{"id":97998,"date":"2018-12-30T22:10:32","date_gmt":"2018-12-30T20:10:32","guid":{"rendered":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/?p=97998"},"modified":"2018-12-04T22:10:59","modified_gmt":"2018-12-04T20:10:59","slug":"kry-honde-gedagtes","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/kry-honde-gedagtes\/","title":{"rendered":"Kry honde gedagtes?"},"content":{"rendered":"<p><em>Deur Mariette Snyman<\/em><\/p>\n<p>Stel jou voor jy is diep in gesprek met jou hond. En dit gaan nie oor wie die gat tussen die roosbome gegrawe het nie &#8211; die onderwerp is harmonie in die huis. Jou hond wys jou juis op \u2019n paar punte rakende jou verhouding met jou wederhelf.<\/p>\n<p>Belaglik? Moenie glo nie. Nie in die w\u00eareld van telepatiese kommunikasie met diere nie. \u2019n Ietwat ekstreme voorbeeld, ja, maar heeltemal haalbaar as jy gekonfyt is in die kuns \u2026<\/p>\n<p>Is jy van nature skepties, sal jy dalk moeilik aan di\u00e9 storie byt. Dis verstaanbaar. Dieretelepatie keer \u2019n string voorveronderstellings op hul kop. Aannames soos die oortuiging dat diere maar \u201cnet diere\u201d is, wesens sonder insig en sonder siel, en dat telepatiese kommunikasie pure verbeelding is, moet voor ander oortuigings wyk. \u201cBaie mense is aanvanklik onseker of hierdie soort kommunikasie kan werk,\u201d s\u00ea Jenny Shone, medestigter van die Animal Healing Centre naby Walkerville in Gauteng waar sy onder meer kursusse in dieretelepatie en -genesing aanbied. \u201cDis dikwels eers wanneer mense raadop is oor \u2019n dier wat weggeraak het, siek bly of \u2018onmoontlik\u2019 is dat hulle by ons raad soek. As hulle die verrassende resultate sien, kom hulle baie keer self so \u2019n kursus loop.\u201d<\/p>\n<p>Almal het die potensiaal om \u201cper gedagte\u201d met diere te kan kommunikeer; dis \u2019n natuurlike proses, beklemtoon Jenny. \u201cJy ken waarskynlik iemand wat \u2018weet\u2019 wat in haar troeteldier se kop aangaan. Dalk is jy self so fyn op jou diere ingestel. Ek was van kleins af in voeling met wat diere wil h\u00ea of dink. Maar dis eers toe ek \u2019n boek van Amelia Kinkade gelees het dat ek dieretelepatie \u2019n naam kon gee. Ek het vier jaar gelede die kursus gaan loop wat sy op The Isle of Man in Brittanje aanbied, en sedertdien het die vraag na di\u00e9 soort dienste hier so toegeneem dat dit nou omtrent al my tyd in beslag neem.\u201d<\/p>\n<p>Diere kommunikeer op drie maniere: deur prentjies (wat jy kan \u201csien\u201d), gevoelens (wat jy kan voel) en gedagtes (wat jy kan \u201choor\u201d). Meer ervare mense kry woordelikse boodskappe.<\/p>\n<p>Baie mense is skrikkerig vir sesde sintuig-kommunikasie, en Jenny verseker hulle dat dit niks met geloofsoortuigings te make het nie. \u201cDis maar net soos \u2019n nuwe taal wat jy aanleer &#8211; een wat jy dalk as kind geken en toe \u2018vergeet\u2019 het.\u201d<\/p>\n<p>Sesde sintuigkommunikasie is deesdae ook minder van \u2019n raaisel as vroe\u00ebr. Die kwantumfisika het bewys dat alles in die heelal uit energie bestaan en dat subatomiese deeltjies inligting bevat. Alles en almal is in verbinding met mekaar en inligting word vryeliker uitgeruil as wat voorheen besef is. Die geheim is om bewustelik toegang tot di\u00e9 inligting te verkry.<\/p>\n<p>\u201cOm telepaties met diere te kan kommunikeer, is amper soos om \u2019n sekere nommer te skakel,\u201d s\u00ea Jenny. \u201cMaar eers moet jy innerlik stil word. Meditasie help jou om hierdie kalmte te bereik.\u201d<\/p>\n<p>Die groot voorwaarde vir doeltreffende kommunikasie is respek vir die dier met wie jy gaan kommunikeer. \u201cDie doel is nie om \u2019n manier te kry om die dier sover te kry om jou opdragte uit te voer nie. Dis om op gelyke voet te kan praat. Voor elke gesprek vra ons eers of die dier lus voel vir gesels, en is die antwoord nee, probeer ons later weer. Diere verskil nes mense &#8211; party is inkenniger as ander.\u201d<\/p>\n<p>In haar kursusse leer Jenny en haar kollega, Sandy Carter, mense eers om oor eenvoudige kwessies te kommunikeer. Wat is die dier se gunstelingkos, lekkerste aktiwiteit of grootste vrees? \u201cJy moet die dier kan toelaat om sy eie gevoelens te h\u00ea,\u201d s\u00ea Jenny. \u201cEk het ons miniatuurperde al gevra wie hul gunstelingmens is, en dis nie ek nie! Dis Thomas wat hulle versorg.\u201d<\/p>\n<p>Sodra jy sulke sakies onder die knie het, kan jy dieper begin delf. Min mense besef diere voel aan wat verhoudingsgewys in gesinne aangaan, selfs al word hulle nie in die huis toegelaat nie. \u201cDis verstommend waarmee die diere wat na my gebring word, vorendag kan kom. Hulle sal byvoorbeeld vertel \u2019n gesinslid is depressief. Baie diere neem emosionele spanning op hulle en weerspie\u00ebl die brandende kwessies in die huis. Fisieke toestande by diere kan ook so \u2019n spie\u00ebl wees. Daar is talle gevalle van diere wat \u2019n kwaal opdoen waarmee een van die huismense later presenteer. As ek s\u00ea maar \u2019n lewerkwaal by \u2019n dier raaksien en so gelei word, waarsku ek die huismense om hul o\u00eb vir die simptome daarvan oop te hou.\u201d<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\"size-medium wp-image-105222 aligncenter\" src=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2018\/06\/pexels-photo-850602-500x333.jpeg\" alt=\"\" width=\"500\" height=\"333\" \/><\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>Al klink dit miskien vergesog, het sy dit al soveel keer beleef dat dit haar nie meer verras nie, s\u00ea Jenny. \u201cEk aanvaar dat enige dier wat met gesondheids- of sogenaamde gedragsprobleme na my toe kom, dalk gesins-kwessies weerspie\u00ebl. Ek behandel mediese probleme energiegewys, maar ek vra ook die dier na die onderliggende oorsaak uit. Dikwels verbeter die toestand dramaties sodra hulle die saak van hul hart af kan kry.\u201d<\/p>\n<p>So is \u2019n Labrador wat ses maande lank aan chroniese diarree gely het, na Jenny gebring. Niks wou daarvoor help nie. \u201cDie hond het my laat verstaan dat sy eienares se man weens uitermatige werkstres \u2019n kettingroker geword het. Dit het die man se spysverteringstelsel aangetas. Die hond het di\u00e9 toestand weerspie\u00ebl.\u201d<\/p>\n<p>Die eienares het die feite bevestig. Oornag het die hond se diarree opgehou. \u201cDis al meer as \u2019n jaar terug, en dit het nie weer opgevlam nie. Die hond moes net die boodskap oordra.\u201d<\/p>\n<p>\u2019n Dier met wie jy \u2019n sterk band het en gemaklik kan kommunikeer, kan jou ook help om belangrike lewensbesluite te neem, s\u00ea Jenny. \u201cDiere is baie wys. Ek loop soms huisdiere raak wat kontak met hul innerlike wysheid verloor het weens emosionele en fisieke mishandeling. Deur geduldig na hulle te luister, kan jy hulle help om dit te herontdek. Wilde diere het \u2019n diep, onaangetaste spiritualiteit. Ek is betrokke by die Lion Heart Project en kommunikeer gereeld met die diere by die Lanseria-leeupark. Een leeu, Big Boy, het onlangs aangevoel dat ek oorspanne was omdat van my praktiese werkre\u00eblings skeefgeloop het. Hy het my op die betekenisvolheid van my werk gewys en ges\u00ea dis nie die moeite werd om my oor kleinighede te ontstel nie. Hy het my gehelp om my innerlike fokus terug te kry.\u201d<\/p>\n<p>\u2019n Tegniek wat in die gevorderde werkwinkel aangeleer word, is om diere wat weggeraak het, op te spoor. \u201cEk, Sandy en vier ander vroue lewer gereeld hierdie diens. Mense e-pos vir ons \u2019n foto van die dier en dan gebruik ons die Gestaltmetode om uit te vind of die dier nog leef, beseer is en rustig of angstig voel. Ons stel ook vas wat hulle kan hoor, ruik, voel en sien.\u201d<\/p>\n<p>Soms kry die vroue op di\u00e9 manier selfs \u2019n straatadres, maar meer dikwels raai hulle die eienaar aan om na die dier te gaan soek op \u2019n plek waar daar byvoorbeeld lang gras of \u2019n verwaarloosde tuinhuisie is. \u201cEienaars weet gewoonlik in watter omgewing die dier weggeraak het, en dan is dit maar \u2019n deur-tot-deursoekery.\u201d<\/p>\n<p>Soms loop diere doelbewus weg, s\u00ea Jenny. \u201cEen kli\u00ebnt se kat het my laat verstaan die emosionele spanning tussen sy eienares en haar man het vir hom te veel geword. Hy het by die bure gaan intrek. Gelukkig kon sy eienares dit aanvaar.\u201d<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h4>\u2019n Eeue oue kuns<\/h4>\n<p>Dalk dui die groeiende belangstelling in die verskillende vorme en gebruike van dieretelepatie daarop dat ons besig is om \u2019n \u201cverlore\u201d kernaspek van menswees te herontdek. Dierekommunikasie is geen nuwerwetse verskynsel nie. \u201cDie San was meesters van die kuns. Wanneer hulle gejag het, het hulle die bok geword; hulle het geweet wat die bok dink en voel,\u201d s\u00ea Christiaan Botha,<\/p>\n<p>Chris deel hierdie mistieke aanvoeling en liefde vir die natuur. Nes Jenny was hy van kleins af telepaties op troeteldiere ingestel. Maar sedert hy die bocArus-produkte gebruik wat deur sy lewensmaat, Issabella, geskep word en jou help om jou energie-vibrasie te verhoog, het hy bewustelik met die \u201cblaarmense, vierbeenmense en vlerkmense\u201d begin kommunikeer.<\/p>\n<p>\u201cOp \u2019n dag het ek met die miere begin praat en agtergekom dat ek reaksie kry. Hulle het in \u2019n dik stroom in ons huis ingeloop, wat uiteraard nie ideaal was nie. Ek het geselskontak met hul deva &#8211; \u2019n tipe engel &#8211; gemaak; jy kan direk met die koningin of die miere ook praat, maar ek vind dit baie makliker om met die deva te praat.\u201d<\/p>\n<p>Chris het verduidelik dat hy in liefde en respek met die miere wil saamleef, en hoekom dit moeilik is as die miere binne-in die huis is. Die deva het ges\u00ea die miere weet dit nie. \u201cEk het ges\u00ea dat hulle enige plek buite die huis mag wees, en onderneem om niks te doen wat hulle daar sal steur nie, insluitend om nie gif in die tuin te gebruik nie.\u201d<\/p>\n<p>Toe die deva instem, het Chris gevra hoeveel tyd hulle nodig het om die stroom om te keer. Die antwoord was \u2019n driekwartier. \u201cBinne 45 minute was hulle weg. Dit het my verras dat hulle tyd ken soos ons dit meet.\u201d<\/p>\n<p>\u2019n Jaar later was daar weer \u2019n stroom miere wat in die badkamer in beweeg het. \u201cEk het met die deva kontak gemaak en di\u00e9 het ges\u00ea dis \u2019n ander groep miere as die voriges. Dit was \u2019n dro\u00eb tyd, en die verkenners het water gaan soek. Hulle het dit in die badkamer gekry en die groep is oudergewoonte agter die verkenners aan.\u201d<\/p>\n<p>Chris het gevra waar die miernes is en onderneem om die agtertuin naby die nes nat te spuit. Binne \u2019n halfuur was die miere skoonveld.<\/p>\n<p>\u201c\u2019n Belangrike voorwaarde vir doeltreffende onderhandeling met diere is om op gelyke voet te kommunikeer. Jy sal absoluut niks bereik as jy net eise stel nie. Respek, en veral liefde, is die sleutel.<\/p>\n<p>Daarom stuur ek pienk lig &#8211; wat liefde simboliseer &#8211; terwyl ek met hulle praat. Hulle voel dit onmiddellik.\u201d<\/p>\n<p>Aan die ander kant moet jy ook ferm wees, s\u00ea Chris. \u201c\u2019n Muskiet het my onlangs uit die slaap gehou n\u00e1 ons ooreengekom het dat die muskiete die kamer sou verlaat. Ek het hom presies vyf minute gegee om hom uit die voete te maak, anders maak ek hom dood. Hy wou nie luister nie, en toe sterf hy. Maar ons het nie gou weer muskiete gehad nie.\u201d<\/p>\n<p>As jy \u2019n plant het waarmee dit nie goed gaan nie, kan jy die deva vra wat die plant nodig het, s\u00ea Chris. Jy kan ook onderhandel wanneer insekte byvoorbeeld jou rose verniel. \u201cDalk kan julle ooreenkom dat hulle \u2019n sekere roosboom kry. Die natuurlike balans moet tog behou word.\u201d Hierdie soort kommunikasie kan ook met vrug ingespan word om \u2019n tuin uit te l\u00ea.<\/p>\n<p>Boodskappe van diere kom in woorde na Chris. Hy moes ook maar leer om die boodskappe te vertrou en nie te dink dis net sy verbeelding nie. \u201cWanneer ek sukkel om kontak te maak of onseker voel, vra ek een van my engelgidse, Kuthumi, ook bekend as St. Franciskus, om toe te sien dat die kommunikasie suiwer is.\u201d<\/p>\n<p>Chris toets homself af en toe deur aan diere wat ver bly, eenvoudige vrae te vra en die antwoorde met hul eienaars uit te klaar. \u201cSoms s\u00ea hulle hul gunstelingkos is iets wat hulle dolgraag wil proe, maar nog nooit ge\u00ebet het nie. Pure manipulasie! Ek vermoed diere, veral troeteldiere, het \u2019n goeie kwota menslike sondes by ons geleer.\u201d<\/p>\n<p>Ons is nie net mens deur mense nie, maar ook deur diere, glo Chris. Dieretelepatie kan di\u00e9 band op verrassende wyse versterk. Of jy gereed is vir die avontuur, hang net van jou af &#8211; of van die bydrae wat jou hond dalk tot jou huweliksgeluk kan maak \u2026<\/p>\n<p>Meer inligting oor die bocArus-produkte wat jou bewussynsvlak en intu\u00eftiewe vermo\u00ebns help verhoog by 021 851 5791, www.bocarus.com of info@bocArus.com<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Deur Mariette Snyman Stel jou voor jy is diep in gesprek met jou hond. En dit gaan nie oor wie die gat tussen die roosbome gegrawe het nie &#8211; die onderwerp is harmonie in die huis. Jou hond wys jou [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":9,"featured_media":98002,"comment_status":"open","ping_status":"closed","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"_acf_changed":false,"footnotes":""},"categories":[3476],"tags":[2644,23450,23536],"class_list":["post-97998","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-ontspanning","tag-troeteldiere","tag-entertainment","tag-pets"],"acf":[],"yoast_head":"<!-- This site is optimized with the Yoast SEO plugin v28.6 - https:\/\/yoast.com\/product\/yoast-seo-wordpress\/ -->\n<title>Kry honde gedagtes? | rooi rose<\/title>\n<meta name=\"robots\" content=\"index, follow, max-snippet:-1, max-image-preview:large, max-video-preview:-1\" \/>\n<link rel=\"canonical\" href=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/kry-honde-gedagtes\/\" \/>\n<meta property=\"og:locale\" content=\"en_US\" \/>\n<meta property=\"og:type\" content=\"article\" \/>\n<meta property=\"og:title\" content=\"Kry honde gedagtes? | rooi rose\" \/>\n<meta property=\"og:description\" content=\"Deur Mariette Snyman Stel jou voor jy is diep in gesprek met jou hond. En dit gaan nie oor wie die gat tussen die roosbome gegrawe het nie &#8211; die onderwerp is harmonie in die huis. Jou hond wys jou [&hellip;]\" \/>\n<meta property=\"og:url\" content=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/kry-honde-gedagtes\/\" \/>\n<meta property=\"og:site_name\" content=\"rooi rose\" \/>\n<meta property=\"article:publisher\" content=\"https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/\" \/>\n<meta property=\"article:published_time\" content=\"2018-12-30T20:10:32+00:00\" \/>\n<meta property=\"og:image\" content=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2018\/06\/HOND-SE-GEDAGTES.jpg\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:width\" content=\"1020\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:height\" content=\"680\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:type\" content=\"image\/jpeg\" \/>\n<meta name=\"author\" content=\"Anelle Tewson\" \/>\n<meta name=\"twitter:card\" content=\"summary_large_image\" \/>\n<meta name=\"twitter:creator\" content=\"@rooi_rose\" \/>\n<meta name=\"twitter:site\" content=\"@rooi_rose\" \/>\n<meta name=\"twitter:label1\" content=\"Written by\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:data1\" content=\"Anelle Tewson\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:label2\" content=\"Est. reading time\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:data2\" content=\"10 minute\" \/>\n<script type=\"application\/ld+json\" class=\"yoast-schema-graph\">{\"@context\":\"https:\\\/\\\/schema.org\",\"@graph\":[{\"@type\":\"Article\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/kry-honde-gedagtes\\\/#article\",\"isPartOf\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/kry-honde-gedagtes\\\/\"},\"author\":{\"name\":\"Anelle Tewson\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/person\\\/4f17c1c866533e389e28590e557e7730\"},\"headline\":\"Kry honde gedagtes?\",\"datePublished\":\"2018-12-30T20:10:32+00:00\",\"mainEntityOfPage\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/kry-honde-gedagtes\\\/\"},\"wordCount\":1978,\"commentCount\":0,\"publisher\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/kry-honde-gedagtes\\\/#primaryimage\"},\"thumbnailUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2018\\\/06\\\/HOND-SE-GEDAGTES.jpg\",\"keywords\":[\"troeteldiere\",\"entertainment\",\"pets\"],\"articleSection\":[\"Ontspanning\"],\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"copyrightYear\":\"2018\",\"copyrightHolder\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"}},{\"@type\":\"WebPage\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/kry-honde-gedagtes\\\/\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/kry-honde-gedagtes\\\/\",\"name\":\"Kry honde gedagtes? | rooi rose\",\"isPartOf\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#website\"},\"primaryImageOfPage\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/kry-honde-gedagtes\\\/#primaryimage\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/kry-honde-gedagtes\\\/#primaryimage\"},\"thumbnailUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2018\\\/06\\\/HOND-SE-GEDAGTES.jpg\",\"datePublished\":\"2018-12-30T20:10:32+00:00\",\"breadcrumb\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/kry-honde-gedagtes\\\/#breadcrumb\"},\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"potentialAction\":[{\"@type\":\"ReadAction\",\"target\":[\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/kry-honde-gedagtes\\\/\"]}]},{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/kry-honde-gedagtes\\\/#primaryimage\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2018\\\/06\\\/HOND-SE-GEDAGTES.jpg\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2018\\\/06\\\/HOND-SE-GEDAGTES.jpg\",\"width\":1020,\"height\":680},{\"@type\":\"BreadcrumbList\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/kry-honde-gedagtes\\\/#breadcrumb\",\"itemListElement\":[{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":1,\"name\":\"Home\",\"item\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\"},{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":2,\"name\":\"Kry honde gedagtes?\"}]},{\"@type\":\"WebSite\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#website\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\",\"name\":\"rooi rose\",\"description\":\"Stylvol, sinvol, propvol\",\"publisher\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"},\"potentialAction\":[{\"@type\":\"SearchAction\",\"target\":{\"@type\":\"EntryPoint\",\"urlTemplate\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/?s={search_term_string}\"},\"query-input\":{\"@type\":\"PropertyValueSpecification\",\"valueRequired\":true,\"valueName\":\"search_term_string\"}}],\"inLanguage\":\"af-ZA\"},{\"@type\":\"Organization\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\",\"name\":\"Rooi rose\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\",\"logo\":{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/logo\\\/image\\\/\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2020\\\/12\\\/rrlogo.jpg\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2020\\\/12\\\/rrlogo.jpg\",\"width\":400,\"height\":400,\"caption\":\"Rooi rose\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/logo\\\/image\\\/\"},\"sameAs\":[\"https:\\\/\\\/www.facebook.com\\\/rooirose\\\/\",\"https:\\\/\\\/x.com\\\/rooi_rose\"]},{\"@type\":\"Person\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/person\\\/4f17c1c866533e389e28590e557e7730\",\"name\":\"Anelle Tewson\",\"image\":{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/51c7260d69b78f54e605640e0044be7c1139bdbe0b57d0ca702d946adba90511?s=96&d=mm&r=g\",\"url\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/51c7260d69b78f54e605640e0044be7c1139bdbe0b57d0ca702d946adba90511?s=96&d=mm&r=g\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/51c7260d69b78f54e605640e0044be7c1139bdbe0b57d0ca702d946adba90511?s=96&d=mm&r=g\",\"caption\":\"Anelle Tewson\"}}]}<\/script>\n<!-- \/ Yoast SEO plugin. -->","yoast_head_json":{"title":"Kry honde gedagtes? | rooi rose","robots":{"index":"index","follow":"follow","max-snippet":"max-snippet:-1","max-image-preview":"max-image-preview:large","max-video-preview":"max-video-preview:-1"},"canonical":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/kry-honde-gedagtes\/","og_locale":"en_US","og_type":"article","og_title":"Kry honde gedagtes? | rooi rose","og_description":"Deur Mariette Snyman Stel jou voor jy is diep in gesprek met jou hond. En dit gaan nie oor wie die gat tussen die roosbome gegrawe het nie &#8211; die onderwerp is harmonie in die huis. Jou hond wys jou [&hellip;]","og_url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/kry-honde-gedagtes\/","og_site_name":"rooi rose","article_publisher":"https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/","article_published_time":"2018-12-30T20:10:32+00:00","og_image":[{"width":1020,"height":680,"url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2018\/06\/HOND-SE-GEDAGTES.jpg","type":"image\/jpeg"}],"author":"Anelle Tewson","twitter_card":"summary_large_image","twitter_creator":"@rooi_rose","twitter_site":"@rooi_rose","twitter_misc":{"Written by":"Anelle Tewson","Est. reading time":"10 minute"},"schema":{"@context":"https:\/\/schema.org","@graph":[{"@type":"Article","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/kry-honde-gedagtes\/#article","isPartOf":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/kry-honde-gedagtes\/"},"author":{"name":"Anelle Tewson","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/person\/4f17c1c866533e389e28590e557e7730"},"headline":"Kry honde gedagtes?","datePublished":"2018-12-30T20:10:32+00:00","mainEntityOfPage":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/kry-honde-gedagtes\/"},"wordCount":1978,"commentCount":0,"publisher":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/kry-honde-gedagtes\/#primaryimage"},"thumbnailUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2018\/06\/HOND-SE-GEDAGTES.jpg","keywords":["troeteldiere","entertainment","pets"],"articleSection":["Ontspanning"],"inLanguage":"af-ZA","copyrightYear":"2018","copyrightHolder":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"}},{"@type":"WebPage","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/kry-honde-gedagtes\/","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/kry-honde-gedagtes\/","name":"Kry honde gedagtes? | rooi rose","isPartOf":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#website"},"primaryImageOfPage":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/kry-honde-gedagtes\/#primaryimage"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/kry-honde-gedagtes\/#primaryimage"},"thumbnailUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2018\/06\/HOND-SE-GEDAGTES.jpg","datePublished":"2018-12-30T20:10:32+00:00","breadcrumb":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/kry-honde-gedagtes\/#breadcrumb"},"inLanguage":"af-ZA","potentialAction":[{"@type":"ReadAction","target":["https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/kry-honde-gedagtes\/"]}]},{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/kry-honde-gedagtes\/#primaryimage","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2018\/06\/HOND-SE-GEDAGTES.jpg","contentUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2018\/06\/HOND-SE-GEDAGTES.jpg","width":1020,"height":680},{"@type":"BreadcrumbList","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/kry-honde-gedagtes\/#breadcrumb","itemListElement":[{"@type":"ListItem","position":1,"name":"Home","item":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/"},{"@type":"ListItem","position":2,"name":"Kry honde gedagtes?"}]},{"@type":"WebSite","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#website","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/","name":"rooi rose","description":"Stylvol, sinvol, propvol","publisher":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"},"potentialAction":[{"@type":"SearchAction","target":{"@type":"EntryPoint","urlTemplate":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/?s={search_term_string}"},"query-input":{"@type":"PropertyValueSpecification","valueRequired":true,"valueName":"search_term_string"}}],"inLanguage":"af-ZA"},{"@type":"Organization","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization","name":"Rooi rose","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/","logo":{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/logo\/image\/","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2020\/12\/rrlogo.jpg","contentUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2020\/12\/rrlogo.jpg","width":400,"height":400,"caption":"Rooi rose"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/logo\/image\/"},"sameAs":["https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/","https:\/\/x.com\/rooi_rose"]},{"@type":"Person","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/person\/4f17c1c866533e389e28590e557e7730","name":"Anelle Tewson","image":{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/51c7260d69b78f54e605640e0044be7c1139bdbe0b57d0ca702d946adba90511?s=96&d=mm&r=g","url":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/51c7260d69b78f54e605640e0044be7c1139bdbe0b57d0ca702d946adba90511?s=96&d=mm&r=g","contentUrl":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/51c7260d69b78f54e605640e0044be7c1139bdbe0b57d0ca702d946adba90511?s=96&d=mm&r=g","caption":"Anelle Tewson"}}]}},"distributor_meta":false,"distributor_terms":false,"distributor_media":false,"distributor_original_site_name":"rooi rose","distributor_original_site_url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose","push-errors":false,"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/97998","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/users\/9"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=97998"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/97998\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/media\/98002"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=97998"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=97998"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=97998"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}