{"id":97951,"date":"2024-02-14T14:03:55","date_gmt":"2024-02-14T12:03:55","guid":{"rendered":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/?p=97951"},"modified":"2024-02-14T14:18:36","modified_gmt":"2024-02-14T12:18:36","slug":"as-jou-hart-breek-drie-vroue-deel-hul-hartbreekverhale","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/as-jou-hart-breek-drie-vroue-deel-hul-hartbreekverhale\/","title":{"rendered":"As jou hart breek &#8211; drie vroue deel hul hartbreekverhale"},"content":{"rendered":"\n<p><em>As jou hart breek &#8211; drie vroue deel hul hartbreekverhale Deur Mariette Snyman. Hooffoto: iStock\/<a class=\"photographer\" href=\"https:\/\/www.istockphoto.com\/za\/portfolio\/Anna_leni?mediatype=illustration\">Anna_leni<\/a><\/em><\/p>\n\n\n\n<p> <\/p>\n\n\n\n<h4 class=\"wp-block-heading\">As jou hart breek &#8230;<\/h4>\n\n\n\n<p> <\/p>\n\n\n\n<p>Die verhouding waarin ek vyf jaar lank betrokke was, het my hart gebreek,\u201d s\u00ea die vrou met die helder o\u00eb. \u201cWanneer dit sleg gaan met my, voel ek \u2019n fisieke pyn in my hart. Tydens \u2019n mediese ondersoek het die kardioloog ges\u00ea daar\u2019s nie fout nie. My vermoede is bevestig: dis \u2019n emosionele pyn.\u201d<\/p>\n\n\n\n<p>Hoekom in Valentynsmaand oor gebroke harte skryf? Omdat dit deel van die (ware) werklikheid is. Midde-in die vrolikheid loop mense met pyn, soos Clarissa* hier bo.<\/p>\n\n\n\n<p>Die vroue wat hul verhale vertel het, het my met nuwe ontsag vir die liefde gelaat. Die liefde wat jou so hoog kan lig, gooi jou soms hard teen die grond. En tog blus dit nie noodwendig die hoop of die hartstog nie. Die vlam bly brand, al maak dit suiwer seer.<\/p>\n\n\n\n<p>Daarom is di\u00e9 artikel nie \u2019n \u201cheel jou hart\u201d-artikel nie. Dit gee net vroue se ervaring weer. Hoe en of \u2019n gebroke hart herstel, hang van baie dinge af. Daar is altyd hulp, maar kitsoplossings bly skaars.<\/p>\n\n\n\n<p>Lees ook: <a href=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/ja-jy-kan-meer-van-jouself-hou\/\" target=\"_blank\" rel=\"noopener noreferrer\">Ja, jy kan meer van jouself hou!<\/a><\/p>\n\n\n\n<p> <\/p>\n\n\n<div class=\"wp-block-image\">\n<figure class=\"aligncenter\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" width=\"1920\" height=\"1280\" src=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2024\/02\/pexels-cottonbro-studio-7670313.jpg\" alt=\"\" class=\"wp-image-142749\"\/><\/figure>\n<\/div>\n\n\n<p> <\/p>\n\n\n\n<p>Clarissa is in haar laat dertigerjare en het \u2019n suksesvolle sakeonderneming. Sy het Klaus* by \u2019n sakegeleentheid ontmoet. Die romanse het geblom, hoewel hulle mekaar min kon sien omdat hulle ver van mekaar woon.<\/p>\n\n\n\n<p>\u201c\u2019n Jaar n\u00e1 ons begin uitgaan het, het ons weer \u2019n wonderlike naweek saam gehad. Kort daarna het ek \u2019n e-pos gekry waarin Klaus s\u00ea hy be\u00ebindig ons verhouding. Dit was vir my \u2019n ongelooflike skok. Daar was geen aanduiding dat iets verkeerd was nie.\u201d<\/p>\n\n\n\n<p>Mettertyd het Klaus die breuk herstel, maar \u2019n paar maande later het dit weer gebeur.<\/p>\n\n\n\n<p>En weer.<\/p>\n\n\n\n<p>\u2019n Sielkundige het Clarissa aangeraai het om alle bande met hom te verbreek, maar sy kon nie.<\/p>\n\n\n\n<p>\u201cEk het later uitgevind Klaus sien steeds sy vriendin uit \u2019n vorige verhouding wat oor etlike jare gestrek het. Dit moes my gewaarsku het, maar ek was emosioneel klaar aan hom verbind.\u201d<\/p>\n\n\n\n<p>As jy terugkyk, sien jy jou foute, maar \u00edn die situasie bly jy hoop. \u201cHy is \u2019n skans teen die alleenheid, jy dink hy is jou lewensmaat. Jy sal nie sommer omdraai en wegstap van die een wat jy glo vir jou bedoel is nie, al is daar kopspeletjies en leuens.\u201d<\/p>\n\n\n\n<p>Presies wanneer haar hart gebreek het, weet Clarissa nie. \u201cDaar was ander tekens soos \u2019n slaapversteuring, depressie, \u2019n onvermo\u00eb om te werk. Die ergste was wanneer hy my ge\u00efgnoreer het of alleentyd gevra het \u2018om duidelikheid te kry\u2019. Die ure, dae, maande se wag op \u2019n oproep het my waansinnig gemaak.\u201d<\/p>\n\n\n\n<p>Clarissa sien nou nog die skade aan haar selfbeeld. \u201cEk sukkel soms om my tussen mense te handhaaf. Dit voel of ek emosioneel aangerand is. \u2019n Fisieke letsel genees nog, maar as jy binne stukkend is, sien niemand dit nie. Di\u00e9 verhouding is die grootste trauma wat ek tot nog toe ervaar het, groter as die leefstylsiekte wat op my pad gekom het. En tog het dit vir my \u2019n geestelike verdieping gebring.\u201d<\/p>\n\n\n\n<p>Op die vraag of sy nog vir Klaus omgee, s\u00ea Clarissa eenvoudig ja. \u201cEk weet nie of opregte liefde ooit ophou bestaan nie. Jy kan emosie tog nie aan- en afskakel nie. Die ironie l\u00ea vir my in hoop. Hoop hou jou aan die lewe, maar dit maak jou ook dood. Hoop het my seerkryproses vyf jaar lank uitgerek.\u201d<\/p>\n\n\n\n<p>Lees ook: <a href=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/hoe-jou-selfbeeld-jou-geluk-beinvloed-en-hoe-jy-n-positiewe-selfbeeld-kan-kweek\/\" target=\"_blank\" rel=\"noopener noreferrer\">Hoe om \u2019n positiewe selfbeeld te kweek om gelukkiger te wees<\/a><\/p>\n\n\n\n<p> <\/p>\n\n\n<div class=\"wp-block-image\">\n<figure class=\"aligncenter\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" width=\"1920\" height=\"1280\" src=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2024\/02\/pexels-alena-darmel-6642917-1.jpg\" alt=\"\" class=\"wp-image-142751\"\/><\/figure>\n<\/div>\n\n\n<p> <\/p>\n\n\n\n<h4 class=\"wp-block-heading\">Die sin in pyn<\/h4>\n\n\n\n<p>Gwendolyn* (18) is \u2019n kunsstudent wat s\u00ea haar hart het twee keer gebreek.<\/p>\n\n\n\n<p>\u201c\u2019n <em>Break-up<\/em> bring ongelooflike teleurstelling, jou drome l\u00ea aan skerwe en \u2019n mes steek in jou hart. Dis &#8216;n<em> dark night of the soul<\/em> en dit bring baie pyn, want jy dink jy kon dalk iets daaraan gedoen het.\u201d<\/p>\n\n\n\n<p>Maar dis nie net sleg nie.<\/p>\n\n\n\n<p>\u201cJy word in \u2019n oogwink so afgebreek dat jy in <em>connection<\/em> kom met wie jy regtig is. Jy v\u00f3\u00e9l jou emosies, en dis <em>amazing.<\/em> Jy leef in die nou.\u201d<\/p>\n\n\n\n<p> <\/p>\n\n\n\n<p>Lees ook: <a href=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/praktiese-wenke-vir-angstigheid-en-uitbranding\/\" target=\"_blank\" rel=\"noopener noreferrer\">Praktiese raad vir angstigheid en uitbranding<\/a><\/p>\n\n\n\n<p>Haar mislukte verhoudings het haar gedwing om eerlik te wees met haarself, s\u00ea Gwendolyn. \u201cEk weet nou ek was verslaaf aan die eerste ou wat my hart gebreek het. Ek kon nie alleen wees nie en het my eiewaarde aan sy goedkeuring gemeet. Ek sou enigiets doen om hom te plesier, selfs nadat hy my gelos het. Ek was verwond, maar darem nog oop genoeg om lief te raak vir iemand anders.\u201d<\/p>\n\n\n\n<p>Tog was sy in di\u00e9 verhouding nie werklik gelukkig nie. \u201cEk het later besef ek bly by hom oor ek bang was ek kry niemand anders nie. Ek het hom gelos, wat een van die moeilikste goed was wat ek ooit moes doen. Ek het twee weke omgehuil.\u201d<\/p>\n\n\n\n<p>In daardie tyd het Gwendolyn die eerste keer werklik na haarself begin omsien. \u201cEk moes my eie stukkies optel. Waar my fokus altyd op \u2019n ou was, het ek nou geleer om lief te raak vir myself. Stadigaan het ek agtergekom ek hoef nie te<em> settle<\/em> vir minder as wat ek wil h\u00ea nie. Die pyn het geboorte gegee aan \u2019n nuwe ek.\u201d<\/p>\n\n\n\n<p>*Skuilnaam<\/p>\n\n\n\n<p>Lees ook: <a href=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/leer-hoe-om-selfgeldend-te-wees\/\" target=\"_blank\" rel=\"noopener noreferrer\">Leer hoe om selfgeldend te wees<\/a><\/p>\n\n\n\n<p> <\/p>\n\n\n<div class=\"wp-block-image\">\n<figure class=\"aligncenter\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" width=\"1920\" height=\"1255\" src=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2024\/02\/pierre-bamin-CFzK-jX2g5s-unsplash.jpg\" alt=\"\" class=\"wp-image-142752\"\/><\/figure>\n<\/div>\n\n\n<p>  <\/p>\n\n\n\n<h4 class=\"wp-block-heading\">Bloudruk van die liefde<\/h4>\n\n\n\n<p>Eva* s\u00ea dis eers wanneer jy deur al die skadu&#8217;s van die woord &#8220;liefde&#8221; gestap en jou hart oor die intensiteit daarvan gebreek het, dat die woord &#8216;n nuwe, ryper betekenis kry.<\/p>\n\n\n\n<p>Sonder die liefde is geen woord waar of pynloos nie, en die pad wat ek tot hier gestap het, het my deur al die waarskynlike en onwaarskynlike skakerings van hierdie universele emosie geneem.<br>My eerste, primitiefste liefdesverhouding was di\u00e9 met my biologiese ma. Sy, twintig jaar oud, en ek fetusklein en salig onbewus van haar verwerping wat vir my voorl\u00ea. Hoeveel uur het dit geduur voordat sy besluit het om my maar liewer by \u2019n weeshuis te loop aflaai? Voordat of nadat ek my eerste skree geskree het? Noodkrete wat tot vandag toe nog aanhou eggo in die leegheid van daardie \u00e9\u00e9rste kamer wat my siel vir hierdie ding wat die mense liefde noem, oopgemaak het.<\/p>\n\n\n\n<p>Die lief word vir ander daarn\u00e1 was \u2019n versigtige versugting, want die antisipasie van verwerping was reeds ingegraveer in my brein.<\/p>\n\n\n\n<p>Tog \u2026 Ek het verlief geraak, getrou, die ma van twee pragtige kinders geword en was dankbaar en tevrede met my beker wat tot bo-oor die rand vir my geskink is. Maar \u00earens in my onderbewussyn het \u2019n stem van lank terug my wysgemaak dat dit nie sal hou nie. Dat ek die een of ander tyd verwerp sal word.<\/p>\n\n\n\n<p>En in daardie kritieke tyd van vertwyfeling het iemand anders my wysgemaak daar\u2019s \u2019n beter liefde en \u2019n regte paradys, ekstase en al. Ek het die appel gepluk en ge\u00ebet en in die verskriklike val my brose hart, en ook di\u00e9 van my dierbares, in duisend stukkies hoor splinter. Die pyn was akuut. S\u00f3 akuut dat ek een Saterdagmiddag die see wou inloop. Die omdraai kan ek nie eens onthou nie.<\/p>\n\n\n\n<p>Net die yskoue wind en die godverlate strand en die verskriklike groot niks rondom en in my. En die eindelose pad terug na my motor.<\/p>\n\n\n\n<p>Wegtrek uit die dorp en jare lange terapie het gehelp vir die stadige toegroei van die wond in my hart, sonder dat ek regtig verstaan het w\u00e1\u00e1rom ek prooi was.<\/p>\n\n\n\n<p>En die pyn oor die opregte liefde van \u2019n lewensmaat wat ek sommerso uit my hande laat glip het? Dit het steeds \u2019n eggo van sy eie in die tweede le\u00eb kamer van my hart.<\/p>\n\n\n\n<p>Die tyd het aangestap en die oerverlange om lief te h\u00ea en liefgeh\u00ea te word los ons nooit. Ek het weer liefgekry. En weer getrou.<\/p>\n\n\n\n<p>En weer het die angs van voortydige verlies my beetgekry. Dalk het my man my nie regtig lief nie? Dalk \u2026? En w\u00e9\u00e9r het ek my in my sotheid laat bedwelm deur mooier en sagter en \u201cegter\u201d woorde. Woorde wat hierdie slag nie net vertel het van \u2019n paradys nie, maar beloftes gemaak het om vir altyd en altyd veilig in hierdie volmaaktheid te bly.<\/p>\n\n\n\n<p>Net, daar\u2019s nie volmaakte paradyse nie.<\/p>\n\n\n\n<p>Lees ook: <a href=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/raak-ontslae-van-jou-emosionele-bagasie\/\" target=\"_blank\" rel=\"noopener noreferrer\">Raak ontslae van jou emosionele bagasie<\/a><\/p>\n\n\n\n<p> <\/p>\n\n\n\n<p> <\/p>\n\n\n<div class=\"wp-block-image\">\n<figure class=\"aligncenter\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" width=\"1920\" height=\"1280\" src=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2024\/02\/pexels-rdne-stock-project-6669933.jpg\" alt=\"\" class=\"wp-image-142750\"\/><\/figure>\n<\/div>\n\n\n<p> <\/p>\n\n\n\n<p>Hierdie slag sou \u2019n oordosis pille \u2019n sagter uitweg wees. \u2019n Uitweg uit die seer en verwarring in en rondom my. Want ek het geglo dat ek sonder hom, sonder sy liefde, niks is nie; \u2019n eensydige emosie wat deur die branders op die rotse sal uitspoel of saam met die wind sal wegwaai.<\/p>\n\n\n\n<p>Liefde. Hoe vreemd het hierdie woord nie toe geword nie. S\u00f3, asof dit \u2019n nuwe woord is. Of \u2019n lelike een. Die bloudruk daarvan was tog in my brein.<\/p>\n\n\n\n<p>Die verlies, die seermaak, die skuld \u2026 dit alles het my hart laat hurk van die pyn, asof dit stuk vir stuk uit my borskas geskeur word. Toe het \u2019n leegheid die plek daarvan ingeneem; \u2019n ontstellende niksheid. N\u00f3g \u2019n le\u00eb kamer waarvan ek die deur en luike na\u00efef oopgegooi het sodat die son daarin kon skyn. \u2019n Skuilte waar ek kon ingaan en by die kaggel van sy begrip kon gaan troos soek. Ek het met my hart en siel en \u2019n nuwe geloof geglo hy is Die Een wat die knaende honger in my hart sou stil.<\/p>\n\n\n\n<p>Maar die werklikheid het ook hierdie deur van die hoeveelste hartkamer afgeruk, die vensters uitgeslaan. Hierdie keer met groter geweld, groter pyn, groter verlies. Die grootste hiervan, die verlies van my selfrespek.<\/p>\n\n\n\n<p>My terapeut en vriendin was my enigste hoop, my enigste stukkie kers in die donker kringe wat ek aanhou kruip het. Om en om het ek myself gesleep om tot by die begin van hierdie ek te kom. En oor en oor het sy geglo ek k\u00e1n.<\/p>\n\n\n\n<p>Alleen kom \u2019n mens nie hierdeur nie. Alleen verstaan \u2019n mens nie.<\/p>\n\n\n\n<p>Vandag, \u2019n leeftyd later, besef ek dat ek die verkeerde deure en vensters in my hart oopgemaak het vir die son, langs verkeerde en vreemde vure gaan sit het omdat ek koudgekry het.<\/p>\n\n\n\n<p>En uiteindelik het die woord &#8220;liefde&#8221; \u2019n nuwe, ryper betekenis gekry. Dis eers wanneer \u2019n mens deur al die skakerings en skadu\u2019s daarvan gestap het, en jou hart oor die intensiteit daarvan gebreek het, dat mens verstaan. Verstaan dat liefde die siel se intense en kragtige hunkering na sy ewebeeld is. En dat ons pyn, hunkering en vervulling werklik veel wyer en dieper l\u00ea as die dimensie wat ons ken.<\/p>\n\n\n\n<p>Daarom, juis daarom, het ek ophou soek na die verlore paradyse in ander se gee en vra. En die vervulling en die eenvoud van hierdie oerdrang &#8211; wat ons liefde noem &#8211; in myself leer ontdek.<br>Soms, net soms, huil die wind nog deur daardie eerste le\u00eb kamer in my hart. Maar omdat ek verstaan, kry die res van my nie meer so koud nie, en voel ek nie meer so godverlate nie.<\/p>\n\n\n\n<p>En kan ek weer liefh\u00ea.<\/p>\n\n\n\n<p> <\/p>\n\n\n\n<p>Lees ook:<a href=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/maak-kreatiwiteit-deel-van-jou-lewe-en-wees-gelukkiger\/\" target=\"_blank\" rel=\"noopener noreferrer\"> Maak kreatiwiteit deel van jou lewe en wees gelukkiger<\/a><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>\u2019n Liefdesverhouding wat skeef loop, kan alles tot stilstand ruk. Die liefde wat jou eers so lig laat voel het, kerf jou nou aan stukke. Wat dra jou daardeur, en wat word jy wys? \u2019n Paar vroue deel hul ervaring. <\/p>\n","protected":false},"author":9,"featured_media":142747,"comment_status":"closed","ping_status":"closed","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"_acf_changed":false,"footnotes":""},"categories":[43450,662],"tags":[135,348,629,23443,47008,47155,60333],"class_list":["post-97951","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-persoonlike-groei","category-jou-lewe","tag-verhoudings","tag-inspirasie","tag-inspiration","tag-relationships","tag-personal-growth","tag-persoonlike-groei","tag-jou-lewe"],"acf":[],"yoast_head":"<!-- This site is optimized with the Yoast SEO plugin v28.6 - https:\/\/yoast.com\/product\/yoast-seo-wordpress\/ -->\n<title>As jou hart breek - drie vroue deel hul hartbreekverhale | rooi rose<\/title>\n<meta name=\"description\" content=\"\u2019n Liefdesverhouding wat skeef loop, kan alles tot stilstand ruk. Die liefde wat jou eers so lig laat voel het, kerf jou nou aan stukke.\" \/>\n<meta name=\"robots\" content=\"index, follow, max-snippet:-1, max-image-preview:large, max-video-preview:-1\" \/>\n<link rel=\"canonical\" href=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/as-jou-hart-breek-drie-vroue-deel-hul-hartbreekverhale\/\" \/>\n<meta property=\"og:locale\" content=\"en_US\" \/>\n<meta property=\"og:type\" content=\"article\" \/>\n<meta property=\"og:title\" content=\"As jou hart breek - drie vroue deel hul hartbreekverhale | rooi rose\" \/>\n<meta property=\"og:description\" content=\"\u2019n Liefdesverhouding wat skeef loop, kan alles tot stilstand ruk. Die liefde wat jou eers so lig laat voel het, kerf jou nou aan stukke.\" \/>\n<meta property=\"og:url\" content=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/as-jou-hart-breek-drie-vroue-deel-hul-hartbreekverhale\/\" \/>\n<meta property=\"og:site_name\" content=\"rooi rose\" \/>\n<meta property=\"article:publisher\" content=\"https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/\" \/>\n<meta property=\"article:published_time\" content=\"2024-02-14T12:03:55+00:00\" \/>\n<meta property=\"article:modified_time\" content=\"2024-02-14T12:18:36+00:00\" \/>\n<meta property=\"og:image\" content=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2024\/02\/pexels-monstera-production-5874709.jpg\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:width\" content=\"1920\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:height\" content=\"1280\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:type\" content=\"image\/jpeg\" \/>\n<meta name=\"author\" content=\"Anelle Tewson\" \/>\n<meta name=\"twitter:card\" content=\"summary_large_image\" \/>\n<meta name=\"twitter:creator\" content=\"@rooi_rose\" \/>\n<meta name=\"twitter:site\" content=\"@rooi_rose\" \/>\n<meta name=\"twitter:label1\" content=\"Written by\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:data1\" content=\"Anelle Tewson\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:label2\" content=\"Est. reading time\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:data2\" content=\"9 minute\" \/>\n<script type=\"application\/ld+json\" class=\"yoast-schema-graph\">{\"@context\":\"https:\\\/\\\/schema.org\",\"@graph\":[{\"@type\":\"Article\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/as-jou-hart-breek-drie-vroue-deel-hul-hartbreekverhale\\\/#article\",\"isPartOf\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/as-jou-hart-breek-drie-vroue-deel-hul-hartbreekverhale\\\/\"},\"author\":{\"name\":\"Anelle Tewson\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/person\\\/4f17c1c866533e389e28590e557e7730\"},\"headline\":\"As jou hart breek &#8211; drie vroue deel hul hartbreekverhale\",\"datePublished\":\"2024-02-14T12:03:55+00:00\",\"dateModified\":\"2024-02-14T12:18:36+00:00\",\"mainEntityOfPage\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/as-jou-hart-breek-drie-vroue-deel-hul-hartbreekverhale\\\/\"},\"wordCount\":1866,\"publisher\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/as-jou-hart-breek-drie-vroue-deel-hul-hartbreekverhale\\\/#primaryimage\"},\"thumbnailUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2024\\\/02\\\/pexels-monstera-production-5874709.jpg\",\"keywords\":[\"Verhoudings\",\"inspirasie\",\"inspiration\",\"relationships\",\"personal growth\",\"persoonlike groei\",\"jou lewe\"],\"articleSection\":[\"Persoonlike groei\",\"Jou lewe\"],\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"copyrightYear\":\"2024\",\"copyrightHolder\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"}},{\"@type\":\"WebPage\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/as-jou-hart-breek-drie-vroue-deel-hul-hartbreekverhale\\\/\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/as-jou-hart-breek-drie-vroue-deel-hul-hartbreekverhale\\\/\",\"name\":\"As jou hart breek - drie vroue deel hul hartbreekverhale | rooi rose\",\"isPartOf\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#website\"},\"primaryImageOfPage\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/as-jou-hart-breek-drie-vroue-deel-hul-hartbreekverhale\\\/#primaryimage\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/as-jou-hart-breek-drie-vroue-deel-hul-hartbreekverhale\\\/#primaryimage\"},\"thumbnailUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2024\\\/02\\\/pexels-monstera-production-5874709.jpg\",\"datePublished\":\"2024-02-14T12:03:55+00:00\",\"dateModified\":\"2024-02-14T12:18:36+00:00\",\"description\":\"\u2019n Liefdesverhouding wat skeef loop, kan alles tot stilstand ruk. Die liefde wat jou eers so lig laat voel het, kerf jou nou aan stukke.\",\"breadcrumb\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/as-jou-hart-breek-drie-vroue-deel-hul-hartbreekverhale\\\/#breadcrumb\"},\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"potentialAction\":[{\"@type\":\"ReadAction\",\"target\":[\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/as-jou-hart-breek-drie-vroue-deel-hul-hartbreekverhale\\\/\"]}]},{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/as-jou-hart-breek-drie-vroue-deel-hul-hartbreekverhale\\\/#primaryimage\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2024\\\/02\\\/pexels-monstera-production-5874709.jpg\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2024\\\/02\\\/pexels-monstera-production-5874709.jpg\",\"width\":1920,\"height\":1280},{\"@type\":\"BreadcrumbList\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/as-jou-hart-breek-drie-vroue-deel-hul-hartbreekverhale\\\/#breadcrumb\",\"itemListElement\":[{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":1,\"name\":\"Home\",\"item\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\"},{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":2,\"name\":\"As jou hart breek &#8211; drie vroue deel hul hartbreekverhale\"}]},{\"@type\":\"WebSite\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#website\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\",\"name\":\"rooi rose\",\"description\":\"Stylvol, sinvol, propvol\",\"publisher\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"},\"potentialAction\":[{\"@type\":\"SearchAction\",\"target\":{\"@type\":\"EntryPoint\",\"urlTemplate\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/?s={search_term_string}\"},\"query-input\":{\"@type\":\"PropertyValueSpecification\",\"valueRequired\":true,\"valueName\":\"search_term_string\"}}],\"inLanguage\":\"af-ZA\"},{\"@type\":\"Organization\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\",\"name\":\"Rooi rose\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\",\"logo\":{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/logo\\\/image\\\/\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2020\\\/12\\\/rrlogo.jpg\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2020\\\/12\\\/rrlogo.jpg\",\"width\":400,\"height\":400,\"caption\":\"Rooi rose\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/logo\\\/image\\\/\"},\"sameAs\":[\"https:\\\/\\\/www.facebook.com\\\/rooirose\\\/\",\"https:\\\/\\\/x.com\\\/rooi_rose\"]},{\"@type\":\"Person\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/person\\\/4f17c1c866533e389e28590e557e7730\",\"name\":\"Anelle Tewson\",\"image\":{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/51c7260d69b78f54e605640e0044be7c1139bdbe0b57d0ca702d946adba90511?s=96&d=mm&r=g\",\"url\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/51c7260d69b78f54e605640e0044be7c1139bdbe0b57d0ca702d946adba90511?s=96&d=mm&r=g\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/51c7260d69b78f54e605640e0044be7c1139bdbe0b57d0ca702d946adba90511?s=96&d=mm&r=g\",\"caption\":\"Anelle Tewson\"}}]}<\/script>\n<!-- \/ Yoast SEO plugin. -->","yoast_head_json":{"title":"As jou hart breek - drie vroue deel hul hartbreekverhale | rooi rose","description":"\u2019n Liefdesverhouding wat skeef loop, kan alles tot stilstand ruk. Die liefde wat jou eers so lig laat voel het, kerf jou nou aan stukke.","robots":{"index":"index","follow":"follow","max-snippet":"max-snippet:-1","max-image-preview":"max-image-preview:large","max-video-preview":"max-video-preview:-1"},"canonical":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/as-jou-hart-breek-drie-vroue-deel-hul-hartbreekverhale\/","og_locale":"en_US","og_type":"article","og_title":"As jou hart breek - drie vroue deel hul hartbreekverhale | rooi rose","og_description":"\u2019n Liefdesverhouding wat skeef loop, kan alles tot stilstand ruk. Die liefde wat jou eers so lig laat voel het, kerf jou nou aan stukke.","og_url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/as-jou-hart-breek-drie-vroue-deel-hul-hartbreekverhale\/","og_site_name":"rooi rose","article_publisher":"https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/","article_published_time":"2024-02-14T12:03:55+00:00","article_modified_time":"2024-02-14T12:18:36+00:00","og_image":[{"width":1920,"height":1280,"url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2024\/02\/pexels-monstera-production-5874709.jpg","type":"image\/jpeg"}],"author":"Anelle Tewson","twitter_card":"summary_large_image","twitter_creator":"@rooi_rose","twitter_site":"@rooi_rose","twitter_misc":{"Written by":"Anelle Tewson","Est. reading time":"9 minute"},"schema":{"@context":"https:\/\/schema.org","@graph":[{"@type":"Article","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/as-jou-hart-breek-drie-vroue-deel-hul-hartbreekverhale\/#article","isPartOf":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/as-jou-hart-breek-drie-vroue-deel-hul-hartbreekverhale\/"},"author":{"name":"Anelle Tewson","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/person\/4f17c1c866533e389e28590e557e7730"},"headline":"As jou hart breek &#8211; drie vroue deel hul hartbreekverhale","datePublished":"2024-02-14T12:03:55+00:00","dateModified":"2024-02-14T12:18:36+00:00","mainEntityOfPage":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/as-jou-hart-breek-drie-vroue-deel-hul-hartbreekverhale\/"},"wordCount":1866,"publisher":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/as-jou-hart-breek-drie-vroue-deel-hul-hartbreekverhale\/#primaryimage"},"thumbnailUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2024\/02\/pexels-monstera-production-5874709.jpg","keywords":["Verhoudings","inspirasie","inspiration","relationships","personal growth","persoonlike groei","jou lewe"],"articleSection":["Persoonlike groei","Jou lewe"],"inLanguage":"af-ZA","copyrightYear":"2024","copyrightHolder":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"}},{"@type":"WebPage","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/as-jou-hart-breek-drie-vroue-deel-hul-hartbreekverhale\/","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/as-jou-hart-breek-drie-vroue-deel-hul-hartbreekverhale\/","name":"As jou hart breek - drie vroue deel hul hartbreekverhale | rooi rose","isPartOf":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#website"},"primaryImageOfPage":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/as-jou-hart-breek-drie-vroue-deel-hul-hartbreekverhale\/#primaryimage"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/as-jou-hart-breek-drie-vroue-deel-hul-hartbreekverhale\/#primaryimage"},"thumbnailUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2024\/02\/pexels-monstera-production-5874709.jpg","datePublished":"2024-02-14T12:03:55+00:00","dateModified":"2024-02-14T12:18:36+00:00","description":"\u2019n Liefdesverhouding wat skeef loop, kan alles tot stilstand ruk. Die liefde wat jou eers so lig laat voel het, kerf jou nou aan stukke.","breadcrumb":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/as-jou-hart-breek-drie-vroue-deel-hul-hartbreekverhale\/#breadcrumb"},"inLanguage":"af-ZA","potentialAction":[{"@type":"ReadAction","target":["https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/as-jou-hart-breek-drie-vroue-deel-hul-hartbreekverhale\/"]}]},{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/as-jou-hart-breek-drie-vroue-deel-hul-hartbreekverhale\/#primaryimage","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2024\/02\/pexels-monstera-production-5874709.jpg","contentUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2024\/02\/pexels-monstera-production-5874709.jpg","width":1920,"height":1280},{"@type":"BreadcrumbList","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/as-jou-hart-breek-drie-vroue-deel-hul-hartbreekverhale\/#breadcrumb","itemListElement":[{"@type":"ListItem","position":1,"name":"Home","item":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/"},{"@type":"ListItem","position":2,"name":"As jou hart breek &#8211; drie vroue deel hul hartbreekverhale"}]},{"@type":"WebSite","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#website","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/","name":"rooi rose","description":"Stylvol, sinvol, propvol","publisher":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"},"potentialAction":[{"@type":"SearchAction","target":{"@type":"EntryPoint","urlTemplate":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/?s={search_term_string}"},"query-input":{"@type":"PropertyValueSpecification","valueRequired":true,"valueName":"search_term_string"}}],"inLanguage":"af-ZA"},{"@type":"Organization","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization","name":"Rooi rose","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/","logo":{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/logo\/image\/","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2020\/12\/rrlogo.jpg","contentUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2020\/12\/rrlogo.jpg","width":400,"height":400,"caption":"Rooi rose"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/logo\/image\/"},"sameAs":["https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/","https:\/\/x.com\/rooi_rose"]},{"@type":"Person","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/person\/4f17c1c866533e389e28590e557e7730","name":"Anelle Tewson","image":{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/51c7260d69b78f54e605640e0044be7c1139bdbe0b57d0ca702d946adba90511?s=96&d=mm&r=g","url":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/51c7260d69b78f54e605640e0044be7c1139bdbe0b57d0ca702d946adba90511?s=96&d=mm&r=g","contentUrl":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/51c7260d69b78f54e605640e0044be7c1139bdbe0b57d0ca702d946adba90511?s=96&d=mm&r=g","caption":"Anelle Tewson"}}]}},"distributor_meta":false,"distributor_terms":false,"distributor_media":false,"distributor_original_site_name":"rooi rose","distributor_original_site_url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose","push-errors":false,"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/97951","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/users\/9"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=97951"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/97951\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/media\/142747"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=97951"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=97951"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=97951"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}