{"id":97999,"date":"2024-03-19T14:47:37","date_gmt":"2024-03-19T12:47:37","guid":{"rendered":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/?p=97999"},"modified":"2024-03-19T15:02:07","modified_gmt":"2024-03-19T13:02:07","slug":"kruispaaie-raad-hoe-jy-krisistye-kan-oorleef","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/kruispaaie-raad-hoe-jy-krisistye-kan-oorleef\/","title":{"rendered":"Kruispaaie &#8211; hoe jy krisistye kan oorleef"},"content":{"rendered":"<p><em>Kruispaaie &#8211; raad hoe jy krisistye kan oorleef deur Anys Rossouw<\/em><\/p>\n<h4>Kruispaaie<\/h4>\n<p>Dis die beloop van die lewe. Krisisse tref mense. Ons beplan nie swaarkry en ongeluk nie. Ons beoog nie dat ons huweliksmaat op \u2019n dag net uitstap nie; dat \u2019n geliefde sterf nie; om \u2019n hartaanval te kry nie; om skielik sonder werk te sit nie. Dis mos goed wat met ander mense gebeur.<\/p>\n<p>Maar dinge gebeur wat jou tot stilstand ruk en jou lewe in skerwe om jou laat l\u00ea. Waarheen dan? Wat moet jy doen?<\/p>\n<p>Die verhoudingsghoeroe <strong>Barbara de Angelis<\/strong>, s\u00ea die grootste uitdaging is nie om die dinge te hanteer waarop ons gehoop het en nooit gekry het nie. Nee, dis om die dinge te hanteer waarop ons nooit gehoop het nie, maar wel gekry het: die onverwagte, die onwelkome, die lewenslange stryd met iets wat nie regkom nie, skielike eindes, te\u00ebsinnige eindes, teleurstellings, die verloor van vastighede. En vreesaanjaende nuwe beginne.<\/p>\n<p>Leon\u00e9* vertel van die krisis toe sy agterkom dat haar talentvolle kind nie meer wil eet nie. Sy het al maerder en stiller geword. Al meer weggeraak. Sy het ure in haar kamer deurgebring en met niemand gepraat nie.<\/p>\n<p>\u201cAs ek vra, s\u00ea sy daar is niks fout nie. Ek het nie verstaan nie. Hoekom is my kind depressief? Sy presteer akademies, is op die leerlingraad, het maats, is goed in sport en word in \u2019n gelukkige huis groot? Waarom is sy ongelukkig en wil selfmoord pleeg? My w\u00eareld het uitmekaargeskeur toe ek vasstel dat my eie pa haar gemolesteer het.\u201d<\/p>\n<p>Party krisisse sien jy aankom, mits jy bereid is om dit te erken. Op \u2019n dag w\u00e9\u00e9t jy: Ek kan nie langer so aangaan nie.<\/p>\n<p>Ander krisisse kom soos \u2019n dief in die nag. Maar die lewe gee vir elke mens kragtige oomblikke om te stop sodat jy aandag kan gee aan wie jy is, waar jy is, hoe op aarde jy daar beland het, wat jy wil h\u00ea en waarheen jy nou moet gaan.<\/p>\n<p>Minette* het op so \u2019n plek in haar huwelik gekom. \u201cEk wil nie meer so lewe nie. Ons bly saam, maar ons praat nie. Ek kyk aand vir aand TV of lees en hy sit agter die rekenaar. Ons het niks om vir mekaar te s\u00ea nie. Niks opwindends of spesiaals gebeur meer in ons lewe nie. Alles het vanselfsprekend geword en is gestroop van warm gevoelens en werklike belangstelling. Ons is ordentlik en <em>nice<\/em> met mekaar, baklei nie. As ons iets lekkers wil doen, kuier ons saam met p\u00ealle. Hy dink ons het \u2019n wonderlike huwelik. Dis my probleem as ek nie tevrede is nie.\u201d<\/p>\n<p>Johan* haat sy werk. Hy het jare op universiteit deurgebring om \u2019n tandarts te word. Hy het swaar gebou aan \u2019n praktyk. En nou haat hy dit om dag vir dag in mond na mond te kyk. \u201cIs daar nie meer in die lewe as dit nie? Maar wat kan ek anders doen? Daar is rekeninge en paaiemente om te betaal. \u2019n Vrou en kinders om te onderhou.\u201d<\/p>\n<p><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\"size-medium wp-image-120388 aligncenter\" src=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2019\/10\/alone-boy-conifers-737586-500x438.jpg\" alt=\"ons-pad-met-outisme-seun-in-bos\" width=\"500\" height=\"438\" \/><\/p>\n<h4><\/h4>\n<h4>Vryheid van keuse<\/h4>\n<p>Ons raak slawe van ons keuses. Tog het ons die vryheid om te kies. Jy kies om die slaaf van knellende omstandighede te bly. Dalk is jy vasgevang in \u2019n verhouding of \u2019n beroep en is jy die slaaf van haglike of weelderige omstandighede waarvoor jy jou dag en nag afsloof, sonder vreugde, sin of vervulling. In die malle gejaag van afspraak tot afspraak sterf jy dag vir dag. Jy oorleef, maar l\u00e9\u00e9f nie meer nie.<\/p>\n<p>Ons haat dit, maar verdedig dit. Ons rasionaliseer dat ons nie anders kan nie en hou dit in stand. \u201cDis nou maar soos die lewe is.\u201d \u201cDis die hand wat vir my gedeel is.\u201d<\/p>\n<p>Is dit? Of is dit wat jy gekies het en steeds bly kies? Die vryheid van keuse se prys is dikwels net so hoog soos die prys van hierdie &#8220;slawerny.&#8221;<\/p>\n<p>In Chinees bestaan die woord krisis uit twee tekens. Die een beteken gevaar, die ander een geleentheid. Elke krisis het di\u00e9 twee elemente. Die uitdaging is om die gevaar te bestuur sodat jou lewe nie in \u2019n groter fiasko ontaard nie. Maar \u2019n krisis kan ook \u2019n geleentheid bied: Jy kan voorraadopname maak van die verlede en patrone wat jou by hierdie krisis gebring het. Dis die kans op \u2019n groeigeleentheid, op beter verhoudings, \u2019n nuwe koers en nuwe begin.<\/p>\n<p>Die woord \u201ckrisis\u201d in Afrikaans kom van die Griekse woord \u201ckrinein\u201d wat waterskeiding, om te besluit of te beoordeel, beteken. In Grieks word die woord in mediese terme gebruik as die draaipunt in \u2019n siekte. \u2019n Krisis is dus die kritiese draaipunt van oordeel, besluitneming of verandering. Dis \u2019n geleentheid van skeiding, wegdraai van die oue, \u2019n nuwe rigting. Soms is dit wat soos \u2019n doodloopstraat lyk, \u2019n draaipunt wat ons mis. Maar ons is so dikwels so vasgevang op ons bekende pad dat ons nuwe roetes miskyk en nie eens oorweeg nie.<\/p>\n<p>Nie alles wat stukkend is, kan weer reg en heel word nie. Party probleme, soos as jy \u2019n geliefde aan die dood afstaan, moet jy leer aanvaar en hanteer. Ander krisisse moet dalk ook aanvaar word, maar kan beter gemaak word.<\/p>\n<p>Dis belangrik om te weet w\u00e1t om reg te maak, wat die probleem is. \u2019n Siekte kan net behandel word as jy weet wat behandel moet word. Om dit \u2019n naam te gee, gee jy meer objektiwiteit en begrip.<\/p>\n<p>Dit verminder vrees en maak dit werkliker en hanteerbaarder.<\/p>\n<p>Dis dikwels nodig om diep na wysheid en insig te delf om die naam te kan gee. Baie dinge is nie soos dit op die oog af lyk nie. Om bewus te word en te erken wat regtig aangaan, wat regtig is, is die eerste tree uit die slawerny.<\/p>\n<p>Oefen om na jou intu\u00efsie te luister. Vra vrae. Sien. Hoor. En reageer op wat jy weet reg en waar is. Om toe te maak, te ontken, te vermy en te begrawe uit vrees vir die teleurstelling en pyn, haal jou in. Erger nog: dit maak stukke van jou dood. Dit maak jou dood as jy iemand anders se wil of droom lewe en nie jouself kan wees nie.<\/p>\n<p>Lees ook:\u00a0<a href=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/van-kommerkous-tot-koel-komkommer\/\" target=\"_blank\" rel=\"noopener\">Van kommerkous tot koel komkommer<\/a><\/p>\n<p><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\"size-medium wp-image-113408 aligncenter\" src=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2019\/05\/paniek13-500x316.jpg\" alt=\"Paniekaanval: Die vinnigste pad daaruit\" width=\"500\" height=\"316\" \/><\/p>\n<h4><\/h4>\n<h4>Verskillende keuses<\/h4>\n<p>Barbara De Angelis s\u00ea ons verwagtinge van onsself is ho\u00ebr as in die verlede, maar ons aanhou- en uithouvermo\u00eb is minder. Ons sukkel meer om ons eie foute en probleme en di\u00e9 van die w\u00eareld om ons te hanteer. Ons lewe in \u2019n verbruikersw\u00eareld waar ons eenvoudig weggooi wat nie werk nie en selde nodig het om die fout te soek en dit te probeer regmaak.<\/p>\n<p>Jy kan nie op dieselfde plek bly en vorentoe gaan nie. Jy m\u00f3\u00e9t kies. Jou lewe \u2013 gevoelens en denke &#8211; is gewoonlik die resultaat van \u2019n keuse. Om nie te kies nie, is ook \u2019n keuse. Jy kan kies om net hier te bly, of om iets te verander. Dis onsinnig om dieselfde ding oor en oor te doen en \u2019n ander resultaat te verwag.<\/p>\n<p>Deepak Chopra s\u00ea ons het baie verskillende keuses: Jy kan kies om uit vrees te lewe en dan sal jou lewe een gesukkel en oorlewingstryd bly. Jy kan kies vir mag en beheer oor die situasie en jy sal in \u2019n voortdurende magstryd soms verloor en soms wen. Jy kan selfondersoek en nadenke kies en sal insig in jou situasie kry. Jy kan kies om jou situasie te herskep en dan moontlik wonders ontdek. Jy kan liefde kies, liefde vir jouself en vir ander en jouself en ander gesond en heel maak. Of jy kan kies om getrou aan jou diepste self te wees &#8211; wie jy gemaak is om te wees en dan sal jy die ongelooflike rykdom en sin van die skepping kan waardeer en geniet. Maar dis nie maklik nie, ook nie sonder pyn en swaarkry nie.<\/p>\n<p>Insig en \u2019n visie van wat jy behoort te doen, sonder d\u00f3\u00e9n, bly net \u2019n droom. Maar optrede sonder visie word \u2019n nagmerrie. Dink net hoe kan jou lewe wees as jy so geneig was om probleme en die waarheid te vat en te hanteer, as wat jy dikwels kies om jou o\u00eb daarvoor te sluit. Begin doen en leef verandering &#8211; al is dit seer.<\/p>\n<p>Janine* het juis dit gedoen. Vir haar was die doodloopstraat van haar beroep \u00e9n huwelik \u2019n nuwe begin. \u201cToe alles my platslaan, toe dit voel asof daar niks meer van my of my lewe van 38 jaar oor is nie, toe het ek min besef dis die begin van die beste tyd van my lewe. Dit wat ek so gevrees het &#8211; verwerping en om haweloos te wees &#8211; word toe my redding. N\u00e1 jare in die onderwys het ek my pos verloor. En my man het my gelos. Ek moes by familie gaan bly vir \u2019n dak oor my kop. Kan jy weerloser, magteloser, moedeloser en verwarder voel?<\/p>\n<p>\u201cMaar op \u2019n nuwe, vreemde plek het ek begin klere maak om te oorleef. Saterdae vlooimarkte. Nou, \u2019n paar jaar later, ontwerp ek vir my eie boetieks. Ek het \u2019n sukses van my lewe gemaak. Ek het goeie tye saam met my kinders en die liefde in my lewe.\u201d<\/p>\n<p>By \u2019n kruispad moet jy eerlik raak en kies. Dis jou verantwoordelikheid. Jy is verantwoordelik vir wat jy dink, voel en hoe jy optree. Jou keuse het gelukkig en ongelukkig altyd \u2019n prys: Die prys wat jy betaal en die prys wat jy ontvang. Jou lewe en omstandighede is op die ou end die resultaat van die keuses. Al kan jy nie die vo\u00ebls van hartseer en rampe wat oor jou kop vlieg, kies nie, k\u00e1n jy kies dat hulle nie in jou hare nesmaak nie.<\/p>\n<h4>Mense reageer meestal s\u00f3 op krisisse<\/h4>\n<ul>\n<li>Party kyk met \u2019n donkerbril en sien net die negatiewe en die gevaar. Hulle is oorweldig en sien dit as \u2019n onomkeerbare katastrofe wat niks goeds kan bring nie.<\/li>\n<li>Party vermy die probleem, vermy die waarheid, die werklikheid, verandering, enige risiko\u2019s, konfrontasies, om iemand dalk teleur te stel, of om hul eie vrese te konfronteer.<\/li>\n<li>Sommige ontken die werklikheid en s\u00ea alles sal regkom sonder om werklik aanpassings te maak.<\/li>\n<li>Ander onderdruk en sluit hul eie gevoelens af sodat hulle later byna voeling met alle emosie verloor. Om jou af te sluit, of jou emosies te vries, beskerm jou nie teen pyn en seerkry nie, maar bou koue mure om jou wat jou afsluit van passie, nabyheid en intimiteit met ander.<\/li>\n<li>Ander blameer iets of iemand anders sonder om enige verantwoordelikheid vir die situasie te aanvaar, en word dan \u2019n verontregte martelaar.<\/li>\n<li>Sommige mense sien \u2019n krisis as deel van die lewensiklus van groei en snoei. Dis vir hulle \u2019n oproep om wakker te word en aan te pas, te verander en te groei.<\/li>\n<\/ul>\n<p><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\"size-medium wp-image-113397 aligncenter\" src=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2019\/05\/paniek3-480x600.jpg\" alt=\"Paniekaanval: Die vinnigste pad daaruit\" width=\"480\" height=\"600\" \/><\/p>\n<h4><\/h4>\n<h4>Wat doen ek by \u2019n kruispad?<\/h4>\n<ul>\n<li>Dis moeilik om te besluit waar en wanneer om te begin, of wanneer om te stop.<\/li>\n<li>Doen wat voor die hand liggend gedoen moet word dat jy oukei bly: Sorg vir genoeg slaap, reg eet en oefening. Al is dit hoe moeilik.<\/li>\n<li>Wees stil. Gee jouself tyd vir nadenke. Stiltyd om jou ware self te ontdek.<\/li>\n<li>Luister na jou binnestem en intu\u00efsie: wat jy binne sien, hoor, aanvoel \u2013 \u2019n diep wete; die stem wat jou verbind aan groter wysheid en insig en wat nie vrees nie.<\/li>\n<li>Maak voorraadopname: Dis \u2019n tyd om eerlik prioriteite te bepaal en te suiwer. Wat is regtig belangrik?<\/li>\n<li>Konfronteer jou skadukant, motiewe, denkpatrone en verlede.<\/li>\n<li>Gee die probleem \u2019n naam.<\/li>\n<li>Luister na ander met \u2019n oop gemoed.<\/li>\n<li>Praat jou hart uit met iemand wat jy kan vertrou vir wysheid en perspektief.<\/li>\n<li>Laat sterf dit wat uitgedien is. Laat gaan dit wat nie meer kan of mag lewe nie: ou negatiewe gelowe, gedagtepatrone, optredes of verhoudings. Jy kan nie sinvol bou met \u2019n troffel in die een hand en \u2019n swaard in die ander een nie.<\/li>\n<li>Rou en huil oor wat jy verloor en agterlaat.<\/li>\n<li>Vervang dit wat jy laat sterf of laat gaan het deur ander gelowe, gedagtes, optredes of verhoudings.<\/li>\n<li>Dink positief: Ons gedagtes hou ten nouste met ons gevoelens verband, bepaal ons optrede en skep so ons realiteite. Oorlog en vrede begin by \u2019n gedagte.<\/li>\n<li>Kies met wysheid vir \u2019n rigting wat goed is en op \u2019n langer termyn vrede, liefde en geluk kan bring, en nie wat op die oomblik die gewilde keuse sal wees nie.<\/li>\n<li>Vertel jou voornemens en planne vir ander mense.<\/li>\n<li>Doen iets wat help en bydra tot \u2019n oplossing of verbetering van die situasie. Vra jouself af: Maak wat ek doen die situasie beter, of hou dit die probleem of situasie in stand of vererger dit?<\/li>\n<li>Geniet die proses. Fokus op klein dingetjies om te geniet en te waardeer<\/li>\n<\/ul>\n<p>Bron: Barbara De Angelis: How did I get here?<\/p>\n<p>*Skuilname is gebruik en verhale is met betrokkenes se goedkeuring vertel.<\/p>\n<p><strong>Lees ook:\u00a0<\/strong><a href=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wanneer-trooswoorde-nie-troos-nie\/\">Wanneer trooswoorde nie troos nie<\/a><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Is jy by \u2019n kruispad of \u2019n doodloopstraat in jou lewe? Dit kan dalk \u2019n nuwe begin vol wonderlike dinge wees<\/p>\n","protected":false},"author":9,"featured_media":143659,"comment_status":"closed","ping_status":"closed","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"_acf_changed":false,"footnotes":""},"categories":[43450,662],"tags":[47008,47155,60333,135,23443],"class_list":["post-97999","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-persoonlike-groei","category-jou-lewe","tag-personal-growth","tag-persoonlike-groei","tag-jou-lewe","tag-verhoudings","tag-relationships"],"acf":[],"yoast_head":"<!-- This site is optimized with the Yoast SEO plugin v28.6 - https:\/\/yoast.com\/product\/yoast-seo-wordpress\/ -->\n<title>Kruispaaie - hoe jy krisistye kan oorleef | rooi rose<\/title>\n<meta name=\"description\" content=\"Is jy by \u2019n kruispad of \u2019n doodloopstraat in jou lewe? Dit kan dalk \u2019n nuwe begin vol wonderlike dinge wees. Hier is raad hoe jy krisistye kan oorleef.\" \/>\n<meta name=\"robots\" content=\"index, follow, max-snippet:-1, max-image-preview:large, max-video-preview:-1\" \/>\n<link rel=\"canonical\" href=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/kruispaaie-raad-hoe-jy-krisistye-kan-oorleef\/\" \/>\n<meta property=\"og:locale\" content=\"en_US\" \/>\n<meta property=\"og:type\" content=\"article\" \/>\n<meta property=\"og:title\" content=\"Kruispaaie - hoe jy krisistye kan oorleef | rooi rose\" \/>\n<meta property=\"og:description\" content=\"Is jy by \u2019n kruispad of \u2019n doodloopstraat in jou lewe? Dit kan dalk \u2019n nuwe begin vol wonderlike dinge wees. Hier is raad hoe jy krisistye kan oorleef.\" \/>\n<meta property=\"og:url\" content=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/kruispaaie-raad-hoe-jy-krisistye-kan-oorleef\/\" \/>\n<meta property=\"og:site_name\" content=\"rooi rose\" \/>\n<meta property=\"article:publisher\" content=\"https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/\" \/>\n<meta property=\"article:published_time\" content=\"2024-03-19T12:47:37+00:00\" \/>\n<meta property=\"article:modified_time\" content=\"2024-03-19T13:02:07+00:00\" \/>\n<meta property=\"og:image\" content=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2024\/03\/susan-q-yin-Ctaj_HCqW84-unsplash.jpg\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:width\" content=\"1920\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:height\" content=\"1283\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:type\" content=\"image\/jpeg\" \/>\n<meta name=\"author\" content=\"Anelle Tewson\" \/>\n<meta name=\"twitter:card\" content=\"summary_large_image\" \/>\n<meta name=\"twitter:creator\" content=\"@rooi_rose\" \/>\n<meta name=\"twitter:site\" content=\"@rooi_rose\" \/>\n<meta name=\"twitter:label1\" content=\"Written by\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:data1\" content=\"Anelle Tewson\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:label2\" content=\"Est. reading time\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:data2\" content=\"11 minute\" \/>\n<script type=\"application\/ld+json\" class=\"yoast-schema-graph\">{\"@context\":\"https:\\\/\\\/schema.org\",\"@graph\":[{\"@type\":\"Article\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/kruispaaie-raad-hoe-jy-krisistye-kan-oorleef\\\/#article\",\"isPartOf\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/kruispaaie-raad-hoe-jy-krisistye-kan-oorleef\\\/\"},\"author\":{\"name\":\"Anelle Tewson\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/person\\\/4f17c1c866533e389e28590e557e7730\"},\"headline\":\"Kruispaaie &#8211; hoe jy krisistye kan oorleef\",\"datePublished\":\"2024-03-19T12:47:37+00:00\",\"dateModified\":\"2024-03-19T13:02:07+00:00\",\"mainEntityOfPage\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/kruispaaie-raad-hoe-jy-krisistye-kan-oorleef\\\/\"},\"wordCount\":2176,\"publisher\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/kruispaaie-raad-hoe-jy-krisistye-kan-oorleef\\\/#primaryimage\"},\"thumbnailUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2024\\\/03\\\/susan-q-yin-Ctaj_HCqW84-unsplash.jpg\",\"keywords\":[\"personal growth\",\"persoonlike groei\",\"jou lewe\",\"Verhoudings\",\"relationships\"],\"articleSection\":[\"Persoonlike groei\",\"Jou lewe\"],\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"copyrightYear\":\"2024\",\"copyrightHolder\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"}},{\"@type\":\"WebPage\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/kruispaaie-raad-hoe-jy-krisistye-kan-oorleef\\\/\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/kruispaaie-raad-hoe-jy-krisistye-kan-oorleef\\\/\",\"name\":\"Kruispaaie - hoe jy krisistye kan oorleef | rooi rose\",\"isPartOf\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#website\"},\"primaryImageOfPage\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/kruispaaie-raad-hoe-jy-krisistye-kan-oorleef\\\/#primaryimage\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/kruispaaie-raad-hoe-jy-krisistye-kan-oorleef\\\/#primaryimage\"},\"thumbnailUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2024\\\/03\\\/susan-q-yin-Ctaj_HCqW84-unsplash.jpg\",\"datePublished\":\"2024-03-19T12:47:37+00:00\",\"dateModified\":\"2024-03-19T13:02:07+00:00\",\"description\":\"Is jy by \u2019n kruispad of \u2019n doodloopstraat in jou lewe? Dit kan dalk \u2019n nuwe begin vol wonderlike dinge wees. Hier is raad hoe jy krisistye kan oorleef.\",\"breadcrumb\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/kruispaaie-raad-hoe-jy-krisistye-kan-oorleef\\\/#breadcrumb\"},\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"potentialAction\":[{\"@type\":\"ReadAction\",\"target\":[\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/kruispaaie-raad-hoe-jy-krisistye-kan-oorleef\\\/\"]}]},{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/kruispaaie-raad-hoe-jy-krisistye-kan-oorleef\\\/#primaryimage\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2024\\\/03\\\/susan-q-yin-Ctaj_HCqW84-unsplash.jpg\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2024\\\/03\\\/susan-q-yin-Ctaj_HCqW84-unsplash.jpg\",\"width\":1920,\"height\":1283},{\"@type\":\"BreadcrumbList\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/kruispaaie-raad-hoe-jy-krisistye-kan-oorleef\\\/#breadcrumb\",\"itemListElement\":[{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":1,\"name\":\"Home\",\"item\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\"},{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":2,\"name\":\"Kruispaaie &#8211; hoe jy krisistye kan oorleef\"}]},{\"@type\":\"WebSite\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#website\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\",\"name\":\"rooi rose\",\"description\":\"Stylvol, sinvol, propvol\",\"publisher\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"},\"potentialAction\":[{\"@type\":\"SearchAction\",\"target\":{\"@type\":\"EntryPoint\",\"urlTemplate\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/?s={search_term_string}\"},\"query-input\":{\"@type\":\"PropertyValueSpecification\",\"valueRequired\":true,\"valueName\":\"search_term_string\"}}],\"inLanguage\":\"af-ZA\"},{\"@type\":\"Organization\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\",\"name\":\"Rooi rose\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\",\"logo\":{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/logo\\\/image\\\/\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2020\\\/12\\\/rrlogo.jpg\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2020\\\/12\\\/rrlogo.jpg\",\"width\":400,\"height\":400,\"caption\":\"Rooi rose\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/logo\\\/image\\\/\"},\"sameAs\":[\"https:\\\/\\\/www.facebook.com\\\/rooirose\\\/\",\"https:\\\/\\\/x.com\\\/rooi_rose\"]},{\"@type\":\"Person\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/person\\\/4f17c1c866533e389e28590e557e7730\",\"name\":\"Anelle Tewson\",\"image\":{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/51c7260d69b78f54e605640e0044be7c1139bdbe0b57d0ca702d946adba90511?s=96&d=mm&r=g\",\"url\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/51c7260d69b78f54e605640e0044be7c1139bdbe0b57d0ca702d946adba90511?s=96&d=mm&r=g\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/51c7260d69b78f54e605640e0044be7c1139bdbe0b57d0ca702d946adba90511?s=96&d=mm&r=g\",\"caption\":\"Anelle Tewson\"}}]}<\/script>\n<!-- \/ Yoast SEO plugin. -->","yoast_head_json":{"title":"Kruispaaie - hoe jy krisistye kan oorleef | rooi rose","description":"Is jy by \u2019n kruispad of \u2019n doodloopstraat in jou lewe? Dit kan dalk \u2019n nuwe begin vol wonderlike dinge wees. Hier is raad hoe jy krisistye kan oorleef.","robots":{"index":"index","follow":"follow","max-snippet":"max-snippet:-1","max-image-preview":"max-image-preview:large","max-video-preview":"max-video-preview:-1"},"canonical":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/kruispaaie-raad-hoe-jy-krisistye-kan-oorleef\/","og_locale":"en_US","og_type":"article","og_title":"Kruispaaie - hoe jy krisistye kan oorleef | rooi rose","og_description":"Is jy by \u2019n kruispad of \u2019n doodloopstraat in jou lewe? Dit kan dalk \u2019n nuwe begin vol wonderlike dinge wees. Hier is raad hoe jy krisistye kan oorleef.","og_url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/kruispaaie-raad-hoe-jy-krisistye-kan-oorleef\/","og_site_name":"rooi rose","article_publisher":"https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/","article_published_time":"2024-03-19T12:47:37+00:00","article_modified_time":"2024-03-19T13:02:07+00:00","og_image":[{"width":1920,"height":1283,"url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2024\/03\/susan-q-yin-Ctaj_HCqW84-unsplash.jpg","type":"image\/jpeg"}],"author":"Anelle Tewson","twitter_card":"summary_large_image","twitter_creator":"@rooi_rose","twitter_site":"@rooi_rose","twitter_misc":{"Written by":"Anelle Tewson","Est. reading time":"11 minute"},"schema":{"@context":"https:\/\/schema.org","@graph":[{"@type":"Article","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/kruispaaie-raad-hoe-jy-krisistye-kan-oorleef\/#article","isPartOf":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/kruispaaie-raad-hoe-jy-krisistye-kan-oorleef\/"},"author":{"name":"Anelle Tewson","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/person\/4f17c1c866533e389e28590e557e7730"},"headline":"Kruispaaie &#8211; hoe jy krisistye kan oorleef","datePublished":"2024-03-19T12:47:37+00:00","dateModified":"2024-03-19T13:02:07+00:00","mainEntityOfPage":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/kruispaaie-raad-hoe-jy-krisistye-kan-oorleef\/"},"wordCount":2176,"publisher":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/kruispaaie-raad-hoe-jy-krisistye-kan-oorleef\/#primaryimage"},"thumbnailUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2024\/03\/susan-q-yin-Ctaj_HCqW84-unsplash.jpg","keywords":["personal growth","persoonlike groei","jou lewe","Verhoudings","relationships"],"articleSection":["Persoonlike groei","Jou lewe"],"inLanguage":"af-ZA","copyrightYear":"2024","copyrightHolder":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"}},{"@type":"WebPage","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/kruispaaie-raad-hoe-jy-krisistye-kan-oorleef\/","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/kruispaaie-raad-hoe-jy-krisistye-kan-oorleef\/","name":"Kruispaaie - hoe jy krisistye kan oorleef | rooi rose","isPartOf":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#website"},"primaryImageOfPage":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/kruispaaie-raad-hoe-jy-krisistye-kan-oorleef\/#primaryimage"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/kruispaaie-raad-hoe-jy-krisistye-kan-oorleef\/#primaryimage"},"thumbnailUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2024\/03\/susan-q-yin-Ctaj_HCqW84-unsplash.jpg","datePublished":"2024-03-19T12:47:37+00:00","dateModified":"2024-03-19T13:02:07+00:00","description":"Is jy by \u2019n kruispad of \u2019n doodloopstraat in jou lewe? Dit kan dalk \u2019n nuwe begin vol wonderlike dinge wees. Hier is raad hoe jy krisistye kan oorleef.","breadcrumb":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/kruispaaie-raad-hoe-jy-krisistye-kan-oorleef\/#breadcrumb"},"inLanguage":"af-ZA","potentialAction":[{"@type":"ReadAction","target":["https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/kruispaaie-raad-hoe-jy-krisistye-kan-oorleef\/"]}]},{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/kruispaaie-raad-hoe-jy-krisistye-kan-oorleef\/#primaryimage","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2024\/03\/susan-q-yin-Ctaj_HCqW84-unsplash.jpg","contentUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2024\/03\/susan-q-yin-Ctaj_HCqW84-unsplash.jpg","width":1920,"height":1283},{"@type":"BreadcrumbList","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/kruispaaie-raad-hoe-jy-krisistye-kan-oorleef\/#breadcrumb","itemListElement":[{"@type":"ListItem","position":1,"name":"Home","item":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/"},{"@type":"ListItem","position":2,"name":"Kruispaaie &#8211; hoe jy krisistye kan oorleef"}]},{"@type":"WebSite","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#website","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/","name":"rooi rose","description":"Stylvol, sinvol, propvol","publisher":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"},"potentialAction":[{"@type":"SearchAction","target":{"@type":"EntryPoint","urlTemplate":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/?s={search_term_string}"},"query-input":{"@type":"PropertyValueSpecification","valueRequired":true,"valueName":"search_term_string"}}],"inLanguage":"af-ZA"},{"@type":"Organization","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization","name":"Rooi rose","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/","logo":{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/logo\/image\/","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2020\/12\/rrlogo.jpg","contentUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2020\/12\/rrlogo.jpg","width":400,"height":400,"caption":"Rooi rose"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/logo\/image\/"},"sameAs":["https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/","https:\/\/x.com\/rooi_rose"]},{"@type":"Person","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/person\/4f17c1c866533e389e28590e557e7730","name":"Anelle Tewson","image":{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/51c7260d69b78f54e605640e0044be7c1139bdbe0b57d0ca702d946adba90511?s=96&d=mm&r=g","url":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/51c7260d69b78f54e605640e0044be7c1139bdbe0b57d0ca702d946adba90511?s=96&d=mm&r=g","contentUrl":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/51c7260d69b78f54e605640e0044be7c1139bdbe0b57d0ca702d946adba90511?s=96&d=mm&r=g","caption":"Anelle Tewson"}}]}},"distributor_meta":false,"distributor_terms":false,"distributor_media":false,"distributor_original_site_name":"rooi rose","distributor_original_site_url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose","push-errors":false,"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/97999","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/users\/9"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=97999"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/97999\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/media\/143659"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=97999"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=97999"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=97999"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}