{"id":97974,"date":"2026-07-09T12:00:44","date_gmt":"2026-07-09T10:00:44","guid":{"rendered":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/?p=97974"},"modified":"2026-07-09T12:49:43","modified_gmt":"2026-07-09T10:49:43","slug":"word-weer-hartsmaats","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/word-weer-hartsmaats\/","title":{"rendered":"Word weer hartsmaats"},"content":{"rendered":"<p><em>Deur Mariette Snyman<\/em><\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>Soms voel die lewe darem bitter onregverdig. Ons word groot met prins-en-prinses-stories wat pragtig eindig: \u201cEn hulle het lank en gelukkig saamgeleef.\u201d Maar ons eie langtermynverhoudings het selde sprokieseindes. Dikwels is dit eerder \u2019n geval van \u201chulle het al meer en hewiger verskil\u201d of \u201cdie afstand tussen hulle het net groter geword\u201d.<\/p>\n<p>Hoe graag sou party van ons nie die opwinding en intimiteit van ons verliefraakdae wou terugkry nie \u2026<\/p>\n<p>Omdat towerfe\u00eb nie meer geredelik beskikbaar is om hul staffies oor ons (liefdes)lewe te kom swaai nie, moet ons elders na oplossings soek. Tussen die talle verhoudingshulpmiddels is daar een met interessante uitgangspunte en verrassende resultate: <strong>Imago-verhoudingsterapie<\/strong>.<\/p>\n<p>Imago, wat in Amerika deur<strong> dr.<\/strong> <strong>Harville Hendrix<\/strong> ontwikkel is, moet met \u2019n oop gemoed benader word. Dit dop talle aanvaarde uitkyke om. Sommige van die beginsels laat jou frons voor dit begin sin maak, maar sodra jy die groter prentjie sien, gaan daar \u2019n lig op. En saam met die insig kry jy hoop.<\/p>\n<p>Die paartjies wat sy Imago-naweekwerkwinkels bywoon of kom vir private terapiesessies, wil soms net \u2019n goeie verhouding verdiep, s\u00ea <strong>ds. Kobus van der Merwe<\/strong> van Pretoria, sedert 1996 voltyds verhoudingsterapeut. \u201cMaar dikwels is die verhouding by \u2019n kruispad. Die paartjie voel hulle het niks meer gemeen nie en twyfel aan hul liefde vir mekaar. Dan het ek vir hulle goeie nuus.\u201d<\/p>\n<p>Anders as wat algemeen aanvaar word, glo Imago-terapeute nie dat jy langdurige huweliksgeluk kan waarborg deur die \u201cregte\u201d maat te kies nie. Die keerkant van hierdie uitkyk is immers dat geluk jou gaan ontwyk as jy aanvanklik die \u201cverkeerde\u201d keuse maak. Jou keuse is \u00e1ltyd reg omdat jy dit onbewustelik doen. Die kuns is om die dinamiek van die verhouding te verstaan.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h4>Jou onbewuste se agenda<\/h4>\n<p>\u201cImago\u201d beteken beeld, en di\u00e9 terapie werk met die \u201cbeeld\u201d van jou pasmaat wat jy van kleins af ontwikkel en wat uiteindelik bepaal wie jy aantreklik vind. \u201cOns word onbewustelik aangetrek deur mense wat die karaktereienskappe van een of albei van ons ouers het,\u201d verduidelik Kobus. \u201cDie gedagte dat jou man jou aangelok het omdat hy in sekere opsigte soos jou ma of jou pa is &#8211; gewoonlik die een met wie jy die moeilikste verhouding het &#8211; kan \u2019n skok wees. En dis juis die \u2018problematiese\u2019 ouerlike eienskappe wat jou maat weerspie\u00ebl.\u201d<\/p>\n<p>Hoekom sou jou onbewuste jou so \u2019n streep trek? \u201cJou onbewuste is nie daarin ge\u00efnteresseerd om jou \u2019n storieboekverhouding te laat beleef nie, maar om van jou \u2019n heel mens te maak. Babas kom \u2018heel\u2019 die w\u00eareld in, met die vermo\u00eb om vol vreugde en ontspanne te wees en \u2019n gevoel van verbondenheid met alles en almal te ervaar. As daar klokslag in al hul behoeftes voorsien word, bly hulle in di\u00e9 bevoorregte staat, maar selfs die toegewydste ouers kan nie volmaakte versorging en geborgenheid bied nie. Sommige behoeftes bly noodwendig in die slag. Onvervulde behoeftes veroorsaak pyn en vrees, en maak happe in ons heelheid.\u201d<\/p>\n<p>Namate kinders grootword, neem di\u00e9 aanslag toe. \u201cOns kom byvoorbeeld agter dat ons in sekere opsigte onaanvaarbaar is &#8211; vir ons ouers, maats of die wyer gemeenskap. Ons leer om sekere dele eie aan onsself te ontken, of te onderdruk. Teen die tyd dat ons tieners is, is ons net skadu\u2019s van ons heel en ware self.\u201d<\/p>\n<p>Selfs volwassenes met indrukwekkende beroepe en verantwoordelikhede gaan verwond deur die lewe. \u201cOns doen ons bes om sinvol te leef, maar onbewustelik smag ons daarna om weer die gevoel van onbevange vreugde terug te kry.\u201d<\/p>\n<p>Di\u00e9 wonderwerk gebeur gewoonlik wanneer ons verlief raak. \u201cSkielik is alles anders. Die w\u00eareld lag ons toe. Ons is aantrekliker, ouliker en oper. Ons voel veilig en vervuld. Solank ons by ons maat is, het ons niks meer nodig nie. Uiteindelik is ons weer heel.\u201d<\/p>\n<p>Tot die werklikheid &#8211; \u00e9n ons maat &#8211; hul glans verloor. \u201cOns ontdek kante van ons geliefde wat ons glad nie aanstaan nie. Selfs eienskappe wat ons vroe\u00ebr bewonder het, begin ons irriteer. Ons drome spat aan skerwe. Ons is ontnugter en bang dat ons nie sal kan oorleef sonder die liefde en veiligheid wat binne ons bereik was nie. Die verliefdheidsfase het oorgegaan in \u2019n magstryd.\u201d<\/p>\n<p>Dis juis hier waar Imago-beginsels jou kan help om die saak in \u2019n positiewe(r) lig te sien en die magstryd mettertyd in standhoudende, volwasse liefde te omskep. Dit kom natuurlik nie vanself nie.<\/p>\n<p>Die proses vra toewyding, deursettingsvermo\u00eb en insig. Spesifieke vaardighede, soos hoe om doeltreffend te kommunikeer, word deur die Imago-terapeut oorgedra. Soms is \u2019n naweekwerkwinkel genoeg om \u2019n paartjie toe te rus; soms moet hulle \u2019n pad met die terapeut stap.<\/p>\n<p>Die groot troos is dat enige paartjie wat werklik wil, hul verhouding weer op koers kan kry. Hulle hoef nie ander maats te gaan soek nie. Elkeen \u00eds die \u201cregte een\u201d om van die ander \u2019n heel mens te help maak.<\/p>\n<p><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\"size-medium wp-image-166294 aligncenter\" src=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2018\/12\/pexels-shvets-production-8972535-500x333.jpg\" alt=\"Pexels - Couple dancing\" width=\"500\" height=\"333\" \/><\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h4>Eers genesing, dan geluk<\/h4>\n<p>\u201cWat mense moet snap,\u201d s\u00ea Kobus, \u201cis h\u00f3\u00e9 Imago-maats mekaar help heelword. Onthou, jou onbewuste spook met die \u2018happe\u2019 wat kleintydverwonding in jou heelheid gemaak het. Jou onbewuste wil h\u00ea jou maat moet jou die versorging gee wat jou versorgers nie kon nie. Dit lyk logies dat jy \u2019n maat sou kies met die eienskappe wat by jou versorgers ontbreek het, maar dit werk nie so nie. Jy kies juis \u2019n maat wat dieselfde eienskappe het. S\u00f3 herskep jou onbewuste die oorspronklike scenario &#8211; en gee jou \u2019n tweede kans om die kernkwessies op te los.\u201d<\/p>\n<p>Een praktiese voorbeeld raak die hoeveelheid aandag wat \u2019n paartjie in hul kinderjare gekry het. Gestel die man is met ouerbetrokkenheid oorlaai, terwyl die vrou meestal aan haarself oorgelaat is. Die gevolg is dat die man as volwassene baie ruimte en alleentyd nodig het, terwyl sy maat angstig voel as sy alleen is en hom gedurig naby haar wil h\u00ea. Hy ervaar haar as klouerig; sy voel hy is afsydig.<\/p>\n<p>\u201cOm in mekaar se behoeftes te kan voorsien, moet hulle eers bewus word van hoe die prentjie regtig lyk. Volgens Imago-beginsels het huweliksmaats nie terapie nodig nie, want \u2019n bewuste verhouding is die terapie. In di\u00e9 geval moet albei teen hul gewone manier van doen ingaan om die ander een liefdevol te versorg. Die man moet die vrou nader aan hom toelaat, en sy moet hom meer ruimte gun. Die heling l\u00ea daarin dat elkeen moet \u2018strek\u2019 om die ander tegemoet te kom. Die man moet doelbewus emosioneel toegankliker raak, terwyl sy vrou onafhankliker moet word.<\/p>\n<p>\u201cKyk net hoe wonderlik werk die proses. Elkeen groei verby die beperkinge wat hulle deur verwonding opgedoen het sodat hulle die ander een kan gee wat hy nodig het. Dis geen gemaklike opsie nie, maar die oes is ryk. Hierdie soort groei breek skanse in en tussen mense af.\u201d<\/p>\n<p>Alles goed en wel, maar hoe motiveer jy jouself om verby die grense van jou gemaksone te strek?<\/p>\n<p>\u201cDie antwoord is weer eens bewuswording, di\u00e9 keer in die sin van \u2019n sielskonneksie met jou maat. Bewuswording is nie net iets wat jy met jou verstand doen nie. Wonderwerke gebeur wanneer pasmaats mekaar met die h\u00e1rt begin \u2018sien\u2019.\u201d<\/p>\n<p><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\"size-medium wp-image-105323 aligncenter\" src=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2018\/12\/pexels-photo-888899-500x333.jpeg\" alt=\"Word weer hartsmaats\" width=\"500\" height=\"333\" \/><\/p>\n<p>Die kernvaardigheid wat Imago-terapeute vir paartjies leer, is die paredialoog. In di\u00e9 tweegesprek praat een maat oor iets wat hom in hul verhouding pla, terwyl die ander aktief luister.<\/p>\n<p>Die gesprek volg \u2019n voorgeskrewe protokol. Gestel dis die vrou wat praat en die man wat luister. Hy moet telkens dit wat sy s\u00ea in h\u00e1\u00e1r woorde terugspie\u00ebl, en sy moet s\u00ea of hy alles gehoor het. Het hy nie, moet hy weer luister. As hy alles gehoor het, vra hy dat sy hom meer daarvan vertel. So reik die gesprek dieper en dieper. Dis spesiaal ontwerp om die een wat praat, se kindertyd ook ter sprake te laat kom omdat verhoudingfrustrasies se wortels byna altyd in die grootwordjare l\u00ea.<\/p>\n<p>Die krag van die paredialoog is dat dit \u2019n veilige ruimte skep. Die een wat luister, kan nie terugkap nie, en word geleidelik in die ander een se binnew\u00eareld ingetrek. In \u2019n stadium kom jou maat se wonde aan die lig. Dit laat jou selde onaangeraak. As jy iemand se seer so duidelik sien, maak dit jou bereid om jou gedrag te verander.<\/p>\n<p>Die gesprek kan byvoorbeeld \u2019n o\u00ebnskynlik onbelangrike saak soos die ontbytskottelgoed raak. Gestel die vrou wil soggens die skottelgoed gewas en die kombuiswerkvlakke skoon h\u00ea voor die paartjie werk toe ry, terwyl die man nie kan begryp waaroor die bohaai gaan nie.<\/p>\n<p>In die paredialoog kom hy agter dat sy vrou kleintyd onder haar ma se tong deurgeloop het wanneer hulle smiddae by die huis gekom het en enigiets in die kombuis nie op sy plek was nie. Hy s\u00ed\u00e9n hoe angstig hierdie woede \u2019n agtjarige kon maak, en hoe \u2019n deurmekaar kombuis die angsgevoelens laat herleef. Omdat hy met sy hart geluister het, voel sy maat hy het haar geh\u00f3\u00f3r.<\/p>\n<p>Die band wat sulke gesprekke skep, word moeilik in woorde vasgevang. \u201cOm regtig gehoor te word, versterk nie net die emosionele verbintenis tussen twee mense nie, maar is ook \u2019n kragtige geslagsprikkel,\u201d s\u00ea Kobus.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h4>Wat kan jy van \u2019n werkwinkel verwag?<\/h4>\n<p>\u2019n Imago-verhoudingswerkwinkel duur gewoonlik van Vrydag- tot Sondagaand. Die groepe wissel van sewe tot vyftig paartjies. Die feit dat al die paartjies in dieselfde bootjie is, skep gou \u2019n band tussen hulle. Almal voel aanvanklik onseker, maar deel ook die begeerte om hul verhouding \u2019n hupstoot te gee.<\/p>\n<p>Die aanslag is simpatiek sonder om sentimenteel te wees, en paartjies kom nooit onder druk om hul vuil wasgoed voor almal te was nie. Die proses is ook nie daarop gemik om vas te stel wie die skurk in die verhaal is, of om blaam uit te deel nie. Die klem val eerder op selfinsig en \u2019n nuwe blik op jou verhouding en jou maat.Die aanbieding sluit skyfies, video-insetsels, musiek, groepbesprekings, individuele, paartjie- en pretoefeninge in. Kobus en sy vrou, Anita, wat die werkwinkels organiseer, huiwer nie om voorbeelde uit hul eie verhouding te gebruik om die ervaring te verryk nie. Hulle demonstreer ook die paredialoog op die openhartigste manier.<\/p>\n<p>In die werkwinkel word jy gelei om terug te gaan na jou kinderjare en aan die hand van die versorging wat jy gekry het \u2019n prentjie van jou eie imago te vorm. Vergelyk jy dit met jou maat s\u2019n, kan jy \u2019n paar helder oomblikke beleef &#8230; Nuwe insigte in die fases van \u2019n langtermynverhouding kan jou verlig laat besef dat jul verhouding eintlik \u201cnormaal\u201d is, en jou moed laat skep omdat jy nou \u2019n \u201cpadkaart\u201d het wat jou wys waar julle is en waarheen julle kan beweeg.<\/p>\n<p>Jy leer watter soort versorging jy nodig het en hoe om jou maat daarvoor te vra. Deelnemers maak kennis met \u2019n vertroostende manier om mekaar nieseksueel vas te hou, en leer ook hoe om hul maat met positiewe energie te oorlaai (<em>flooding<\/em>).<\/p>\n<p>\u201cDie transformasie van verhoudings gebeur nie maklik of oornag nie,\u201d som Kobus dit op. \u201cDie werkwinkel is net die wegspringplek wat jou die hulpmiddels in die hand gee. Tog kry paartjies hopelik hier die motivering om te begin strek om hul maats te gee wat hulle nodig het, en om elke dag doelbewus en bewustelik lief te h\u00ea.<\/p>\n<p>\u201cDit kan die eerste tree wees op \u2019n lewenslange reis &#8211; \u2019n pad wat nie net die twee maats nie maar ook ander, veral hul kinders, mateloos kan verryk.\u201d<\/p>\n<p><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\"size-medium wp-image-166295 aligncenter\" src=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2018\/12\/pexels-mart-production-7329529-500x333.jpg\" alt=\"Pexels - Couple holding coffee mugs\" width=\"500\" height=\"333\" \/><\/p>\n<h4>Doen dit net<\/h4>\n<p>Die mense wat sy <em>Get the love you want<\/em>-verhoudingswerkwinkels bywoon, kom nie almal vrolik en vol moed daar aan nie, s\u00ea kliniese Imago-verhoudingsterapeut Kobus van der Merwe. \u201cDikwels word die man of die vrou daarheen \u2018gesleep\u2019. Party wil selfs vooraf kanselleer, en dan gesels ons oor hoe dit makliker gemaak kan word. Weerstand is natuurlik; verandering op \u2019n sensitiewe gebied soos \u2019n langtermynverhouding maak baie mense bang. Tog ervaar ons dat dit dikwels die mense met die grootste voorbehoude is wat agterna skaars uitgepraat kan raak oor hoe betekenisvol die ervaring was.\u201d<\/p>\n<p>Meer inligting by <a href=\"http:\/\/www.imagoafrica.co.za\/\" target=\"_blank\" rel=\"noopener\">www.imagoafrica.org<\/a><\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p><strong>Lees ook: <a href=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/uit-die-redakteur-se-pen-om-te-luister\/\" target=\"_blank\" rel=\"noopener\">Uit die redakteur se pen: Om te Luister<\/a><\/strong><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Is die man wat eens jou bloed laat bruis het deesdae \u2019n vreemdeling wat jou kwaad maak of koud laat? Moenie moed verloor nie, daar is salf aan te smeer \u2026<\/p>\n","protected":false},"author":9,"featured_media":166293,"comment_status":"closed","ping_status":"closed","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"_acf_changed":false,"footnotes":""},"categories":[651,662],"tags":[135,825,2578,37516,51456,56126,60333,62575],"class_list":["post-97974","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-verhoudings","category-jou-lewe","tag-verhoudings","tag-liefde","tag-terapie","tag-love","tag-relationship","tag-imago","tag-jou-lewe","tag-wellness"],"acf":[],"yoast_head":"<!-- This site is optimized with the Yoast SEO plugin v28.6 - https:\/\/yoast.com\/product\/yoast-seo-wordpress\/ -->\n<title>Word weer hartsmaats | rooi rose<\/title>\n<meta name=\"description\" content=\"Is die man wat eens jou bloed laat bruis het deesdae \u2019n vreemdeling wat jou kwaad maak of koud laat? Moenie moed verloor nie, daar is salf aan te smeer \u2026\" \/>\n<meta name=\"robots\" content=\"index, follow, max-snippet:-1, max-image-preview:large, max-video-preview:-1\" \/>\n<link rel=\"canonical\" href=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/word-weer-hartsmaats\/\" \/>\n<meta property=\"og:locale\" content=\"en_US\" \/>\n<meta property=\"og:type\" content=\"article\" \/>\n<meta property=\"og:title\" content=\"Word weer hartsmaats | rooi rose\" \/>\n<meta property=\"og:description\" content=\"Is die man wat eens jou bloed laat bruis het deesdae \u2019n vreemdeling wat jou kwaad maak of koud laat? Moenie moed verloor nie, daar is salf aan te smeer \u2026\" \/>\n<meta property=\"og:url\" content=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/word-weer-hartsmaats\/\" \/>\n<meta property=\"og:site_name\" content=\"rooi rose\" \/>\n<meta property=\"article:publisher\" content=\"https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/\" \/>\n<meta property=\"article:published_time\" content=\"2026-07-09T10:00:44+00:00\" \/>\n<meta property=\"article:modified_time\" content=\"2026-07-09T10:49:43+00:00\" \/>\n<meta property=\"og:image\" content=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2018\/12\/pexels-elizabeth-ferreira-1040803688-24906843.jpg\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:width\" content=\"1920\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:height\" content=\"1280\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:type\" content=\"image\/jpeg\" \/>\n<meta name=\"author\" content=\"Anelle Tewson\" \/>\n<meta name=\"twitter:card\" content=\"summary_large_image\" \/>\n<meta name=\"twitter:creator\" content=\"@rooi_rose\" \/>\n<meta name=\"twitter:site\" content=\"@rooi_rose\" \/>\n<meta name=\"twitter:label1\" content=\"Written by\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:data1\" content=\"Anelle Tewson\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:label2\" content=\"Est. reading time\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:data2\" content=\"12 minute\" \/>\n<script type=\"application\/ld+json\" class=\"yoast-schema-graph\">{\"@context\":\"https:\\\/\\\/schema.org\",\"@graph\":[{\"@type\":\"Article\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/word-weer-hartsmaats\\\/#article\",\"isPartOf\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/word-weer-hartsmaats\\\/\"},\"author\":{\"name\":\"Anelle Tewson\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/person\\\/4f17c1c866533e389e28590e557e7730\"},\"headline\":\"Word weer hartsmaats\",\"datePublished\":\"2026-07-09T10:00:44+00:00\",\"dateModified\":\"2026-07-09T10:49:43+00:00\",\"mainEntityOfPage\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/word-weer-hartsmaats\\\/\"},\"wordCount\":2023,\"publisher\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/word-weer-hartsmaats\\\/#primaryimage\"},\"thumbnailUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2018\\\/12\\\/pexels-elizabeth-ferreira-1040803688-24906843.jpg\",\"keywords\":[\"Verhoudings\",\"Liefde\",\"terapie\",\"love\",\"relationship\",\"imago\",\"jou lewe\",\"wellness\"],\"articleSection\":[\"Verhoudings\",\"Jou lewe\"],\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"copyrightYear\":\"2026\",\"copyrightHolder\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"}},{\"@type\":\"WebPage\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/word-weer-hartsmaats\\\/\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/word-weer-hartsmaats\\\/\",\"name\":\"Word weer hartsmaats | rooi rose\",\"isPartOf\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#website\"},\"primaryImageOfPage\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/word-weer-hartsmaats\\\/#primaryimage\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/word-weer-hartsmaats\\\/#primaryimage\"},\"thumbnailUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2018\\\/12\\\/pexels-elizabeth-ferreira-1040803688-24906843.jpg\",\"datePublished\":\"2026-07-09T10:00:44+00:00\",\"dateModified\":\"2026-07-09T10:49:43+00:00\",\"description\":\"Is die man wat eens jou bloed laat bruis het deesdae \u2019n vreemdeling wat jou kwaad maak of koud laat? Moenie moed verloor nie, daar is salf aan te smeer \u2026\",\"breadcrumb\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/word-weer-hartsmaats\\\/#breadcrumb\"},\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"potentialAction\":[{\"@type\":\"ReadAction\",\"target\":[\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/word-weer-hartsmaats\\\/\"]}]},{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/word-weer-hartsmaats\\\/#primaryimage\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2018\\\/12\\\/pexels-elizabeth-ferreira-1040803688-24906843.jpg\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2018\\\/12\\\/pexels-elizabeth-ferreira-1040803688-24906843.jpg\",\"width\":1920,\"height\":1280,\"caption\":\"Word weer hartsmaats\"},{\"@type\":\"BreadcrumbList\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/word-weer-hartsmaats\\\/#breadcrumb\",\"itemListElement\":[{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":1,\"name\":\"Home\",\"item\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\"},{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":2,\"name\":\"Word weer hartsmaats\"}]},{\"@type\":\"WebSite\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#website\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\",\"name\":\"rooi rose\",\"description\":\"Stylvol, sinvol, propvol\",\"publisher\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"},\"potentialAction\":[{\"@type\":\"SearchAction\",\"target\":{\"@type\":\"EntryPoint\",\"urlTemplate\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/?s={search_term_string}\"},\"query-input\":{\"@type\":\"PropertyValueSpecification\",\"valueRequired\":true,\"valueName\":\"search_term_string\"}}],\"inLanguage\":\"af-ZA\"},{\"@type\":\"Organization\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\",\"name\":\"Rooi rose\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\",\"logo\":{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/logo\\\/image\\\/\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2020\\\/12\\\/rrlogo.jpg\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2020\\\/12\\\/rrlogo.jpg\",\"width\":400,\"height\":400,\"caption\":\"Rooi rose\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/logo\\\/image\\\/\"},\"sameAs\":[\"https:\\\/\\\/www.facebook.com\\\/rooirose\\\/\",\"https:\\\/\\\/x.com\\\/rooi_rose\"]},{\"@type\":\"Person\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/person\\\/4f17c1c866533e389e28590e557e7730\",\"name\":\"Anelle Tewson\",\"image\":{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/51c7260d69b78f54e605640e0044be7c1139bdbe0b57d0ca702d946adba90511?s=96&d=mm&r=g\",\"url\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/51c7260d69b78f54e605640e0044be7c1139bdbe0b57d0ca702d946adba90511?s=96&d=mm&r=g\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/51c7260d69b78f54e605640e0044be7c1139bdbe0b57d0ca702d946adba90511?s=96&d=mm&r=g\",\"caption\":\"Anelle Tewson\"}}]}<\/script>\n<!-- \/ Yoast SEO plugin. -->","yoast_head_json":{"title":"Word weer hartsmaats | rooi rose","description":"Is die man wat eens jou bloed laat bruis het deesdae \u2019n vreemdeling wat jou kwaad maak of koud laat? Moenie moed verloor nie, daar is salf aan te smeer \u2026","robots":{"index":"index","follow":"follow","max-snippet":"max-snippet:-1","max-image-preview":"max-image-preview:large","max-video-preview":"max-video-preview:-1"},"canonical":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/word-weer-hartsmaats\/","og_locale":"en_US","og_type":"article","og_title":"Word weer hartsmaats | rooi rose","og_description":"Is die man wat eens jou bloed laat bruis het deesdae \u2019n vreemdeling wat jou kwaad maak of koud laat? Moenie moed verloor nie, daar is salf aan te smeer \u2026","og_url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/word-weer-hartsmaats\/","og_site_name":"rooi rose","article_publisher":"https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/","article_published_time":"2026-07-09T10:00:44+00:00","article_modified_time":"2026-07-09T10:49:43+00:00","og_image":[{"width":1920,"height":1280,"url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2018\/12\/pexels-elizabeth-ferreira-1040803688-24906843.jpg","type":"image\/jpeg"}],"author":"Anelle Tewson","twitter_card":"summary_large_image","twitter_creator":"@rooi_rose","twitter_site":"@rooi_rose","twitter_misc":{"Written by":"Anelle Tewson","Est. reading time":"12 minute"},"schema":{"@context":"https:\/\/schema.org","@graph":[{"@type":"Article","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/word-weer-hartsmaats\/#article","isPartOf":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/word-weer-hartsmaats\/"},"author":{"name":"Anelle Tewson","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/person\/4f17c1c866533e389e28590e557e7730"},"headline":"Word weer hartsmaats","datePublished":"2026-07-09T10:00:44+00:00","dateModified":"2026-07-09T10:49:43+00:00","mainEntityOfPage":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/word-weer-hartsmaats\/"},"wordCount":2023,"publisher":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/word-weer-hartsmaats\/#primaryimage"},"thumbnailUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2018\/12\/pexels-elizabeth-ferreira-1040803688-24906843.jpg","keywords":["Verhoudings","Liefde","terapie","love","relationship","imago","jou lewe","wellness"],"articleSection":["Verhoudings","Jou lewe"],"inLanguage":"af-ZA","copyrightYear":"2026","copyrightHolder":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"}},{"@type":"WebPage","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/word-weer-hartsmaats\/","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/word-weer-hartsmaats\/","name":"Word weer hartsmaats | rooi rose","isPartOf":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#website"},"primaryImageOfPage":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/word-weer-hartsmaats\/#primaryimage"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/word-weer-hartsmaats\/#primaryimage"},"thumbnailUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2018\/12\/pexels-elizabeth-ferreira-1040803688-24906843.jpg","datePublished":"2026-07-09T10:00:44+00:00","dateModified":"2026-07-09T10:49:43+00:00","description":"Is die man wat eens jou bloed laat bruis het deesdae \u2019n vreemdeling wat jou kwaad maak of koud laat? Moenie moed verloor nie, daar is salf aan te smeer \u2026","breadcrumb":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/word-weer-hartsmaats\/#breadcrumb"},"inLanguage":"af-ZA","potentialAction":[{"@type":"ReadAction","target":["https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/word-weer-hartsmaats\/"]}]},{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/word-weer-hartsmaats\/#primaryimage","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2018\/12\/pexels-elizabeth-ferreira-1040803688-24906843.jpg","contentUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2018\/12\/pexels-elizabeth-ferreira-1040803688-24906843.jpg","width":1920,"height":1280,"caption":"Word weer hartsmaats"},{"@type":"BreadcrumbList","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/word-weer-hartsmaats\/#breadcrumb","itemListElement":[{"@type":"ListItem","position":1,"name":"Home","item":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/"},{"@type":"ListItem","position":2,"name":"Word weer hartsmaats"}]},{"@type":"WebSite","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#website","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/","name":"rooi rose","description":"Stylvol, sinvol, propvol","publisher":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"},"potentialAction":[{"@type":"SearchAction","target":{"@type":"EntryPoint","urlTemplate":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/?s={search_term_string}"},"query-input":{"@type":"PropertyValueSpecification","valueRequired":true,"valueName":"search_term_string"}}],"inLanguage":"af-ZA"},{"@type":"Organization","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization","name":"Rooi rose","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/","logo":{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/logo\/image\/","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2020\/12\/rrlogo.jpg","contentUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2020\/12\/rrlogo.jpg","width":400,"height":400,"caption":"Rooi rose"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/logo\/image\/"},"sameAs":["https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/","https:\/\/x.com\/rooi_rose"]},{"@type":"Person","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/person\/4f17c1c866533e389e28590e557e7730","name":"Anelle Tewson","image":{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/51c7260d69b78f54e605640e0044be7c1139bdbe0b57d0ca702d946adba90511?s=96&d=mm&r=g","url":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/51c7260d69b78f54e605640e0044be7c1139bdbe0b57d0ca702d946adba90511?s=96&d=mm&r=g","contentUrl":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/51c7260d69b78f54e605640e0044be7c1139bdbe0b57d0ca702d946adba90511?s=96&d=mm&r=g","caption":"Anelle Tewson"}}]}},"distributor_meta":false,"distributor_terms":false,"distributor_media":false,"distributor_original_site_name":"rooi rose","distributor_original_site_url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose","push-errors":false,"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/97974","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/users\/9"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=97974"}],"version-history":[{"count":3,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/97974\/revisions"}],"predecessor-version":[{"id":166292,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/97974\/revisions\/166292"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/media\/166293"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=97974"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=97974"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=97974"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}