{"id":97994,"date":"2023-10-23T14:12:22","date_gmt":"2023-10-23T12:12:22","guid":{"rendered":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/?p=97994"},"modified":"2023-10-23T14:17:06","modified_gmt":"2023-10-23T12:17:06","slug":"speel-self-kupido","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/speel-self-kupido\/","title":{"rendered":"Speel self Kupido &#8211; hier&#8217;s hoe!"},"content":{"rendered":"<p><em>Deur Ami Moore<\/em><\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>Hoekom raak \u2019n mens verlief? Vir digters en sangers en ander romantiese siele is die liefde \u2019n kuns en goed net soos dit is. Maar die wetenskaplikes wat die liefde objektief ondersoek, s\u00ea liefde is \u2019n wetenskap. Iets waarvoor jy kan beplan, soos vir \u2019n vakansie. As \u2019n mens die beginsels verstaan, hoef jy nie te wag dat Kupido se pyltjie jou tref nie &#8211; jy kan inspring en self Kupido speel.<\/p>\n<p>En dis nie net teorie nie. <em>The Project<\/em>, \u2019n organisasie wat in New York gesetel is en meer as tien jaar lank die interaksie tussen mans en vroue prakties ondersoek het, het 85 suksesvolle strategie\u00eb ge\u00efdentifseer, wat alles in<em> How to Make Anyone Fall in Love with You<\/em> uitgestippel word.<\/p>\n<p>Lees ook: <a href=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/29-maniere-om-te-se-ek-het-jou-lief\/\" target=\"_blank\" rel=\"noopener noreferrer\">29 maniere om te s\u00ea &#8220;ek het jou lief&#8221;<\/a><\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>Leil Lowndes, skrywer van die boek en direkteur van <em>The Project<\/em>, s\u00ea party mense het \u2019n natuurlike slag met die tegnieke, waarskynlik omdat hulle beter rolmodelle gehad het. Ander mense het dit net nie. En as hulle nie dit leer nie, wag daar dalk \u2019n eensame, liefdelose lewe op hulle.<\/p>\n<p>Die nederigheid om te leer is beslis edeler as onvermo\u00eb gebore uit onkunde. Met \u2019n geraamde een uit elke vyf mense in Suid-Afrika (agt miljoen!) wat nie \u2019n lewensmaat het nie, wil dit voorkom of baie van ons gerus maar kan leer.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p><strong>Hier\u2019s die beste planne, volgens The Project.<\/strong><\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h4>Die eerste indruk<\/h4>\n<p>Die allerbelangrikste is die regte eerste indruk op jou liefdesteiken &#8211; daardie eerste paar sekondes wat jy nooit, ooit weer kan oorh\u00ea nie.<\/p>\n<p>Wie moet jy be\u00efndruk? Die mense in jou onmiddellike omgewing. Navorsing toon die meeste mense kry \u2019n lewensmaat in hul omgewing &#8211; en nie in kuierplekke waar vreemdelinge drie rye diep ingeryg sit nie. Dus, kyk goed om jou rond &#8211; hy is hi\u00e9r.<\/p>\n<p>Lees ook: <a href=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/pasop-vir-kuber-prinse\/\" target=\"_blank\" rel=\"noopener noreferrer\">Pasop vir kuberprinse<\/a><\/p>\n<p>Nie net is hy iewers naby jou nie, maar kan hy baie onverwags opduik. Daarom moet jy \u00e1ltyd reg wees met daardie goeie eerste indruk.<\/p>\n<p>Watter indruk moet jy maak? Een van gesondheid en versorgdheid. Op die mees basiese vlak kom liefde op biologie neer: mans soek maats wat opgewasse lyk om kinders in die w\u00eareld te bring. Dis \u00e1l indruk wat jy fisiek hoef te maak.<\/p>\n<p>En die goeie nuus vir almal wat nie skoonhede is nie: volgens navorsing is mans wat \u2019n vrou kies, min gepla met \u2019n spesifieke gewig of vol lippe of mooi bene of groot borste. Vir \u2019n man is honderde vroue met heeltemal uiteenlopende voorkomste aantreklik. Al gemene deler tussen die aantreklikes is helder o\u00eb, \u2019n skoon vel, blink hare, egalige wit tande en skraalheid (maar nie maerheid nie). Dit kom net op \u2019n gesonde, versorgde voorkoms neer.<\/p>\n<p>Nog \u2019n aspek van die eerste indruk is <strong>lyftaal.<\/strong> Laat joune ook vertel hoe opgewasse jy fisiek vir jou biologiese taak is &#8211; al het jy dit nie op die oomblik naastenby in gedagte nie. Glimlag, gooi jou skouers agteroor, stoot jou borste uit en jou een heup effe vorentoe en kyk die w\u00eareld in die oog. Beweeg soos \u2019n liefdesgodin, en jou liefdesteiken sal glo jy \u00eds een.<\/p>\n<p>Wat van ontblotende klere? Naaktheid werk nie. Al fantaseer mans daaroor, wys The Project se navorsing hulle wil nie met \u2019n prikkelpoppie trou nie. Veral mans van \u2019n ho\u00ebr sosiale status verkies hul vroue fatsoenlik bedek &#8211; dis nou in die openbaar. Die eenvoudige waarheid is dat mans bra onoplettend is: jy hoef nie \u2019n modeslaaf te wees nie, maar jou klere moet wys jy is gesond en versorg.<\/p>\n<p>Lees ook: <a href=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/word-weer-hartsmaats\/\" target=\"_blank\" rel=\"noopener noreferrer\">Word weer hartsmaats<\/a><\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h4>Pritt jou o\u00eb op hom<\/h4>\n<p>Daar is min dinge wat sulke kragtige liefdes-emosies soos oogkontak ontlok. Maar dit moet die regte soort oogkontak wees. \u2019n Starende, harde blik werk nie. Groot slaapkamero\u00eb tel.<\/p>\n<p>Volgens die wetenskap van pupilometrie het die verleidelikheid van jou o\u00eb te make met die grootte van jou pupille. Hoe groter hulle word, hoe aantrekliker lyk jy. Die probleem is dat jy nie jou pupille willekeurig groter of kleiner kan laat word nie, maar daar is tog \u2019n paar truuks.<\/p>\n<p>Sagter lig is een, omdat dit jou pupille laat vergroot. Maar die beste truuk is dat jou pupille outomaties vergroot wanneer jy na iets moois of geliefds kyk.<\/p>\n<p>Lees ook: <a href=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/mislukte-verhoudings-kan-nuwe-liefde-ruineer\/\" target=\"_blank\" rel=\"noopener noreferrer\">Mislukte verhoudings kan nuwe liefde ru\u00efneer<\/a><\/p>\n<p>Pas di\u00e9 feit so toe: laat jou o\u00eb stadig oor sy gesig gly tot jy iets raaksien wat regtig vir jou mooi is &#8211; sy ferm ken, helder o\u00eb of selfs \u2019n oulike moesie, enigiets solank dit vir j\u00f3\u00fa mooi is. Wees bewus van die plesier wat jy daaruit put terwyl jy in sy o\u00eb kyk. En laat jou o\u00eb op sy gesig talm en vassteek, asof jou o\u00eb met Pritt aan sy gesig vasgegom is. Jou pupille sal saamspeel.<\/p>\n<p>Kyk ook dikwels en lank na hom &#8211; solank jy daarmee kan wegkom. In gewone kommunikasie kyk mense sowat 60 persent van die tyd na mekaar, terwyl verliefdes minstens 75 persent van die tyd in mekaar se o\u00eb kyk. As jy moet wegkyk, doen dit asof jy onwillig is.<\/p>\n<p>En as jy dink hy geniet die aandag van jou o\u00eb, skuif jou blik \u2019n bietjie na sy nek, skouers en hande \u2026<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h4>Maak die eerste skuif<\/h4>\n<p>Navorsing wys dat mans ni\u00e9 die eerste skuif maak nie, maar reageer op vroue se nie-verbale boodskappe. Die bal is in jou hande: jy moet jou nieverbale boodskappe subtiel, maar duidelik uitsaai.<\/p>\n<p>Gorillawyfies lig onge\u00efnhibeerd die agterstewe as hulle \u2019n nieverbale sein uitstuur, maar by mense werk kru, direkte seine nie. Werk subtiel, b\u00e1ie subtiel.<\/p>\n<p>Jou beste nie-verbale tegnieke is jou o\u00eb, jou glimlag en \u2019n kopknikkie. Kyk vlugtig na hom met daardie Pritt-o\u00eb, gee \u2019n klein kopknikkie en glimlag vriendelik. En glimlag gerus dikwels en elke keer as jy sy oog vang. Glimlag opreg &#8211; wat net gebeur as jou glimlag die soort mens weerspie\u00ebl wat jy is &#8211; skalks, speels, skamerig, gul, hoe jy jou ook al sien.<\/p>\n<p>Mans reageer volgens The Project ook goed op vroue wat reguit na hulle kyk en hul hare agtertoe vee of die kop agtertoe skud (net effens of meer dramaties, soos dit by jou pas) en dan weer na hulle kyk.Die volgende stap is verbale kommunikasie &#8211; die sogenaamde <em>pick-up line<\/em>. Maar wees gewaarsku: geoefende teksies werk selde. As jy nie weet wat om te s\u00ea nie, probeer \u2019n doodgewone \u201chaai\u201d of \u201challo\u201d. Dit werk net so goed of beter as slim opmerkings.<\/p>\n<p>Nou moet jy oplet na jou liefdesteiken se lyftaal. As hy sy kop ten volle na jou draai, het jy sy aandag.<\/p>\n<p>As hy dit nie doen nie \u2026 vergeet van hom. Hy stel nie belang nie. Soek \u2019n volgende liefdesteiken &#8211; daar\u2019s immers agt miljoen ander.<\/p>\n<p>Maar gestel hy kyk reguit na jou. Dan moet jy oplet na die res van sy lyf en joune ooreenkomstig posisioneer. As iemand belangstel, draai hy nie net sy kop nie, maar sy hele lyf geleidelik na jou toe. Die hele draaiproses kan minute of ure neem, en is die barometer van sy belangstelling. Hoe meer van sy lyf direk na jou gedraai is, hoe groter die belangstelling.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>Lees ook: <a href=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/verhoudings-swaai-uit-vir-die-slaggate\/\" target=\"_blank\" rel=\"noopener noreferrer\">Verhoudings: Swaai uit vir hierdie slaggate<\/a><\/p>\n<p><a href=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/enkelloper-red-die-situasie\/\" target=\"_blank\" rel=\"noopener noreferrer\">Enkelloper? Red die situasie<\/a><\/p>\n<p><a href=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/nie-getroud\/\" target=\"_blank\" rel=\"noopener noreferrer\">&#8220;Hoekom is jy nog nie getroud nie?&#8221; en ander goed wat enkellopers haat<\/a><\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\"size-medium wp-image-106787 aligncenter\" src=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2019\/02\/pexels-photo-349494-500x333.jpeg\" alt=\"Speel self kupido\" width=\"500\" height=\"333\" \/><\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h4>Eerste geselsies<\/h4>\n<p>Nou\u2019s dit tyd vir \u201cop-<em>chat<\/em>\u201d, soos hulle s\u00ea. Julle is nou in die dans en jou groot pupille gom hom vas, maar as julle nie nou \u2019n geselsie op dreef kry nie, val als plat. Die eerste sinne is meestal maar clich\u00e9s oor die weer, die verkeer, die plek of die werk. Maar julle kan nie langer as \u2019n paar sinne op hierdie vlak bly nie.<\/p>\n<p>Hoe kom \u2019n mens hier verby? Die truuks is in die blok langsaan gelys.<\/p>\n<p>Die volgende stappe (maak dit stappies, want jy wil b\u00e1ie subtiel werk) is aanraking en sinchronisasie.<\/p>\n<p>Ligte, vlugtige aanraking is \u2019n kragtige afrodisiak. Skiet \u2019n krummeltjie van sy top af; raak vlugtig aan sy hand as jy vir hom iets aangee; laat jou skouer teen syne skuur wanneer jy effens vorentoe leun &#8211; gebruik die klein geleenthede wat opduik om \u201cper ongeluk\u201d aan hom te raak.<\/p>\n<p>As hy geprikkel is, sal hy van sy kant af ook outomaties ligweg en terloops aan jou raak. Wees baie ontspanne daaroor, want as jy jou liggaam verstyf of effens wegtrek n\u00e1 enige uitreiking van sy kant af, sien hy dit as verwerping &#8211; en is dit die einde van jul flirtasie. Jy kan selfs reageer deur effens nader te leun.<\/p>\n<p>Sinchronisering is die laaste stap: julle begin nou saamdoen. As hy sy glas optel of sy pen neersit, doen jy dit ook. \u2019n Paartjie beweeg saam, en as jy die idee wil oordra dat julle saam is, moet jy saamdoen. Hier net \u2019n woordjie van waarskuwing: hou kop en behou jou selfrespek. Jy hoef beslis nie deel te neem aan onaanvaarbare gedrag of onvanpaste toenadering te beantwoord nie.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>Lees ook: <a href=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wat-mans-ons-oor-seks-wil-weet\/\" target=\"_blank\" rel=\"noopener noreferrer\">Wat mans by ons oor seks wil weet<\/a><\/p>\n<p><a href=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wat-vroue-by-mans-oor-seks-wil-weet\/\" target=\"_blank\" rel=\"noopener noreferrer\">Hoe om beter oor seks te praat<\/a><\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h4>Die eerste afspraak<\/h4>\n<p>Als is gereed vir die eerste afspraak. Dit kan gebeur &#8211; of nie. Jy kan dit indirek uit hom trek deur wenke te laat val oor plekke waarna jy wil gaan of dinge wat jy wil doen. M\u00e1\u00e1r dit moet voorstelle wees waarin hy belang stel &#8211; jy luister mos fyn.<\/p>\n<p>Wat werk? Ni\u00e9 \u2019n romantiese ete by kerslig terwyl julle jul diepste gevoelens bespreek nie. Mans se geheime liefdeskakelaar is gevaar &#8211; enige aksie wat die adrenalien laat pomp. Stel as een van jul eerste afsprake iets avontuurliks voor wat verband hou met sy belangstellings, soos fietsry, roei, \u2019n reksprong of aksie-krieket.<\/p>\n<p>Julle kan natuurlik daarn\u00e1 iewers gaan eet en jul wedervaringe deurpraat.<\/p>\n<p>Hoe vinnig moet jy spring as hy jou uitnooi? Hier het navorsing \u2019n verrassing opgelewer: die ou <em>hard-to-get<\/em> speletjie werk nie in die praktyk nie. Mans hou baie meer van \u2019n vrou wat met \u2019n \u201cJa, dit klink h\u00e9\u00e9rlik!\u201d reageer. Volgens The Project is dit wel goed om hom laat verstaan jy is <em>hard-to-get<\/em> vir \u00e1nder mans. Jy kan later laat blyk dat jy \u2019n uitnodiging na dit of dat ook gehad het, maar dat jy di\u00e9 van jou liefdesteiken verkies het.<\/p>\n<p>Daaruit volg die finale fase. Gaan hy in \u2019n verhouding belangstel? Die kanse is goed. The Project s\u00ea dis nie genoeg om net lekker te gesels en dinge hul loop te laat neem nie. As jy regtig in \u2019n verhouding met hom belangstel, moet jy vasstel hoe hy liefgeh\u00ea wil wees. Wat is sy diepste behoeftes? Hoe kan jy dit vervul? As jy goed luister, kan jy in die volgende paar maande die leidrade optel en inspan om hom te wys hoe lekker \u2019n verhouding met jou is.<\/p>\n<p>Lees ook: <a href=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/menopouse-n-sensueler-jy\/\" target=\"_blank\" rel=\"noopener noreferrer\">Menopouse: \u2019n Sensueler jy<\/a><\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h4>Regtig \u00e9nigeen?<\/h4>\n<p>The Project s\u00ea jy wil ni\u00e9 met die prins trou nie. Alles op aarde het \u2019n markwaarde &#8211; jy \u00f3\u00f3k. Die gelukkigste verhoudings is tussen mense met min of meer dieselfde markwaarde. Dus: gaan staan voor die spie\u00ebl en gee jouself \u2019n regverdige punt. Buiten \u2019n gesonde, versorgde voorkoms, tel jou welvaart, sosiale status, kennis, sosiale afronding en persoonlikheid. Kies liefdesteikens aan wie jy naastenby dieselfde gemiddelde punt sal toeken.<\/p>\n<p>Lees ook: <a href=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/jy-jou-lyf-die-liefde\/\" target=\"_blank\" rel=\"noopener noreferrer\">Jy, jou lyf en die liefde<\/a><\/p>\n<p><a href=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/sit-die-vonk-terug\/\" target=\"_blank\" rel=\"noopener noreferrer\">Sit die vonk terug<\/a><\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h4>Gesels hom verlief!<\/h4>\n<p><strong>1 Alle kommunikasie begin met clich\u00e9s<\/strong>, maar daar skuil leidrade in di\u00e9 geykte uitdrukkings. Vra uit oor die leidrade om van clich\u00e9s na interessante gesprekke te spring. As sy gesig verhelder wanneer jy uitvra, is jy op die regte spoor.<br \/>\n<strong>2 Luister aandagtig:<\/strong> knik jou kop, maak instemmende geluide, lag vir sy grappies en wys jou emosies.<br \/>\n<strong>3 Doen jou deel.<\/strong> Bou aanknopingspunte in jou reaksies in. Gestel hy vra wat jy doen of swot, s\u00ea iets soos: \u201cEk\u2019s \u2019n prokureur, en ek spesialiseer in belasting. Ek het nou juis vanoggend gehoor ons kry glo aanstaande jaar nog \u2019n paar toegewings.\u201d<br \/>\n<strong>4 Reageer wanneer jy kan met \u201cons\u201d stellings wat hom insluit.<\/strong> Dit laat hom nader aan jou voel.<br \/>\n<strong>5 Verklap \u2019n klein foutjie oor jouself.<\/strong> Groot foute is ontstellend. Mense wil nie weet dat jy die verskriklikste karbonkels kry of pas geskei is nie, maar iets kleins is minsaam.<br \/>\n<strong>6 Beklemtoon jul eendersheid.<\/strong> Pas jou profiel aan om by syne te pas. As hy \u2019n natuurliefhebber is, is jy ook een. Maar as dit alles behalwe waar is, moenie jok nie. Maak net iets van die bietjie wat jy wel van die natuur weet of geniet.<br \/>\n<strong>7 Eggo hom<\/strong>. Gebruik presies dieselfde woorde waarmee hy sy gunstelingdinge beskryf. As hy praat van sy \u201cLandy\u201d, moenie dit \u2019n bakkie, 4&#215;4 of tjor noem nie.<br \/>\n<strong>8 Mense vra altyd wat jy doen en waar jy grootgeword het.<\/strong> Berei verskillende antwoorde voor vir verskillende soorte liefdesteikens. Gestel jy is \u2019n Kapenaar. Vir \u2019n natuurliefhebber sal jy vertel jou beste herinnering is die maanopkoms van Tafelberg af, maar vir \u2019n ingenieur vertel jy liewer die N1 stad toe is uiteindelik klaar en die spitsverkeer vloei nou baie beter.<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Deur Ami Moore &nbsp; Hoekom raak \u2019n mens verlief? Vir digters en sangers en ander romantiese siele is die liefde \u2019n kuns en goed net soos dit is. Maar die wetenskaplikes wat die liefde objektief ondersoek, s\u00ea liefde is \u2019n [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":9,"featured_media":140291,"comment_status":"closed","ping_status":"closed","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"_acf_changed":false,"footnotes":""},"categories":[651,662],"tags":[23443,60333,62575,135,1394],"class_list":["post-97994","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-verhoudings","category-jou-lewe","tag-relationships","tag-jou-lewe","tag-wellness","tag-verhoudings","tag-news"],"acf":[],"yoast_head":"<!-- This site is optimized with the Yoast SEO plugin v28.6 - https:\/\/yoast.com\/product\/yoast-seo-wordpress\/ -->\n<title>Speel self Kupido - hier&#039;s hoe! | rooi rose<\/title>\n<meta name=\"description\" content=\"Jy kan amper enigeen verlief maak op jou - as jy die wetenskap van die liefde verstaan en dit o, s\u00f3 subtiel inspan...\" \/>\n<meta name=\"robots\" content=\"index, follow, max-snippet:-1, max-image-preview:large, max-video-preview:-1\" \/>\n<link rel=\"canonical\" href=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/speel-self-kupido\/\" \/>\n<meta property=\"og:locale\" content=\"en_US\" \/>\n<meta property=\"og:type\" content=\"article\" \/>\n<meta property=\"og:title\" content=\"Speel self Kupido - hier&#039;s hoe! | rooi rose\" \/>\n<meta property=\"og:description\" content=\"Jy kan amper enigeen verlief maak op jou - as jy die wetenskap van die liefde verstaan en dit o, s\u00f3 subtiel inspan...\" \/>\n<meta property=\"og:url\" content=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/speel-self-kupido\/\" \/>\n<meta property=\"og:site_name\" content=\"rooi rose\" \/>\n<meta property=\"article:publisher\" content=\"https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/\" \/>\n<meta property=\"article:published_time\" content=\"2023-10-23T12:12:22+00:00\" \/>\n<meta property=\"article:modified_time\" content=\"2023-10-23T12:17:06+00:00\" \/>\n<meta property=\"og:image\" content=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2023\/10\/crook-marker-ADpx8g1jk6A-unsplash-scaled-e1698063411194.jpg\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:width\" content=\"1708\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:height\" content=\"1702\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:type\" content=\"image\/jpeg\" \/>\n<meta name=\"author\" content=\"Anelle Tewson\" \/>\n<meta name=\"twitter:card\" content=\"summary_large_image\" \/>\n<meta name=\"twitter:creator\" content=\"@rooi_rose\" \/>\n<meta name=\"twitter:site\" content=\"@rooi_rose\" \/>\n<meta name=\"twitter:label1\" content=\"Written by\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:data1\" content=\"Anelle Tewson\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:label2\" content=\"Est. reading time\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:data2\" content=\"11 minute\" \/>\n<script type=\"application\/ld+json\" class=\"yoast-schema-graph\">{\"@context\":\"https:\\\/\\\/schema.org\",\"@graph\":[{\"@type\":\"Article\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/speel-self-kupido\\\/#article\",\"isPartOf\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/speel-self-kupido\\\/\"},\"author\":{\"name\":\"Anelle Tewson\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/person\\\/4f17c1c866533e389e28590e557e7730\"},\"headline\":\"Speel self Kupido &#8211; hier&#8217;s hoe!\",\"datePublished\":\"2023-10-23T12:12:22+00:00\",\"dateModified\":\"2023-10-23T12:17:06+00:00\",\"mainEntityOfPage\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/speel-self-kupido\\\/\"},\"wordCount\":2207,\"publisher\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/speel-self-kupido\\\/#primaryimage\"},\"thumbnailUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2023\\\/10\\\/crook-marker-ADpx8g1jk6A-unsplash-scaled-e1698063411194.jpg\",\"keywords\":[\"relationships\",\"jou lewe\",\"wellness\",\"Verhoudings\",\"news\"],\"articleSection\":[\"Verhoudings\",\"Jou lewe\"],\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"copyrightYear\":\"2023\",\"copyrightHolder\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"}},{\"@type\":\"WebPage\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/speel-self-kupido\\\/\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/speel-self-kupido\\\/\",\"name\":\"Speel self Kupido - hier's hoe! | rooi rose\",\"isPartOf\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#website\"},\"primaryImageOfPage\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/speel-self-kupido\\\/#primaryimage\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/speel-self-kupido\\\/#primaryimage\"},\"thumbnailUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2023\\\/10\\\/crook-marker-ADpx8g1jk6A-unsplash-scaled-e1698063411194.jpg\",\"datePublished\":\"2023-10-23T12:12:22+00:00\",\"dateModified\":\"2023-10-23T12:17:06+00:00\",\"description\":\"Jy kan amper enigeen verlief maak op jou - as jy die wetenskap van die liefde verstaan en dit o, s\u00f3 subtiel inspan...\",\"breadcrumb\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/speel-self-kupido\\\/#breadcrumb\"},\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"potentialAction\":[{\"@type\":\"ReadAction\",\"target\":[\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/speel-self-kupido\\\/\"]}]},{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/speel-self-kupido\\\/#primaryimage\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2023\\\/10\\\/crook-marker-ADpx8g1jk6A-unsplash-scaled-e1698063411194.jpg\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2023\\\/10\\\/crook-marker-ADpx8g1jk6A-unsplash-scaled-e1698063411194.jpg\",\"width\":1708,\"height\":1702},{\"@type\":\"BreadcrumbList\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/speel-self-kupido\\\/#breadcrumb\",\"itemListElement\":[{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":1,\"name\":\"Home\",\"item\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\"},{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":2,\"name\":\"Speel self Kupido &#8211; hier&#8217;s hoe!\"}]},{\"@type\":\"WebSite\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#website\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\",\"name\":\"rooi rose\",\"description\":\"Stylvol, sinvol, propvol\",\"publisher\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"},\"potentialAction\":[{\"@type\":\"SearchAction\",\"target\":{\"@type\":\"EntryPoint\",\"urlTemplate\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/?s={search_term_string}\"},\"query-input\":{\"@type\":\"PropertyValueSpecification\",\"valueRequired\":true,\"valueName\":\"search_term_string\"}}],\"inLanguage\":\"af-ZA\"},{\"@type\":\"Organization\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\",\"name\":\"Rooi rose\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\",\"logo\":{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/logo\\\/image\\\/\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2020\\\/12\\\/rrlogo.jpg\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2020\\\/12\\\/rrlogo.jpg\",\"width\":400,\"height\":400,\"caption\":\"Rooi rose\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/logo\\\/image\\\/\"},\"sameAs\":[\"https:\\\/\\\/www.facebook.com\\\/rooirose\\\/\",\"https:\\\/\\\/x.com\\\/rooi_rose\"]},{\"@type\":\"Person\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/person\\\/4f17c1c866533e389e28590e557e7730\",\"name\":\"Anelle Tewson\",\"image\":{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/51c7260d69b78f54e605640e0044be7c1139bdbe0b57d0ca702d946adba90511?s=96&d=mm&r=g\",\"url\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/51c7260d69b78f54e605640e0044be7c1139bdbe0b57d0ca702d946adba90511?s=96&d=mm&r=g\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/51c7260d69b78f54e605640e0044be7c1139bdbe0b57d0ca702d946adba90511?s=96&d=mm&r=g\",\"caption\":\"Anelle Tewson\"}}]}<\/script>\n<!-- \/ Yoast SEO plugin. -->","yoast_head_json":{"title":"Speel self Kupido - hier's hoe! | rooi rose","description":"Jy kan amper enigeen verlief maak op jou - as jy die wetenskap van die liefde verstaan en dit o, s\u00f3 subtiel inspan...","robots":{"index":"index","follow":"follow","max-snippet":"max-snippet:-1","max-image-preview":"max-image-preview:large","max-video-preview":"max-video-preview:-1"},"canonical":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/speel-self-kupido\/","og_locale":"en_US","og_type":"article","og_title":"Speel self Kupido - hier's hoe! | rooi rose","og_description":"Jy kan amper enigeen verlief maak op jou - as jy die wetenskap van die liefde verstaan en dit o, s\u00f3 subtiel inspan...","og_url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/speel-self-kupido\/","og_site_name":"rooi rose","article_publisher":"https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/","article_published_time":"2023-10-23T12:12:22+00:00","article_modified_time":"2023-10-23T12:17:06+00:00","og_image":[{"width":1708,"height":1702,"url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2023\/10\/crook-marker-ADpx8g1jk6A-unsplash-scaled-e1698063411194.jpg","type":"image\/jpeg"}],"author":"Anelle Tewson","twitter_card":"summary_large_image","twitter_creator":"@rooi_rose","twitter_site":"@rooi_rose","twitter_misc":{"Written by":"Anelle Tewson","Est. reading time":"11 minute"},"schema":{"@context":"https:\/\/schema.org","@graph":[{"@type":"Article","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/speel-self-kupido\/#article","isPartOf":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/speel-self-kupido\/"},"author":{"name":"Anelle Tewson","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/person\/4f17c1c866533e389e28590e557e7730"},"headline":"Speel self Kupido &#8211; hier&#8217;s hoe!","datePublished":"2023-10-23T12:12:22+00:00","dateModified":"2023-10-23T12:17:06+00:00","mainEntityOfPage":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/speel-self-kupido\/"},"wordCount":2207,"publisher":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/speel-self-kupido\/#primaryimage"},"thumbnailUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2023\/10\/crook-marker-ADpx8g1jk6A-unsplash-scaled-e1698063411194.jpg","keywords":["relationships","jou lewe","wellness","Verhoudings","news"],"articleSection":["Verhoudings","Jou lewe"],"inLanguage":"af-ZA","copyrightYear":"2023","copyrightHolder":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"}},{"@type":"WebPage","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/speel-self-kupido\/","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/speel-self-kupido\/","name":"Speel self Kupido - hier's hoe! | rooi rose","isPartOf":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#website"},"primaryImageOfPage":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/speel-self-kupido\/#primaryimage"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/speel-self-kupido\/#primaryimage"},"thumbnailUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2023\/10\/crook-marker-ADpx8g1jk6A-unsplash-scaled-e1698063411194.jpg","datePublished":"2023-10-23T12:12:22+00:00","dateModified":"2023-10-23T12:17:06+00:00","description":"Jy kan amper enigeen verlief maak op jou - as jy die wetenskap van die liefde verstaan en dit o, s\u00f3 subtiel inspan...","breadcrumb":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/speel-self-kupido\/#breadcrumb"},"inLanguage":"af-ZA","potentialAction":[{"@type":"ReadAction","target":["https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/speel-self-kupido\/"]}]},{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/speel-self-kupido\/#primaryimage","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2023\/10\/crook-marker-ADpx8g1jk6A-unsplash-scaled-e1698063411194.jpg","contentUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2023\/10\/crook-marker-ADpx8g1jk6A-unsplash-scaled-e1698063411194.jpg","width":1708,"height":1702},{"@type":"BreadcrumbList","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/speel-self-kupido\/#breadcrumb","itemListElement":[{"@type":"ListItem","position":1,"name":"Home","item":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/"},{"@type":"ListItem","position":2,"name":"Speel self Kupido &#8211; hier&#8217;s hoe!"}]},{"@type":"WebSite","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#website","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/","name":"rooi rose","description":"Stylvol, sinvol, propvol","publisher":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"},"potentialAction":[{"@type":"SearchAction","target":{"@type":"EntryPoint","urlTemplate":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/?s={search_term_string}"},"query-input":{"@type":"PropertyValueSpecification","valueRequired":true,"valueName":"search_term_string"}}],"inLanguage":"af-ZA"},{"@type":"Organization","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization","name":"Rooi rose","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/","logo":{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/logo\/image\/","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2020\/12\/rrlogo.jpg","contentUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2020\/12\/rrlogo.jpg","width":400,"height":400,"caption":"Rooi rose"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/logo\/image\/"},"sameAs":["https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/","https:\/\/x.com\/rooi_rose"]},{"@type":"Person","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/person\/4f17c1c866533e389e28590e557e7730","name":"Anelle Tewson","image":{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/51c7260d69b78f54e605640e0044be7c1139bdbe0b57d0ca702d946adba90511?s=96&d=mm&r=g","url":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/51c7260d69b78f54e605640e0044be7c1139bdbe0b57d0ca702d946adba90511?s=96&d=mm&r=g","contentUrl":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/51c7260d69b78f54e605640e0044be7c1139bdbe0b57d0ca702d946adba90511?s=96&d=mm&r=g","caption":"Anelle Tewson"}}]}},"distributor_meta":false,"distributor_terms":false,"distributor_media":false,"distributor_original_site_name":"rooi rose","distributor_original_site_url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose","push-errors":false,"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/97994","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/users\/9"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=97994"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/97994\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/media\/140291"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=97994"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=97994"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=97994"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}