{"id":97935,"date":"2023-01-05T14:42:45","date_gmt":"2023-01-05T12:42:45","guid":{"rendered":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/?p=97935"},"modified":"2023-01-05T14:43:17","modified_gmt":"2023-01-05T12:43:17","slug":"sigarette-druk-nou-dood","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/sigarette-druk-nou-dood\/","title":{"rendered":"Sigarette: Druk n\u00f3\u00fa dood"},"content":{"rendered":"<p><em>Sigarette: Druk n\u00f3\u00fa dood deur Salom\u00e9 Delport<\/em><\/p>\n<p>Rokers het almal een ding gemeen: hulle wil ophou. Een of ander tyd. Op die regte oomblik &#8211; \u201cvoor ek trou\u201d, \u201cvoor ek swanger word\u201d, \u201cdie dag as ek dertig word\u201d \u2026 maar net nie vand\u00e1g nie.<\/p>\n<p>Dit \u00eds moeilik. \u2019n Maksimum van twee uit elke vyf stakers hou n\u00e1 \u2019n jaar nog vol. Tog kry hierdie twee dit reg om die nikotienstokkies vir altyd neer te sit. Hoekom slaag hulle, en die ander drie nie? Wat is hul geheim?<\/p>\n<p>Keith Darroll van Smoke Busters wat sy bestaan daaruit maak om mense binne 180 minute permanent te laat ophou rook, dink die suksesvolles het toevallig op alfabreinkrag as rookstaak-tegniek afgekom. Dis dalk die beste opsie vir jou. Volgens Keith is dit die \u00e9nigste.<\/p>\n<p>Lees ook: <a href=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/hipnose-ophou-rook\/\" target=\"_blank\" rel=\"noopener noreferrer\">Kan hipnose jou help om op te hou rook?<\/a><\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h4>Die goedvoel-faktor<\/h4>\n<p>Die brein sien volmaak na jou om: elke keuse bevoordeel jou op die een of ander wyse &#8211; die keuse wat jou brein voorstel, is dalk nie die beste manier om die beloning te kry waarna jy smag nie, maar dis in daardie stadium die vinnigste en maklikste manier. En solank jy iets daaruit kry, bly jou brein dit aanbeveel.<\/p>\n<p>Dis in \u2019n neutedop hoe jou brein oor sigarette redeneer: dis \u2019n suksesvolle manier om vir jou die voordele te gee waaraan jy \u2019n baie sterk behoefte het. Daarom sien rokers in \u2019n sigaret nie kankers, of \u2019n slegte smaak in die mond, of \u2019n rookreuk in hul hare nie. Ook nie \u2019n finansi\u00eble gat in die sak nie. Nee, hulle sien beloning. \u2019n Yslike, h\u00e9\u00e9rlike beloning. Of twee, drie.<\/p>\n<p>Di\u00e9 beloning is meestal die dwingende emosies van aanvaarding, erkenning en groep-identifisering, s\u00ea Keith. \u201cToe die meeste rokers daardie eerste sigaret aangesteek het, het hulle aanvanklik daarna gesmag om goed te voel oor hulself, om erkenning te kry, aanvaar te word, of \u2019n avontuur aan te pak. Die sigaret het hulle toe daarmee beloon &#8211; en elke volgende sigaret beloon hulle w\u00e9\u00e9r. Daarom bly hulle rook.<\/p>\n<p>Lees ook: <a href=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/dwelms-veiligste-lys\/\" target=\"_blank\" rel=\"noopener noreferrer\">Die veiligste dwelms, wetenskaplik gelys<\/a><\/p>\n<p>\u201cJy\u2019s nie verslaaf aan die nikotien nie, maar aan die emosionele beloning wat jy uit elke sigaret haal. Emosionele beloning is \u2019n baie, baie kragtige interne motiveerder. Dit troon bo enige ander logiese nadeel uit. En dit klop \u00e9lke keer enige ander vorm van motivering.\u201d<\/p>\n<p>Die gebrek aan emosionele beloning is juis die rede waarom rookstaakhulpmiddels en -programme; die beredeneerde beto\u00eb en\/of gekerm van ouers, huweliksmaats en medici; en skrikwekkende gesondheidsgevare (soos sterfestyfers, die kankerstatistiek, die drie en veertig kankerwekkers in elke sigaret, die feit dat rokers armer is, meer dikwels impotent is, meer dikwels doof word as nie-rokers, en so meer, en so meer) op hul eie misluk. Hulle maak net op eksterne motivering staat en\/of spreek net die nikotienverslawing aan, en emosionele beloning, wat die rede is waarom jy rook &#8211; en die sleutel as jy wil ophou &#8211; is nie ter sprake nie.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h4>Herleer<\/h4>\n<p>In sy Neurolinguistic Programming Workbook verduidelik Joseph Connor ook dat gedragsverandering net deur belonings teweeggebring word. Jy sal net ophou as jy dieselfde of beter belonings op ander maniere oes.<\/p>\n<p>Maar dis nie so eenvoudig nie: jou brein glo nie sommer enige boodskappie nie. Hy leer deur te ervaar. Hy het die voordele van elke teug aan daardie sigaret eerstehands ervaar. Onteenseglik, jare lank al.<\/p>\n<p>Dis hier waar die alfabreingolwe inkom.<\/p>\n<p>Dis ingewikkeld om presies te verduidelik wat dit is. Die maklikste is om te s\u00ea dat jou brein alfagolwe vorm wanneer jy droom, op \u2019n verbeeldingsvlug is of iets visualiseer. Dit het \u2019n geweldige sterk vormende invloed op jou verwagtinge en optrede, en dus op jou toekoms &#8211; vandaar die waarde van neurolingu\u00efstiese programmeringstegnieke.<\/p>\n<p>Lees ook: <a href=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/hoe-rook-jou-vel-beinvloed\/\" target=\"_blank\" rel=\"noopener noreferrer\">Hoe rook jou vel be\u00efnvloed<\/a><\/p>\n<p>Connor stel onder meer \u2019n baie oulike vyf tree-tegniek voor om jouself neurolingu\u00efsties te herprogrammeer. Ons het dit spesifiek met die oog op \u2019n lewe sonder sigarette aangepas.<\/p>\n<p>Maar voor jy begin, moet jy eers plaasvervangers kry waaruit jy dieselfde emosionele belonings kan put. Vir elkeen is die antwoord anders, want ons put verskillende belonings uit \u2019n gegewe aktiwiteit.<\/p>\n<p>Dink lekker wyd en kry vir jou \u2019n paar alternatiewe. Dink aan \u2019n hele klompie alternatiewe aktiwiteite. \u2019n Paar idees: skilder, leser, tuinier, beeldhouer, geselser, gim-meisie, swemmer, sportkenner, katliefhebber, ruiter, reisiger, connoisseur, epikuris, Frans, elegant, modieus, skoonheid, sosiale vlinder, liefdadigheidswerker, musikant, avonturier, geestelike, leermeester.<\/p>\n<p>Formuleer jou plaasvervanger positief en in fyn besonderhede. Moenie s\u00ea ek wil ophou rook nie. Dit hou g\u00e9\u00e9n emosionele beloning in nie. S\u00ea so: Ek wil deel wees van \u2019n vrolike vriendekring wat mekaar ondersteun en heerlike uitstappies aanpak, of ek wil reis en aanstaande jaar die groot modevertonings in Parys bywoon, of ek wil fiks wees, elke kwartaal aan \u2019n pretloop deelneem en oor twee jaar die Comrades aanpak.<\/p>\n<p>Nou kom jy by die praktiese detail: hoe gaan jy van die plaasvervanger \u2019n nuwe werklikheid maak?<\/p>\n<p>Beplan omvattend. Wat het jy alles daarvoor nodig? Dink prakties &#8211; aan toerusting, mense wat kan help, geld en hoe jy dit in jou dag gaan inpas. Moet jy jou selfbeeld versterk, \u2019n kursus doen wat jou sosiale vaardighede ontwikkel, by \u2019n Bybelstudie- of liefdadigheidsgroep inskakel, \u2019n spaarplan aan die gang kry, \u2019n Let\u2019s Go-gids koop of \u2019n lid van Run\/Walk for Life word en \u2019n paar goeie drafskoene aanskaf?<\/p>\n<p>Tot hier toe is dit maklik. Die kuns is om alles nou bymekaar te bring. Ons het die Comrades-droom as voorbeeld gebruik. Doen die hele oefening tot jy seker is jy het die geskikte plaasvervangende aktiwiteit(e) uitgesif. Doen die tweede helfte vir ses maande &#8211; dis hoe lank dit neem om \u2019n nuwe identiteit vas te l\u00ea.<\/p>\n<p>Lees ook: <a href=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/oefenprogram-fiets-beginner-maklik\/\" target=\"_blank\" rel=\"noopener noreferrer\">28-dag oefenprogram vir beginner-fietsryers<\/a><\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\"size-medium wp-image-104965 aligncenter\" src=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2018\/11\/pexels-photo-247040-500x333.jpeg\" alt=\"Sigarette: Druk n\u00f3\u00fa dood\" width=\"500\" height=\"333\" \/><\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h4>Die hulpmiddels<\/h4>\n<p>Verslawing aan nikotien is net so intens soos aan koka\u00efen. Niemand verwag koka\u00efenverslaafdes moet sonder hulp ophou nie. Jy is n\u00e9t so geregtig op \u2019n bietjie hulp. Almal sal jou R250 &#8211; R300 per maand uit die sak jaag. Clicks-apteker, Ren\u00e9 Zulch, s\u00ea die gewildstes is:<\/p>\n<p><strong>Zyban<\/strong> Hierdie antidepressant word nie vir depressie gebruik nie, maar vanwe\u00eb sy vermo\u00eb om die rooklus vanself te laat verdwyn. Jy sluk bloot \u2019n pilletjie, maar bly rook. N\u00e1 \u2019n week wanneer die vlakke van Zyban in jou bloed \u2019n optimale vlak bereik het, sal jy agterkom jy het al minder lus vir rook, en kan ophou. N\u00e1 sowat drie maande sal jy nooit weer na \u2019n sigaret smag nie. (Net op voorskrif.)<\/p>\n<p>Lees ook: <a href=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/rook-ophou-staak-toets\/\" target=\"_blank\" rel=\"noopener noreferrer\">Toets jouself &#8211; hoe swaar rook jy werklik?<\/a><\/p>\n<p><strong>Nicorette<\/strong> Hierdie terapie vervang die nikotien uit sigarette deur nikotien uit kougom of velplakkers. Die idee is om jou te help om die fisieke gewoonte van rook te breek terwyl jou liggaam geleidelik van die verslawing gespeen word met al kleiner dosisse nikotien. Kry motivering by nicorette.com<\/p>\n<p><strong>QuitR<\/strong> Dis \u2019n nikotienmondsproei wat ook op die &#8220;speen&#8221;-beginsel staatmaak. Sodra jy lus is vir rook, neem jy gou \u2019n paar spuite nikotien.<\/p>\n<p><strong>Nicobloc<\/strong> Hierdie produk werk as \u2019n nikotien-filter. \u2019n Druppel op jou sigaretfilter absorbeer die nikotien uit die sigaret elke keer as jy daaraan teug. Jou liggaam word so van al minder nikotien voorsien, tot jy uiteindelik nikotienvrye sigarette rook en nie meer na nikotien smag nie. Kyk by nicobloc.com<\/p>\n<p><strong>Emosionele steun<\/strong> Kry emosionele steun by internetgroepe soos Nicotine Anonymous (www. nicotine-anonymous.org), hipnoterapeute en rookstaakterapeute soos Smokebusters (021 976 5716) en Smokenders (kyk in jou stedelike telefoongidse vir die nommer).<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h4>Ons het opgehou!<\/h4>\n<p><strong>Anoniem: \u201cMy baba het my laat stop.\u201d<\/strong><\/p>\n<p>Ek het op universiteit begin rook, twaalf jaar lank. Ek het op dertig my eerste baba verwag, en het so gestres oor hoe sleg dit vir haar is &#8211; maar bly rook. Die oggend voor my keisersnit het ek nog \u2019n laaste sigaret gerook. Die drie dae in die hospitaal was so vol dat ek nooit gerook het nie, maar toe ek by die huis instap, was ek b\u00e1ie lus. My man het vir my ges\u00ea siende dat ek nou al drie dae lank nie rook nie, kan ek net sowel ophou. Ek h\u00e9t &#8211; en ek was nog nooit spyt nie.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p><strong>Trisa Hugo: \u201cEk het begin uit voel.\u201d<\/strong><\/p>\n<p>Miskien is die enigste rede waarom ek opgehou het (sigarette is vir my regtig h\u00e9\u00e9rlik) die sosiale druk. Dit het al moeiliker geraak om \u2019n aangename rookplek te kry, en ek het myself menigmaal as die enigste volwassene tussen \u2019n klomp kinders bevind. Dit het taamlik verspot begin voel. Ek het ook nie daarvan gehou dat sigarette my beheer nie &#8211; daarvoor is ek te veel van \u2019n beheervraat. Dalk het ek net uit pure koppigheid opgehou?<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p><strong>Janus Stols (34, fakbrieksbestuurder): \u201cKanker het my laat skrik; my kop het my laat deurdruk.\u201d<\/strong><\/p>\n<p>My skoonpa het aan die einde van 2000 lipkanker weens rook ontwikkel en is binne drie maande oorlede. Dit het my my pyp laat neersit, en ek het gesien ek kan daarsonder klaarkom. Maar toe verander ek van werk. Die stres het my weer na nikotien laat gryp &#8211; di\u00e9 keer sigarette. Die besluit om hierdie keer op te hou was \u2019n persoonlike een. Niks en niemand het my gedwing of be\u00efnvloed nie. Ek het oor ophou begin dink, my gedagtegang begin regkry, my laaste pakkie sigarette gaan koop en toe bloot opgehou.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<div id=\"attachment_104966\" style=\"width: 460px\" class=\"wp-caption aligncenter\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" aria-describedby=\"caption-attachment-104966\" class=\"size-medium wp-image-104966\" src=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2018\/11\/pexels-photo-1173804-450x600.jpeg\" alt=\"\" width=\"450\" height=\"600\" \/><p id=\"caption-attachment-104966\" class=\"wp-caption-text\">pexels<\/p><\/div>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h4>Visualiseer jou rookstaking<\/h4>\n<p>Kry \u2019n staanplek. Kies \u2019n ruimte waar jy vyf tree terug kan stap (jy kan die tree ook net visualiseer, maar fisieke tree werk beter). Maak jou o\u00eb toe en beskryf vir jouself hoe die omgewing lyk waarin jy is wanneer jy rook. Die doel is om te verstaan watter prikkels in jou omgewing jou laat rook. Dit wys watter behoeftes jy het wanneer jy lus is om te rook.<\/p>\n<p><strong>Vrae om te vra:<\/strong> Wie is saam met jou? Wat val jou op as jy daar is? Watter faktore in die omgewing be\u00efnvloed jou om te rook? Dalk stres, verveling of moegheid? Of \u2019n behoefte aan geselskap, \u2019n bietjie bederf of selfhandhawing?<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p><strong>Stap die eerste tree terug.<\/strong><\/p>\n<p>Kyk na jou gedrag. Beskryf jou bewegings en gedagtes terwyl jy rook. Die doel is om die emosionele voordele te identifiseer wat die rookgewoonte vir jou inhou. Dit dui vir jou aan na watter belonings jy op soek is. Evalueer of die Comrades-opsie jou soort belonings kan verskaf. As dit tekort skiet, gaan jy kort voor lank weer rook. Werk liewer aan \u2019n ander plaasvervanger.<\/p>\n<p><strong>Vrae om te vra:<\/strong> Voel jy in? Of uit? Hoekom? Wat wil jy eintlik uit \u2019n sigaret haal? Is dit lekker sosiaal? Of laat dit jou dapper en uitdagend voel? Definieer dit vir jou onafhanklikheid? Maak dit jou deel van die groep? S\u00ea dit jy is oud genoeg om jou eie besluite te neem? Spel dit vryheid of nonkonformisme uit?<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p><strong>Stap die tweede tree terug<\/strong><\/p>\n<p>Konsentreer nou op jou vermo\u00ebns. Dink aan jou sterk punte, en identifiseer hoe \u2019n sigaret hulle elke keer laat blom. Evalueer kortliks of jou talente in jou plaasvervanger vir die rookgewoonte tot hul reg sal kom. Of het jy nog opsies nodig?<\/p>\n<p><strong>Vrae om te vra:<\/strong> Watter talente het jy alles? Watter vaardighede? Waarin is jy goed? Watter prestasies het jy op die kerfstok? Kan jy goed kommunikeer, mense motiveer, of beplan? By watter van hierdie eienskappe vind jy baat? Hou dit vir jou voordele in?<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p><strong>Stap die derde tree terug<\/strong><\/p>\n<p>Fokus op jou waardes en oortuigings. Dink weer oor jou Comrades-droom: pas dit steeds?<\/p>\n<p><strong>Vrae om te vra:<\/strong> Kyk objektief na die dinge wat jy doen en hoe jy dit doen: wat s\u00ea elkeen oor jou beginsels en waardes? Watter waardes is vir jou belangrik? Hoe gaan die Comrades as plaasvervanger jou by die groep laat inpas as jy baie waarde heg aan samehorigheid? Of gaan dit inpas by jou individualistiese streep? Hoe gaan dit jou onafhankliker\/vryer\/meer in beheer laat voel? Is daar dalk ander plaasvervangers wat beter by jou waardesisteem sal pas?<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p><strong>Stap die vierde tree terug<\/strong><\/p>\n<p>Die doel is om \u2019n begrip van jou bestaande identiteit te kry en dit deur jou nuwe identiteit te vervang. Kies \u2019n simbool wat jou nuwe identiteit uitbeeld, soos \u2019n Comrades-medalje om jou nek as jy jou nuwe jy as \u2019n atleet sien.<\/p>\n<p><strong>Vrae om te vra:<\/strong> Watter beeld dra jy oor met \u2019n brandende sigaret in die hand? Pas dit regtig by die groter prentjie van wie jy is met al jou talente, vermo\u00ebns, oortuigings en waardes? Hoe gaan jou nuwe beeld beter daarby pas?<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p><strong>Stap die vyfde tree terug<\/strong><\/p>\n<p>Kyk uit \u2019n geestelike perspektief na jouself. Beleef jou as uniek en kosbaar. Hou aan hierdie waarheid vas tot jy \u2019n diepe besef van goddelike krag en liefde ervaar.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p><strong>Gee nou een tree vorentoe<\/strong><\/p>\n<p>Koppel hierdie bewussyn van jou verbintenis met die heelal en goddelike krag aan jou nuwe identiteit, en laat di\u00e9 spirituele dimensie dit hernieu en verdiep.<\/p>\n<p><strong>Om te doen:<\/strong> Versterk jou beeld as Comrades-atleet tot jy dit in die fynste besonderhede kan sien. Sien hoe jy by die stadion indraf, die eindstreep oorsteek. Jy kan maar heerlik voortborduur &#8211; nie net oor die wedren nie, maar selfs oor die rit soontoe, die mense saam met jou &#8230;<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p><strong>Gee die tweede tree vorentoe<\/strong><\/p>\n<p>Dink weer oor jou waardes en oortuigings: watter beginsels is in di\u00e9 stadium vir jou regtig belangrik?<\/p>\n<p><strong>Om te doen:<\/strong> Dink nou weer oor hoe jou Comrades-projek jou waardes sal bevorder &#8211; hoe jy heerlik gesellig saam net die ander klublede draf, of jou eie pas handhaaf as jy \u2019n individualis is. Fokus op waardes wat jou identiteit as Comrades-atleet uitdruk.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p><strong>Gee die derde tree vorentoe <\/strong><\/p>\n<p>Fokus nou op jou talente, vaardighede en prestasies en span in jou gedagtes elkeen in diens van jou nuwe identiteit in. Dink hoe die vaardighede jou Comrades-droom help verwesenlik, en die belonings meebring waarna jy smag.<\/p>\n<p><strong>Om te doen:<\/strong> Hier is enkele voorbeelde. Jy moet met jou eie eienskappe werk. Was jy op skool gemiddeld in sport? Dan het jy die potensiaal vir die Comrades. Hou jy van die buitelug? Draf bring jou juis buite. Is jy getrou? \u2019n Roetine wat op getroue oefening staatmaak, werk vir jou, of jy sal \u2019n maat kan inspireer om saam te oefen.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p><strong>Gee die vierde tree vorentoe.<\/strong><\/p>\n<p>Jy is nou op die vlak van gedrag. Omdat jy intens bevredigende emosionele belonings verwag, sal dit maklik en opwindend wees &#8211; sonder daardie gevoel van interne weerstand.<\/p>\n<p>Om dit te doen, moet jy dit net doen!<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p><strong>Terug by die begin:<\/strong> Jy is terug in jou werklikheid, maar jy is beslis nie terug waar jy was nie. Jy\u2019s \u2019n aks anders, en met elke herhaling van die proses skiet jou beeld \u2019n bietjie dieper wortel.<\/p>\n<p>Nuttige nommers:<br \/>\nNasionale Raad teen Rook 011 643 2958<br \/>\nRookstaakhulplyn 011 720 3145<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Jy het al elke taktiek in die boek probeer, maar die nikotienstokkies bly jou baas. Die rede? Jy is nie aan nikotien verslaaf nie. Jou ware verslawing l\u00ea op \u2019n ander vlak. Die oplossing ook. <\/p>\n","protected":false},"author":9,"featured_media":135455,"comment_status":"closed","ping_status":"closed","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"_acf_changed":false,"footnotes":""},"categories":[2949,667],"tags":[136,230,2792,23458,23664,45248],"class_list":["post-97935","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-leef-gesond","category-gesondheid","tag-gesondheid","tag-rook","tag-leef-gesond","tag-lifestyle","tag-health","tag-smoking"],"acf":[],"yoast_head":"<!-- This site is optimized with the Yoast SEO plugin v28.6 - https:\/\/yoast.com\/product\/yoast-seo-wordpress\/ -->\n<title>Sigarette: Druk n\u00f3\u00fa dood | rooi rose<\/title>\n<meta name=\"description\" content=\"Jy het al elke taktiek in die boek probeer, maar die nikotienstokkies bly jou baas. Jy is nie aan nikotien verslaaf nie. Jou ware verslawing l\u00ea elders.\" \/>\n<meta name=\"robots\" content=\"index, follow, max-snippet:-1, max-image-preview:large, max-video-preview:-1\" \/>\n<link rel=\"canonical\" href=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/sigarette-druk-nou-dood\/\" \/>\n<meta property=\"og:locale\" content=\"en_US\" \/>\n<meta property=\"og:type\" content=\"article\" \/>\n<meta property=\"og:title\" content=\"Sigarette: Druk n\u00f3\u00fa dood | rooi rose\" \/>\n<meta property=\"og:description\" content=\"Jy het al elke taktiek in die boek probeer, maar die nikotienstokkies bly jou baas. Jy is nie aan nikotien verslaaf nie. Jou ware verslawing l\u00ea elders.\" \/>\n<meta property=\"og:url\" content=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/sigarette-druk-nou-dood\/\" \/>\n<meta property=\"og:site_name\" content=\"rooi rose\" \/>\n<meta property=\"article:publisher\" content=\"https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/\" \/>\n<meta property=\"article:published_time\" content=\"2023-01-05T12:42:45+00:00\" \/>\n<meta property=\"article:modified_time\" content=\"2023-01-05T12:43:17+00:00\" \/>\n<meta property=\"og:image\" content=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2023\/01\/markus-spiske-ISb84QguPSg-unsplash.jpg\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:width\" content=\"1920\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:height\" content=\"1273\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:type\" content=\"image\/jpeg\" \/>\n<meta name=\"author\" content=\"Anelle Tewson\" \/>\n<meta name=\"twitter:card\" content=\"summary_large_image\" \/>\n<meta name=\"twitter:creator\" content=\"@rooi_rose\" \/>\n<meta name=\"twitter:site\" content=\"@rooi_rose\" \/>\n<meta name=\"twitter:label1\" content=\"Written by\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:data1\" content=\"Anelle Tewson\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:label2\" content=\"Est. reading time\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:data2\" content=\"12 minute\" \/>\n<script type=\"application\/ld+json\" class=\"yoast-schema-graph\">{\"@context\":\"https:\\\/\\\/schema.org\",\"@graph\":[{\"@type\":\"Article\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/sigarette-druk-nou-dood\\\/#article\",\"isPartOf\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/sigarette-druk-nou-dood\\\/\"},\"author\":{\"name\":\"Anelle Tewson\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/person\\\/4f17c1c866533e389e28590e557e7730\"},\"headline\":\"Sigarette: Druk n\u00f3\u00fa dood\",\"datePublished\":\"2023-01-05T12:42:45+00:00\",\"dateModified\":\"2023-01-05T12:43:17+00:00\",\"mainEntityOfPage\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/sigarette-druk-nou-dood\\\/\"},\"wordCount\":2486,\"publisher\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/sigarette-druk-nou-dood\\\/#primaryimage\"},\"thumbnailUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2023\\\/01\\\/markus-spiske-ISb84QguPSg-unsplash.jpg\",\"keywords\":[\"Gesondheid\",\"rook\",\"leef gesond\",\"lifestyle\",\"health\",\"smoking\"],\"articleSection\":[\"Leef gesond\",\"Gesondheid\"],\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"copyrightYear\":\"2023\",\"copyrightHolder\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"}},{\"@type\":\"WebPage\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/sigarette-druk-nou-dood\\\/\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/sigarette-druk-nou-dood\\\/\",\"name\":\"Sigarette: Druk n\u00f3\u00fa dood | rooi rose\",\"isPartOf\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#website\"},\"primaryImageOfPage\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/sigarette-druk-nou-dood\\\/#primaryimage\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/sigarette-druk-nou-dood\\\/#primaryimage\"},\"thumbnailUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2023\\\/01\\\/markus-spiske-ISb84QguPSg-unsplash.jpg\",\"datePublished\":\"2023-01-05T12:42:45+00:00\",\"dateModified\":\"2023-01-05T12:43:17+00:00\",\"description\":\"Jy het al elke taktiek in die boek probeer, maar die nikotienstokkies bly jou baas. Jy is nie aan nikotien verslaaf nie. Jou ware verslawing l\u00ea elders.\",\"breadcrumb\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/sigarette-druk-nou-dood\\\/#breadcrumb\"},\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"potentialAction\":[{\"@type\":\"ReadAction\",\"target\":[\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/sigarette-druk-nou-dood\\\/\"]}]},{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/sigarette-druk-nou-dood\\\/#primaryimage\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2023\\\/01\\\/markus-spiske-ISb84QguPSg-unsplash.jpg\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2023\\\/01\\\/markus-spiske-ISb84QguPSg-unsplash.jpg\",\"width\":1920,\"height\":1273},{\"@type\":\"BreadcrumbList\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/sigarette-druk-nou-dood\\\/#breadcrumb\",\"itemListElement\":[{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":1,\"name\":\"Home\",\"item\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\"},{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":2,\"name\":\"Sigarette: Druk n\u00f3\u00fa dood\"}]},{\"@type\":\"WebSite\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#website\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\",\"name\":\"rooi rose\",\"description\":\"Stylvol, sinvol, propvol\",\"publisher\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"},\"potentialAction\":[{\"@type\":\"SearchAction\",\"target\":{\"@type\":\"EntryPoint\",\"urlTemplate\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/?s={search_term_string}\"},\"query-input\":{\"@type\":\"PropertyValueSpecification\",\"valueRequired\":true,\"valueName\":\"search_term_string\"}}],\"inLanguage\":\"af-ZA\"},{\"@type\":\"Organization\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\",\"name\":\"Rooi rose\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\",\"logo\":{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/logo\\\/image\\\/\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2020\\\/12\\\/rrlogo.jpg\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2020\\\/12\\\/rrlogo.jpg\",\"width\":400,\"height\":400,\"caption\":\"Rooi rose\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/logo\\\/image\\\/\"},\"sameAs\":[\"https:\\\/\\\/www.facebook.com\\\/rooirose\\\/\",\"https:\\\/\\\/x.com\\\/rooi_rose\"]},{\"@type\":\"Person\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/person\\\/4f17c1c866533e389e28590e557e7730\",\"name\":\"Anelle Tewson\",\"image\":{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/51c7260d69b78f54e605640e0044be7c1139bdbe0b57d0ca702d946adba90511?s=96&d=mm&r=g\",\"url\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/51c7260d69b78f54e605640e0044be7c1139bdbe0b57d0ca702d946adba90511?s=96&d=mm&r=g\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/51c7260d69b78f54e605640e0044be7c1139bdbe0b57d0ca702d946adba90511?s=96&d=mm&r=g\",\"caption\":\"Anelle Tewson\"}}]}<\/script>\n<!-- \/ Yoast SEO plugin. -->","yoast_head_json":{"title":"Sigarette: Druk n\u00f3\u00fa dood | rooi rose","description":"Jy het al elke taktiek in die boek probeer, maar die nikotienstokkies bly jou baas. Jy is nie aan nikotien verslaaf nie. Jou ware verslawing l\u00ea elders.","robots":{"index":"index","follow":"follow","max-snippet":"max-snippet:-1","max-image-preview":"max-image-preview:large","max-video-preview":"max-video-preview:-1"},"canonical":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/sigarette-druk-nou-dood\/","og_locale":"en_US","og_type":"article","og_title":"Sigarette: Druk n\u00f3\u00fa dood | rooi rose","og_description":"Jy het al elke taktiek in die boek probeer, maar die nikotienstokkies bly jou baas. Jy is nie aan nikotien verslaaf nie. Jou ware verslawing l\u00ea elders.","og_url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/sigarette-druk-nou-dood\/","og_site_name":"rooi rose","article_publisher":"https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/","article_published_time":"2023-01-05T12:42:45+00:00","article_modified_time":"2023-01-05T12:43:17+00:00","og_image":[{"width":1920,"height":1273,"url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2023\/01\/markus-spiske-ISb84QguPSg-unsplash.jpg","type":"image\/jpeg"}],"author":"Anelle Tewson","twitter_card":"summary_large_image","twitter_creator":"@rooi_rose","twitter_site":"@rooi_rose","twitter_misc":{"Written by":"Anelle Tewson","Est. reading time":"12 minute"},"schema":{"@context":"https:\/\/schema.org","@graph":[{"@type":"Article","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/sigarette-druk-nou-dood\/#article","isPartOf":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/sigarette-druk-nou-dood\/"},"author":{"name":"Anelle Tewson","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/person\/4f17c1c866533e389e28590e557e7730"},"headline":"Sigarette: Druk n\u00f3\u00fa dood","datePublished":"2023-01-05T12:42:45+00:00","dateModified":"2023-01-05T12:43:17+00:00","mainEntityOfPage":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/sigarette-druk-nou-dood\/"},"wordCount":2486,"publisher":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/sigarette-druk-nou-dood\/#primaryimage"},"thumbnailUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2023\/01\/markus-spiske-ISb84QguPSg-unsplash.jpg","keywords":["Gesondheid","rook","leef gesond","lifestyle","health","smoking"],"articleSection":["Leef gesond","Gesondheid"],"inLanguage":"af-ZA","copyrightYear":"2023","copyrightHolder":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"}},{"@type":"WebPage","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/sigarette-druk-nou-dood\/","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/sigarette-druk-nou-dood\/","name":"Sigarette: Druk n\u00f3\u00fa dood | rooi rose","isPartOf":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#website"},"primaryImageOfPage":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/sigarette-druk-nou-dood\/#primaryimage"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/sigarette-druk-nou-dood\/#primaryimage"},"thumbnailUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2023\/01\/markus-spiske-ISb84QguPSg-unsplash.jpg","datePublished":"2023-01-05T12:42:45+00:00","dateModified":"2023-01-05T12:43:17+00:00","description":"Jy het al elke taktiek in die boek probeer, maar die nikotienstokkies bly jou baas. Jy is nie aan nikotien verslaaf nie. Jou ware verslawing l\u00ea elders.","breadcrumb":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/sigarette-druk-nou-dood\/#breadcrumb"},"inLanguage":"af-ZA","potentialAction":[{"@type":"ReadAction","target":["https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/sigarette-druk-nou-dood\/"]}]},{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/sigarette-druk-nou-dood\/#primaryimage","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2023\/01\/markus-spiske-ISb84QguPSg-unsplash.jpg","contentUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2023\/01\/markus-spiske-ISb84QguPSg-unsplash.jpg","width":1920,"height":1273},{"@type":"BreadcrumbList","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/sigarette-druk-nou-dood\/#breadcrumb","itemListElement":[{"@type":"ListItem","position":1,"name":"Home","item":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/"},{"@type":"ListItem","position":2,"name":"Sigarette: Druk n\u00f3\u00fa dood"}]},{"@type":"WebSite","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#website","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/","name":"rooi rose","description":"Stylvol, sinvol, propvol","publisher":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"},"potentialAction":[{"@type":"SearchAction","target":{"@type":"EntryPoint","urlTemplate":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/?s={search_term_string}"},"query-input":{"@type":"PropertyValueSpecification","valueRequired":true,"valueName":"search_term_string"}}],"inLanguage":"af-ZA"},{"@type":"Organization","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization","name":"Rooi rose","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/","logo":{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/logo\/image\/","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2020\/12\/rrlogo.jpg","contentUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2020\/12\/rrlogo.jpg","width":400,"height":400,"caption":"Rooi rose"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/logo\/image\/"},"sameAs":["https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/","https:\/\/x.com\/rooi_rose"]},{"@type":"Person","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/person\/4f17c1c866533e389e28590e557e7730","name":"Anelle Tewson","image":{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/51c7260d69b78f54e605640e0044be7c1139bdbe0b57d0ca702d946adba90511?s=96&d=mm&r=g","url":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/51c7260d69b78f54e605640e0044be7c1139bdbe0b57d0ca702d946adba90511?s=96&d=mm&r=g","contentUrl":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/51c7260d69b78f54e605640e0044be7c1139bdbe0b57d0ca702d946adba90511?s=96&d=mm&r=g","caption":"Anelle Tewson"}}]}},"distributor_meta":false,"distributor_terms":false,"distributor_media":false,"distributor_original_site_name":"rooi rose","distributor_original_site_url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose","push-errors":false,"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/97935","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/users\/9"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=97935"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/97935\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/media\/135455"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=97935"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=97935"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=97935"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}