{"id":97932,"date":"2023-04-26T08:35:27","date_gmt":"2023-04-26T06:35:27","guid":{"rendered":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/?p=97932"},"modified":"2023-04-26T08:39:13","modified_gmt":"2023-04-26T06:39:13","slug":"die-feeks-faktor-wanneer-meisies-mekaar-boelie","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/die-feeks-faktor-wanneer-meisies-mekaar-boelie\/","title":{"rendered":"Die feeks faktor &#8211; wanneer meisies mekaar boelie"},"content":{"rendered":"<p><em>Die feeks faktor &#8211; wanneer meisies mekaar boelie deur Corn\u00e9l Dunn. Foto&#8217;s: <a href=\"https:\/\/www.pexels.com\/\" target=\"_blank\" rel=\"noopener noreferrer\">Pexels<\/a><\/em><\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h4>Die feeks faktor &#8211; wanneer meisies mekaar boelie<\/h4>\n<p>Jou dogter betree feitlik daagliks \u2019n w\u00eareld waarvan jy niks weet nie: Die skool. Hier regeer \u2019n subkultuur, die sogenaamde cool crowd, wat besluit of sy sosiaal aanvaarbaar is of nie. Die gevolge van hierdie verwerping is dikwels erger as wat ouers vermoed, soos in Heidi se geval.<\/p>\n<p>Lees ook: <a href=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/10-dinge-wat-jy-nooit-vir-jou-tiener-moet-se-nie\/\" target=\"_blank\" rel=\"noopener noreferrer\">10 dinge wat jy nooit vir jou tiener moet s\u00ea nie<\/a><\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\"size-medium wp-image-137046 aligncenter\" src=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2023\/04\/pexels-rodnae-productions-8419157-500x333.jpg\" alt=\"\" width=\"500\" height=\"333\" \/><\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h4>Heidi se storie<\/h4>\n<p>Heidi* was \u2019n sewentienjarige donkerkop- meisie met al die eienskappe wat van haar \u2019n gewilde en gelukkige skolier behoort te maak. Sy was \u2019n akademiese presteerder, goeie atleet en besonder aantreklik.<\/p>\n<p>Toe sy haar ouers oorgehaal het om haar by \u2019n eksklusiewe meisieskool in te skryf, het sy drome gekoester van nuwe vriendskappe en sorgvrye koshuiskaskenades. Sy sou eendag haar dogters ook na di\u00e9 skool wou stuur en \u2019n tradisie begin wat al die geslagte sou bind.<\/p>\n<p>Maar Heidi is so geviktimiseer deur van die ander meisies in die koshuis dat sy vandag \u2019n skaduwee is van die kind wat sy was. Sy het die eerste paar maande in die koshuis baie gewig verloor en haar heeltemal aan die gesin onttrek wanneer sy naweke tuis was. Maar dit was eers n\u00e1 haar ma agtergekom het dat haar tienerdogter snags haar bed natmaak, dat sy haar oor die onderliggende kwessie gekonfronteer het.<\/p>\n<p>Hoewel Heidi se ouers dadelik ingegryp het, was die skade reeds gedoen. Hul selfversekerde dogter het \u2019n gespanne onderpresteerder geword. Haar gemiddeld het binne drie maande van tagtig tot ses en twintig persent geval.<\/p>\n<p>Dis nou twee jaar en honderde finansieel uitputtende terapiesessies later, maar sy drink steeds medisyne om haar selfmoordneigings te onderdruk.<br \/>\n*skuilnaam<\/p>\n<p>Lees ook: <a href=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/voel-jou-tiener-eensaam\/\" target=\"_blank\" rel=\"noopener noreferrer\">Voel jou tiener eensaam?<\/a><\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h4>Wat is dit wat meisies aan mekaar doen en hoekom?<\/h4>\n<p>Rachel Simmons, skrywer van die boek Odd Girl Out, glo dat meisies net so aggressief soos seuns is, maar baie meer subtiel. Hul dade is dikwels \u201consigbaar\u201d, wat verklaar waarom ouers en onderwysers dikwels nie bewus is van die geboelie nie. Deur net hul o\u00eb op \u2019n spesifieke manier te rol of hul rug na iemand te draai, kan hulle \u2019n medeleerling uitsluit sonder dat enige van die omstanders onraad vermoed.<\/p>\n<p>Rachel s\u00ea ook dat die oorsaak van die verborge aggressie in meisies baie te make het met ons kultuur. Meisies word geleer om gaaf te wees en konflik te vermy. Die onderdrukte emosies gee so aanleiding tot agterbakser vorms van aggressie. So spring hulle ook alle verantwoordelikheid vir hul optrede vry.<\/p>\n<p>Lees ook:<a href=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/jou-tiener-aanlyn-waghond-of-spioen-14-dinge-wat-alle-ouers-moet-weet\/\" target=\"_blank\" rel=\"noopener noreferrer\"> Is jy \u2019n waghond of spioen? Wat jy moet weet oor jou tiener aanlyn<\/a><\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\"size-medium wp-image-137047 aligncenter\" src=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2023\/04\/pexels-rodnae-productions-8419238-500x333.jpg\" alt=\"\" width=\"500\" height=\"333\" \/><\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h4>Liewer gewild as slim<\/h4>\n<p>\u2019n Dertienjarige laat selfversekerd van haar hoor: \u201cOp skool hang drie kwart van jou geluk van die sosiale interaksie af, en net \u2019n kwart van die akademiese deel. Ek wil baie liewer gewild as slim wees.\u201d<\/p>\n<p>Di\u00e9 gewildheid word gemeet aan die hoeveelheid vriendinne wat \u2019n meisie het. Tieners erken gemaklik dat hulle eerder verkies dat hul maats op hulle pik as dat die groep hulle uitsluit. Op ho\u00ebrskool is die verhouding met jou maats baie belangriker as di\u00e9 met jou ouers. Ouers moet nooit die omvang en belangrikheid hiervan onderskat nie.<\/p>\n<p>Lees ook: <a href=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/tieners-agter-die-stuur\/\" target=\"_blank\" rel=\"noopener noreferrer\">Wat jy moet weet oor tieners agter die stuur<\/a><\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\"size-medium wp-image-137049 aligncenter\" src=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2023\/04\/icons8-team-OLzlXZm_mOw-unsplash-500x334.jpg\" alt=\"\" width=\"500\" height=\"334\" \/><\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h4>Wat s\u00ea die skoolhoofde?<\/h4>\n<p>Civvie-dag is vir sommige kinders hul grootste nagmerrie van die jaar. Hier word openlik \u2019n lyn getrek tussen cool kinders en die bleeksiele.<\/p>\n<p>George Germishuys, skoolhoof van die Ho\u00ebrskool Durbanville, s\u00ea hy sien dikwels hoeveel angs en ongemak di\u00e9 soort onderskeiding veroorsaak. Maar, voeg hy by, die res van hul lewe gaan tog ook soortgelyke probleme oplewer. \u2019n Mens kan nie \u2019n kind in watte toedraai nie.<\/p>\n<p>George het nie \u2019n groot probleem met boeliery by sy skool nie en skryf dit toe aan die feit dat sy skool betreklik klein is. Onderwysers ken die kinders beter en kom makliker agter as iets verkeerd loop. Indien daar gevalle van boeliery voorkom, betrek hy die slagoffer ook en nie net die boelies nie. Hy tree dan as arbiter op.<\/p>\n<p>George meen daar moet \u2019n onderskeid gemaak moet word tussen kinders wat uit die groep gestoot is, en kinders wat alleenlopers is. Sommige kinders het net nie die sosiale vaardighede om in \u2019n groep te beweeg nie.<\/p>\n<p>By verskeie van die skole waar ek navorsing gedoen het oor die neiging onder meisies om mekaar se lewe ondraaglik te maak, het ek my in \u2019n muur van ontkenning vasgeloop. Baie skole weier om die bestaan van \u2019n boeliekultuur te erken en sommige maak dit as onskuldige \u201ckinderstories\u201d af.<\/p>\n<p>Lees ook: <a href=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/tieners-agter-die-stuur\/\" target=\"_blank\" rel=\"noopener noreferrer\">Oorweeg jou tiener selfdood? Help so<\/a><\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h4>Resep vir sukses<\/h4>\n<p>Paul Besener, skoolhoof van die Milnerton-ho\u00ebrskool in Kaapstad, is die uitsondering. Hy is deeglik bewus van die boeliekultuur in skole en het sy eie metode om die saak te hanteer. Volgens Paul s\u00ea die boeliery van die meisies is baie meer geslepe en gemeen as di\u00e9 van die seuns. \u201cSeuns ruk mekaar \u2019n bietjie rond en raak soms kwaai aggressief teenoor mekaar. Maar dis ongekompliseerd en sonder verskuilde agendas,\u201d vertel Paul.<\/p>\n<p>By Milnerton is daar geen detensie vir boeliery nie. Daar word eerder \u2019n individuele kontrak met elke leerder gesluit wat hom of haar hieraan skuldig maak. Paul s\u00ea dat hy hierdie kontrak skaamteloos gebruik om kinders met gedragsprobleme te dwing om aan gesonde groepsaktiwiteite deel te neem waar hulle van hul frustrasies ontslae kan raak.<\/p>\n<p>So \u201cvonnis\u201d hy dikwels \u2019n boelie tot \u2019n paar maande se tennis of netbal n\u00e1 skool. Dikwels ontdek die kind sy potensiaal in so \u2019n sport en behoort die wangedrag tot die verlede. Hy glo nie in \u201cstraf\u201d nie omdat hy dit as net nog \u2019n manier van boelie sien.<\/p>\n<p>Paul skryf baie van ons kinders se gedragsprobleme daaraan toe dat hulle die eerste kinders is wat uit die sogenaamde televisiegeslag gebore is.<\/p>\n<p>Die gesin sit nie meer saam aan tafel vir aandete nie. Elkeen gryp sy bord en vlug in sy eie rigting en kinders leer nie om sosiaal te verkeer nie. Daar is min interaksie in die gesin en kommunikasie is dikwels afwesig.<\/p>\n<p>Die enigste manier waarop so \u2019n kind dan sosialiseer is om te boelie, of om toe te laat dat ander hulle boelie in hul poging om in te pas.<\/p>\n<p>Paul het ook \u2019n waarskuwing vir die ouers wat onbetrokke by hul kinders se skoolaktiwiteite is. Hy glo dat die spruite van betrokke ouers groepdruk baie beter hanteer as die ander. Hierdie kinders is seker van hul veiligheidsnet tuis en weerstaan die druk baie beter as die kinders wat nie daardie ondersteuning het nie.<\/p>\n<p>Lees ook: <a href=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/verstaan-jou-tiener-se-streke\/\" target=\"_blank\" rel=\"noopener noreferrer\">Verstaan jou tiener se streke<\/a><\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\"size-medium wp-image-137050 aligncenter\" src=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2023\/04\/ilayza-TkEJiq0WaPI-unsplash-500x375.jpg\" alt=\"\" width=\"500\" height=\"375\" \/><\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h4>Raad aan ouers<\/h4>\n<p>Dr. Phil McGraw en sy seun Jake het \u2019n projek in Amerika begin waar hulle skole betrek om hulle bewus te maak van die gevare van boeliery. Hy het die volgende raad vir ouers en onderwysers:<br \/>\nOuers moet hul kinders bemagtig en oplettend wees. Kontak die boelies se ouers. Raak betrokke. Moet dit nooit as iets van mindere belang hanteer nie.<\/p>\n<p>Onderwysers moet besef dat as een kind geboelie word, dit die hele skool se probleem is. Skep \u2019n waardestelsel in die klaskamer en op die speelterrein.<\/p>\n<p>Stel dit onomwonde dat \u2019n bystander wat niks doen om die boelie te stop nie, ook \u2019n boelie is.<\/p>\n<p>Ons grondwet gee aan elkeen die reg tot opvoeding. Maar ons kan nie elke kind aan die hand vat en deur \u2019n vreeslose skooldag lei nie. Miskien is dit ook deel van die leerskool van die lewe, want buite die hekke van die skool begin die eintlike stryd om oorlewing van die sterkste \u2026<\/p>\n<p>Lees ook: <a href=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/rekmerke-jou-tiener-se-selfbeeld-knou\/\" target=\"_blank\" rel=\"noopener noreferrer\">As rekmerke jou tiener se selfbeeld knou<\/a><\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\"size-medium wp-image-137045 aligncenter\" src=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2023\/04\/pexels-cottonbro-studio-7396516-400x600.jpg\" alt=\"\" width=\"400\" height=\"600\" \/><\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h4>Word jou kind geboelie?<\/h4>\n<p><strong>Tekens om na op te let:<\/strong><\/p>\n<ul>\n<li>Skielike onttrekking van sosiale aktiwiteite<\/li>\n<li>Slaapprobleme<\/li>\n<li>Verskonings om nie skool toe te gaan nie<\/li>\n<\/ul>\n<p>Lees ook: <a href=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/9-siektes-wat-net-tieners-tref\/\" target=\"_blank\" rel=\"noopener noreferrer\">Nege tienersiektes waarvan jy moet weet<\/a><\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\"size-medium wp-image-137048 aligncenter\" src=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2023\/04\/pexels-keira-burton-6147132-500x333.jpg\" alt=\"\" width=\"500\" height=\"333\" \/><\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h4>Die donker kant van groepe<\/h4>\n<ul>\n<li>In sy omstrede boek, Best Friends, Worst Enemies, beweer dr. Michael Thompson dat boelies nie noodwendig slegte kinders is nie. Hulle eksperimenteer dikwels net met sosiale mag. Dit is \u2019n menslike verskynsel wat met die regte leiding positiewe gevolge kan h\u00ea.<\/li>\n<li>Gewilde kinders moet geleer word hoe om leiers te wees.<\/li>\n<li>Met die regte leiding kan kinders in \u2019n groep die waardes van lojaliteit, leierskap en opregte vriendskap leer.<\/li>\n<li>Dr. Thompson waarsku ouers om te onderskei tussen positiewe en negatiewe groepsidentiteit. Daar is dikwels \u2019n leier in die groep wat die mag het om die res te be\u00efnvloed &#8211; ten goede of kwade.<\/li>\n<li>\u2019n Groep word negatief as daar aktiwiteite uit hul saamwees spruit wat nadelig vir die individu is. Kinders doen soms dinge in \u2019n groepsopset wat hulle nooit op hul eie sou doen nie.<\/li>\n<li>Soms sal \u2019n kind skuldig voel oor sulke aktiwiteite, maar so bang wees om uitgesluit te word, of self \u2019n slagoffer van die groep te word, dat hy onwillig sal meedoen.<\/li>\n<\/ul>\n<p>Lees ook: <a href=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/makliker-met-moeilike-tieners\/\" target=\"_blank\" rel=\"noopener noreferrer\">20 dinge wat jy kan doen om dinge makliker met \u2019n moeilike tiener te maak<\/a><\/p>\n<p>Leesstof: Simmons, Rachel. Odd Girl Out<br \/>\nWiseman, Rosalind. Queen Bees and Wannabes<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Die boeliery van meisies is baie meer geslepe en gemeen as di\u00e9 van seuns. Maar hulle doen dit dikwels so \u2019onsigbaar\u2019 dat ouers en onderwysers nie daarvan bewus is nie. <\/p>\n","protected":false},"author":9,"featured_media":137044,"comment_status":"closed","ping_status":"closed","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"_acf_changed":false,"footnotes":""},"categories":[679,662],"tags":[60333,134,23444],"class_list":["post-97932","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-ouerskap","category-jou-lewe","tag-jou-lewe","tag-ouerskap","tag-parenting"],"acf":[],"yoast_head":"<!-- This site is optimized with the Yoast SEO plugin v28.6 - https:\/\/yoast.com\/product\/yoast-seo-wordpress\/ -->\n<title>Die feeks faktor - wanneer meisies mekaar boelie | rooi rose<\/title>\n<meta name=\"description\" content=\"Die boeliery van meisies is baie meer geslepe en gemeen as di\u00e9 van seuns. Maar hulle doen dit dikwels so \u2019onsigbaar\u2019 dat ouers nie daarvan bewus is nie.\" \/>\n<meta name=\"robots\" content=\"index, follow, max-snippet:-1, max-image-preview:large, max-video-preview:-1\" \/>\n<link rel=\"canonical\" href=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/die-feeks-faktor-wanneer-meisies-mekaar-boelie\/\" \/>\n<meta property=\"og:locale\" content=\"en_US\" \/>\n<meta property=\"og:type\" content=\"article\" \/>\n<meta property=\"og:title\" content=\"Die feeks faktor - wanneer meisies mekaar boelie | rooi rose\" \/>\n<meta property=\"og:description\" content=\"Die boeliery van meisies is baie meer geslepe en gemeen as di\u00e9 van seuns. Maar hulle doen dit dikwels so \u2019onsigbaar\u2019 dat ouers nie daarvan bewus is nie.\" \/>\n<meta property=\"og:url\" content=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/die-feeks-faktor-wanneer-meisies-mekaar-boelie\/\" \/>\n<meta property=\"og:site_name\" content=\"rooi rose\" \/>\n<meta property=\"article:publisher\" content=\"https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/\" \/>\n<meta property=\"article:published_time\" content=\"2023-04-26T06:35:27+00:00\" \/>\n<meta property=\"article:modified_time\" content=\"2023-04-26T06:39:13+00:00\" \/>\n<meta property=\"og:image\" content=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2023\/04\/pexels-cottonbro-studio-7396509.jpg\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:width\" content=\"1279\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:height\" content=\"853\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:type\" content=\"image\/jpeg\" \/>\n<meta name=\"author\" content=\"Anelle Tewson\" \/>\n<meta name=\"twitter:card\" content=\"summary_large_image\" \/>\n<meta name=\"twitter:creator\" content=\"@rooi_rose\" \/>\n<meta name=\"twitter:site\" content=\"@rooi_rose\" \/>\n<meta name=\"twitter:label1\" content=\"Written by\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:data1\" content=\"Anelle Tewson\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:label2\" content=\"Est. reading time\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:data2\" content=\"8 minute\" \/>\n<script type=\"application\/ld+json\" class=\"yoast-schema-graph\">{\"@context\":\"https:\\\/\\\/schema.org\",\"@graph\":[{\"@type\":\"Article\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/die-feeks-faktor-wanneer-meisies-mekaar-boelie\\\/#article\",\"isPartOf\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/die-feeks-faktor-wanneer-meisies-mekaar-boelie\\\/\"},\"author\":{\"name\":\"Anelle Tewson\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/person\\\/4f17c1c866533e389e28590e557e7730\"},\"headline\":\"Die feeks faktor &#8211; wanneer meisies mekaar boelie\",\"datePublished\":\"2023-04-26T06:35:27+00:00\",\"dateModified\":\"2023-04-26T06:39:13+00:00\",\"mainEntityOfPage\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/die-feeks-faktor-wanneer-meisies-mekaar-boelie\\\/\"},\"wordCount\":1554,\"publisher\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/die-feeks-faktor-wanneer-meisies-mekaar-boelie\\\/#primaryimage\"},\"thumbnailUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2023\\\/04\\\/pexels-cottonbro-studio-7396509.jpg\",\"keywords\":[\"jou lewe\",\"ouerskap\",\"parenting\"],\"articleSection\":[\"Ouerskap\",\"Jou lewe\"],\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"copyrightYear\":\"2023\",\"copyrightHolder\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"}},{\"@type\":\"WebPage\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/die-feeks-faktor-wanneer-meisies-mekaar-boelie\\\/\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/die-feeks-faktor-wanneer-meisies-mekaar-boelie\\\/\",\"name\":\"Die feeks faktor - wanneer meisies mekaar boelie | rooi rose\",\"isPartOf\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#website\"},\"primaryImageOfPage\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/die-feeks-faktor-wanneer-meisies-mekaar-boelie\\\/#primaryimage\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/die-feeks-faktor-wanneer-meisies-mekaar-boelie\\\/#primaryimage\"},\"thumbnailUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2023\\\/04\\\/pexels-cottonbro-studio-7396509.jpg\",\"datePublished\":\"2023-04-26T06:35:27+00:00\",\"dateModified\":\"2023-04-26T06:39:13+00:00\",\"description\":\"Die boeliery van meisies is baie meer geslepe en gemeen as di\u00e9 van seuns. Maar hulle doen dit dikwels so \u2019onsigbaar\u2019 dat ouers nie daarvan bewus is nie.\",\"breadcrumb\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/die-feeks-faktor-wanneer-meisies-mekaar-boelie\\\/#breadcrumb\"},\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"potentialAction\":[{\"@type\":\"ReadAction\",\"target\":[\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/die-feeks-faktor-wanneer-meisies-mekaar-boelie\\\/\"]}]},{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/die-feeks-faktor-wanneer-meisies-mekaar-boelie\\\/#primaryimage\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2023\\\/04\\\/pexels-cottonbro-studio-7396509.jpg\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2023\\\/04\\\/pexels-cottonbro-studio-7396509.jpg\",\"width\":1279,\"height\":853},{\"@type\":\"BreadcrumbList\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/die-feeks-faktor-wanneer-meisies-mekaar-boelie\\\/#breadcrumb\",\"itemListElement\":[{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":1,\"name\":\"Home\",\"item\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\"},{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":2,\"name\":\"Die feeks faktor &#8211; wanneer meisies mekaar boelie\"}]},{\"@type\":\"WebSite\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#website\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\",\"name\":\"rooi rose\",\"description\":\"Stylvol, sinvol, propvol\",\"publisher\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"},\"potentialAction\":[{\"@type\":\"SearchAction\",\"target\":{\"@type\":\"EntryPoint\",\"urlTemplate\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/?s={search_term_string}\"},\"query-input\":{\"@type\":\"PropertyValueSpecification\",\"valueRequired\":true,\"valueName\":\"search_term_string\"}}],\"inLanguage\":\"af-ZA\"},{\"@type\":\"Organization\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\",\"name\":\"Rooi rose\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\",\"logo\":{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/logo\\\/image\\\/\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2020\\\/12\\\/rrlogo.jpg\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2020\\\/12\\\/rrlogo.jpg\",\"width\":400,\"height\":400,\"caption\":\"Rooi rose\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/logo\\\/image\\\/\"},\"sameAs\":[\"https:\\\/\\\/www.facebook.com\\\/rooirose\\\/\",\"https:\\\/\\\/x.com\\\/rooi_rose\"]},{\"@type\":\"Person\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/person\\\/4f17c1c866533e389e28590e557e7730\",\"name\":\"Anelle Tewson\",\"image\":{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/51c7260d69b78f54e605640e0044be7c1139bdbe0b57d0ca702d946adba90511?s=96&d=mm&r=g\",\"url\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/51c7260d69b78f54e605640e0044be7c1139bdbe0b57d0ca702d946adba90511?s=96&d=mm&r=g\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/51c7260d69b78f54e605640e0044be7c1139bdbe0b57d0ca702d946adba90511?s=96&d=mm&r=g\",\"caption\":\"Anelle Tewson\"}}]}<\/script>\n<!-- \/ Yoast SEO plugin. -->","yoast_head_json":{"title":"Die feeks faktor - wanneer meisies mekaar boelie | rooi rose","description":"Die boeliery van meisies is baie meer geslepe en gemeen as di\u00e9 van seuns. Maar hulle doen dit dikwels so \u2019onsigbaar\u2019 dat ouers nie daarvan bewus is nie.","robots":{"index":"index","follow":"follow","max-snippet":"max-snippet:-1","max-image-preview":"max-image-preview:large","max-video-preview":"max-video-preview:-1"},"canonical":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/die-feeks-faktor-wanneer-meisies-mekaar-boelie\/","og_locale":"en_US","og_type":"article","og_title":"Die feeks faktor - wanneer meisies mekaar boelie | rooi rose","og_description":"Die boeliery van meisies is baie meer geslepe en gemeen as di\u00e9 van seuns. Maar hulle doen dit dikwels so \u2019onsigbaar\u2019 dat ouers nie daarvan bewus is nie.","og_url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/die-feeks-faktor-wanneer-meisies-mekaar-boelie\/","og_site_name":"rooi rose","article_publisher":"https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/","article_published_time":"2023-04-26T06:35:27+00:00","article_modified_time":"2023-04-26T06:39:13+00:00","og_image":[{"width":1279,"height":853,"url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2023\/04\/pexels-cottonbro-studio-7396509.jpg","type":"image\/jpeg"}],"author":"Anelle Tewson","twitter_card":"summary_large_image","twitter_creator":"@rooi_rose","twitter_site":"@rooi_rose","twitter_misc":{"Written by":"Anelle Tewson","Est. reading time":"8 minute"},"schema":{"@context":"https:\/\/schema.org","@graph":[{"@type":"Article","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/die-feeks-faktor-wanneer-meisies-mekaar-boelie\/#article","isPartOf":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/die-feeks-faktor-wanneer-meisies-mekaar-boelie\/"},"author":{"name":"Anelle Tewson","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/person\/4f17c1c866533e389e28590e557e7730"},"headline":"Die feeks faktor &#8211; wanneer meisies mekaar boelie","datePublished":"2023-04-26T06:35:27+00:00","dateModified":"2023-04-26T06:39:13+00:00","mainEntityOfPage":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/die-feeks-faktor-wanneer-meisies-mekaar-boelie\/"},"wordCount":1554,"publisher":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/die-feeks-faktor-wanneer-meisies-mekaar-boelie\/#primaryimage"},"thumbnailUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2023\/04\/pexels-cottonbro-studio-7396509.jpg","keywords":["jou lewe","ouerskap","parenting"],"articleSection":["Ouerskap","Jou lewe"],"inLanguage":"af-ZA","copyrightYear":"2023","copyrightHolder":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"}},{"@type":"WebPage","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/die-feeks-faktor-wanneer-meisies-mekaar-boelie\/","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/die-feeks-faktor-wanneer-meisies-mekaar-boelie\/","name":"Die feeks faktor - wanneer meisies mekaar boelie | rooi rose","isPartOf":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#website"},"primaryImageOfPage":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/die-feeks-faktor-wanneer-meisies-mekaar-boelie\/#primaryimage"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/die-feeks-faktor-wanneer-meisies-mekaar-boelie\/#primaryimage"},"thumbnailUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2023\/04\/pexels-cottonbro-studio-7396509.jpg","datePublished":"2023-04-26T06:35:27+00:00","dateModified":"2023-04-26T06:39:13+00:00","description":"Die boeliery van meisies is baie meer geslepe en gemeen as di\u00e9 van seuns. Maar hulle doen dit dikwels so \u2019onsigbaar\u2019 dat ouers nie daarvan bewus is nie.","breadcrumb":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/die-feeks-faktor-wanneer-meisies-mekaar-boelie\/#breadcrumb"},"inLanguage":"af-ZA","potentialAction":[{"@type":"ReadAction","target":["https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/die-feeks-faktor-wanneer-meisies-mekaar-boelie\/"]}]},{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/die-feeks-faktor-wanneer-meisies-mekaar-boelie\/#primaryimage","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2023\/04\/pexels-cottonbro-studio-7396509.jpg","contentUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2023\/04\/pexels-cottonbro-studio-7396509.jpg","width":1279,"height":853},{"@type":"BreadcrumbList","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/die-feeks-faktor-wanneer-meisies-mekaar-boelie\/#breadcrumb","itemListElement":[{"@type":"ListItem","position":1,"name":"Home","item":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/"},{"@type":"ListItem","position":2,"name":"Die feeks faktor &#8211; wanneer meisies mekaar boelie"}]},{"@type":"WebSite","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#website","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/","name":"rooi rose","description":"Stylvol, sinvol, propvol","publisher":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"},"potentialAction":[{"@type":"SearchAction","target":{"@type":"EntryPoint","urlTemplate":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/?s={search_term_string}"},"query-input":{"@type":"PropertyValueSpecification","valueRequired":true,"valueName":"search_term_string"}}],"inLanguage":"af-ZA"},{"@type":"Organization","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization","name":"Rooi rose","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/","logo":{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/logo\/image\/","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2020\/12\/rrlogo.jpg","contentUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2020\/12\/rrlogo.jpg","width":400,"height":400,"caption":"Rooi rose"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/logo\/image\/"},"sameAs":["https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/","https:\/\/x.com\/rooi_rose"]},{"@type":"Person","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/person\/4f17c1c866533e389e28590e557e7730","name":"Anelle Tewson","image":{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/51c7260d69b78f54e605640e0044be7c1139bdbe0b57d0ca702d946adba90511?s=96&d=mm&r=g","url":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/51c7260d69b78f54e605640e0044be7c1139bdbe0b57d0ca702d946adba90511?s=96&d=mm&r=g","contentUrl":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/51c7260d69b78f54e605640e0044be7c1139bdbe0b57d0ca702d946adba90511?s=96&d=mm&r=g","caption":"Anelle Tewson"}}]}},"distributor_meta":false,"distributor_terms":false,"distributor_media":false,"distributor_original_site_name":"rooi rose","distributor_original_site_url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose","push-errors":false,"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/97932","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/users\/9"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=97932"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/97932\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/media\/137044"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=97932"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=97932"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=97932"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}