{"id":98007,"date":"2023-11-17T14:12:20","date_gmt":"2023-11-17T12:12:20","guid":{"rendered":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/?p=98007"},"modified":"2023-11-17T14:14:26","modified_gmt":"2023-11-17T12:14:26","slug":"begaafde-kinders-sukkel-ook","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/begaafde-kinders-sukkel-ook\/","title":{"rendered":"Begaafde kinders sukkel ook"},"content":{"rendered":"<p><em>Begaafde kinders sukkel ook deur Ilse Ferreira<\/em><\/p>\n<p>&#8220;Ek ys om dit te s\u00ea, of te dink, maar my dogter word nou \u2019n probleemkind. Haar gedrag is vreemd. Dis asof sy haar al meer onttrek en net by haar boeke wil wees. Toe sy kleiner was, het dit gelyk of sy slim is en maklik deur haar skoolloopbaan sal draf, maar nou \u2026 Haar boetie is soveel meer gelykmatig, hoewel hy ook nou in sy tienderjarige rebelliestadium is.\u201d<\/p>\n<p>Daar word gereken dat tot vyf en twintig persent van ons leerders in die top-twee persent van die intelligensieklas val, maar om betyds agter te kom dat so \u2019n kind spesifieke aandag nodig het, is nie so maklik nie. In baie gevalle word dit eers duidelik as \u2019n kind se probleemgedrag jou dwing om daaraan aandag te skenk.<\/p>\n<p>Daarby dink elke ma seker in die een of ander stadium dat haar kind ander voor is, slimmer of talentvoller is. Baie kinders \u00eds van tyd tot tyd in hul ontwikkeling hul portuurgroep \u2019n stap of twee voor, maar stabiliseer later weer in \u2019n normale ontwikkelingsgang.<\/p>\n<p>\u201cDaar is nie so \u2019n ding soos \u2019n tipiese begaafde kind nie,\u201d verduidelik <strong>prof. Shirley Kokot<\/strong> van Unisa en skrywer van die boek <em>Understanding Giftedness<\/em>.<\/p>\n<p>Sy wys daarop dat ons riglyne het wat begaafde eienskappe tipeer, maar dat dit \u2019n glibberige definisie is. Elke kind &#8211; en sy omstandighede &#8211; is uniek en daarom is die tipering so moeilik. Kyk jy na begaafde kinders en hul opvoeding, is daar twee hoofbane: di\u00e9 van kinders wat op \u2019n baie vroe\u00eb ouderdom reeds die tekens van begaafdheid toon, en di\u00e9 wat eers op \u2019n later ouderdom, gewoonlik n\u00e1 heelwat probleme, as begaafd ge\u00efdentifiseer word.<\/p>\n<p>Mense dink in die algemeen dat daar vir begaafdes \u2019n makliker pad voorl\u00ea, asof hulle sonder probleme met skool en universiteit sal afreken en suksesvol by die beroepsw\u00eareld sal inskakel. Daar bestaan selfs die mite dat begaafde kinders alleen kan regkom. Maar dis beslis nie die geval nie, s\u00ea die ouers wat weet.<\/p>\n<p>\u201cOns seuntjie het voor sy vyfde verjaardag moeilik begin raak en as dit nie vir \u2019n wakker onderwyseres was nie, sou ons nie besef het dat hy eintlik begaafd is, en nie net stout nie,\u201d vertel <strong>Karen Giannopolous<\/strong>. \u201cOns grootste uitdaging &#8211; vandag nog &#8211; is om die gaping tussen sy emosionele ouderdom en intellek te begryp, aanvaar, en aanhoudend te probeer oorbrug. Dis \u2019n daaglikse wipplankryery wat eise aan die hele gesin stel.\u201d<\/p>\n<p>\u201cDie grootste algemene verskil tussen begaafde en gemiddelde kinders is hul verhoogde sensitiwiteit,\u201d verduidelik <strong>Philip Kokot<\/strong>, skoolhoof van Radford House, \u2019n private skool vir begaafde kinders in Fairland, Johannesburg.<\/p>\n<p>\u201cDit blyk uit \u2019n emosionele, taktiele en gehoorontwikkeling wat ver bo die normale is, en die leerproses kan ontwrig.\u201d<\/p>\n<p><strong>Lizelle Mouton<\/strong>, \u2019n onderwyseres by die skool, beaam dit. Een van haar graadvyf-leerlinge is so tassensitief dat hy dit net nie kon regkry om stil te sit nie. Sy het die tekens herken, gou besef dis die stoel wat die eintlike probleem is, en deur voor te stel dat die klas hul gimballe bring om op te sit, het sy die probleem sonder \u2019n bohaai opgelos. Hierdie sensitiwiteit is \u2019n eienskap wat volwassenes grys hare gee, omdat dit dikwels onmoontlik is om te verstaan hoekom \u2019n kind so hewig op \u2019n situasie reageer. Sommige onttrek hulle omdat die stimulasievlak in die omgewing vir hulle te hoog is.<\/p>\n<p>Lees ook: <a href=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/is-jou-baba-se-sintuie-oor-of-ondersensitief\/\" target=\"_blank\" rel=\"noopener\">Is jou kleinding se sintuie oor- of ondersensitief<\/a><\/p>\n<p>Geraas en lig het veral \u2019n groot invloed op hierdie kinders. \u2019n Geslag of wat gelede is slegs intellektuele begaafdheid raakgesien, maar nou word daar naas die ou boekslim-klassifikasie ook ander soorte begaafdhede erken, soos di\u00e9 van kinders wat net op een gebied besonder ver uitblink.<\/p>\n<p>\u201cOns sukkel nog om te kan aanvaar &#8211; en te onthou &#8211; dat begaafde mense baie spesifieke sosiale en emosionele profiele het wat ver van di\u00e9 van hul maats verwyder is. Dit is di\u00e9 verskille wat probleme vir begaafdes veroorsaak,\u201d s\u00ea prof. <strong>Gertie Pretorius,<\/strong> die Universiteit van Johannesburg (UJ) se direkteur van hul Instituut vir Kinder- en Volwasse Leiding (IKV *). Sy meen dat hierdie kinders nie in die hoofstroom kan inpas nie.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h4>Uit pas met die hoofstroom<\/h4>\n<p>Die verskil waarna sy verwys, is dat die vinnige verstandelike groei van begaafde kinders gewoonlik hul sosiale en emosionele vaardighede verbysteek, terwyl dit nie die geval by hul portuurgroep is nie. Dit is hoe \u2019n kind wat eintlik ver bo die groep behoort te presteer, uit pas raak, en selfs met \u2019n aandagtekortsindroom geklassifiseer kan word. In baie gevalle word so \u2019n diagnose gemaak omdat die karaktertrekke van begaafdheid verkeerdelik as \u2019n neurobio-logiese swakheid ge\u00efnterpreteer word.<\/p>\n<p>Lees ook: <a href=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/adhd-is-dit-dalk-jy\/\" target=\"_blank\" rel=\"noopener\">ADHD: Is dit dalk jy?<\/a><\/p>\n<p>Wanneer \u2019n skool se leermetode wat meestal lini\u00ear is, strydig is met die kind se behoefte aan \u2019n ander manier van leer, kan dit ook lei tot gedrag wat as \u2019n defek gesien kan word, s\u00ea prof. Pretorius:<\/p>\n<p>\u201cBegaafde kinders kan uiters gefrustreerd raak in die normale opset en belangstelling in leer verloor &#8211; wat niks minder as \u2019n sosiale tragedie is nie.&#8221;<\/p>\n<p>\u201cBaie begaafde kinders verwoord nie hul verveling nie, maar toon tog die tekens, soos probleme om te fokus, konsentreer, take te voltooi, en hul gedagtes te organiseer. Ons sien baie maal dat so \u2019n kind op die ou end met voorskrifmedisyne sit,\u201d verduidelik prof. Kokot. \u201cDie probleem l\u00ea eintlik by die kind se belangstellingspan, en nie sy aandagspan nie.\u201d<\/p>\n<p>In die verlede is sulke kinders ook nog met die term \u201c<em>nerd<\/em>\u201d gebrandmerk. Die <em>nerd<\/em> wat met boek en bril buite die kring staan, is steeds die prentjie wat mense kry wanneer hulle aan begaafde mense dink. \u201cMaar sulke kinders ervaar hul andersheid net so erg soos kinders wat fisiek gestremd is. Dit kan veroorsaak dat hulle selfs \u2019n erge graad van verwerping beleef,\u201d s\u00ea prof. Pretorius.<\/p>\n<p>\u201cHulle behoort net soveel aandag as die twee persent aan die ander kant van die skaal te ontvang.\u201d<\/p>\n<p>Etlike studies dui daarop dat begaafde kinders meer geneig is om allergie\u00eb te h\u00ea, omdat d\u00ede baie besige breine kliere stimuleer om stowwe af te skei wat die biologiese balans in die liggaam omvergooi. Maar daar is nog nie genoeg bewyse om te aanvaar dat dit almal se lot is nie.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h4>Insig<\/h4>\n<p>Baie ouers en onderwysers staan verstom voor die insig wat begaafde kinders selfs op \u2019n baie vroe\u00eb ouderdom het. Hul toon tekens van abstrakte begrip wat ver bo di\u00e9 van hul groep is, verstaan baie gouer emosionele ondertone en is empaties teenoor minderes en di\u00e9 wat in nood is. Die keersy hiervan is dat sulke kinders soms nie hul eie gevoelens van di\u00e9 van ander mense kan skei nie, en ander se emosies as hul eie ervaar. Dit is baie belangrik om sulke kinders te help om te verstaan dat hulle nie binne ander se emosies hoef te leef nie.<\/p>\n<p>Lees ook: <a href=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/bou-breek-kind-selfbeeld-ouer\/\" target=\"_blank\" rel=\"noopener\">Bou jy of breek jy jou kind se selfbeeld?<\/a><\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h4>Divergente denkers<\/h4>\n<p>Begaafde kinders wat uiteenlopende denkpatrone het, kan \u2019n onderwyser se nagmerrie wees. Hulle kom intu\u00eftief en baie vinnig by \u2019n antwoord uit &#8211; en ure se verduidelik kan die kind nie dwing om die lini\u00eare metode wat voorgestel word, te gebruik nie. Hierdie kinders vind dit baie moeilik om die w\u00eareld te verstaan, of om die belangrikste feite te bepaal, omdat hul emosies nou verweef is met besluitneming en al die aspekte van \u2019n saak vir hulle ewe belangrik is.<\/p>\n<p>\u2019n Ander identifiseerbare emosionele patroon onder begaafdes is verhoogde emosionaliteit. Hulle ervaar intense reaksies en het gewoonlik \u2019n baie ho\u00eb energievlak. Hoewel sulke kinders dikwels sukkel om te konsentreer, sal hulle dit wel kan doen as die uitdaging groot genoeg is.<\/p>\n<p><strong>Lizelle Mouton<\/strong> vertel van \u2019n leerling in haar graadvierklas vir wie wiskunde vervelig is. \u201cEk moes vir hom \u2019n uitdaging stel, toe vra ek hom om vir \u2019n maand die petrolverbruik van sy ma se motor neer te skryf. Hy moes aan die hand van \u2019n sirkeldiagram aan die klas verduidelik wat hy geleer het. Net daar het wiskunde vir hom nie net interessanter nie, maar ook \u2019n uitdaging geword en nou moet die onderwyseres heeltyd voorbly met nuwe uitdagings.\u201d<\/p>\n<p>Entelegie, \u2019n woord wat meer bekend is onder filosowe, verwys na \u2019n spesifieke karaktertrek by mense, soos Abraham Lincoln wat vir niks gestuit het om \u2019n geleerdheid te kry nie. Sulke mense is buitengewoon gemotiveerd en gefokus op hul doelstellings. As kinders weier hulle om op te gee en stamp gewoonlik koppe met almal wat in hul pad kom.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h4>Waak teen di\u00e9 probleme<\/h4>\n<p>In weerwil van hul talente blink begaafdes nie noodwendig sonder probleme uit nie. Ongelukkig ervaar hulle wye frustrasie binne die raamwerk van gemiddeldes waarin ons leef. Hulle het ook \u2019n baie vinniger ontwikkelde sin van moraliteit, en kan gewoonlik nie verstaan waarom grootmense nie optree soos wat hulle behoort nie. Leuens en waarheid, en reg en verkeerd word baie gou in hul begrip gevestig.<\/p>\n<p>As hierdie kinders te veel gedruk word, kan hulle apaties word en gevolglik onderpresteer. Nog \u2019n ander gevaar uniek aan begaafde kinders is dat hulle gekondisioneer kan raak om gedurig aan \u201cnuwe\u201d dinge blootgestel te wil word &#8211; juis omdat hulle so \u2019n groot behoefte aan stimulering het en hul belangstellingspan kort is.<\/p>\n<p>Ouers moet bedag wees daarop en aandring dat \u2019n taak klaargemaak word, anders kan die kind spring van een ding na \u2019n ander en gewoond raak daaraan om dinge onvoltooid te laat.<\/p>\n<p>Lees ook: <a href=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/boekuittreksel-vyf-ankers-wat-jou-kind-veilig-laat-voel\/\" target=\"_blank\" rel=\"noopener\">5 ankers wat jou kind veilig laat voel<\/a><\/p>\n<p>Die kind se natuurlike geneigdheid tot perfeksionisme, onvermo\u00eb om frustrasie te hanteer en \u2019n geneigheid om uit te stel, kan ook negatiewe gevolge h\u00ea.<\/p>\n<p>Die kind probeer dikwels om by die groep in te pas en wil naderhand nie meer risiko\u2019s neem nie, word erg self-krities en stel baie ho\u00eb verwagtings aan haarself. Dit kan lei tot angstigheid wat op talle maniere tot uiting kom. In die bre\u00eb gesien is \u2019n begaafde se lewe een van konfrontasie &#8211; veral met volwassenes.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h4>Wat van skole?<\/h4>\n<p>Die nuwe uitkomsgerigte kurrikulum maak juis voorsiening vir individuele verskille tussen leerders se leerbehoeftes, glo die Departement van Onderwys. Alle vorige programme wat op begaafdes gemik was, is gestaak. Maar dit lyk nie of die teorie en die praktyk ooreen stem nie.<\/p>\n<p>Sommige private skole maak daarop aanspraak dat hulle vir sulke leerders voorsiening kan maak, maar daar is ook maar net \u2019n handjie vol van hulle. En om die klasse kleiner te maak en meer individuele aandag aan die kinders te bestee, beteken nie noodwendig dat die begaafde kind doeltreffend onderrrig word nie.<\/p>\n<p><strong>Kobus Daffue<\/strong>, hoof van Glenhazel Primary in Johannesburg wat jare lange ervaring met begaafde kinders by die eertydse Johannesburg College of Education se Sentrum vir Begaafdes opgedoen het, s\u00ea daar moet gekyk word na watter aspekte van \u2019n kind se behoeftes in die skole gehanteer word wat \u2019n spesiale program vir begaafdes het. \u201cOm slegs akademiese werk meer te maak, is glad nie genoeg nie,\u201d s\u00ea hy.<\/p>\n<p>Prof. Pretorius raak aan \u2019n ander kant van die saak: \u201cOuers kan baat vind by opleiding oor hoe om hierdie kinders te help. Sulke kinders kort hulp binne die gesin, binne hul eie groep, en ook emosionele en akademiese bystand. Maar ouers kan ook doen met hulp om by hul kinders aan te pas.\u201d Sy beklemtoon dat in gesinne waar een kind ver bo die ander uittroon, die dinamika maklik omvergegooi kan word en ander kinders kan daaronder ly. Die hele gesinsdinamika moet onder die loep geneem word en almal moet leer om deurlopend die nodige aanpassings te maak.<\/p>\n<p>\u201cOuers het eintlik meer hulp nodig as hul kinders!\u201d s\u00ea Karen Gianopoulos, \u201chulle loop hul vas in die afguns en wanbegrip van ander ouers, en buiten dit moet hulle ook nog verder probeer om die regte holte vir hul kind se voet te vind.\u201d<\/p>\n<p>Maar een ding wat \u2019n ouer nooit uit die oog moet verloor nie, is dat \u2019n begaafde kind ook steeds die normale behoeftes aan liefde, aanvaarding en sekuriteit het, net soos elke ander kind, voeg prof. Kokot by.<\/p>\n<p>Karen Giannopolous beklemtoon die verantwoordelikheid van die ouers: \u201cOns moet besef dat ons as ouers self moet inspring en ons kinders help, geen skool kan aan al hul vereistes voldoen nie en ons verantwoordelikheid kan nie aan \u2019n skool oorgedra word nie. Ons kinders maak op ons staat om hul potensiaal optimaal te kan ontwikkel, en hulle te help om hul energie so te fokus dat hulle \u2019n positiewe, langdurige uitwerking op die w\u00eareld kan h\u00ea.\u201d Prof. Pretorius beaam dit: \u201cSoos met elke ander aspek van \u2019n kind se ontwikkeling, is en bly dit die ouer se verantwoordelikheid en ons mag nie faal nie.\u201d<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p><strong>Daar is verskillende soorte begaafdheid<\/strong><\/p>\n<ul>\n<li>Intellektueel<\/li>\n<li>Kreatief<\/li>\n<li>Leierskap<\/li>\n<li>Taalvaardigheid<\/li>\n<li>Uitvoerende kunste<\/li>\n<li>Visuele kuns<\/li>\n<li>Psigomotories, soos sport of dans<\/li>\n<li>Een spesifieke akademiese veld, soos wiskunde<\/li>\n<\/ul>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p><strong>Begaafdes is van nature<\/strong><\/p>\n<ul>\n<li>intens, weetgierig en kennishonger<\/li>\n<li>mense met sterk motivering<\/li>\n<li>toegerus met \u2019n akkurate geheue<\/li>\n<li>gese\u00ebn met \u2019n vinnige leervermo\u00eb<\/li>\n<li>mense met \u2019n sterk behoefte aan onafhanklikheid<\/li>\n<li>mense met \u2019n groot woordeskat wat hulle logies kan gebruik<\/li>\n<\/ul>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p><strong>Wanhantering van begaafdheid kan lei tot<\/strong><\/p>\n<ul>\n<li>frustrasie<\/li>\n<li>rebellie teen verveling<\/li>\n<li>negatiewe leerervarings<\/li>\n<li>sosiale afgesonderdheid<\/li>\n<li>potensiaal word nie bereik nie<\/li>\n<li>negatiewe selfbeeld<\/li>\n<li>gevoel van verwerping<\/li>\n<\/ul>\n<p>* Besoek die IKV se webwerf by www.uj.ac.za\/ikv<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>In weerwil van hul talente blink begaafde kinders meestal nie sonder probleme uit nie. Hulle is uit pas met die hoofstroom, uiters gefrustreerd en bereik dikwels nie hul potensiaal nie.<\/p>\n","protected":false},"author":9,"featured_media":140871,"comment_status":"closed","ping_status":"closed","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"_acf_changed":false,"footnotes":""},"categories":[679,662],"tags":[134,2382,23444,23458,24736,60333],"class_list":["post-98007","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-ouerskap","category-jou-lewe","tag-ouerskap","tag-gesin","tag-parenting","tag-lifestyle","tag-family","tag-jou-lewe"],"acf":[],"yoast_head":"<!-- This site is optimized with the Yoast SEO plugin v28.6 - https:\/\/yoast.com\/product\/yoast-seo-wordpress\/ -->\n<title>Begaafde kinders sukkel ook | rooi rose<\/title>\n<meta name=\"description\" content=\"In weerwil van hul talente blink begaafde kinders meestal nie sonder probleme uit nie. Hulle bereik dikwels nie hul potensiaal nie.\" \/>\n<meta name=\"robots\" content=\"index, follow, max-snippet:-1, max-image-preview:large, max-video-preview:-1\" \/>\n<link rel=\"canonical\" href=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/begaafde-kinders-sukkel-ook\/\" \/>\n<meta property=\"og:locale\" content=\"en_US\" \/>\n<meta property=\"og:type\" content=\"article\" \/>\n<meta property=\"og:title\" content=\"Begaafde kinders sukkel ook | rooi rose\" \/>\n<meta property=\"og:description\" content=\"In weerwil van hul talente blink begaafde kinders meestal nie sonder probleme uit nie. Hulle bereik dikwels nie hul potensiaal nie.\" \/>\n<meta property=\"og:url\" content=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/begaafde-kinders-sukkel-ook\/\" \/>\n<meta property=\"og:site_name\" content=\"rooi rose\" \/>\n<meta property=\"article:publisher\" content=\"https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/\" \/>\n<meta property=\"article:published_time\" content=\"2023-11-17T12:12:20+00:00\" \/>\n<meta property=\"article:modified_time\" content=\"2023-11-17T12:14:26+00:00\" \/>\n<meta property=\"og:image\" content=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2023\/11\/siniz-kim-LZ3O2Q4Me0Q-unsplash.jpg\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:width\" content=\"1920\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:height\" content=\"1297\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:type\" content=\"image\/jpeg\" \/>\n<meta name=\"author\" content=\"Anelle Tewson\" \/>\n<meta name=\"twitter:card\" content=\"summary_large_image\" \/>\n<meta name=\"twitter:creator\" content=\"@rooi_rose\" \/>\n<meta name=\"twitter:site\" content=\"@rooi_rose\" \/>\n<meta name=\"twitter:label1\" content=\"Written by\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:data1\" content=\"Anelle Tewson\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:label2\" content=\"Est. reading time\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:data2\" content=\"10 minute\" \/>\n<script type=\"application\/ld+json\" class=\"yoast-schema-graph\">{\"@context\":\"https:\\\/\\\/schema.org\",\"@graph\":[{\"@type\":\"Article\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/begaafde-kinders-sukkel-ook\\\/#article\",\"isPartOf\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/begaafde-kinders-sukkel-ook\\\/\"},\"author\":{\"name\":\"Anelle Tewson\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/person\\\/4f17c1c866533e389e28590e557e7730\"},\"headline\":\"Begaafde kinders sukkel ook\",\"datePublished\":\"2023-11-17T12:12:20+00:00\",\"dateModified\":\"2023-11-17T12:14:26+00:00\",\"mainEntityOfPage\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/begaafde-kinders-sukkel-ook\\\/\"},\"wordCount\":2227,\"publisher\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/begaafde-kinders-sukkel-ook\\\/#primaryimage\"},\"thumbnailUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2023\\\/11\\\/siniz-kim-LZ3O2Q4Me0Q-unsplash.jpg\",\"keywords\":[\"ouerskap\",\"Gesin\",\"parenting\",\"lifestyle\",\"family\",\"jou lewe\"],\"articleSection\":[\"Ouerskap\",\"Jou lewe\"],\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"copyrightYear\":\"2023\",\"copyrightHolder\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"}},{\"@type\":\"WebPage\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/begaafde-kinders-sukkel-ook\\\/\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/begaafde-kinders-sukkel-ook\\\/\",\"name\":\"Begaafde kinders sukkel ook | rooi rose\",\"isPartOf\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#website\"},\"primaryImageOfPage\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/begaafde-kinders-sukkel-ook\\\/#primaryimage\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/begaafde-kinders-sukkel-ook\\\/#primaryimage\"},\"thumbnailUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2023\\\/11\\\/siniz-kim-LZ3O2Q4Me0Q-unsplash.jpg\",\"datePublished\":\"2023-11-17T12:12:20+00:00\",\"dateModified\":\"2023-11-17T12:14:26+00:00\",\"description\":\"In weerwil van hul talente blink begaafde kinders meestal nie sonder probleme uit nie. Hulle bereik dikwels nie hul potensiaal nie.\",\"breadcrumb\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/begaafde-kinders-sukkel-ook\\\/#breadcrumb\"},\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"potentialAction\":[{\"@type\":\"ReadAction\",\"target\":[\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/begaafde-kinders-sukkel-ook\\\/\"]}]},{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/begaafde-kinders-sukkel-ook\\\/#primaryimage\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2023\\\/11\\\/siniz-kim-LZ3O2Q4Me0Q-unsplash.jpg\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2023\\\/11\\\/siniz-kim-LZ3O2Q4Me0Q-unsplash.jpg\",\"width\":1920,\"height\":1297},{\"@type\":\"BreadcrumbList\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/begaafde-kinders-sukkel-ook\\\/#breadcrumb\",\"itemListElement\":[{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":1,\"name\":\"Home\",\"item\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\"},{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":2,\"name\":\"Begaafde kinders sukkel ook\"}]},{\"@type\":\"WebSite\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#website\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\",\"name\":\"rooi rose\",\"description\":\"Stylvol, sinvol, propvol\",\"publisher\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"},\"potentialAction\":[{\"@type\":\"SearchAction\",\"target\":{\"@type\":\"EntryPoint\",\"urlTemplate\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/?s={search_term_string}\"},\"query-input\":{\"@type\":\"PropertyValueSpecification\",\"valueRequired\":true,\"valueName\":\"search_term_string\"}}],\"inLanguage\":\"af-ZA\"},{\"@type\":\"Organization\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\",\"name\":\"Rooi rose\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\",\"logo\":{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/logo\\\/image\\\/\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2020\\\/12\\\/rrlogo.jpg\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2020\\\/12\\\/rrlogo.jpg\",\"width\":400,\"height\":400,\"caption\":\"Rooi rose\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/logo\\\/image\\\/\"},\"sameAs\":[\"https:\\\/\\\/www.facebook.com\\\/rooirose\\\/\",\"https:\\\/\\\/x.com\\\/rooi_rose\"]},{\"@type\":\"Person\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/person\\\/4f17c1c866533e389e28590e557e7730\",\"name\":\"Anelle Tewson\",\"image\":{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/51c7260d69b78f54e605640e0044be7c1139bdbe0b57d0ca702d946adba90511?s=96&d=mm&r=g\",\"url\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/51c7260d69b78f54e605640e0044be7c1139bdbe0b57d0ca702d946adba90511?s=96&d=mm&r=g\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/51c7260d69b78f54e605640e0044be7c1139bdbe0b57d0ca702d946adba90511?s=96&d=mm&r=g\",\"caption\":\"Anelle Tewson\"}}]}<\/script>\n<!-- \/ Yoast SEO plugin. -->","yoast_head_json":{"title":"Begaafde kinders sukkel ook | rooi rose","description":"In weerwil van hul talente blink begaafde kinders meestal nie sonder probleme uit nie. Hulle bereik dikwels nie hul potensiaal nie.","robots":{"index":"index","follow":"follow","max-snippet":"max-snippet:-1","max-image-preview":"max-image-preview:large","max-video-preview":"max-video-preview:-1"},"canonical":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/begaafde-kinders-sukkel-ook\/","og_locale":"en_US","og_type":"article","og_title":"Begaafde kinders sukkel ook | rooi rose","og_description":"In weerwil van hul talente blink begaafde kinders meestal nie sonder probleme uit nie. Hulle bereik dikwels nie hul potensiaal nie.","og_url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/begaafde-kinders-sukkel-ook\/","og_site_name":"rooi rose","article_publisher":"https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/","article_published_time":"2023-11-17T12:12:20+00:00","article_modified_time":"2023-11-17T12:14:26+00:00","og_image":[{"width":1920,"height":1297,"url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2023\/11\/siniz-kim-LZ3O2Q4Me0Q-unsplash.jpg","type":"image\/jpeg"}],"author":"Anelle Tewson","twitter_card":"summary_large_image","twitter_creator":"@rooi_rose","twitter_site":"@rooi_rose","twitter_misc":{"Written by":"Anelle Tewson","Est. reading time":"10 minute"},"schema":{"@context":"https:\/\/schema.org","@graph":[{"@type":"Article","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/begaafde-kinders-sukkel-ook\/#article","isPartOf":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/begaafde-kinders-sukkel-ook\/"},"author":{"name":"Anelle Tewson","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/person\/4f17c1c866533e389e28590e557e7730"},"headline":"Begaafde kinders sukkel ook","datePublished":"2023-11-17T12:12:20+00:00","dateModified":"2023-11-17T12:14:26+00:00","mainEntityOfPage":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/begaafde-kinders-sukkel-ook\/"},"wordCount":2227,"publisher":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/begaafde-kinders-sukkel-ook\/#primaryimage"},"thumbnailUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2023\/11\/siniz-kim-LZ3O2Q4Me0Q-unsplash.jpg","keywords":["ouerskap","Gesin","parenting","lifestyle","family","jou lewe"],"articleSection":["Ouerskap","Jou lewe"],"inLanguage":"af-ZA","copyrightYear":"2023","copyrightHolder":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"}},{"@type":"WebPage","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/begaafde-kinders-sukkel-ook\/","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/begaafde-kinders-sukkel-ook\/","name":"Begaafde kinders sukkel ook | rooi rose","isPartOf":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#website"},"primaryImageOfPage":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/begaafde-kinders-sukkel-ook\/#primaryimage"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/begaafde-kinders-sukkel-ook\/#primaryimage"},"thumbnailUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2023\/11\/siniz-kim-LZ3O2Q4Me0Q-unsplash.jpg","datePublished":"2023-11-17T12:12:20+00:00","dateModified":"2023-11-17T12:14:26+00:00","description":"In weerwil van hul talente blink begaafde kinders meestal nie sonder probleme uit nie. Hulle bereik dikwels nie hul potensiaal nie.","breadcrumb":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/begaafde-kinders-sukkel-ook\/#breadcrumb"},"inLanguage":"af-ZA","potentialAction":[{"@type":"ReadAction","target":["https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/begaafde-kinders-sukkel-ook\/"]}]},{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/begaafde-kinders-sukkel-ook\/#primaryimage","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2023\/11\/siniz-kim-LZ3O2Q4Me0Q-unsplash.jpg","contentUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2023\/11\/siniz-kim-LZ3O2Q4Me0Q-unsplash.jpg","width":1920,"height":1297},{"@type":"BreadcrumbList","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/begaafde-kinders-sukkel-ook\/#breadcrumb","itemListElement":[{"@type":"ListItem","position":1,"name":"Home","item":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/"},{"@type":"ListItem","position":2,"name":"Begaafde kinders sukkel ook"}]},{"@type":"WebSite","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#website","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/","name":"rooi rose","description":"Stylvol, sinvol, propvol","publisher":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"},"potentialAction":[{"@type":"SearchAction","target":{"@type":"EntryPoint","urlTemplate":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/?s={search_term_string}"},"query-input":{"@type":"PropertyValueSpecification","valueRequired":true,"valueName":"search_term_string"}}],"inLanguage":"af-ZA"},{"@type":"Organization","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization","name":"Rooi rose","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/","logo":{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/logo\/image\/","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2020\/12\/rrlogo.jpg","contentUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2020\/12\/rrlogo.jpg","width":400,"height":400,"caption":"Rooi rose"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/logo\/image\/"},"sameAs":["https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/","https:\/\/x.com\/rooi_rose"]},{"@type":"Person","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/person\/4f17c1c866533e389e28590e557e7730","name":"Anelle Tewson","image":{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/51c7260d69b78f54e605640e0044be7c1139bdbe0b57d0ca702d946adba90511?s=96&d=mm&r=g","url":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/51c7260d69b78f54e605640e0044be7c1139bdbe0b57d0ca702d946adba90511?s=96&d=mm&r=g","contentUrl":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/51c7260d69b78f54e605640e0044be7c1139bdbe0b57d0ca702d946adba90511?s=96&d=mm&r=g","caption":"Anelle Tewson"}}]}},"distributor_meta":false,"distributor_terms":false,"distributor_media":false,"distributor_original_site_name":"rooi rose","distributor_original_site_url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose","push-errors":false,"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/98007","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/users\/9"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=98007"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/98007\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/media\/140871"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=98007"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=98007"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=98007"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}