkoeverte met rekeninge en waarskuwings eenkant toe en hoop dat die skuld sal weggaan as hulle dit ignoreer. Dit werk nie so nie. \u2019n Mens maak net jou skuldeisers kwaad as hulle niks van jou kry of hoor nie en uiteindelik kom jou naam op \u2019n swartlys en kan dit jou kredietwaardigheid in die toekoms knou. Maak elke rekening oop en tref \u2019n re\u00ebling met die mense vir wie jy geld skuld as jy dit nie kan betaal nie. Moenie net verdwyn nie. Dieselfde geld jou bankkonsultant. Hou kontak en hou haar of hom op die hoogte van jou geldelike situasie.<\/p>\n<p>As jy sien dat jy jou kredietperke gaan oorskry, moet jy dadelik met jou konsultant of persoonlike bankier in verbinding tree en re\u00eblings tref sodat jou tjeks of debietorders nie as onverreken teruggestuur word en dit jou kredietrekord benadeel nie.<\/p>\n<p><strong>Belasting<\/strong><\/p>\n<p>Vir baie mense is \u201cbelasting\u201d \u2019n nagmerrie. Carien Steenkamp \u2019n belastingraadgewer en eienaar van die maatskappy Concilio op Stellenbosch, se wenke is \u2019n nuttige gids vir die ontrafeling van die kraaines waarin belastingpligtiges dikwels toegewoel voel: \u201cElke mens moet \u2019n soort liasseerstelsel kry wat vir haar of hom werk. Ek dink die belangrikste is om jou sake in verskillende afdelings in te deel (dit sal natuurlik verskil afhangend van elke mens se omstandighede). Kry byvoorbeeld \u2019n flip file (sakkiel\u00eaer) met opskrifte: petrol, boeke aangekoop, onthaal, bankstate, voertuig-uitgawes, salarisstrokies, ens. \u201cLiasseer die betrokke goed soos jy die pos oopmaak &#8211; of een maal per week wanneer jy jou handsak skoonmaak. Dan is dit baie maklik om aan die einde van die jaar alles bymekaar te bring.&#8221;<\/p>\n<p>\u201cHou \u2019n boekie en \u2019n pen in jou motor en skryf elke keer as jy ry om te gaan werk, net vinnig jou kilometerlesing en jou bestemming neer. Een keer per week kan jy dan die elektroniese kopie op jou rekenaar op datum bring. Soos enige goeie gewoonte is dit maar iets wat jy moet aanleer. As jy dink dat hierdie bietjie moeite vir jou tyd en belasting kan spaar, is dit wel die moeite werd!\u201d<\/p>\n<h4>Voorsorgsmaatre\u00ebls om te keer dat orde weer in wanorde ontaard:<\/h4>\n<ul>\n<li>Kry jou kop en hart skoon dan volg orde in alle ander aspekte van jou lewe.<\/li>\n<li>Hou elke dag by jou ordeningsprogram totdat dit uiteindelik \u2019n leefwyse raak. Ordelikheid is nie \u2019n talent nie &#8211; dis \u2019n lewenskeuse.<\/li>\n<\/ul>\n<p><strong>Lees ook:\u00a0<\/strong><a href=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/die-beste-wenke-om-vanjaar-jou-huis-en-lewe-te-ontklotter\/\" target=\"_blank\" rel=\"noopener\">Die beste wenke om vanjaar jou huis en lewe te ontklotter<\/a><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Deur Caro Saxon Ordeskepping is die ideaal in \u2019n w\u00eareld waarin dinge neig om in \u2019n warboel te ontaard. Met die Skepping is orde ingestel waarvolgens alles in die heelal volgens \u2019n plan in dag en nag, seisoene en siklusse [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":9,"featured_media":141376,"comment_status":"open","ping_status":"closed","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"_acf_changed":false,"footnotes":""},"categories":[43450,662],"tags":[1394,23458,47155,60333,62575],"class_list":["post-98039","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-persoonlike-groei","category-jou-lewe","tag-news","tag-lifestyle","tag-persoonlike-groei","tag-jou-lewe","tag-wellness"],"acf":[],"yoast_head":"<!-- This site is optimized with the Yoast SEO plugin v28.6 - https:\/\/yoast.com\/product\/yoast-seo-wordpress\/ -->\n<title>Orden jou lewe | rooi rose<\/title>\n<meta name=\"description\" content=\"Sinonieme vir ordeskepping is skoonmaak en ontslae raak, inventaris hou en uitgooi, opname en afskaal. Daarby is ordelikheid nie \u2019n talent nie - dis \u2019n lewenskeuse.\" \/>\n<meta name=\"robots\" content=\"index, follow, max-snippet:-1, max-image-preview:large, max-video-preview:-1\" \/>\n<link rel=\"canonical\" href=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/orden-jou-lewe\/\" \/>\n<meta property=\"og:locale\" content=\"en_US\" \/>\n<meta property=\"og:type\" content=\"article\" \/>\n<meta property=\"og:title\" content=\"Orden jou lewe | rooi rose\" \/>\n<meta property=\"og:description\" content=\"Sinonieme vir ordeskepping is skoonmaak en ontslae raak, inventaris hou en uitgooi, opname en afskaal. Daarby is ordelikheid nie \u2019n talent nie - dis \u2019n lewenskeuse.\" \/>\n<meta property=\"og:url\" content=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/orden-jou-lewe\/\" \/>\n<meta property=\"og:site_name\" content=\"rooi rose\" \/>\n<meta property=\"article:publisher\" content=\"https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/\" \/>\n<meta property=\"article:published_time\" content=\"2023-12-08T06:34:16+00:00\" \/>\n<meta property=\"article:modified_time\" content=\"2023-12-08T06:39:37+00:00\" \/>\n<meta property=\"og:image\" content=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2023\/12\/james-hollingworth-TKm-N6Y2HnA-unsplash.jpg\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:width\" content=\"1920\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:height\" content=\"1421\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:type\" content=\"image\/jpeg\" \/>\n<meta name=\"author\" content=\"Anelle Tewson\" \/>\n<meta name=\"twitter:card\" content=\"summary_large_image\" \/>\n<meta name=\"twitter:creator\" content=\"@rooi_rose\" \/>\n<meta name=\"twitter:site\" content=\"@rooi_rose\" \/>\n<meta name=\"twitter:label1\" content=\"Written by\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:data1\" content=\"Anelle Tewson\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:label2\" content=\"Est. reading time\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:data2\" content=\"12 minute\" \/>\n<script type=\"application\/ld+json\" class=\"yoast-schema-graph\">{\"@context\":\"https:\\\/\\\/schema.org\",\"@graph\":[{\"@type\":\"Article\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/orden-jou-lewe\\\/#article\",\"isPartOf\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/orden-jou-lewe\\\/\"},\"author\":{\"name\":\"Anelle Tewson\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/person\\\/4f17c1c866533e389e28590e557e7730\"},\"headline\":\"Orden jou lewe\",\"datePublished\":\"2023-12-08T06:34:16+00:00\",\"dateModified\":\"2023-12-08T06:39:37+00:00\",\"mainEntityOfPage\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/orden-jou-lewe\\\/\"},\"wordCount\":2622,\"commentCount\":0,\"publisher\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/orden-jou-lewe\\\/#primaryimage\"},\"thumbnailUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2023\\\/12\\\/james-hollingworth-TKm-N6Y2HnA-unsplash.jpg\",\"keywords\":[\"news\",\"lifestyle\",\"persoonlike groei\",\"jou lewe\",\"wellness\"],\"articleSection\":[\"Persoonlike groei\",\"Jou lewe\"],\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"copyrightYear\":\"2023\",\"copyrightHolder\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"}},{\"@type\":\"WebPage\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/orden-jou-lewe\\\/\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/orden-jou-lewe\\\/\",\"name\":\"Orden jou lewe | rooi rose\",\"isPartOf\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#website\"},\"primaryImageOfPage\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/orden-jou-lewe\\\/#primaryimage\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/orden-jou-lewe\\\/#primaryimage\"},\"thumbnailUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2023\\\/12\\\/james-hollingworth-TKm-N6Y2HnA-unsplash.jpg\",\"datePublished\":\"2023-12-08T06:34:16+00:00\",\"dateModified\":\"2023-12-08T06:39:37+00:00\",\"description\":\"Sinonieme vir ordeskepping is skoonmaak en ontslae raak, inventaris hou en uitgooi, opname en afskaal. Daarby is ordelikheid nie \u2019n talent nie - dis \u2019n lewenskeuse.\",\"breadcrumb\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/orden-jou-lewe\\\/#breadcrumb\"},\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"potentialAction\":[{\"@type\":\"ReadAction\",\"target\":[\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/orden-jou-lewe\\\/\"]}]},{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/orden-jou-lewe\\\/#primaryimage\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2023\\\/12\\\/james-hollingworth-TKm-N6Y2HnA-unsplash.jpg\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2023\\\/12\\\/james-hollingworth-TKm-N6Y2HnA-unsplash.jpg\",\"width\":1920,\"height\":1421},{\"@type\":\"BreadcrumbList\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/orden-jou-lewe\\\/#breadcrumb\",\"itemListElement\":[{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":1,\"name\":\"Home\",\"item\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\"},{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":2,\"name\":\"Orden jou lewe\"}]},{\"@type\":\"WebSite\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#website\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\",\"name\":\"rooi rose\",\"description\":\"Stylvol, sinvol, propvol\",\"publisher\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"},\"potentialAction\":[{\"@type\":\"SearchAction\",\"target\":{\"@type\":\"EntryPoint\",\"urlTemplate\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/?s={search_term_string}\"},\"query-input\":{\"@type\":\"PropertyValueSpecification\",\"valueRequired\":true,\"valueName\":\"search_term_string\"}}],\"inLanguage\":\"af-ZA\"},{\"@type\":\"Organization\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\",\"name\":\"Rooi rose\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\",\"logo\":{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/logo\\\/image\\\/\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2020\\\/12\\\/rrlogo.jpg\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2020\\\/12\\\/rrlogo.jpg\",\"width\":400,\"height\":400,\"caption\":\"Rooi rose\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/logo\\\/image\\\/\"},\"sameAs\":[\"https:\\\/\\\/www.facebook.com\\\/rooirose\\\/\",\"https:\\\/\\\/x.com\\\/rooi_rose\"]},{\"@type\":\"Person\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/person\\\/4f17c1c866533e389e28590e557e7730\",\"name\":\"Anelle Tewson\",\"image\":{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/51c7260d69b78f54e605640e0044be7c1139bdbe0b57d0ca702d946adba90511?s=96&d=mm&r=g\",\"url\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/51c7260d69b78f54e605640e0044be7c1139bdbe0b57d0ca702d946adba90511?s=96&d=mm&r=g\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/51c7260d69b78f54e605640e0044be7c1139bdbe0b57d0ca702d946adba90511?s=96&d=mm&r=g\",\"caption\":\"Anelle Tewson\"}}]}<\/script>\n<!-- \/ Yoast SEO plugin. -->","yoast_head_json":{"title":"Orden jou lewe | rooi rose","description":"Sinonieme vir ordeskepping is skoonmaak en ontslae raak, inventaris hou en uitgooi, opname en afskaal. Daarby is ordelikheid nie \u2019n talent nie - dis \u2019n lewenskeuse.","robots":{"index":"index","follow":"follow","max-snippet":"max-snippet:-1","max-image-preview":"max-image-preview:large","max-video-preview":"max-video-preview:-1"},"canonical":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/orden-jou-lewe\/","og_locale":"en_US","og_type":"article","og_title":"Orden jou lewe | rooi rose","og_description":"Sinonieme vir ordeskepping is skoonmaak en ontslae raak, inventaris hou en uitgooi, opname en afskaal. Daarby is ordelikheid nie \u2019n talent nie - dis \u2019n lewenskeuse.","og_url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/orden-jou-lewe\/","og_site_name":"rooi rose","article_publisher":"https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/","article_published_time":"2023-12-08T06:34:16+00:00","article_modified_time":"2023-12-08T06:39:37+00:00","og_image":[{"width":1920,"height":1421,"url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2023\/12\/james-hollingworth-TKm-N6Y2HnA-unsplash.jpg","type":"image\/jpeg"}],"author":"Anelle Tewson","twitter_card":"summary_large_image","twitter_creator":"@rooi_rose","twitter_site":"@rooi_rose","twitter_misc":{"Written by":"Anelle Tewson","Est. reading time":"12 minute"},"schema":{"@context":"https:\/\/schema.org","@graph":[{"@type":"Article","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/orden-jou-lewe\/#article","isPartOf":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/orden-jou-lewe\/"},"author":{"name":"Anelle Tewson","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/person\/4f17c1c866533e389e28590e557e7730"},"headline":"Orden jou lewe","datePublished":"2023-12-08T06:34:16+00:00","dateModified":"2023-12-08T06:39:37+00:00","mainEntityOfPage":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/orden-jou-lewe\/"},"wordCount":2622,"commentCount":0,"publisher":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/orden-jou-lewe\/#primaryimage"},"thumbnailUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2023\/12\/james-hollingworth-TKm-N6Y2HnA-unsplash.jpg","keywords":["news","lifestyle","persoonlike groei","jou lewe","wellness"],"articleSection":["Persoonlike groei","Jou lewe"],"inLanguage":"af-ZA","copyrightYear":"2023","copyrightHolder":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"}},{"@type":"WebPage","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/orden-jou-lewe\/","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/orden-jou-lewe\/","name":"Orden jou lewe | rooi rose","isPartOf":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#website"},"primaryImageOfPage":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/orden-jou-lewe\/#primaryimage"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/orden-jou-lewe\/#primaryimage"},"thumbnailUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2023\/12\/james-hollingworth-TKm-N6Y2HnA-unsplash.jpg","datePublished":"2023-12-08T06:34:16+00:00","dateModified":"2023-12-08T06:39:37+00:00","description":"Sinonieme vir ordeskepping is skoonmaak en ontslae raak, inventaris hou en uitgooi, opname en afskaal. Daarby is ordelikheid nie \u2019n talent nie - dis \u2019n lewenskeuse.","breadcrumb":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/orden-jou-lewe\/#breadcrumb"},"inLanguage":"af-ZA","potentialAction":[{"@type":"ReadAction","target":["https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/orden-jou-lewe\/"]}]},{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/orden-jou-lewe\/#primaryimage","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2023\/12\/james-hollingworth-TKm-N6Y2HnA-unsplash.jpg","contentUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2023\/12\/james-hollingworth-TKm-N6Y2HnA-unsplash.jpg","width":1920,"height":1421},{"@type":"BreadcrumbList","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/orden-jou-lewe\/#breadcrumb","itemListElement":[{"@type":"ListItem","position":1,"name":"Home","item":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/"},{"@type":"ListItem","position":2,"name":"Orden jou lewe"}]},{"@type":"WebSite","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#website","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/","name":"rooi rose","description":"Stylvol, sinvol, propvol","publisher":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"},"potentialAction":[{"@type":"SearchAction","target":{"@type":"EntryPoint","urlTemplate":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/?s={search_term_string}"},"query-input":{"@type":"PropertyValueSpecification","valueRequired":true,"valueName":"search_term_string"}}],"inLanguage":"af-ZA"},{"@type":"Organization","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization","name":"Rooi rose","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/","logo":{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/logo\/image\/","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2020\/12\/rrlogo.jpg","contentUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2020\/12\/rrlogo.jpg","width":400,"height":400,"caption":"Rooi rose"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/logo\/image\/"},"sameAs":["https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/","https:\/\/x.com\/rooi_rose"]},{"@type":"Person","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/person\/4f17c1c866533e389e28590e557e7730","name":"Anelle Tewson","image":{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/51c7260d69b78f54e605640e0044be7c1139bdbe0b57d0ca702d946adba90511?s=96&d=mm&r=g","url":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/51c7260d69b78f54e605640e0044be7c1139bdbe0b57d0ca702d946adba90511?s=96&d=mm&r=g","contentUrl":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/51c7260d69b78f54e605640e0044be7c1139bdbe0b57d0ca702d946adba90511?s=96&d=mm&r=g","caption":"Anelle Tewson"}}]}},"distributor_meta":false,"distributor_terms":false,"distributor_media":false,"distributor_original_site_name":"rooi rose","distributor_original_site_url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose","push-errors":false,"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/98039","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/users\/9"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=98039"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/98039\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/media\/141376"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=98039"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=98039"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=98039"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}